Zink, en die Corona Virus

Kortliks

Die skrywe is gelaai met skakels in die Literatuur. Klink gerus daarop om die verwysende Literatuur ook te bestudeer. 

Die skrywe is gedoen om ‘n hele belangrike klomp inligting maklik te verduidelik. Vir die gewone mens wat in vrees is. 

Die skrywe is bedoel om te bewys dat daar wel ‘n uitweg is en natuurlike maniere om die Corona-virus hand en tand en met als wat ons het te beveg. Duur medikasie (wat nie daar is nie, en entstowwe, wat ook nie bestaan nie, kan niemand van ons nou help nie.

Voeding en natuurlike produkte kan. Hierdie is ‘n beskeie poging om mense hoop te gee, wapens om mee te veg, ondersteuning, kennis om die mens se natuurlike vermoëns in sy persoonlike immuunstelsel te versterk en die siektes van vernietiging van buite, in hulle spore te stop.

Ek hoop hierdie beteken vir julle iets en ek hoop werklik dit help en red mense se lewens.

images (1)

Inleiding

Pierre @ Ecohealth se hele gesondheidsdefinisie fokus op goeie kos, min stres en die Immuunstelsel. Ons is trots daarop om naas ander produkte van voeding in kankerwerende neutraseutikels, ook produkte het wat hierdie Corona bedreiging in sy voetspore te kan stop.

Al waarop ons, die mens nou kan staatmaak is natuurlike voeding.

Daar is nie ander hulpmiddels nie. En ‘n versterkte Immuunsisteem.

Coronavirus-symptoms-what-is-COVID19-2339564

Drie van ons uitsonderlike produkte wat kan help, is die volgende;

  1. Kolostrum
  2. Fulvic Suur
  3. Hippie Shake

Kolostrum (Artikel 1, Artikel 2, Artikel 3, Artikel 4)

Klik op hierdie en ander skakels om meer bewyse te kry oor die algehele waarde van kolostrum.

Die Corona virus moet nie net met een faktor in voeding beveg word, naamlik zinc nie, maar met voeding algeheel.

ColosW

Kolostrum, (kyk skakel) bevat ongeveer 4 keer meer zinc as gewone melk.

Kolostrum (kyk skakel) oor ‘n tyd geneem, het in die studies bewys dat dit tot 3 keer meer effektief is as ‘n entstof teen griep en ander virusse. En zink in kolostrum is 100% opneembaar in die liggaam. Kolostrum kan dus aangeneem word, kan met al sy kwaliteite as ‘n ionofoor

  1. Fulvic Suur: (Artikel 1), Artikel 2, Artikel 3)

Die waarde en vermoë wat fulvic suur het om zink weens sy molekulêre struktuur, wat zink as mineraal vir die liggaam se selle natuurlik beskikbaar stel en oor alle grense van beperking, zinc as mineraal in selle deponeer.

Fulvic suur doen veel meer om virusse en bakterie se voortbestaan in dierlike selle te inhibeer, soos die studies en skrywes bewys.

fulvic-acid

  1. Ons Hippie Shake, wat ongeveer 10 mg zink bevat, met ‘n volledige maaltyd se nodige minerale en vitamiene. Saamgestel deur dieetkundiges wat kollageen en kolostrum ook bevat met ionofore. 

unnamed

Die rol van Ionofore

Word later in die skrywe verduidelik. Maar, dit is ons kritieke faktor om zinc in ons liggaam se selle te kry.

In kort is ionofore die voertuig wat minerale soos zink van buite die sel inneem, omdat dit op molekulêre vlak met die mineraal (zink) kan verbind en sodoende binne in die sel vervoer, waar zink sy funksies tot selgesondheid kan uitvoer.

Ionofore bind aan ione, onder andere Zink, van buite die selwant en neem dit in die sel in. Hierdie ‘n ‘n belangrike begrip, wat nou-nou meer duidelik gaan word oor hoekom.

 

Zink as mineraal

Zink is ‘n essensiële komponent in ‘n groot groep ensieme (300 +) wat betrokke is by die afbreek en metabolisering van stysels, proteïene, lipiede en sure, asook ander mikronutriënte.  Zink stabiliseer die molekulêre struktuur van selkomponente en membrane.

Zink dra ook by tot die instandhouding van selle se natuurlike biologiese funksies, oorsprong en voorkoms.

images

Zink speel ‘n belangrike rol in die immuunsisteem, waar dit ‘n verskeie funksies en aspekte van

  • sellulêre en
  • humorale immuniteite.
  1. Zink-tekorte
  2. Kliniese tekorte van Zink in die liggaam dra by tot verswakte en stadige fisiese liggaamlike ontwikkeling van mens en dier.

Tekorte aan zink dra verder by tot;

  • Verswakte seksuele ontwikkeling en seksuele uithouvermoë, asook lae vrugbaarheid
  • Onderontwikkelde beenvorming en ontwikkeling
  • Wonde wat nie heel nie
  • Diarree
  • Swak eetlus en onder ontwikkelende of verswakte smaak ervaring
  • Verhoogde vatbaarheid vir vel en ander infeksies, aknee en psioriasis
  • Afwykende gedrag

 

e1b0aa961f86ee9c02f31d0a580a1e3e

Humorale Immuniteit

Zink se suksesvolle opname in selle, bevorder die immuunstelsel se selreaksies en daarby die vermoë om vreemde organismes te erken, en prosesse in werking stel om die vreemde voorwerpe te elimineer.

In “vermoë” word bedoel, die stimulering en aktivering van B-limfosiete in die immuunstelsel, wat teenliggaampies teen daardie spesifieke antigeen (die vreemde organismes) produseer.

Hierdie B-Limfosiete word vervaardig met unieke en spesifieke reseptore doelgerig vir die spesifieke antigeen waarmee dit in aanraking kom. Bekende reaksies is teen die gevaarlike Streptococcus en Staphylococcus bakterie.

Zink speel egter belangrike verdedigingsrolle by kanker en nou soos die skrywe ten doel het, die Corona Virus

Limfosiete word vir die doel van hierdie skrywe in 2-groepe kortliks beskrywe.

  • B-Limfosiete
  • T-selle

images (1)

B-limfosiete produseer dus selle wat;

  • Pasmaak teenliggaampies produseer vir spesifieke antigene. (Skadelike bakterie, virusse, fungi)
  • Ontwikkel ook ‘n geheue wat die liggaam in staat stel om onmiddellik weer teenliggaampies te produseer, met die verskyning van , sou die antigeen weer sy verskyning later maak.
  • B-limfosiete word gestimuleer deur “Interleukin-2” (IL-2), ‘n sitokien-molekule van die immuunstelsel, wat beskou word as ‘n skakelaar van die sel, (cell signaling) wat witbloedliggaampies stimuleer en reguleer om die immuunstelsel fiks en paraat te hou vir enige vreemde organismes.
  • Interleukin-2” (IL-2) of sitokien-molekules word afgeskei deur CD4+ T selle, wat as helper selle beskou word omdat hul die liggaam se immuunrespons aktiveer. Helper selle neutraliseer nie infeksies nie, maar stimuleer die liggaam se reaksie tot vreemde organismes.

 

white-blood-cells

Zink speel in al die gevalle soos bo genoem ‘n aktiewe rol.

Dit kan met veiligheid aanvaar word dat zink op een of ander manier in alle vorme van lewe betrokke is, wat beteken dat Zink ‘n kritiese rol speel in die prosesse van hoe selle hulself geneties uitdruk, repliseer en teen eksterne faktore beskerm.

Teenliggaampies deur B-limfosiete geproduseer.

Dit word gevind in bloed, milt en limfnodes waar dit antigene (virus en bakterie) op verskeie maniere vernietig. Hul elimineer ook die skadelike toksienes afgeskei wat deur bakterie afgeskei word.

cell-mediated-immune-response-immunity-t-lymphocytes-do-not-secrete-antibodies-incorporates-activated-macrophages-natural-39284952

Die metodes wat B-limfosiete gebruik is;

  • Opsonization”, ‘n proses waar patogene gemerk word om verteer te word deur fagosiete.
  • Fagositose of “phagocytosis” is die vertering en vreet vreemde materiaal deur fagosiete
  • Agglutination” of die saambind van groepe selle en
  • Voorkom dat die antigeen (bakterie en virusse) aan die gasheer se selle kan heg.

T-selle

Is die tweede belangrike selgroep in die breë kategorieë  van Limfosiete .

download

Daar is verskeie sub-tipe T-selle van belang.

  • Sitotoksiese T-selle (CD8+ T-selle) wat tumors en kankers bestry, asook selle wat virusse bevat
  • Helper T-selle, (CD4+T-selle) wat die immuunrespons aktiveer
  • NTK-selle (Natural Killer Cells)
  • Regulatoriese T-selle, ook verwys na (Suppressor T-cells) wat ‘n subafdeling CD4+ T-selle is wat fokus om die immuunstelsel verdraagsaam te maak teen infektiewe agente, soos by vroue wat verwagtend raak, kanker, orgaanoorplantings, ens.

Figure_42_02_07

Die opname van zink

Video: Corona virus en die verhoogde opname van Zink (Medcram Publikasies)

Bogenoemde video beskrywe belangrike bevindinge asook navorsing vanuit Suid Korea,  een van die lande met die hoogste Corona-viruss besmetting, maar met die laagste stertesyfer.

Dit het opsommend als te doen met die mineraal  Zink Zn2+

Die toetse en evaluering het bevind dat die versameling zink- ionofore die reproduksie van die Corona virus aktief beperk en sy aanwas binne die sel verhoed.

Hier is verwysende Literatuur tot die bewering

  1. Studie 1.
  2. Studie 2
  3. Studie 3

Verhoogde Zink Zn2+ Konsentrasies

Zink as mineraal is ‘n ioon. Dit bind en penetreer ‘n sel nie geredelik nie.

Die video verduidelik in kort dat Zink (Zn2+ molekule) ‘n ionofoor benodig om die  in die sel opgeneem te word.

Zink vermeerdering is nodig om die aanwas van virusse, (dus die RNA duplisering van die virus) in die sel, te inhibeer en selfs te voorkom.

unnamed (1)

Dit is aanvanklik moeilik om te verstaan, omdat mense wat nie blootgestel was aan Molekulêre Biologie nie, die begrippe onbekend gaan vind.

Mense wat wel die video deursien, sal wel begryp watter rol die positiewe zink (Zn2+) molekules speel by opname van die mineraal in die sel. Ook watter belangrike rol ionofore as voertuig speel om Zinc biologies in die sel in te neem om die Corona en ander virusse te inhibeer.

metabolism-of-zinc-and-its-clinical-significance-6-638

Begrip hiervoor sal verduidelik en bewys dat genoegsame zink-inname die Corona -virus se skade kan beperk en inhibeer.

Wat staan ons almal nou te doen, met die krisis op hande.

Daar is verskeie goed wat ons nou moet doen. Ons gaan almal iewers aan die virus blootgestel word. Ons het geen immuuniteit daarteen nie en ons het ook nie meikasie daarvoor nie. Dit is die nuwe norm en ons gaan vir altyd aan die virus blootgestel wees, sonder immuuniteit.

  1. Ons moet ons immuunstelsels voed en opbou en instand hou.
  2. Met goeie kos, kolostrum en Fulvic suur
  3. Ons moet sorg dat ons meer Zinc as mineraal natuurlik opneem om die Corona virus natuurlik te beveg en voorkom dat dit in die selle kan vermeerder.

cell-mediated-immune-response-immunity-t-lymphocytes-do-not-secrete-antibodies-incorporates-activated-macrophages-natural-39284952

Om dit te doen is dit dalk belangrik om te verseker dat ons

  1. Vry is van parasiete soos wurms
  2. Nie hardlywig is nie
  3. Probiotika. Oorweeg produkte soos kefir, kambucha (met ‘n enorme Vitamien B inhoud) en ander goeie probiotika, soos deur ons reeks voorgestel
  4. Genoegsaam slaap van tussen 7-8 ure.
  5. Ons pH balanse in takt is. Ons slymvliese klam en versorg is (Oë, neus, mond, en vaginaal veral by vroue), want dit is ons eerste linie van verdediging. Maagsuur se pH van 7.2. Oorweeg organiese appelasyn, 15 ml in die oggend en aand.
  6. Lewer en niere. Genoegsame skoon water inneem sodat ons niere en lewer die toksiese stowwe kan ontgif en uitspoel. Oorweeg deurlopend deur die dag, gerasperde suurlemoen met die skil en al gemeng met drinkwater. Oorweeg 30 ml water vir elke 10 kg gewig.
  7. Stres onderdruk, waar ‘n produk soos ons Tulsi (Holy basil) baie kan bydrae met die onderdrukking van kortisolproduksie van die byniere.
  8. Lees hier oor kroniese stres en kanker (Artikel 1, Artikel 2, Artikel 3)
  9. Inflammasie onderdruk, nog voordat dit wil ontstaan, diep en effektief te stop met Curcumin Plus (Artikel 1, Artikel 2, Artikel 3). Veral omdat die Corona virus boonste lugweginfeksies veroorsaak
  10. Maak seker van magnesiumopname, nie net inname nie
  11. Oorweeg om 1 x ‘n week jou hele liggaam te detoks met geaktiveerde houtskool.
  12. Goeie voeding inneem, veral voedselsoorte wat ons weet veral zinc in het. Produkte soos pampoenpitte is baie hoog in zink.
  13. Skakel 1 : Beste voedselsoorte in Zink
  14. Skakel 2 : Zink tekorte in die liggaam
  15. Skakel 3 : Te veel zink
  16. Skakel 4 : Als oor zink
  17. Oorweeg goeie gebruike van ons Virus Gobbler. Hier is die redes daartoe
  18. Selmetabolisme. Oorweeg ons “Spice Mieks” mengsel, omdat ons ‘n reeks kruie daarin het wat die sel metabolisme verhoog. Dit is ‘n kritiese komponent en reaksie van die immuunsisteem wat ‘n ligte sweet reaksie veroorsaak, maar sel-aktiwiteite en metabolisme verhoog en dus zink intrek en metaboliseer om as verdedigingsmeganisme te funksioneer.

 

Pierre van Niekerk ©

Leave a comment