Fucoidan- Filmlagie op kelp

Wat is fucoidan?

Fucoidan is ‘n komplekse polisakkariede (‘n suikermolekule) wat hoofsaaklik in spesies bruin seewier of kelp voorkom.

Hierdie organiese verbinding (dit is die slymlagie op die seewier of seebamboesblare) speel ‘n sleutelrol in die plant se natuurlike beskerming sodat dit kan oorleef in die harde skommelende habitat van die see.

Fucoidan was bestudeer om te kyk of mens gebruik kan maak van hierdie plantaardige beskermende en helende eienskappe tot voordeel kan wees van die mens. Meer as 3000 onafhanklike studies het gevolg om fucoidan se antivirale, neuroprotektiewe en immuunmodulerende effekte te bestudeer tot voordeel van mens-en dierlike gesondheid.

Die geskiedenis van Fucoidan

Die verbinding van fucoidan is die eerste keer geïsoleer deur Sweedse navorsers en die plantversamelaar Harald Kylin, wat seewier versamel het en gewonder het oor die “slymerige film” wat die seeplante op hul blare en stingels het.

Dit is uiteindelik beskrywe as “fucoidan”.

Die unieke eienskappe van (1) die seewier, en (2) die slymlagie op die plant  word vandag  wêreldwyd bestudeer. In Oosterse medisyne skryf medici vir vele mediese toestande en algemene gesondheidsredes fucoidan vir daaglikse gebruik voor.

Filtrering van fucoidan uit seewier

Daar is vele metodes ontwikkel om die fucoidan van die blare te onttrek.

Ecohealth verkies sy kelp natuurlik gedroog en vrygestel van ‘n chemies-vrye ekstraksie proses. Dit lewer die suiwerste van produk en ‘n produk wat maksimaal bio-opneembaar is.

Gesondheidsvoordele van Fucoidan:

Daar is enkele belangrike ensiemfunksies wat Fucoidan stimuleer. Fucoidan is ‘n kragtige anti-oksidant.  Dit aktiveer o.a. 3 belangrike ensieme.

1.           Dit aktiveer die chemiese aktiwiteite van die ensiem “Superoksied dismutase” of  “SOD”.

•             Hierdie ensiem is ‘n ensiem wat by alle lewende selle voorkom.  SOD is ‘n stof wat die opbreek van skadelike vrye radikale wat in die liggaam versnel om skade aan die liggaam se selle te voorkom.

•             Hiperlipidemie is die toestand vir abnormale hoë vlakke van vet in die lewer. SOD se ensiemwerkinge breek die vette en olies (lipiede) op in lewerselle wat nie wateroplosbaar is nie.

•             Die SOD ensiem is ook baie effektief vir die opbreek van skadelike vrye radikale in uriensuur, ook osteoartritis, rumatiese artritis (RA) hartaanvalle, stres en longsiektetoestande soos pneumonie  

2.           Fucoidan stimuleer ook die ensiem katalase (CAT).

•             Katalase is ‘n ensiem wat in byna alle lewende organismes gevind word wat aan suurstof blootgestel is.

•             Dit ensiem aktiveer die opbreek van skadelike reaktiewe suurstof en breek dit op in onskadelike molekules naamlik water en suurstof.

•             Die opbreek beskerm daarom lewende selle teen oksidatiewe stres en die skade wat ander vrye radikale veroorsaak.

•             Katalase het een van die hoogste omsetgetalle van enige ensiem; een katalase molekule kan miljoene waterstofperoksied-molekules per sekonde in water en suurstof omsit.

3.           Fucoidan aktiveer die belangrike ensiem “Glutathionperoksidase of (GPX).”

•             Hierdie ensieme se werkinge verlaag die hoeveelhede geoksideerde glutathion (GSSG) in die lewer en niere van tipe 2-diabetes.

•             GPx1 moduleer die balans van noodsaaklike en skadelike vlakke van reaktiewe suurstof. 

Die Literatuur

In meer as 2000 gepubliseerde studies oor kelp en sy byproduk fucoidan toon dat kelp en sy byproduk selle en weefsel van mens en dier beskerm teen virusinfeksies.

Navorsers is dit eens dat die produkte anti-kanker, anti-virale, anti-inflammasie, immuungesondheid, gesondheid van die derm- en spysverteringstelsel bevorder, akute wondgenesing en bloedstolling aanhelp, kragtige “anti-veroudering” eienskappe het, lewenslus en energie bevorder, en van die mees onlangs studies, dat kelp en fucoidan neuroprotektiewe gesondheid bevorder wat dimensie aanspreek. .

Enkele belangrike kennisname

1.           Kelp, met verwysing na fucoidan, is ‘n Anti-tumor produk

Fucoidan bevat lumafucin wat in die Literatuur kragtige antikankeraktiwiteit toon in verskeie kankers wat in mense en diere voorkom.      

In vitro studies het getoon dat Fucoidan inhibeer die aanwas van kankerselle. Daar is getoon dat dit die groei van borskankerselle, lewerkankerselle en servikale kankerselle inhibeer. Lumafucin in fucoidan veroorsaak ook apoptose (seldood) in kankerselle en dat dit vorming en ontwikkeling (selsiklusarres) veroorsaak. 

Blaaskanker

Die verspreiding van kanker (metastaties) word ook ingeperk.

Borskanker

2.           Dit verhoed ook die stolling van bloed

Fucoidan inhibeer bloedplaatjie aggregasie of bloedstolling. Sodra ‘n sny opgedoen word, word trombosiete na die wond gestuur wat natuurlik begin saamkleef om die bloeding te stop. Die stolling word aggregasie genoem. 

Bloedplaatjies plak weens ongesonde toestande aanmekaar vas (trombusvorming). Heg dan aan die wande van die bloedvate. Die vorming van bloed-aggregasie of bloedklonte  veroorsaak hartaanvalle en beroertes. Fucoidan voorkom aggregasie van bloedplaatjies deur die vaskulêre adhesie-molekule (VCAM-1) te onderdruk.

 Wat beteken dat dit help om bloedklonte te voorkom en dat bloedvate nie blokkeer nie. ‘n Belangrike voorkomende faktor by hartaanvalle en beroertes.

3.           Immuunreaksie

Die Literatuur bevind dat Fucoidan die immuunstelsel verbeter, deur die aktiwiteite van die T- en B- selle asook die NK-selle (die natuurlike “killer” selle) te verhoog.

Dit lei tot ‘n toename in die produksie van twee sitokiene, IFN en TNF-b. Die toename van hierdie twee sitokiene stimuleer die produksie van IgM en IgG, wat die liggaam se immuniteit teen patogene verhoog.

3.1 Sitokiene is oplosbare proteïene afgeskei van ‘n verskeidenheid selle.

Van limfosiete, makrofage en NK-selle, ook bekend as die natuurlike moordenaar (NK) selle, asook mastselle (wat in bindweefsel voorkom) en stromale selle

Die selle neem deel aan die immuunrespons en tree op as belangrike bemiddelaars wat verband hou met die kommunikasienetwerk van die immuunstelsel. Sitokiene is verantwoordelik vir die ontwikkeling, groei en responsiwiteit van immuun selle.

3.2 Fucoidan balanseer die vlakke van stikstofoksied (NO).

Stikstofoksied is ‘n kritieke molekule wat ‘n baie positiewe uitwerking het op die gesondheid. Dit reguleer bloeddruk deur bloedvate te vergroot. Dit versterk ook immuunfunksies, reguleer senuwee-geleiding en verhoog suurstofvervoer.

Stikstofoksied (NO) is belangrik vir doeleindes soos om oefenprestasie te verbeter, spiermassa te verhoog en bloeddruk te reguleer.

Oormatige inname van stikstofoksied kan egter sekere risiko’s inhou. Dit kan veral bloeddruk te veel verlaag en newe-effekte soos duiseligheid, hoofpyn en floute veroorsaak

Stikstofoksied in skadelike hoeveelhede dien as ‘n inflammatoriese molekule. Dit kan dan weefsels en organe beskadig en die sintese van prostaglandien inhibeer.

3.3 Wat is prostaglandiene?

Prostaglandiene is ‘n groep lipiede met hormoontipe kenmerke wat die liggaam hoofsaaklik op plekke waar weefselskade of infeksie ontstaan, te vervaardig. Daar is verskeie tipes prostaglandiene wat noodsaaklike rolle vertolk in die regulering van liggaamlike prosesse.

Prostaglandiene speel ‘n rol in die natuurlike fisiologie van jou liggaam, benewens hul rol in verdediging en herstel, is prostaglandiene betrokke by;

•             Bloedklontvorming of aggregasie by snye en wonde

•             Gesonde vloei van bloed deur die bloedvatstelsel

•             Die gesond word van beserings

•             Inflammasie

•             Vergemakliking van geboortes

•             Menstruasie

•             Ovulasie

3.4        Menstruasie

Prostaglandiene is verantwoordelik vir kontraksies tydens menstruasie. Kontraksies help om die baarmoedervoering (endometrium) om ‘n periode te produseer.

3.5         Daar is ook sintetiese vorms van sekere prostaglandiene om toestande te behandel, insluitend gloukoom en erektiele disfunksie.

4.            Anti-inflammatoriese effekte

Fucoidan bevat ursoliese suur en het anti-inflammatoriese en anti-oksidante eienskappe. Daar is bevind dat Fucoidan die produksie van spesifieke inflammatoriese sitokiene verminder.

Ursoliese-suur bring eienskappe na vore wat kannabinoïde reseptore in selle bind wat veranderinge veroorsaak in die brein se neurotransmitters om pyn en inflammasie natuurlik te inhibeer.

5. Waarvoor word Fucoidan ingeneem?

Neem Kennis, fucoidan word nie deur die FDA goedgekeur nie omdat dit ‘n holistiese en natuurlike produk is. Soos vele ander produkte word dit afgemaak as spekulasie omdat dit nie deur die mediese wetenskap gerugsteun word nie.

Ongeag die publikasies daarvan in die Literatuur.

Ecohealth stel Kelp en fucoidan voor as ‘n natuurlike produk, wat nie ontwerp is om iets spesifiek te behandel nie. Die Natuur het kelp en fucoidan ontwerp om holisties te gebruik.

Algemene redes waarom mense kelp en fucoidan gebruik wat met navorsing korreleer:  

•             Haargesondheid en groei

•             Vir ‘n jeugdige voorkoms

•             Verbeterde slaappatrone

•             Verhoogde energievlakke

•             Stamselgesondheid en aanvullings

•             Verbeterde immuunstelsel

•             Die bestuur van Tipe-2 diabetes

•             Geheueverlies

•             Gewigsverlies

•             Anti-tumor eienskappe

•             Bevordering van lewergesondheid en reiniging

•             Bewyse in kankerverwante navorsing

Is Fucoidan veilig?

•             Volgens verskeie bronne is Fucoidan veilig om saam met ander medikasie te neem.

•             Neem kennis van die natuurlike bloedverdunning wat met kelp en fucoidan gepaard gaan.

4 Comments on “Fucoidan- Filmlagie op kelp”

Leave a comment