Hardlywigheid en Nasorg se Belangrikheid

  1. Hardlywigheid-Purgasie

Oorweeg gerus die volgende natuurlike metode. Dit vervang NIE enige ander professionele mediese opinie nie.

  1. Vorige dag

images (1)

  • Neem sowat 2 liter water gedurende die dag in
  • Neem met slapenstyd 2-4 eetlepels aptekersparaffien/Liquid paraffien
  • Dit word nie deur die dermkanale opgeneem nie, maar smeer net die dermkanale
  • Oorweeg ook om 2 lemoene (VIT C) of soortgelyk in te neem met die vesel voor slapenstyd
  • Kan ook genoegsaam gestoofde droë vrugte inneem, net so ter wille van sekerheid.

biofilms-9-728

  1. Nugtermaag vroegoggend
  • Los 2-4 eetlepels hoë gehalte Engelse sout op in glas louwater
  • Drink dit op nugtermaag so vroeg moontlik
  • Drink na sowat 20 minute 4-6 eetlepels gehalte olyfolie om op die lewer te fokus en die terselfdertyd te ontgif
  • Indien nodig, sit ʼn gliserien setpil ook in die anale kanaal in.

How-Gut-Bacteria-Influences-Your-Weight-Anatomy

  1. Drink genoegsame volumes vloeistowwe soos rooibostee met vrugtesappe (sonder suiker), water en ander vloeistowwe soos water, gesonde elektroliete en kruie tee wat bekend is vir hul detoks en ontgiftingspraktyke

Oxidative-Stress_Diseases

  1. Moet nie elektroliet wanbalanse skep nie! Drink genoegsaam water.

download

  1. Gee die spysverteringstelsel genoegsaam kans om te ledig om van vele ou versamelde toksiese stowwe ontslae te raak

liver-.jpg

  1. Gee die lewer en gal kans om te ontlaai en te ledig met die vloeistowwe wat jy inneem.

candida-2.jpg

  1. Nasorg

Daar kom ‘n periode waar die intervalle en maagspoel se tussenposes langer word. Waar die kolon se inhoudelike min of meer die derm verlaat.

Probiotika

Dit is belangrik om die kolon te voed met die neem van probiotika.

probiotics

Belangrik om te weet dat wanneer ‘n persoon ‘n spastiese kolon, hardlywigheid ens., het, dat dit inflammasie gebonde is en dat die derm sensitief is en gereed is vir enige negatiewe bakterie of vrye radikaal.

Die derm moet aktief gesond gemaak

Probiotika is die meganisme om hierdie inflamasie te beveg en die Natuur se manier om skadelike bakterie te onderdruk.

what_are_probiotics_infographic_f

Neem Kennis: Suiker veroorsaak inflammasie.

Dit is juis wat NIE nodig is nie. Alhoewel daar dalk ‘n behoefte na suiker toe mag bestaan (CRAVING) weens elektrolietwanbalanse.

Drink ook genoegsaam skoon water

rueda de vitamienes

  1. Fulvic Suur

Dit is sinvol om dat die INTERVALPERIODE te gebruik om die selle van die liggaam te hermineraliseer met Fulvic suur se meer as 70 minerale. Wat ook meer en beter aan agtergeblewe vrye radikale in die bloed en selle sal bind.

FulvicText

  1. Triphala

Oorweeg ook die gebruik van ‘n dosis Triphala, wat ook op die gesonde funksies van die lewer gaan fokus, vrye radikale oes en daarin ook verdere natuurlike sagte stoelgang bevorder.

  1. Ruvesel

Eet en verskaf ruvesel in wat jy eet in gesonde groente om bindingsmateriaal te verskaf aan afvalstowwe wat deur Fulvic suur asook Triphala gebind word en in die maag en dermkanale beland.

vitamien K

Nasorg is die proses na die maagspoel en om die stoelgangfunksies gereeld, gemaklik en normaal te hou.

Laastens

Die opname van magnesium. Ons reeks badsoute

Magnesium_benefits_infographic_large

 

Advertisements

Dreineringorgane of Sisteme van die Liggaam

Daar is ‘n belangrike verskil tussen “dreinering” en detoks of ontgifting

Inleiding.

Nog nie een van die mense wat hier ingekom het, of wat ek die vraag voor gevra het wat uitdagings het met die maag of kolon, gewigsverlies, kroniese sinus, allergieë, slaaploosheid en veral aknee en velprobleme het, kon my die een van die volgende vier (4) vrae antwoord wat ek vra nie. Sommige dalk een.

Die laaste vraag soms darem 3

Dit is die volgende vier (4) vrae.

  1. Dink jy suiker onderdruk die immuunsisteem of nie?
  2. Dink jy suiker en stysel veroorsaak inflammasie van organe of nie?
  3. Wat doen suiker aan die pankreas se afskeiding van belangrike verteringsensieme wat dit afskei wanneer jy iets eet?
  4. Kan jy vir my die dreineringstelsels of dreineringsisteme of stelsels van jou liggaam noem?

Dreineringsisteme

Die sewe (7) dreineringsisteme van die liggaam is die volgende;

  1. Kolon se dreinering as funksie

Ulcerative-Colitis-B

Lewer en gal dreinering as funksie

slide_9

Limfatiese stelsel (Lymph Drainage) as funksie

Lymphatic-system-diagram

(Glympatic system) of dan bekend as “breinvloeistof se dreinering” na die limfvatstelsel.

nihms683594f1 

Sweet as dreineringstelsel

Sweaty attractive athletic young woman

Uriendreinering of Urienstelsel se dreinering

nci-vol-9754-72

Indirek ook bloed en die bloedvatstelsel, wat afvalstowwe afvoer en of dreineer in lewer en gal.

aekPAmAQRna6uQ29zLro_humanbloodvessels111

images

Kennis van Liggaam se Dreineringstelsels en funksies

Kennis en bewus wording van die dreineringstelsels van die liggaam sal die mens help om van vele van sy skete te voorkom en ook van hul skete en siektes gesond te word.

By suksesvolle dreinering speel vele faktore ook ‘n rol. Enkele daarvan is;

Die drink en inneem van gehalte water, want die liggaam bestaan uit sowat 70% water

download

Die pH balans van die selle

82146295980f35676fa73eabe22dd4ef

Gesonde dieet en groente en ruvoedsel se inname wat belangrike bindweefsel in stoelgang vorm in die absorbering van fyn afvalstowwe.

Health benefits of dietary fibres 2

Die suksesvolle vervoer van suurstof en onder andere voedingstowwe met die bloed en bloedvatstelsel na alle aktiewe organe en weefsel wat tydig daarvan afhanklik is.

oxygentransport2

Suksesvolle sweetThe+respiratory+system_+Recovery+period

Die rol van bloedsirkulasie en beweging.

  • Bloed wat suurstof en ook voeding vanuit die dermkanale na organe toe neem.
  • Daarna koolsuurgas en afvalstowwe van die organe na die lewer en gal toe suksesvol moet dreineer.
  • Vrye radikale (liggaam se eie vervaardigde afvalstowwe), asook vrye radikale van die omgewing wat die selle penetreer, nie uit die selle in bloedstroom suksesvol ontvang weens die pH balans van selle wat nie toelaat dat afvalstowwe suksesvol uitskei in die bloed nie
  • Die immuunstelsel onder druk, want nie afvalstowwe, bakterie, virusse, fungi en ook skadelike swamme suksesvol herken en uitskakel nie.

Indien daar ‘n fout voorkom in dreineringstelsels  

  • Mens mag glo dat sekere aksies en natuurlike biologiese protokolle nie werk nie
  • Wat jou na medikasie toe lei, en dan selfs dat medikasie nie werk nie
  • Omdat jou liggaam konstant sukkel met een of ander funksie van jou dreineringstelsels.

Die liggaam kan ook onsuksesvol sy biologiese funksies uitvoer

  • Omdat die persoon ‘n wesenlike tekort het aan probiotika
  • Wateropname en inname (Ph balanse)
  • Immuunstelsel is ook konstant besig om bakterie en virusse, selfs organismes soos wurms dood te maak om jou gesond te hou en is onder voedingsdruk (Kyk Vitamien en mineraalinames soos magnesium, swawel ens.?
  • Suikerinname
  • Voedsel wat nie voldoende verteer en afbreek nie en nie suksesvol in dikderm opgeneem word nie.

How-Gut-Bacteria-Influences-Your-Weight-Anatomy

Al hierdie prosesse skep afvalprodukte

Waar moet hierdie afval en afgebreekte afval goed heen as jou onderskeie dreineringstelsel nie suksesvol uitskei en dreineer nie? Watter uitdagings laat dit vir julle mee?

Voorstel!

  • Ontwurm jouself gerus elke 6 maande, jy en jou gesin met Vermox
  • Wees bewus van Kandida albicans en hoe dit ontstaan
  • Aardverwarming speel ʼn belangrike rol in die inbring van verskeie tipe muskiete en vlieë wat instaat is om wurms oor te dra.
  • Vlooibyte is by honde die vernaamste draer van wurm eiers wat onbewustelik ‘n rol by jou kan seel.

download (1)

FulvicText

Verskil tussen dreinering en detoks of “ontgifting” en die rol van “Biofilm”

  1. Detoks is die aktiewe planmatige meganiese onttrekking van swaar metale, vrye radikale en ander skadelike materiaal soos radioaktiewe gifstowwe, eksterne petrochemiese innames, skadelike afvalstowwe in byvoorbeeld verbrande olies in vis en skyfies uit die menslike of dierlike liggaam.
  2. Hier gebruik ons produkte soos Triphala, Fulvic suur, geaktiveerde houtskool en ook ander produkte soos olyfolie en ander minerale, soos verrykte magnesium sulfaat in badsout met soutminerale en bikarbonaat van soda.

Dreinering is die liggaam se natuurlike funksie en ook funksies van normale biologiese prosesse.

  1. Parasiete, fungi, bakterie en vele ander skadelike organismes beskerm hulself met die vorming van ‘n lagie “Biofilm” wat die immuunstelsel verhoed om hul selwande in te dring.
  2. Neem kennis dat alge’fungi/mold ook “Biotoksienes” kan wees.

biofilms-9-728

  • Hier gebruik ons ons eie reeks produkte soos “Wound Care” wat die selwand penetreer, ontwrig, deurlaatbaar maak sodat die sel kan skeur/breek “perish” wat dan die waterbalans en Ph van die sel ontwrig, wat hom vatbaar maak vir die immuunstelsel se funksionele werkinge.
  • Dit hinder nie die sel se DNA nie wat tot weerstandigheid van die produk sou lei.
  • Baie van hierdie biofilms se wande se molekulêre struktuur bestaan uit swaarmetale soos lood en kwiksilwer.
  • Hier sal produkte soos Fulvic suur en Triphala op molekulêre vlak verbindings maak wat die vrye radikaal se molekulêre lading sal verander en dus herkenbaar maar vir uitskeiding.
  • Die liggaam versamel “vreemde molekules” vrye radikale wat nie as voedsel herken word nie en stoor dit in vetselle.

Oxidative-Stress_Diseases

  • Hierdie skadelike produkte moet aktief met meganiese handeling gebind en gedreineer word met produkte soos Triphala, Tulsi, Fulvic suur, magnesium gesondheidsbad ge-oes word en deur die lewer en gal en uiteindelik in die kolon uitgeskei word.
  • Wat die rede vir gereelde purgasies sekerlik outomaties verduidelik.

images (1)

Kroniese infeksies

Veel meer kan hieroor gesê word.

Maar die basiese kennis behoort te verduidelik waar en waarom kroniese infeksies in die liggaam kan ontstaan, wat eerder voorkom moet word as wat dit met antibiotika probeer beheer en bestuur word.

Kandida Deel 2: Kandida Albicans

candida-test-treatment-for-candida-candida-overgrowth-treatment_3

‘n Tweede belangrike groep bakterie wat beskrywe word, is “Candida albicans.”.

Klik gerus op die gekleurde skakels vir indiepte artikels oor Candida albicans.

  1. Oorsake van vestiging: Inleiding.

Candida albicans is deel van die mens se natuurlike mikroflora. Ook gesien as mikro-organismes wat normaalweg woon in die menslike liggaam. Word gevind in die spysvertering stelsel, mond en by vroue vaginaal.

In normale gesonde toestande is Kandida albicans nie ‘n probleem nie. Wanneer daar egter ‘n “oorgroei” of “overgrowth” plaasvind waar infeksies en probleme ontstaan.

thrush-symptoms-signs-men-women-fungal-infection-this-morning-dr-chris-what-are-the-1441085

Kandida albicans is die grootste oorsaak van infeksies in die menslike liggaam. Die naam “albicans” word afgelei van die Latynse woord vir “wit” omdat die gis wit vertoon wanneer daar ’n kultuur daarvan gemaak word. Kandida albicans word kenmerkend as “thrush”  beskrywe omdat dit wit saamgestelde aanpaksels vorm.

  1. Bekende probleemgebiede waarin Kandida albicans is

2.1 Urienweg infeksies

Dit kan selfs tot in die niere in op beweeg.

  • Verhoogde behoefte om te urineer
  • Abdominale pyne of pyne in die pelvis
  • Bloed in die uriene
  • Brandsensasie of brandgevoel tydens urinering.

19989055055fb57956022a6ebb7693f3

2.2 Kandida albicans is ook bekend by

Top-15-Candida-Symptoms,jpg

2.3 Toestande vir die bevordering van kandida albicans is

  • Stywe onderklere
  • Sintetiese onderklere in plaas van katoen
  • By babas wat se doeke nie gereeld skoongemaak word nie

Candida-Albicans-Candidiasis-Thrush-Yeast-Infection

  • Oorsake vir die ontwikkeling van Kandida Albicans

Antibiotika:

Sommige Literatuur wil dit hê dat 70% en meer van die samelewing hierdie bakterie onder lede het omdat meeste mense een of ander tyd blootgestel is of was aan te veel of dan die misbruik van antibiotika.

Die Literatuur wys ook op die gebruik van

  • Steroïdes
  • Die “Pil” of voorbehoedmiddels
  • Diabetes
  • HIV/VIGS
  • Oormaat stysel en suiker
  • Stres van soorte wat kandida albicans bevorder.

what-happens-during-candida-dying-off-5-728

  • Daar is ook ander bydraende faktore, soos
  • Oormatige alkoholgebruik
  • Disfunksionele lewerfunksies
  • Vitamien B tekorte
  • Hardlywigheid
  • Swak of verswakte immuunstelsel
  • Ongebalanseerde dieet

Liver-708856

  1. Kandida albicans

Word in die Literatuur beskrywe met ‘n tweeledige lewensiklus. Dit kom natuurlik in die spysverteringstelsel voor waar dit baie goed beheer word deur ander natuurlike probiotiese bakterie.

Kandida albicans word ʼn gesondheidsprobleem met ongekende mediese toestande in ‘n liggaam wanneer die liggaam se;

  • pH uit balans is
  • liggaam as suur getoets word.
  • Kandida albicans gedy in toestande van hardlywigheid en,
  • vorm buitensporige hoeveelhede in die ideale omstandighede en
  • Geniet ‘n verswakte of onderdrukte immuunstelsel wat nie behoorlik kan reageer teen kandida albicans se gevolge nie.
  1. Oorsprong van kandida albicans

Kandida albicans kom natuurlik in die spysverteringskanaal voor.

Dit begin as ‘n suiker-gefermenteerde gis in ideale omstandighede van medikasie, antibiotika, steroïede, onderdrukte en verswakte immuunstelsel en ander soos genoem hierbo. (Neem kennis van suiker en stysel se rol in die vorming van kandida albicans)

  1. Die gevolge van kandida albicans is tweeledig.
  • Kandida albicans floreer op die liggaam se inname van B-Vitamienes en beroof die liggaam van B-vitamienes se nodige voordele.
  • Tweedens, dit vergiftig die liggaam met metaboliese afvalstowwe weens “Leaky Gut Sindroom” ook bekend as “Lekkende derm sindroom.”
  • Dit is ‘n toestand waar die giftige afvalstowwe wat in die dermkanaal uitgeskei moet word (weens die beskadiging van die dermkanaal se wande), hierdie giftige afvalstowwe terug syfer in die bloedstroom in.

Met die gevolg dat die persoon se lewer en gal oorlaai word om van hierdie reeds verwerkte giftige afvalstowwe ontslae te raak. Dit moet ook met die nuwe toenemende toevoeging van vrye radikale en afvalstowwe deel.

  1. Gevolg

Bogenoemde is die eerste fase van kandida albicans.

Sou die faktore soos hierbo beskrywe nie met insig en wysheid bestuur word nie, is hier erge nadelige gevolge. Die aanslag van kandida op die liggaam se gesondheid skop in met ‘n tweede fase, wat in die Literatuur as “Candidiasis” beskrywe word.

Candidiasis val die verswakte immuunstelsel aan en poog om dit te vernietig.

  • Die fungus groei en vorm dan risoïede wat wortel skiet in jou dermwande.
  • Veroorsaak ook simptome wat soortgelyk is aan “Irritable Bowel Syndrome” of IBS.
  • Hierdie risoïede skiet dan wortel in jou dermkanale
  • En vorm uiteindelik die “Leaky Gut Syndrome”

candida_VC

  1. Sistemiese Candidiasis

Wanneer ‘n toestand soos hierbo beskrywe ontstaan, en hierdie gifstowwe of afvalstowwe van die liggaam kom op ‘n gereelde basis in aanraking met die bloedstroom, ontstaan ‘n toestand bekend as “Sistemiese Candidiasis.”

  1. Gevolge

Die gevolge van die toestand is skrikwekkend. Hierdie swamsiekte affekteer byna elke orgaan in die menslike liggaam. Dit affekteer ook die liggaam se weefsel en die volgende toestande kan hieraan toegeskrywe word.

  • Buikafwykings
  • Voedsel-intoleransie
  • Allergieë
  • Hipersensitiwiteit
  • Asma
  • Verskeie auto-immuunversteurings kan ontstaan waar die liggaam homself op sellulêre vlak begin aanval.

Van die Kandida Albicans infeksies is die volgende;

  • Neutropenie: ‘n Toestand waar abnormale lae vlakke van selle, genaamd “neutrofiele” in die bloed gevind word. ‘n Tekort hieraan maak mens meer vatbaar vir vele soorte van skadelike bakteriële, virus en infeksies van verskillende protosoa

Skin-Fungus-Infection-experts-guide.jpg

  • Kandidemie of “Candidemia”: ‘n Toestand met bloedinfeksie van ander kandida-spesies wat lang hospitalisasie vereis, kroniese moegheid, depressie, beheer met antibiotika en selfs sjirurgie. Simptome is sepsis, nierprobleme en skok.
  • Endokarditis is infeksie van vliese aan die binnekant van die hart wat die hartkamers en hartkleppe insluit. Fungi (kandida albicans) wat endokarditis veroorsaak, het ‘n baie hoë mortaliteitsyfer en is verantwoordelik vir tussen 24% en 46% van alle gevalle van endokarditis.

a21cf9d59c851e868e51fe7b12d94fa0--candida-symptoms-candida-diet

  • Breinvliesontsteking of meningitis is inflammasie van die brein en rugmurg. Breinvliesontsteking wat deur kandida albicans veroorsaak word veroorsaak hoofpyne, stywe nekspiere, koors, naarheid en vomering, verwarring en sensitiwiteit vir lig.
  • Peritonitis of “Intra-abdominale candidiasis” se simptome is maagpyn, koors, naarheid en vomering, moegheid, diarree en geen aptyt.

Header-Candida-Overgrowth

  1. Die bestuur van Candida Albicans.

Drie aspekte is van belang by die bestuur van Candida albicans

  • Kandida albicans het die unieke vermoë om by sy slagoffers ‘n hunkering na sekere kossoorte te gee. Veral kossoorte van die kandida organisme voed. Dit is suiker en styselverwante voedselsoorte.
  • Dit gevolge van gifstowwe wat weer in die bloedstroom invloei veroorsaak dat die gifstowwe suurstof opneem selle moet voed wat die liggaam in ‘n suurstofarm laat, met die gevolg dat dit belangrike liggaamsfunksies versmoor en die immuunstelsel erg onder druk plaas.
  • Die afsterwe van die Candida albicans bakterie is hoogs toksies. Dit laat die slagoffer met soortgelyke simptome soos griep.
  1. Faktore van belang by die bestuur van Candida albicans.

2b18b64

  • Aktiewe program om die kolon skoon te maak en gesond te hou. (Engelse sout 1 x elke 6 weke) en hervul met probiotika om vertering te bevorder en die balans in bakterie vormende kolonies te herstel.

58e069248982a1c37ebcc5dc18c6f030--systemic-candida-candida-symptoms

  • Sorg dat metabolisme daagliks en ook gereeld is en gemaklik uitskei, verhoed enige toestand van hardlywigheid ( Triphala, genoeg water, probiotika, genoegsame inname van ruvoedsel en vesel om peristaltiese bewegings te stimuleer (nie semels nie), droë vrugte, ens.)
  • Die lewer as orgaan konstant te detoks (Sien aparte skrywe hieroor)
  • Versterk die immuunstelsel (probiotika en kolostrum, Fulvic suur vir minerale en ook vitamiene) en ook oefening. 
  • Bevorder magnesiumopname (Magnesium badsout en magnesium smeer). Magnesium stabiliseer die liggaam se suurvlakke en verlaag ook die ideale suuromstandighede waarin fungi en ander skadelike patogene wil aanteel.
  • Bevorder die opname van suurstof (Fulvic suur”) wat ongunstige toestande skep vir kandida.
  • Bind vrye radikale molekulêr om dit in die lewer en dikderm uit te skei (Triphala en Fulvic suur) 
  • Onderhou die liggaam se natuurlike Ph balans: 15 ml appelasyn in water op nugtermaag
  •  Bevorder probiotiese balans aktief met gesonde groepe probiotika. Dit is die Natuur se manier om Candida albicans te onderdruk en te dood. 
  • Fulvic suur of humussuur is antiviraal, antibakteries en antifungies en help om verteringstelsel saam met probiotika, kolostrum en kollageen te heel. 
  • Bestuur die vorming van eie natuurlike afvalstowwe (vrye radikale) aktief om selverlies en selvernietiging (oksidering van funksionerende selle) te voorkom. 
  • Inname van Vitamien C word benodig vir die groei en herstel van weefsel waar Candida albicans skade aangerig het. Word gebruik in die vorming van kollageen, die proteïen wat die vervaardiging van vel, senings, ligamente, bloedvate, kraakbeen, tande, littekenweefsel en bloedvate en dermwande te herstel. Speel ook ʼn belangrike rol by die herstel van artritis en blokkeer die effek van vrye radikale. 
  • Sink is ʼn noodsaaklike mineraal, wat wel deur humus of Fulvic suur aangevul word. Sink versterk die immuunstelsel, bevorder die seldeling van selle, selgroei en bevorder ook die ontwikkeling van beskadigde selle weens Kandida albicans.  
  • Word beskou as ‘n kritiese mineraal by Crohn se siekte, makulêre of seldegenerasie by veroudering, maagsere, ADHD, aknee, sekel-anemie of bloedarmoede, HIV, vroue wat borsvoed, alkohol misbruikers en andere veluitslag of luier toestande by babas.

Pierre van Niekerk

 

 

 

 

 

Kandida 1

  1. Inleiding

Die term “Kandida” blyk ‘n onderwerp te wees wat liewers vermy word. Dit blyk ook dat dit verkeerd gediagnoseer word. Enkele gerespekteerde mediese artikels in Mediese Joernale spreek die onderwerp aan en dit dien as die verwysingsbron van die skrywe.

maxresdefault

Kandida se wetenskaplike naam is “Candidiasis” (candida overgrowth), ‘n mediese toestand wat in die 1970’s deur Amerikaanse wetenskaplikes geïdentifiseer is. Beperkte hoeveelhede kandida is in elke mens se liggaam teenwoordig.

candida-overgrowth-symptoms-V

2. Kandida in die Algemeen

Kandida is deel van die groep “negatiewe bakterie” wat deel is van elke mens se bestaan. Wanneer mens gesond is, lewe kandida in die spysverteringstelsel as ‘n gis wat meeding met ander bakterie vir plek en oorlewing in die spysverteringstelsel.

candida-test-treatment-for-candida-candida-overgrowth-treatment_3

  • Soos bakterie, is kandida aërobies. Dit is afhanklik van suurstof.
  • Wanneer ‘n mens afsterwe, stop suurstofryke bloed om deur ons liggame te vloei. Wat meebring dat bakterie afsterf

hqdefault1

  • Maar kandida, soos alle vorms van gis (yeast), omvorm in ‘n suurstofarme (anaerobiese) omgewing in fungi (spore) wanneer suurstof afgesny word.
  • Kandida as fungi in ‘n anaerobiese omgewing versprei sy spore radikaal in omgewings of habitatte in die liggaam wat vir welke redes, soos met die afsterf van ander probiotiese bakterie (antibiotika) vakant gelaat word.

candida-2.jpg

  • Kandida in spoorvorm is instaat om deur die wande van die spysverteringstelsel te beweeg.
  • In spoorvorm vestig kandida in ander liggaamsdele waar dit velerlei siektetoestande en mediese kondisies veroorsaak.

2b18b64

Kandida vernietig ander selle in die liggaam se selwande. Op die manier voorsien dit voedsel aan ander skadelike organismes. Baie spesifiek die wurmgroepe wat die liggaam verteer.

a21cf9d59c851e868e51fe7b12d94fa0--candida-symptoms-candida-diet

Die Egiptenare het dit duisende jare gelede ontdek wanneer hul dooie liggame wou mummifiseer. Hul het die binnegoed so vinnig moontlik na afsterwe verwyder om verrotting te keer wanneer hul die liggaam met plantolies wat fungi verdryf gebalsem het om oorblywende fungi te dood of te neutraliseer.

Met die diagnose van kandida by ‘n persoon, beteken dit in effek dat die “verrotting” by die persoon reeds begin het.. Wyl hul nog steeds lewe.

symptoms-of-toenail-fungus-600x270

Klink verskriklik erg, maar kandida maak nie noodwendig ‘n persoon onmiddellik dood nie. Wat dit in wese beteken is dat wanneer kandida in groot getalle in ‘n persoon se liggaam gevind word, die immuunstelsel ‘n enorme stryd het om ‘n persoon gesond te hou. Wat ‘n geweldige tol eis wanneer ‘n persoon met verdere medikasie kandida in groter getalle vestig in die liggaam.

4c1faed5ea78584b60387870f56a5f3b--systemic-candida-candida-albicans

Nuwe Literatuur toon aan dat kandida in sy weerstandige vorm in hospitale wel die dood van vele mense veroorsaak. Volg gerus die skakels soos hier gegee vir bewyse van kandida wat Suid Afrikaanse hospitale as een van die “Super bugs” bekend staan.

Lees ook hier verder wat in die Mediese Joernaal “Mycoses” staan en ook hier oor Kandida Auris.

Everything was positive — the walls, the bed, the doors, the curtains, the phones, the sink, the whiteboard, the poles, the pump,” said Dr. Scott Lorin, the hospital’s president. “The mattress, the bed rails, the canister holes, the window shades, the ceiling, everything in the room was positive.

“C. auris is so tenacious, in part, because it is impervious to major antifungal medications, making it a new example of one of the world’s most intractable health threats: the rise of drug-resistant infections.”

ClinicalTrend11-18-16

Kandida het ‘n erg negatiewe invloed by persone wat onderdrukte of onderdrukte  immuunstelsels. By nuwe geboortes, babas sonder gesonde hoeveelhede kolostrum,  ouer verswakte persone, diabete, rokers, persone met reeds gevestigde auto-immuun siektes en persone wat steroïede neem.

Verskillende vorme Kandida

Die National Candida Society groepeer kandida in verskillende groepe.

Groep 1: “Leaky Gut Syndrome”

Skade aan die dermkanale, wat die dermkanale deurlaatbaar maak en meebring dat die afvalstowwe van die liggaam tesame met toksienes wat vir uitskeiding in die dermkanale van die lewer en gal gestort word, deur die dermkanale filtreer terug in die bloedstroom in.

Candida-Intestines

Kandida wat deur die dermkanale beweeg veroorsaak onder andere die volgende;

  • Voedselallergieë
  • Hoofpyne en migraines
  • Seer spiere
  • “Foggy brain”

Groep 2: Disfunksie van die Endokrienstelsel.

Wanneer kandida spore deur die dermkanale filtreer in die liggaam in die bloedstroom en in spoorvorm in ander organe beland, het dit volgens die Literatuur die vermoë om die funksionele werking van die Endokrienstelsel totaal te verongeluk. Die endokrienstelsel in ‘n disfunksionele staat te laat funksioneer.

candida-2.jpg

Die National Candida Society noem die volgende simptome by ‘n disfunksionele endokrienstelsel.

thNUS59AOH

  • “Cystitis” wat blaas infeksie is, of urienweginfeksie, wat deur ʼn bakterie veroorsaak word.

Header-Candida-Overgrowth

Groep 3: Ingewandskwale

  • “Bloatedness” of opgeblase gevoel
  • Diarree
  • Hardlywigheid
  • Flatulence of buitengewoon hoeveelheid winde.

Kandida word ook geïmpliseer by Endometriosis  en, word ook hier geïmpliseer

Antibiotika en anti-swam of fungi medikasie

Is belangrike medikasie om verskeie tipes infeksies by mense en diere te beheer. Antibiotika word wyd gebruik in die landbou by dierproduksie, veral hoenders, en varke. Produkte wat swamme beheer word wyd gebruik om te verhoed dat groente en vrugte verrot.

Sommige wetenskaplikes blameer die wye gebruik van antibiotika en anti-fungi of swam produkte vir die groter skadelike effek op mense en diere en die bevordering van kandida in die algemene samelewing..

Publiek se begrip

Die probleem, die skadelike effekte en invloed van kandida, blyk deur min persone verstaan te word. Dit blyk ook dat die toestand natuurlik daartoe lei dat meer en meer medisyne gekoop en gebruik moet word. Dit blyk ook dat owerhede en die beroepe wat hiermee deel, verkies om nie veel hieroor te noem nie.

Kandida Auris (vervolg)

Vitamien B6

Vitamien B6 word gebruik in kombinasie met die ander Vitamien B groepe.  

maxresdefault (2)

Die ander wetenskaplike name is Vit B 6 isPyridoxine, pyridoxamine, pyridoxal, Adermine, Chlorhydrate, Adermine Hydrochloride, B Complex Vitamin, B6, Pyridoxal Phosphate, Pyridoxal 5 Phosphate, Pyridoxal-5-Phosphate, Pyridoxamine, Pyridoxine HCl, Pyridoxine Hydrochloride, Pyridoxine-5-Phosphate, P5P, P-5-P.

17food-sources-of-vitamin-b-6-or-pyridoxine-a-presentation-tonutrition-bymr-allah-dad-khan-5-638

Vitamien B6 het ‘n lang lys van gesondheidsgebruike.  

In die liggaam dien Vitamien B6 as ‘n of ko-ensieme. Dit is ‘n molekulêre agent van die B-groep vitamiene wat sorg dat “onwaarskynlike verbindings” in die liggaam plaasvind om suiker, vette en proteïne vir die liggaam se gebruik te vorm.

vitamin-b12-b6-folic-acid-supplements-lexor-health-3-728

Kort Begrippe van Ko-ensieme.

  • ‘n Ko-ensiem word as ‘n “helper molekule” beskou, wat ‘n ensiem help om chemiese reaksies tussen onwaarskynlike stowwe suksesvol in suikers, vette en proteïene om te skakel.
  • Ko-ensieme benodig altyd die beskikbaarheid van ‘n ensiem om operatief of funksioneel te wees.
  • Ko-ensieme kan nie op hul eie enige funksie voltooi nie.
  • Ko-ensieme is klein molekules maar nie ‘n proteïen nie.
  • Ensieme is ‘n proteïene
  • Die groep Vitamien B6 in die B-Vitamiene kompleks, word beskou as ‘n ko-ensiem.

pyrroles-symptoms2-meme_orig

Vit B 6 is dus ʼn belangrike ko-ensiem

  • Wat wil sorg dat maksimale ontwikkeling van die senuweestelsel, die vel, die brein en die ander organe plaasvind.
    • ‘n Tekort aan Vit B kan lei tot  “Pyridoxine deficiency wat ‘n tipe anemie of bloedarmoede is.
    • Vit B is belangrik vir die voorkoming en die proses van herstel by bloedvatsiektes. Omdat Vit B 6 gebruik word by die metabolisering van vette en kolesterol in die liggaam

vitaminB6orpyridoxamine

By die behandeling van hoë bloeddruk, verminder Vit B6 die vorming van “homosistien”, ‘n aminosuur in die bloed waaraan bloedklonte, hartaanvalle en epileptiese aanvalle toegeskrywe word.

tsl-pyroluria

  • Vit B 6 hou ook bloedvate oop nadat daar op die pasiënt die “ballonprosedure” gedoen is.
  • Vit B 6 word vir premenstruele Sindroom (PMS) gebruik om verligting te bring.
  • Vitamien B6 word ook vir morning sickness” by vroue gebruik, veral by naarheid en braking in die oggende.

brustentzuendung-mastitis

  • Vitamien B6 word ook gebruik om die vloei van borsmelk te stimuleer na geboorte, waar die gevaar van depressie ook soms na ‘n baba se geboorte ontstaan.
  • Vitamien B6 word aanbeveel vir die verligting van menopouse en die behandeling van die simptome van menopouse. 
  • Vitamien B6 word as remedie aanbeveel vir die gevolge wat by die gebruik van die “Pil” ontstaan
  • Vitamien B6 word ook gebruik by Alzheimers en ander tipes van dementia of geheueverlies.
  • By kinders word Vitamien B6 gebruik in die bestuur van die “Aandag- Afleibaarheid Sindroom”of (AHDH).

Daar is ook ander kondisies waar Vitamien B6 ‘n rol speel.

Vitamien B6 word gebruik voorkoming van oogsiektes, vaagheid, swak konsentrasie, verswakking van die retina, epilepsie, stuipe weens koors, verskeie neurologiese toestande wat abnormale beweging en gedrag verteenwoordig.

3l-Image-27

Vitamien B6 word ook aanbeveel vir tandheelkunde, blaasprobleme, kanker en nierstene. Vorming van poliepe en by versteurde slaappatrone.

Vitamien B6 word ook gebruik vir “sickle cell anemia” ‘n oorerflike toestand waar daar nie genoeg gesonde rooibloedselle verteenwoordig is om suurstof  te dra in die liggaam na al die organe nie.

Sickle-Cell-anaemia-1170x570

7df236da-cbbd-43c7-aa44-690606822890-large16x9_Capture

Vitamien B6 word ook gebruik om die nagevolge van bestraling en radiasie, chemo te hanteer en ook die nagevolge van medisynes soos “mitomycin, procarbazine, cycloserine, fluorouracil, hydrazine, isoniazid, penicillamine, en vincristine” te oorkom.

b6-b12-13-638

Vitamien B6 word ook aanbeveel teen braking en naarheid weens gastro-intestinale versteurings en teen die nagevolge van die geboortebeperking medikasie.
cancer patient receiving a chemotheraphy

 

Pierre van Niekerk

Ecohealth Badsout

Pierre @ Ecohealth Badsout

  1. Inleiding

Vrye radikale verouder en vernietig die selle en organe van elke liggam en is besig 24/7, met die afbreek en veroudering van die liggaam wat verskeie kroniese siektetoestande veroorsaak. 

Dit is die een enkele rede waarom daar elke dag aktief,  met betroubare kennis en insig oor die skades van vrye radikale, aktief daarvan ontslae moet raak.

  1. Hierdie faktore beïnvloed elke mens en dier se lewe elke dag.
  •  Stresfaktore
  • Vrye Radikale
  • Gesondheidwaardes van voeding
  • Die gehalte van water
  • Die gehalte van die omgewing se lug wat ons inasem.
  • Industrieele gasse en stowwe
  • Rook van vele soorte wat aan die vel vaskleef

the01

  1. Onkunde oor bogenoemde faktore, verouder ongeag mens en dier se begrip daarvan, almal se bestaan, 24/7 van elke dag.

Stres en vrye radikale is waarskynlik die belangrikste agente in die voorkoms van die volgende toestande;

  • Kanker
  • Velsiektes
  • Siekte toestande wat deur fungi, bakterie en virusse veroorsaak word.
  • Literatuur koppel ook vetsug (leptienweerstandigheid) op verskeie maniere aan bogenoemde.
  • Velskade en aktiewe veroudering

Effects-of-free-radicals-on-different-organs-of-human

  1. Voorkoming is beter as beheer.

Elke mens is dit aan hom of haarself verskuldig, om ingelig en verantwoordelik hulself te versorg om moontlike siektes en veroudering te voorkom.

Daarom sou meeste mense waarskynlik, sou hul goeie kennis daarvan dra van die aktiewe skadelike effekte van vrye radikale en hoe dit daagliks;

  • Skadelike effekte dit het op alle organe
  • Hoe dit aktief 24/7 selveroudering meebring
  • En besef dat vrye radikale nie net van buite kom nie, m.a.w. nie net vanuit skadelike rook, stof, ultravioletstrale, pestisiedes, diesel en petrochemiese dampe, huishoudelike middels, nikotien, ens., nie
  • Maar ook deur die liggaam self ook vervaardig word.
  • Byvoorbeeld suurstof wat na gebruik deur die selle in die liggaam, koolsuurgas word.
  • Voedsel wat verteer in die liggaam, om selle en organe te voed, skadelike afvalstowwe word wat moet uitgeskei word deur die bloed in die lewer en gal en dan na die dikderm.
  • En dan sit vele mense nog met ‘n spastiese dikderm en hardnekkige kolon wat nie van die afvalstowwe ontslae raak nie en “Leaky Gut Sindroom” ontwikkel wat tot meer as 1000 outo-immuunsiektes kan lei.

image5

Opsommend

Vrye radikale verouder en vernietig die liggaam en sy organe. Werk 24/7 aktief daaraan om selle en organe af te breek en te dood, te vernietig, en om veroudering en ander siektetoestande te veroorsaak.

Dit is die enkele rede waarom daar elke dag, doelbewus en met betroubare kennis, aktief van die potensiële skades van vrye radikale ontslae te raak.

images (6)

  1. Die Pierre @ Ecohealth Badsout

Die Pierre@ Ecohealth Badsout bestaan uit ʼn gebalanseerde mengsel van;

Magnesium, seesout en koeksoda, olies, pH gebalanseerde seepmengsel

Magnesium sulfaat (Engelse sout)

Seesout van spesifieke gradering

Koeksoda

  • Eksotiese geurmiddels wat bekend is vir hul kalmerende en gesondheidswaardes, en
  • Essensiële olies van verskeie soorte. Ook gekies vir hul velvoedende waardes en wat nie die pH van die vel of organe sal versteur nie

xbicarb.jpg.pagespeed.ic.x1bMvuJEE4

  1. Wat is die doel van die mengsel en keuse van produkte?

6.1 Magnesium sulfaat is in werklikheid ‘n samestelling van twee minerale wat natuurlik voorkom . Studies bewys dat beide geredelik deur die vel opgeneem word.

Magnesium sulfaat is ook bekend as Engelse sout (Epsom salts). Dit is in werklikheid nie ‘n sout nie. Magnesium sulfaat word baie goed deur die vel absorbeer. En is bekend vir die volgende voordele;

  • Verlig stres en laat spiere ontspan
  • Op molekulêre vlak bind dit met vrye radikale op die vel en onttrek dit dus uit die vel
  • Versag seer spiere en inflammasie
  • Bekend daarvoor dat dit help om nutriënte te absorbeer.

6.2 Seesout

Dooie See se sout bevat 21 minerale, waaronder magnesium, swawel, iodien, bromiede, sodium, Zink en potassium.

Bogenoemde minerale kom natuurlik in die liggaam voor, maar moet daagliks aangevul word omdat dit daagliks verbruik word.

Hierdie minerale word gebruik om

  • Magnesium bevorder meer as 300 bio-gesondheidsfaktore in die menslike liggaam en bevorder rustige slaappatrone.
  • Potassium balanseer vogbalanse in die vel
  • Bromiede versag spierspasma, pyne en styfheid van die lyf
  • Sodium bevorder bloedsirkulasie en limfvloei in die limfvatstelsel
  • Dooie See se sout is bekend vir sy detokseienskappe envoordele en ook om wonde en sere te behandel en te ontsmet.
  • Iodien speel ʼn belangrike rol by skildklierfunksionering en die liggaam se metaboliese funksies
  • Swawel is ‘n kragtige detoksagent. Werk nou saam met lewerfunksies en gal om van opgegaarde vrye radikale en ander afvalstowwe en toksienes ontslae te raak.

Magnesium1

6.3 Koeksoda

  • Koeksoda is ook bekend as sodium bikarbonaat.
  • Sodium bikarbonaat is ‘n natuurlike alkaliese substansie wat in die Literatuur beskrywe word as ʼn agent wat instaat is om ‘n verskeidenheid toksienes te neutraliseer
  • Help om die liggaam te alkaliseer, veral na ‘n dag se werk en sweet
  • Maak die vel sag en soepel en
  • Laat die vel met ʼn gevoel van sagtheid

6.4 Essensiële Olies

Essensiële olies is reeds van Bybelse tye ‘n waardevolle produk vir vroue. Gebruik by die balsem van Christus se voete en die waarde of rol van essensiële olies duik orals in die geskiedenis op waar waarde aan vroue geheg word, en of hul skoonheid besing word.

Daar is vandag vele multimiljard Dollar mode huise wat in die ontwikkeling van en verfyning van essensiële olies belê.  Van die belangrikste vervaardigers is in Frankryk en dit is ook van hierdie olies wat Pierre @ Ecohealth bekom het vir ons badsoutreeks.

Opsommend is die doel van die verskillende olies

Pierre@ Ecohealth se Badsoutgeure

(Name word in Engels gelos met skakel vir eie leeswerk)