Inleidende Opsomming:

Verteringsensieme

Verteringsensieme is groot biologiese molekules, proteïene om spesifiek te wees, wat verantwoordelik is vir duisende metaboliese prosesse in die liggaam om biologiese lewe te onderhou.

Ensieme se doel is om chemiese reaksies te vorm wat die liggaam opbou en gesond te hou. Om spiermassa te bou, gifstowwe af te breek en, voedsel af te breek in partikels sodat dit bio-opneembaar vir die liggaam kan wees.

Wanneer die spysverteringstelsel simptome toon van chroniese gas, opgeblasenheid, krampe, konstante naarheid en kroniese hardlywigheid, beteken dit metaboliese prosesse nie genoegsaam plaasvind nie en, dat daar onverteerde voedsel is.

Die effek daarvan is dat dit nie deur die dermwande opgeneem word in die bloedstroom nie as voeding nie.

Die negatiewe effek daarvan is dat die liggaam op sy eie “lean mass” spierweefsel moet teer om te oorleef. Paradoksaal daarmee, is dit een van die redes ongunstige vette in die liggaam opbou wat nie afbreek nie.

Eienskappe van ensieme

‘n Ensiem se struktuur en vorm is gebonde aan sy spesifieke metaboliese funksie.

Hitte, medikasie, chemiese opnames in die liggaam kan ensieme beskadig en ook hul vorm verander. Wanneer dit gebeur is die ensiem disfunksioneel en werk dus glad nie meer nie.

Dit affekteer die spesifieke organe se funksies en die toestand veroorsaak dat disfunksionele organe in die liggaam siektetoestande veroorsaak.

Die feite in die Literatuur is;

  1. ‘n Tekort aan die noodsaaklike natuurlike verteringsensieme bring wanvoeding en ook totale ondervoeding mee in ‘n liggaam.
  2. Dit veroorsaak dat kritiese organe disfunksioneel funksioneer weens die swak opname van belangrike nutriënte, wat bepaalde funksies in die liggaam moes verrig.

Kinders

Die feite is, dat kinders sonder die natuurlike verteringsensieme en probiotiese aanvullings in hul spysverteringstelsel- in effek aan wanvoeding en verswakte liggaam-, spier en breinontwikkeling blootgestel is. Al blyk hul blakend gesond te blyk.

Verteringsensieme en kanker

Die ensieme wat die pankreas uitskei wat proteïne verteer, tripsinogeen en chimotripsinogeen, ook genoem die “proteolitiese proses”, speel ‘n baie belangrike rol in die ontmaskering van kankerselle in die liggaam.

Kankerselle is omhul met ‘n proteïenagtige materiaal wat “fibrien” genoem word.

Die teorie is, sou daar genoeg proteolitiese ensieme in die liggaam geproduseer word, sal dit die proteïenomhulsel van die kankersel ontmasker en verteer en, aan die immuunstelsel sal ontbloot.

Dit beteken dat die immuunstelsel die kankersel kan identifiseer en vernietig.

Die liggaam maak konstant vrye radikale wat kan ontaard in kankerselle. Hoe meer kankerselle teenwoordig is, soveel te meer is proteolitiese ensieme met hul metaboliese prosesse nodig.

Die immuunstelsel moet deurlopend instaat gestel word om kankerselle te vernietig.

Metaboliese Prosesse: Inleiding

Voedsel wat ingeneem word, kan net biologies deur die dermkanaal in die bloedstroom as voeding opgeneem word as dit suksesvol in kleiner bio-opneembare partikels afgebreek is.

Die produksie van die onderskeie verteringsensieme in die liggaam vind outomaties en onbewustelik plaas.

Dit is deel van die liggaam se outonome stelsel en is nie ‘n ooglopende bewustelike aksie nie.

Vertering van voedsel in die liggaam is gesondheid.

Vertering word deur ensieme verrig.

Die eerste verteringsproses begin reeds by die kouproses en speekselkliere in die mond. In die maag word proteïne en Vit B 12 geskei deur nog ‘n ensiem, pepsien, wat ook as “maagsuur” bekend staan.  

Daar is drie soorte ensieme wat in die pankreas geproduseer word.

  • Een ensiem is om vette op te breek.
  • ‘n Tweede om stysel en koolhidrate in enkelvoudige suiker op te breek
  • Derdens, ‘n ensiem om proteïene af te breek

Bykomend hiertoe, produseer die lewer ook gal om vette verder in die dunderm op te breek. Al die groepe ensieme word deur ander ensieme in die spysverteringstelsel ondersteun om voedsel wat ingeneem word te metaboliseer.

Enkele ander belangrike ensieme van die dunderm

Histamien

Die produsering van die DOA ensiem. Alle voedsel wat ingeneem word, het ‘n histamienfaktor of telling.  Hierdie ensiem balanseer die histamienfaktor in voedsel en bring mee dat allergiese reaksies teen histamien nie ontstaan nie.  

Laktose intoleransie

‘n Ander belangrike ensiem van die dunderm is die ensiem “laktase.”

 ‘n Tekort aan die ensiem laktase, veroorsaak die toestand “laktose intoleransie.”

Die ensiem verdeel komplekse suikers (soos laktose) reeds in die dunderm in mono- of enkelvoudige suikers. In die formaat is dit maklik opneembaar in die spysverteringstelsel. Die afwesigheid van die ensiem “laktase,” veroorsaak dat melk (laktose) onveranderd deur die dunderm na die kolongedeelte van die spysverteringstelsel vloei.

As melk in die kolon afgebreek moet word, moet dit deur bakterie afgebreek word. Dit veroorsaak groot ongemak omdat dit gasse vorm, krampe veroorsaak en ook diarree of maagaandoenings.

Ensieme is baie spesifiek

Soos reeds genoem, die afbreek van voedsel in die liggaam word deur spesifieke en verskillende ensieme gedoen.

Dit moet beklemtoon word dat die een ensiem kan nie ‘n ander ensiem se metaboliese funksie voltooi nie.

‘n Tekort aan bepaalde ensieme beteken dat bepaalde metaboliese funksies nie in die liggaam kan plaasvind nie. Dit het die effek dat belangrike funksies van organe inhibeer word en nie uitgevoer word nie, want hul kry nie die nodige voeding nie.

Dink maar aan organe wat belangrike hormone moet produseer.

Soos die skildklier, wat soveel belangrike hormone moet produseer en afskei.

Amylase breaks starch down into glucose. Protease breaks protein down into amino acids. Lipase breaks fats down into fatty acids and glycerol.

Opsommend: Die biologiese afbreek met spesifieke ensieme

  • Is die outonome oorsprong en beginpunt van die mens en dier se gesondheid. Dit voed organe en die immuunstelsel
  • Ongeveer 80% van die immuunstelsel is in die kolon teenwoordig.
  • Wanneer voedsel nie deur die regte ensieme in bio-opneembare partikels afgebreek word as bio-voeding nie, sal dit nie in die bloedstroom deur die dermwande opgeneem kan word as voeding tot voordeel van die mens nie.
  • Dit word gewoon voedsel wat iewers in die spysverteringstelsel tot nadeel van die mens se natuurlike gesondheid vrot.
  • Hierdie verrotte materiaal is ‘n rede en ook voedingsbron van outo-immuunsiektes wat uit die spysverteringstelsel ontstaan.  
  • Daar is byna ‘n 100 outo-immuunsiektes, soos diabetes, ook kankers, wat vanuit die kolon ontstaan en hul oorsprong het in ensiemtekorte en onverteerde voedsel in die spysverteringstelsel.

Belangrike verteringsensieme en hul funksies.

 Speeksel:

Dit is bekend dat die speekselkliere ongeveer 1 tot 1.2 liter speeksel per dag produseer.

Die verteringsproses begin by die kouproses en die vermenging van speeksel in die mond. Speeksel se funksie is om komplekse suikers soos die wat in groente voorkom, in kleiner eenvoudiger of monotipe suikereenhede af te breek sodat dit maklik deur die dermwande as voedsel opgeneem kan word.  

Voedsel beweeg daarna met die slukproses deur die slukderm na die maag.

 Maagwande

Die maagwande skei die ensiem pepsinogeen af, wat in pepsien (maagsuur) verander wanneer voedsel die maag bereik.

Pepsien is ‘n ensiem wat proteïne afbreek. Dit word afgeskei deur ‘n belangrike groep selle in die maagwand, genaamd “zymogene” selle.

Pepsien skei ook proteïene en Vit B12 in die maag. ‘n Belangrike proses wat net in die maag plaasvind en nêrens anders in die liggaam nie.

Swak produksie van die ensiem pepsien sal meebring sal proteïen nie genoegsaam afbreek en opgeneem word as aminosure in die liggaam nie.

Aminosure is belangrike voedingsbron en ook bousteen in die liggaam.

 Pankreas

Deur middel van ‘n peristaltiese bewegende proses word die voedsel vanuit die maag na die dunderm aangestoot.

Wanneer hierdie voorbereide voedsel verby die pankreas beweeg, skei die pankreas vier (4) ensieme af wat saam met gal, (wat die lewer deur die galblaas afskei), die verteringsprosesse verder bevorder.

Een ensiem is om maagsuur wat in die ontsluiting van die maagklep deurkom, te stabiliseer tot ondersteunende metaboliese funksies van ander ensieme in die dunderm.

Drie belangrike ensieme (ensimatiese prosesse) van die pankreas is;

Amilase (afbreek van koolhidrate, stysel en suiker).

Die proses van amilase is die ensiem betrokke by die afbreek van stysel en suiker, asook koolhidrate wat in groentes voorkom. Tydens die amilase proses word komplekse suikers afgebreek in enkel of mono-suikers, om as bloedsuiker/bloedglukose in die derm in die bloedstroom opgeneem te word.  

Peptidase (afbreek van proteïene).

Pepsien of maagsuur is die ensiem wat in die maagwande afskei en proteïen in die maag en dunderm afbreek in aminosure.

Lipase (die afbreek van vette)

Lipase is ‘n ensiem wat in die pankreas en dunderm vervaardig word. Die ensiem breek lipiede, (vette), op wat in voedsel voorkom.

Borsmelk is byvoorbeeld baie ryk aan vette. Lipase breek vette in borsmelk af sodat babas borsmelk in sy volledigheid kan opneem. Lipiede is ook die boublokke in die struktuur van selle en aktief betrokke by selgesondheid.

Ouderdom en verteringsensieme

Soos met alle liggaamlike fasette, speel ouderdom ook ‘n rol in die produksie van genoegsame hoeveelhede verteringsensieme vir ‘n gesonde liggaam.

Vele mense drink ook nie genoeg water nie.

Wat tot die gevolg het dat die ingewande te min vloeistof het. Te min water veroorsaak dat daar te min verteringsappe produseer word en funksioneel kan optree. Te min water veroorsaak dat die fekale uitskeiding in die dermkanale deur ‘n dors verdroogde habitat met peristaltiese bewegings moet beweeg.

Wat baie moeilik is en ook nie gesond gebeur nie.

Die dermkanale is logies verdroog. Oppotting van fekale materiaal vind plaas wat die dermwande beskadig, inflammasie veroorsaak en ‘n toestand genaamd “lekkende dermsindroom” kan ontwikkel.

Die “Lekkende dermsindroom”

Is ‘n toestand waar fekale materiaal in die dermkanale oppot en verhard. Die derm se elastiese vermoë word tot die uiterste gestrek. Dit laat mikroskopiese gaatjies in die kolon ontstaan.

Hierdie gaatjies veroorsaak dat derminhoudelike en ook onverteerde partikels in die buik invloei. Wat vele kroniese en outo-immuunsiektes veroorsaak.

Eksokriene pankreatiese ondoeltreffendheid.  

Vele gebruike en toestande ondermyn die belangrike rol van die pankreas

In effek beteken dit dat die pankreas ‘n onvermoë het om voldoende ensieme te produseer.

Persone met veral sistiese fibrose, diabetes 1 en pankreaskanker moet met elke maaltyd verteringsensieme inneem  

  • Pankreatitis: Die misbruik van alkohol en of inflammasie van die galblaas
  • Verskeie voorskrif medikasie
  • Die onkundige gebruik van teensuurmiddels
  • Hoë inname van suiker
  • Kitskosse
  • Kaffeïenryke energie drankies
  • Onaktiewe leefstyl
  • Preserveermiddels wat nie afgebreek kan word nie
  • Maagoperasies
  • Insulienweerstandigheid
  • Die ontwikkeling van hoënormale bloedsuiker, prediabetiese toestande
  • Onkunde: Soos die kook van groente vir lang periodes bokant 47 grade Celsius
  • Gastritis-bakteriële infeksie en ontsteking
  • Crohn’s se siekte- ook ‘n kroniese inflammatoriese dermsiekte
  • IBS
  • Celiac se siekte- gluten intoleransie wat die villi in die dermwande inflammeer
  • Ulseratiewe kolitis- kroniese inflammatoriese dermsiekte wat die slymvliese van die kolon aantas vanaf die anus, gedeelte van kolon tot by blindederm of die hele kolon
  • Sistiese fibrose: Hierdie toestand word die vorming van chloriedioonkanale in die liggaam versteur. Dit verander die vorm van vloeistowwe deur die hele liggaam.

Tekens van onvoldoende werkinge van die pankreas.

Onverteerde voedsel wat in stoelgang mag voorkom.

Dit kan wees kos nie sag gestoom of gekook is nie, of dat dit nie goed gekou is nie. Dit is ‘n onskadelike verskynsel, tog iets waarna gekyk moet word. Dit is dus nie nodig om onverteerde voedsel skielik as ‘n siektetoestand te beskou nie.

Dit kan ‘n heel normale toestand wees. So ook die kleur van stoelgang, wat kan verander weens die kleur van die groente wat ingeneem word. Beet is een voorbeeld.

Steatorrhea

Die toestand wat as “steatorrhea” bekend staan, dui op ‘n funksie van die lewer wat nie genoeg gal afskei wat vette moet opbreek nie.

Enkele produkte wat ryk is aan verteringsensieme is

  • Pynappel
  • Papaja
  • Kiwivrugte
  • Piesangs
  • Avokado
  • Mango
  • Kimchi
  • Kambucha
  • Sauerkraut

Twee uitsonderlike produkte is rou onverwerkte heuning en kefir

Die volgende ensieme word in rou heuning gevind;

  • Diastase -breek stysel af na maltose
  • Amilase- breek stysels af na suikers soos glukose en maltose
  • Invertase- breek sukrose, ‘n tipe suiker af na glukose en fruktose
  • Protease- breek proteïene af na aminosure

Moet nie rou heuning verhit nie, dit vernietig die ensieme, soos in tee of koffie of warm pap.

Kefir

  • Kefirkorrels is kulture of bakterie van gis, laktiese suur en asynsuur.
  • Tydens die gisprosesse word melk verander in organiese sure en koolstofdioksied of koolsuurgas.  
  • Hierdie prosesse voeg vele ensieme en nutriënte ook ander voordelige organismes by kefir.
  • Laastens, kefir is ryk aan al drie pankreatiese ensieme, nl., lipase, protease en laktase.

Ten slotte

Pierre @ Ecohealth Digestive Enzymes

  1. Die rasionaal agter hierdie produk is gevind in die vele spysverteringsprobleme wat gevind is by kliënte wat ‘n totale onkunde getoon het oor die gevare en oorsake van hardlywigheid.
  2. Gelyk daarmee saam, is die enorme hoeveelheid mense wat aan hoënormale bloedsuiker, prediabetiese toestande, diabetes 1 en 2 lei. Die onkunde oor die gevare van suiker en watter toestande van siektes dit in die liggaam kan veroorsaak
  3. Daar is ook ‘n konstante vraag oor skildklier en ander hormonale probleme.

Die teorie is

Sou mense genoegsame ensiemaanvullings inneem, verkieslik eerstens deur ‘n gesonde en natuurlike dieet, genoegsame water inneem, hul natuurlike metaboliese prosesse met genoeg kennis en genoegsame natuurlike ensieme ondersteun, vele van hul siektetoestande sonder medikasie opgelos kan word.

Leave a comment