Epilepsie

 

EPILEPSIE OF AANVALLE

Jou gewone gelukkige woef lyk skielik deurmekaar en onstabiel.  Dan val hy/sy op die vloer neer.  Alhoewel hy bewusteloos is, lyk dit of hy ‘water trap’.  Hy is besig om ‘n aanval te kry.  Hoekom gebeur dit?  Wat kan jy doen?

Indien jou dier dikwels sulke aanvalle kry, kan hy moontlik aan ‘n wanfunksie ly.  ‘n Ander naam daarvoor is epilepsie.  Abnormale, onbeheerde sarsies van elektriese aktiwiteit in jou hond se brein veroorsaak aanvalle, en dit beinvloed hoe hy lyk en hoe hy optree.  Aanvalle kan lyk soos ‘n “twitch” of onbeheerbare rukking/bewerasie en kan van minder as ‘n minuut tot etlike minute duur.

Wat kan aanvalle in honde veroorsaak

  • Die eet van gif
  • Lewer siekte
  • Lae of hoë bloedsuiker vlakke
  • Niersiekte
  • Elektroliet probleme
  • Anemie
  • Kopbeserings
  • Enkefalitis (ook ensefalitis of harsingontsteking)
  • Beroerte
  • Breinkanker

Wat is die simptome van aanvalle

Simptome kan insluit platval, rukkings, verstywing, spiertrekkings, verlies van bewussyn, kwyl, kners, kou van tong or skuim by die mond.  Honde kan eenkant toe val en peuter bewegings met die bene maak.  Soms kan hulle poef of piepie gedurende die aanval.  Sommige honde kan verdwaald lyk, deurmekaar en onvas op hull voete, of lyk of hulle in die niet staar voor ‘n aanval.

Na die tyd mag hul disorienteerd wees, onvas op die voete or tydelik blind.  Hul mag in sirkels beweeg en in goed vasloop.  Hul kan baie kwyl op die ken hê en bloeding in die mond as hy homself raakgebyt het.  Hy mag ook probeer om weg te kruip.

Watter soort aanvalle is daar

Dis mees algemene aanval is ‘n algemene aanval, ook bekend as ‘n “grand mal seizure”.  ‘n Hond kan sy bewussyn verloor en konvulsies ervaar.  Die abnormale elektriese aktiwiteit gebeur reg deur die brein.  Algemene aanvalle duur tussen ‘n paar sekondes en etlike minute.  ‘n Tipiese ‘grand mal seizure’ word voorafgegaan deur ‘n tydperk van veranderde gedrag, genoem die ‘aura’.  Gedurende die ‘aura’ kan honde rusteloos en angstig wees, huil, aandring op aandag of afsondering verkies.  Die eintlike aanval duur gewoonlik minder as 2 minute en word gekenmerk deur ineenstorting met rigiede ‘uitsprei’ van die bene.  Die hond verloor sy bewussyn en mag vir 10-30 sekondes ophou asemhaal.  Dit word gevolg deur ritmiese rukkings van die bene (asof hy hardloop of swem).  Sommige diere sal ook kners, kou, kwyl of urineer en ontlas.  Soos wat die hond sy bewussyn herwin is daar ‘n post-aanval periode van disorientasie en verwarring.  Hy mag in mure vasloop en blind voorkom.  Die post-aanval periode kan vir minute of ure duur.  ‘Grand mal seizures’ is tipies van epilepsie.

Met ‘n ‘brandpunt’ aanval gebeur abnormale elektriese aktiwiteit slegs in ‘n gedeelte van die brein.  Brandpunt aanvalle kan abnormale beweging in ‘n ledemaat of aan een kant van die liggaam tot gevolg hê.  Dit duur gewoonlik net ‘n paar sekondes.  Die aanval kan ook begin as ‘n ‘brandpunt’ aanval en oorgaan na ‘n algemene aanval.  ‘n Brandpunt motoriese of gedeeltelike aanval is een waar die rukking of bewing beperk is (ten minste aanvanklik) tot ‘n spesifieke deel van die liggaam.  ‘n Brandpunt aanval toon gewoonlik ‘n spesifieke brein letsel soos ‘n litteken, tumor of abses.

Aanvalle word algemeen verbind met ‘n brein besering, enkefalitis, hittesteek, brein abses, brein tumor, beroerte, vergiftiging, nierversaking of lewerversaking.  Aanvalle wat geassosieer word met harsingskudding gebeur dikwels weke of maande na die kopbesering en word veroorsaak deur ‘n focus van littekenweefsel in die brein.

Post-enkefalitiese aanvalle geskied 3-4 weke na die aanvang van enkefalitis.  Hondesiekte, spesifiek, word gekenmerk deur aanvalle wat begin met kners, tong kou, skuim by die mond, kop skud en oë knip, alles gevolg deur ‘n verdwaasde kyk.

Post-inenting aanvalle was al beskryf in honde jonger as 6 weke, na inenting met ‘n gekombineerde hondesiekte/parvo virus inenting.  Met huidige inenting is sulke gevalle baie skaars.

‘n Psigomotoriese aanval behels eienaardige gedrag wat slegs ‘n paar minute kan duur.  You hond mag skielik begin om ‘n denkbeeldige voorwerp aan te val of sy stert begin jag.  Dit kan moeilik wees om psigomotoriese aanvalle te onderskei deur eienaardige gedrag maar die hond wat hierdie tipe aanvalle kry sal elke keer dieselfde reageer tydens so ‘n aanval.

Aanvalle as gevolg van onbekende oorsake word genoem idiopatiese epilepsie.  Dis ‘n versteuring van die sentrale senuweestelsel en gebeur gewoonlik met honde tussen 6 maande en 6 jaar oud.  Alhoewel enige hond ‘n aanval kan kry, is idiopatiese epilepsie meer algemeen met kolliehonde, Australiese skaaphonde, Labrador ‘retrievers’, beagles, Belgiese Tervurens, kollies en Duitse skaaphonde.

‘n Teef mag lae bloed kalsium vlakke ontwikke na kraam en aanvalle kry.  ‘n Skielike verlaging in bloedsuiker (hipoglisemie) kan ook ‘n aanval veroorsaak.  Dit gebeur met pasgebore babas wat aan kardiopulmonêre sindroom ly.  Dit kan ook gebeur in klein rasse wat nie genoegsame voeding gekry het nie.  ‘n Algemene oorsaak van hipoglisemie is ‘n diebetiese hond wat te veel insulien gegee word.

Algemene gifstowwe wat aanvalle veroorsaak is diere aas soos strignien, ‘antifreeze’ (etileenglikol), lood, insekdoders (organofosfate) en sjokolade.  Aanvalle wat deur organofosfate veroorsaak word, word voorafgegaan deur kwyl en spiertrekkings.  Blootstelling aan ‘n sproei, dip of uitgangspunt behandeling stel die diagnose voor.

Daar is ‘n aantal toestande wat, alhoewel nie ware aanvalle, dikwels raakgesien word as sulks.  Bysteek, byvoorbeeld, kan erge verwoede blaf veroorsaak, gevolg deur floute of ineenstorting.

Hartaritmieë kan foutiewelik aangesien word vir aanvalle omdat dit bewussynsverlies en ineenstorting veroorsaak.

Wat jy kan doen wanneer jou hond ‘n aanval kry

Belangrikste – bly kalm!  As jou hond naby enigiets is wat hom kan beseer, soos meubels of trappe, probeer hom sagkens wegbeweeg na ‘n veiliger area.  Bly weg van sy kop en veral sy bek want hy kan jou probeer byt.  Moet asseblief niks in sy mond sit nie – honde kan nie verstik op hul tonge nie.  As jy kan, bereken die tydsduur van die aanval.

Indien die aanval langer as ‘n paar minute duur, kan jou hond oorverhit.  Sit ‘n waaier aan om hom koeler te hou en ook koue water op sy voete om hom verder af te koel.  Praat saggies met hom en raak hom liggies aan om hom te vertroos.  Kontak jou veearts sodra die aanval ophou.

Indien jou hond ‘n aanval kry wat langer as 5 minute duur of hy het etlike op ‘n ry terwyl hy bewusteloos is, neem hom dringend na ‘n veearts.  Hoe langer ‘n aanval duur, hoe hoër is ‘n hond se risiko dat sy liggaamshitte te hoog styg en hy probleme ondervind met asemhaling.  Dit kan sy risiko van breinskade verhoog.  Jou veearts sal hom heel moontlik binneaarse Valium toedien om die aanval te stop.

Wat kan ek verwag wanneer ek my hond veearts toe neem

Jou veearts sal ‘n deeglike fisiese ondersoek wil doen asook sekere laboratoriese toetse onderneem om vas te stel wat die aanvalle veroorsaak.  Die veearts mag medisyne voorskryf om die aanvalle te beheer soos Phenobarbital of Potassium Bromide.

Jy kan jou hond twee keer ‘n dag Phenobarbital gee maar oor ‘n tydperk kan dit lewerskade veroorsaak.  Honde wat Phenobarbital behandeling ontvang moet elke ses maande vir bloedtoetse gaan.

Potassium Bromide werk nie deur die lewer nie, wat dit dus ‘n beter keuse maak vir jong honde wat lewenslank behandeling moet ontvang.

Volg altyd jou veearts se instruksies baie noukeurig wanneer jy jou hond medisyne toedien.  Moet geensins toelaat dat enige dosis oorgeslaan word nie.

Pierre van Niekerk © 2015

 

 

Advertisements

Proteien Intolleransie: (Protein Intolerance

 Voedselverwante allergieë se ontstaan is geleë in die immuunsisteem se reaksie tot sekere bestanddele in die kos wat hom aangebied word. Misken beter gestel, dit is die oor-sensitiwiteit vir sekere bestanddele van byvoorbeeld ‘n hondekos. Dit kan gluten wees as voorbeeld, preserveermiddels, kleurstowwe en of kunsmatige geurmiddels.

In die skrywe “Waar begin my dier se gesondheid” word verduidelik watter ensieme vind ons in n dier se maag. Die Literatuur wil dit hê dat wanneer honde byvoorbeeld ‘n intoleransie toon teenoor kos wat hy inneem, dit nie noodwendig ‘n immunologiese probleem is nie. Dit kan wees dat hy nie die nodige ensieme het om die kos te verteer nie.

Dit kan wees dat die kos iewers skade opgetel het en afgegaan het, ongeskik geraak het vir verskeie redes. Wanneer ‘n hond as voorbeeld iets ingeneem het wat ‘n allergiese reaksie veroorsaak, is die mees algemene tekens braking, krap, diarree en baie algemeen, ‘n rooi uitslag op of oor groot gedeeltes van die ou se lyf.

Die vraag is hoekom? Wat gebeur hier?

Wanneer die immuunstelsel reageer, skei dit histamien af wat bogenoemde reaksies veroorsaak. Die uitdaging is om uit te vind hoekom die liggaam histamien afskei. Wat is die sneller en die oorsaak van hierdie reaksie. Meeste van die kere is dit nie voor die handliggend nie en begin ‘n mens om die elemente in die dier se kos te elimineer.

Oplossing

  1. Een oplossing is om die dier vry te stel van voedsel wat bestanddele bevat wat die immuunstelsel sal aktiveer om histamien vry te stel. Soos RAW. Meeste allergieë in honde word veroorsaak deur proteïenmolekules.
  2. Die tweede metode is om proteïenmolekules te verklein deur ‘n proses wat hul noem “Hidrolisering.” Gehidroliseerde peptiede is te klein om reseptore te verbind, maar het en behou nog steeds hul voedingswaarde.
  1. Gewoonlik ontstaan ‘n proteïenintolleransie wanneer n hond proteïen inneem waarvoor hy ‘n allergies is, en die proteïenmolekules verbind met gesensiteerde reseptor molekules in die liggaam, en die skei histamien af wat dan rooi uitslaan, jeuk, braking en diarree veroorsaak.

In ‘n gehidroliseerde vorm is die peptiede te klein om die reseptore te verbind wat dus meebring dat histamien nie afgeskei word om reaksies te veroorsaak nie.

Soos genoem, in ‘n hidroliseringproses word die proteïenmolekules verklein wat hul voedingswaarde behou. Al wat gebeur is dat molekules (peptiede) verklein word om nie met die reseptore te verbind.

Vir interessantheid 

Die eenheid waarin hidrolisering gemeet word, word “Daltons” genoem. Die proteïenmolekules in standaard hondekos is sowat 12 000 daltons in grootte.  Proteïne so klein soos 4500 daltons het al allergiese reaksies veroorsaak.

4. Die derde metode is natuurlik is om ‘n nuwe proteïen te kry waaraan die liggaam nog nie blootgestel is nie. Die rede hiervoor is dat die liggaam nog nie reseptore hiervoor sensitief gemaak het nie (sensiteer) het nie wat dus nie ‘n allergiese reaksie behoort te veroorsaak nie. Kan eend, vis en enige ander bron wees wat die dier nog nie ingeneem het nie.

 

Allergies

What are food allergies or intolerances?

Food allergies are the result of over-sensitivity of the immune system to certain ingredients in food. Food allergies are more severe than food intolerances.

If your dog has a food intolerance, the problem is not immunollogical and may be caused by eating a spoiled food or attributed to an underlying disease, or it is possible that your dog doesn’t have the enzymes necessary to digest his food.

When your dog eats something that he has an allergic reaction to, his body releases histamines which can cause itchy skin, general redness of the skin, or digestive problems like vomiting and diarrhoea.

The only way to identify a food allergy in your dog is to use an elimination food. An elimination food contains ingredients which are far less likely to cause an allergic reaction and hence helps you find out if the allergy is caused by elements in your dog’s regular food. Your vet will recommend your dog eat an allergen-free food for a fixed period. It’s important you follow your vet’s instructions precisely as feeding other foods may lead to poor results.

How to manage food allergy in dogs

Hydrolysed peptides are too small to link receptors, hence they do not trigger release of histamine and cause allergic signs.

Food allergies are almost always triggered by protein ingredients in food. When your dog eats a protein that he is allergic to, the protein molecule connects two sensitised receptor molecules in the body, which releases histamines.

There are two main ways to manage food allergies using an elimination food trial.

Hydrolysation reduces protein molecules to a size that doesn’t cause a reaction but leaves their nutritional value intact. The level of hydrolysation is measured in units called daltons, and the lower the number the better. The protein molecules in ordinary dog food are around 12,000 daltons in size. Proteins as small as 4,500 daltons have been known to cause allergic reactions. The major part of the protein in Hill’s™ Prescription Diet™ z/d™ ULTRA, a highly hydrolysed nutrition, is smaller than 3,000 daltons.

A novel protein is one that your dog has probably not eaten before. The receptor molecules in his body are therefore not sensitised to it, so it is unlikely to cause an allergic reaction. Hill’s Prescription Diet d/d™, for example, uses proteins such as salmon and duck.

From the Hills website

Hoekom eet honde mis- Why do dogs eat poop?

Honde eet misvir klomp redes, maar as groot honde dit eet is dit gewoonlik n onderliggende ensiemtekort wat hul beleef, ook bekend as pankreatitis of dermabsorbsies wat nie baie goed is nie. Die pancreas skei ensieme af wat die die maag met vertering aanhelp.

Die pankreas van honde skei dus ensieme af wat help met die afbreking en absorpsie van kos wat ingeneem word. Baie honde se pankreas afskeiding is onvoldoende en hul vind mis van ander honde as n goeie bron van ensieme om hul met die vertering van hul kis te help

Dit kan ook wees weens onvoldoende ontwurming, of ‘n oor die toonbankmiddel wat net een of twee van die groepe wurmmiddels bevat en op ander groepe wurms geen effek het nie.  Dit laat verskeie mineral en vitamientekorte in n hond agter wat hy met die vreet van mis probeer regstel.

As jy hase het sal jy sien dat honde baie graag haasmis eet omdat dit n ryk bron van ensieme is en ook Vit B.

Kry by jou slagter rou vark of beesmilt, pankreas en gee in rou repe vir jou dier. Jy kan dit ook in ‘n wors met longe en lewer met hart en ander organe soos groen pens inmaal en jou honde die beste van gesondheid ooit gee.

Ontwurm jou diere met produkte soos Antezole, Advocate, Triworm, Drontal en Milbemax.

 

 

Why do dogs eat poo?

 Dogs eat poop for lots of reasons. Sometimes there’s an underlying medical problem like an enzyme deficiency or pancreatic insufficiency. Intestinal malabsorption and GI parasites are also common medical reasons underlying coprophagia.

At my practice we recommend clients bring their dogs in every six months for a stool check for parasites. Healthy dogs can wind up with intestinal parasites from eating poop, so twice-yearly stool analysis can be a very helpful tool.

A dog’s pancreas secretes digestive enzymes to aid in food digestion, but many dogs don’t make enough of these enzymes and wind up deficient. Since the feces of other animals are a good source of digestive enzymes, dogs with a deficiency will sometimes ingest enzyme-rich poop. In fact, rabbit poop is a very rich source of not only enzymes, but also B vitamins, which is why many dogs, given the opportunity, will happily scarf up rabbit droppings.

In my experience, dogs on processed dry food diets will often seek out other sources of digestive enzymes to make up for a chronic enzyme deficiency brought on by a biologically inappropriate diet.

Author unknown!