Pierre @ Ecohealth Kambucha

Featured

97976278_2943722215681307_4777551522185609216_o

In my navorsing vind ek al hoe meer studies wat daarop dui dat nie net algemene gesondheid nie, maar dat daar ‘n korrelasie is tussen probiotiese bakteriese gesondheid in die spysverteringskanaal en depressie, AHDH by kinders  en ander toestande van geestesgesondheid.

Al hoe meer studies wys op die verband van gewigsverlies, veral maagvette wat deur kambucha beïnvloed word en getakel te word en afgebreek word.

Buiten die verskriklike hoë Vitamien B12 wat kambucha bevat, is daar studies, soos jul in die stukkie hieronder deur my geskrywe te vind. Klik gerus op die skakels.

Kyk gerus na die rol van kambucha by kolesterol. En hoe dit kandida beveg. Watter impak, al is dit klein en gering, by prostaat, kolon, en borskanker.

Ek was veral geïnteresseerd in die bydrae wat dit speel by Tipe 2 diabetes. Hoe dit die vertering van stysel verstadig sodat dit nie ‘n bloedsuiker “spike” veroorsaak nie.

Ek het besluit om my eie brousel te maak, wat naas die normale kambucha ook ʼn paar ander komponente bevat.  Potent goede of goodness. Onder andere fulvicsuur.

Ek is nog nie klaar nie. Wat ek wel weet is dat die brousel van my jou ‘n minuut of wat later springlewendig en vrolik het. Marathon gereed. Slaap skoon weg. Binne enkele minute. Wil nog die ding verder bedink.

Binnekort kom ons Kefir wat ons van wei gaan maak.

Al my masjiene het gister gekom. Die het ek ook goed bestudeer. Daaroor vertel ek julle later.

Hier is ‘n kort opsomming van wat in hierdie kambucha van ons is.

En nee, net by fabriek beskikbaar. Ek produseer nog te min.

Kombucha is a fermented tea rich in beneficial probiotics. It contains as a natural product, antioxidants, that can fight many diseases naturally as well as killing harmful bacteria. The fermentation process produces acetic acid (also found in vinegar) and several other acidic compounds.

It contains several species of lactic-acid bacteria with probiotic function that supports gut health including digestion, inflammation and even weight loss. Literature has it that obesity is linked to inflammation in the brain.

Green tea in this product contains many bioactive compounds. Fermented green tea contains polyphenols which function as powerful antioxidant. It is known for reducing belly fat, improve cholesterol levels and helps with blood sugar control. Green tea also reduces the risk of prostate, breast and colon cancers.

Kombucha through its antioxidant activity reduces liver toxicity caused by toxic chemicals.

Kombucha contains acetic acid, which is also abundant in vinegar. Like polyphenols, acetic acid s to kill many bacteria species including candida yeasts without suppressing beneficial bacteria.

Kambucha greatly improves two markers of heart disease, bad LDL and good HDL cholesterol.

Type 2 diabetes is characterized by insulin resistance. Kambucha slows the digestion of carbs, which in return reduce blood sugar levels and improve liver and kidney functions.

Kambucha has great anticancer properties.

Pyn en Inflammasie I

Featured

Inleiding

Inflammasie is ‘n natuurlike reaksie van die immuunstelsel om skade wat toksienes en ander skadelike mikrobe te verhoed.

1inflammation

Hierdie natuurlike reaksie van die immuunstelsel poog om;

  • die “skadelike agent” of vreemde organismes en hul skadelike vermoëns te neutraliseer, te dood, uit te skakel of te beperk.
  • In dieselfde aksie, om die proses van “sel herstel” of selfs “tissue repair” te begin.

inflammation-diagram

Inflammasie, as proses kan;

  1. Akuut beskou word, wat ‘n kort tydelike tydperk verteenwoordig van minute tot enkele dae. Dit gaan gewoonlik gepaard met vloeistof in die beseerde plek, asook bepaalde tipes van immuunselle betrokke en neutrofiele.
  2. Kroniese inflammasie gaan gepaard met die versameling van limfosiete en monosiete. Gaan ook gepaard met vaskulêre proliferasie en fibrose. (Verlies van mobiliteit en misvormde gewrigte)

inflammation-atherosclerosis-cancer-obesity-infections-dementia-depression-5-638

Die funksie van Neutrofiele

Neutrofiele is mees algemene witbloedsel in die menslike liggaam. Die funksie van neutrofiele by inflammasie volg in ‘n proses van stappe.

  • Die neutrofiele of selle moet eers deur die bloedstroom migreer na waar die inflammasie of ontsteking is.
  • Hierdie beweging van molekules of selle word bestuur deur sekere proteïene in die bloedstroom
  • Wat lei na bepaalde uitdrukking van merkers op die reseptore op die seloppervlakte.
  • Neutrofiele by die plek van inflammasie, vreet/ vernietig/absorbeer die vreemde organisme deur die vrylating van baie kragtige geaktiveerde ensieme wat uit suurstof genereer is.
  • Sou die partikel of organisme te groot wees vir die neutrofiel, vind die proses nog steeds plaas
  • Behalwe dat die kragtige ensieme van die neutrofiel die organisme van die buitekant sou aanval
  • Vir die rede dat daar weefselverlies of skending is wat met infeksies gepaardgaan.

10868265_821285594580868_278940542987849895_n

Gedurende hierdie proses

Word ander selle, limfosiete en monosiete tot die proses ontplooi.

Antibiotika Reaksie

Allergy_to_Antibiotic_Cefaclor

Monosiete aktiveer

  • inflammatoriese eienskappe om meer effektief te wees in die “opruimingsproses” van die wond, wanneer dit normaliseer.
  • Monosiete het ook ander verreikende fisiologiese eienskappe. Nie net op die plek waar die inflammasie voorkom nie, maar ook op ander plekke in die liggaam wat kan veroorsaak dat inflammasie vererger.
  • ‘n Hoë telling van monosiete in jou bloedstroom, kan beteken dat jou liggaam ‘n infeksie kan beveg.
  • Lae telling van monosiete in jou bloed, kan weer beteken dat die liggaam moontlik aan ‘n vitamientekorte kan ly. Of dat ʼn persoon anemies is, of hoë stresvlakke ervaar.

inflammation

  • Monosiettellings kan ook ander fisiologiese effekte meebring, soos die onttrekking van kalsium in die bene, abnormale vorming van teenliggaampies en die vrystelling van B-selle in die bloedstroom.
  • Sou die faktore wat vrygestel word van monosiete in die bloedstroom ongekontroleerd hul gang gaan, kan daar langtermyn gevolge wees vir ‘n persoon se gesondheid.
  • Neutrofiele sowel as monosiete kan by ‘n besering suurstof molekules vrystel wat kan lei tot oksidering of “oxidative burst”
  • Dit sou die bestaan van kroniese inflammasie vir iemand beteken.
  • En die gebruik van kroniese medikasie om dit te onderdruk.

Dit is hier waar Pierre @ Ecohealth ‘n keuse van bekende natuurlike middels gebruik om inflammasie op ʼn natuurlike manier te beheer en of te onderdruk.

mitochondrial-oxidative

 

Pierre @ Ecohealth Kruiemiddels uitkomste

  • Vermindering van pyne en kroniese pyn
  • Vermindering van inflammasie
  • Inhibering van gewrigvernietigende prosesse
  • Voorkoming van oksidasie stres en vrye radikale se invloed by weefsel

 

Geaktiveerde Houtskool- Free Radicals 3

Featured

Mediese en veterinêre doeleindes van geaktiveerde houtskool!

activated-charcoal

Belangrik: Geaktiveerde houtskool is nie die houtskool waarmee mens braai nie.

Geaktiveerde houtskool is ‘n swart poeier, sonder smaak of reuk en ‘n produk wat gebruik word om gifstowwe in die maag te neutraliseer. Belangrik by die vergiftiging van diere en ook by mense, wat ‘n oordosis pille inneem om hul eie lewe te neem.

Geaktiveerde houtskool word nie verteer of opgelos deur die sure of die alkalië van die spysverteringskanaal nie.

Dit word dus nie in die bloedstroom opgeneem nie.

Dit beteken weer dat dit glad nie toksies is nie.

charcoal

Die kapsules is ideaal as mense na ‘n plek reis waar voedselvergiftiging of ’n maagaandoenings ‘n moontlikheid is.

d3b87339-2aac-4195-befd-a7f42a831c5f

In ’n noodgeval

In die geval van ’n akute maagaandoening of vergiftiging (mens of troeteldier), wil jy so gou moontlik effektief optree. Gee 6 kapsules tot 10 kapsules in, afhangende van die hoeveelheid gif ter sprake.

food

Meting van Geaktiveerde Houtskool.

  • Die vlakke van aktivering en absorpsie word gemeet aan ’n jodiumtelling.
  • Die meeste geaktiveerde houtskoolprodukte het ’n jodiumtelling van tussen 500 en 800.

Maak en Voorbereiding van Geaktiveerde Houtskool.

Geaktiveerde houtskool word gevorm deur die “droë distillasie van hout” en word geproduseer van verskillende hout, doppe van vrugte en neute. Gewilde grondstowwe (houtsoorte) is populier, beukehout, dennehout en ook neutdoppe.

“Droë distillasie” beteken gewoon dat geaktiveerde houtskool in ‘n proses voorberei moet word waar suurstof afgesny word in die verbrandingsproses.  Hierdie houtprodukte word dus in ‘n proses vervaardig waar suurstof afgesny word. Daarna gaan dit deur verdere chemiese prosesse, om die eienskappe van die doel van geaktiveerde houtskool te verhoog.

Eienskappe soos om die houtskoolstruktuur meer poreus te kry vir verbeterde absorpsie van gifstowwe en ander produkte sou dit welke manier ingeneem word.

Die resultaat is ’n hoogs absorberende stof. Met miljoene klein porieë wat swaar metale, chemikalieë, gasse en gifstowwe uit die vel, en selfs die mond en tande kan opneem en absorbeer en neutraliseer.

Dit word ook met groot sukses in ons Pierre @ EcoHealth Bentoniet klei en kaolienklei gebruik, veral by mense met aknee en sensitiewe velle, as deel van die masker.

person-holding-a-model-of-intestines

Die absorberingsvermoë en kwaliteite van geaktiveerde houtskool is ‘n belangrike algemene kennis aspek.

Kennis hiervan kan baie waardevol wees. Enkele aspekte en eienskappe!

  1. Geaktiveerde houtskool moet veral waar kinders teenwoordig is, altyd beskikbaar wees. Veral waar kinders skadelike chemikalie of pille inneem, en waar diere vergiftig word.
  1. Geaktiveerde houtskool is nie toksies nie by oordosering. Dit bring onmiddellike verligting by mens en dier wat sukkel met diarree, gasse, met spastiese kolon en by voedselvergiftiging. Dit kan na braking weer ingeneem word.
  1. Geaktiveerde houtskool sal ook die doel en effek van medikasie verminder en selfs neutraliseer, sou dit twee ure voor of na medikasie ingeneem word.
  1. Geaktiveerde houtskool sal gifstowwe wat allergiese reaksies in die liggaam, oksidatiewe stres en ander skade wat die natuurlike goeie werking van die immuunstelsel beïnvloed, neutraliseer. Dit doen dit deur gifstowwe uit jou selle en spysverteringstelsel te absorbeer en te neutraliseer.
  1. Geaktiveerde houtskool sal artritis se oorsake en simptome, ook gout en ander oorsake van gewrigpyne en die oormaat van maag en uriensuur verminder. Wat ooglopend verhoogde energievlakke sal meebring.
  1. Geaktiveerde houtskool kan geneem word om gasse in die maag te absorbeer en te neutraliseer. Word gebruik by die oordosis dwelms, by inname van gekontamineerde voedsel wat  voedselvergiftiging veroorsaak. Ook het dit n matige effek by babbelas, wat die inname van oormaat alkohol, ook alkoholvergiftiging  versag.
  1. Die gebruik van geaktiveerde houtskool voorkom ook sellulêre skade aan die niere en lewer en ondersteun ook gesonde bynierfunksionering. Dit is noodsaaklik om gifstowwe en chemikalieë gereeld te reinig van die liggaam. Geaktiveerde houtskool absorbeer en spoel met die gebruik daarvan die liggaam van skadelike gifstowwe en chemikalieë.
  1. Geaktiveerde houtskool word gebruik om die distillering van drank. Die enigste verskil tussen Vodka en Gin is die hoeveelheid keer wat die een produk meer of minder as die ander produk deur geaktiveerde houtskool gefilter is.
  1. Geaktiveerde houtskool staan ook bekend as “Pulls”. Dit is om swaarmetale by inname van voedsel te absorbeer en te neutraliseer waar ander moontlike gebruike nie moontlik is nie of te duur.
  1. Geaktiveerde houtskool word gebruik in die verbleiking van suikerstroop, ook by swembadfilters en natuurlike visdam of tropiese visboerderye se filters.
  1. Skoonheidsalonne en tandartse gebruik geaktiveerde houtskool in skoonmaak van tande. Word aktief gebruik by die witmaak van tande as skuurmiddel. Ook om bakterie in plaak te absorbeer. Dit is ook ʼn baie veilige natuurlike middel by die skoonmaak van honde se tande.
  1. Word ook gebruik by verspillings om die verspreiding van gifstowwe in water en grond te keer en of te neutraliseer. Dit word by byna alle gifneutraliseringsprosesse gebruik, ook by die verspilling van gif en ander skadelike stowwe in en om die huis asook by landbou en dierevoeding.
  1. By aansteeklike siektes soos tifus en cholera word geaktiveerde houtskool gebruik om die verspreiding daarvan te voorkom en te inhibeer en ook om aansteeklike materiaal soos water te neutraliseer.
  1. Kan gebruik word by erge diarree van mens en dier, braking te inhibeer, gastritis te inhibeer en die pH in die spysvertering te neutraliseer waar te hoë suur vlakke beleef.
  1. Verminder hoë cholesterol: Navorsing oor die hele wêreld wys dat geaktiveerde houtskool verminder slegte cholesterol en verhoog goeie cholesterol soortgelyk aan voorskrif medisyne. In een studie het die totale cholesterol gedaal met 25 persent, LDL cholesterol gedaal met 41 persent, terwyl HDL het met 8 persent gestyg het in net vier weke.

 

Beskikbaar by al die Pierre@ Ecohealth Depots regoor die land.

Ook by fabriek in Jakarandastraat 59, KUSO gebou, Hennopspark, Centurion 0157.

Fabrieksfoon: 0760852705

 

 

 

 

 

.

 

Noodhulp vir Troeteldiere

Pierre@Dieregesondheid Noodhulp vir Troeteldiere – sorg dat jy te alle tye die nodige voorraad vir ‘n noodsituasie het!

first-aid-kits-bandage-supplies-medicine-medical-glove

1. ABORSIE:

Die inspuiting wat ‘n gedekte teef kan kry om ‘n ongewenste dragtigheid te beëindig is net verkrygbaar deur ‘n veearts en nie almal hou dit in voorraad nie. Voorkom vriendelik dat diere paar en dragtig word.

2. ABSESSE:

  • Sit ‘n bekband om
  • Skeer die wond se omgewing skoon en al die hare af
  • Werk altyd steriel, met sjirurgiese handskoene en waar nodig met n masker indien abses sou spuit
  • Gebruik ‘n groot dik spuitnaald, ook bekend as steriele “Witnaald” – beskikbaar by Dischem, wat in gevalle van nood (en te ver weg van jou veearts) in die abses ingedruk kan word.
  • Trek terug, dreineer die abses daarmee
  • Los verkieslik ‘n groot genoeg gat/opening in die abses wat maklik verder kan dreineer.
  • was die wond met n sproeibottel, met die volgende soutwater mengsel, (9 gram of +-*2 gelykvol teelepels tafelsout, gemeng met 1 liter lou gekookte water en spuit sterk in die wond en die absesvog.
  • Smeer Pierre se Blomswael mengsel daarop 2-3 x ‘n dag

3. ANGS:

Verkieslik natuurlike produkte soos Tulsi voorkomend soos vir donderweer. Daar is ‘n afdeling oor skok in ons handleiding wat breedvoerig bespreek word. Sulke produkte moet verkieslik vermy word weens hul nalatenskap in die dier se liggaam.

Pet-Safety-Home-checklist-first-time-home-buyer-first-time-pet-owner-2

4. ANTIBIOTIKA vir katte:

Doxysyrup of Synulox. Dit is ook net onder voorskrif verkrygbaar en veearts moet die dier self ondersoek.

Eksterne wonde

  • Vir absesse, sere, wonde, bytplekke, dorings, motorwonde, bakteriese siektes
  • Sit ‘n bekband om
  • Skeer die wond se omgewing skoon en al die hare af, met sunlightseep en louwater
  • Werk altyd steriel, met sjirurgiese handskoene en waar nodig met n masker indien nodig
  • ‘n Wond kan suiker kry, lees die redes daarvoor
  • ‘n Wond kan heuning kry, lees ook die redes daarvoor
  • ‘n Wond kan ons blomswawelmengsel kry

5. ALLERGIEë:

Kyk onder Kalmeermiddels.

publications-pet-disaster-kit-checklist

6. BLAASINFEKSIE:

  • Blaasinfeksie kan opgeklaar word deur mespunt sitrussoda op eetlepel lou gekookte water (2 keer/dag vir 3 dae)
  • Norotrim 24 tablette, volgens die voorskrifte.
  • Laai asseblief die skrywe af oor “Blaas wat lek” en blaasinfeksies en stoor in jou Dieregesondheidsleêr.

pet-care_emergency-care-for-your-pet_main-image

7. BLOED in UITSKEIDING:

  • Dien Lennon se Staaldruppels (of Turlington) 5 druppels 2 keer/dag (groot honde 10 druppels) deur ‘n spuit met Marmite water in, slegs tot enige tekens van ‘inwendige’ bloeding gestop is.
  • Bloeding kan weens hardlywigheid, te min probiotika, verstopping, bene, stokke en glasstukke veroorsaak word. Maak seker van die oorsaak.

images (2)

8. BOSLUIS VERWYDER

  • Neem bietjie alkohol op ‘n oorstokkie (spiritus), maak net die koppie van die oorstokkie nat dan druk jy dit op die bosluis.
  • Gebruik ons Blommetjie mieks
  • Propyrepet sjampoo
  • Smeer die Blomswawelmegnsel op die plek waar die bosuis afval en vrywe dit goed in
  • Gooi maar altyd die bosluise in ‘n houer met spiritus vir ingeval die bosluise geidentifiseer moet word.

images (1)

9. BRAKING:

  • Valoid pediatriese setpille
  • Aculoidstroop vir babas
  • Clomoponstroop vir babas. 1 ml op 10 kg.
  • Dien toe afhangende van die hond se grootte / gewig: Smeer Vaseline of KY jellie aan en sit in by die anus tot jy die sluitspiere voel saamtrek.

10. BYSTEEK: Smeer allergex salf of soortgelyk aan. Gee Allergex/Texa/10mg Phenergan volgens dier se gewig.

images (2)

11. DIAREE:

Kan baie suksesvol behandel word met Norotrim tablette, so nie Lennon se Jamaika Gemmer, 3 druppels op mespunt suiker en eetlepel lou (vooraf gekookte) water.  Gee ook geaktiveerde houtskool in.

  • By braking en diarree vind ontwatering en elektrolietwanbalanse altyd plaas.
  • Gee naartjie Energade (5-10ml, afhangende van die hond se grootte / gewig) m.a.w. klein hondjies 5ml, groter honde 10ml.
  • Kan afwisselend ook elke 15-20 minute Marmite/Oxo/Bovril water ingee (1 teelepel Marmite/Bovril/Oxo gemeng met 1 koppie lou gekookte water).
  • In nood kan bees of hoender geurblokkies of ekstrak ook opgelos word (1 blokkie opgelos in 2 koppies lou gekookte water).
  • Darrows Solution/Pectrolyte/Dehydrate (of soortgelyke middel vir babas) kan ook by apteek verkry word om dehidrasie te voorkom.
  • Pierre @ Ecohealth Probiotika of wit Griekse of Bulgaarse volroom jogurt
  • ‘n Eie elektrolietmengsel is 9 gram (ongeveer 2 gelykvol teelepels) tafelsout en 4 teelepels suiker gemeng met ‘n liter afgekoelde gekookte water. Gee elke 15 tot 20 minute een van die bogenoemde ‘mengsels’ in.
  • Kan ook elke 20m ‘n vingerlek ‘rou’ heuning in die mond smeer – suiker is giftig vir honde maar in so ‘n geval benodig die maag se mikrobes energie en jy moet verhoed dat die afvalstowwe in die niere/lewer/maag konsentreer en so gou as moontlik uitgeskei word.
  • OM MAAG TE BIND – Vlapoeier of meelblom/Maizena – kwart teelepel of meer met  mespunt suiker wat met bietjie lou gekookte water in slap/stywe mengsel aangemaak word.
  • Kook pampoen met skille in water (sonder sout), maak fyn, roer teelepel Maizena/Vlapoeier/Bentoniet klei in en voer. Kan ook eetlepel wit jogurt en fyn gekookte hoender en rys bymeng.
  • Sorg altyd dat vars water vir drink beskikbaar is. Voorsien halfgaar hoenderlewer in sagte formaat, klein hoeveelhede en kort-kort. l)
  • GASTROBY KATTE: Flagyl of Enteritus suspensie.

12. EETLUS te stimuleer:

  • Plein wit Griekse of Bulgaarse volroom jogurt en Promix EM se Probiotika, Protexin om die mikrobes in die maag te stimuleer sodat die dier honger word.
  • VARS KENTUCKY FC voor die neus hou.
  • Gee ten alle tye genoeg kolostrum en probiotika in
Veterinary for cats, dogs and other pets concept

Veterinary for cats, dogs and other pets concept

13. EKSEEM by katte:

  • Maak kat in handdoek toe
  • Skeer met moeite die area skoon
  • Smeer blomswawelmengsel op en vrywe in

14. GAAS:

Steriele gaasdeppers om tydens behandeling van wonde te gebruik. Met gewone soutwater.

15. GIF NOODBEHANDELING – SPOED KAN JOU DIER SE LEWE RED!
Belangrikste is om die hond heel eerste te laat braak:

  • Gee 5 -10 ml waterstofperoksied (“Hydrogen peroxide solution B.P. 10 volume 3% m/m”) stadig met ‘n spuit mondelings
  • Moenie dat dit in die longe beland nie
  • 1 eetlepel waspoeier opgelos in koppie lou gekookte water.
  • Verhoed dat die mengsel in die longe beland.
  • Hou altyd teelpel waspoeier in koppie louwater byderhand in noodgeval waar tyd belangrik is.

NA BRAKING

  • Na braking gee 5-10 geaktiveerde houtskool tablette in (houtskoolpille) in (‘activated charcoal’) om die oorblywende gif in die maag te neutraliseer/absorbeer.
  • As jy nie geaktiveerde houtskool het nie, gebruik as alternatief 4 snye witbrood swart verbrand in oond
  • Gee in met klein water en gee so gou moontlik in, al moet jy dit met jou vinger stadig agter in die keel indruk tot die dier sluk!

GIF: ALDICARB (Two step)

  • Bogenoemde twee stappe altyd heel eerste – die teenmiddel hiervoor is Atropien wat slegs deur ʼn veearts toegedien kan word.

ROTTEGIF:

  • Pas ook bogenoemde stappe van braak en houtskool toe.
  • Gee daarna Kyrovite – ook bekend as Vitamien K in. Kan inspuiting wees en/of Vitamien K tablette volgens voorskrif.

images

GIFTIGE PADDAS / INSEKTE:

  • Volg eerste 2 stappe hierbo –
  • Smeer bietjie vleis sagmaakmiddel (‘meat tenderiser’) op tong/in die kieste om die padda se afskeiding en speeksel se proteïenketting te breek
  • Kan ook pynappelsap gebruik
  • Gee daarna plein wit Griekse of Bulgaarse volroom jogurt en rooibostee swart / sonder suiker.

16. GLASSTUKKE INGEKRY

  • Neem ‘n sny bruinbrood, smeer dik met mayonnaise
  • Neem 4-5 watteballetjies en ‘versprei’ eweredig oor die sny brood
  • Vul weer op met mayonnaise
  • Neem ‘n skêr en knip die sny brood/mayo/watte in 1” vierkantjies en voer vir hond tot hy sluk – die watte sal haak/verbind om enige skerp glasstukkies in die maag
  • Die mayonnaise sal dit ‘smeer’ soos dit afgaan en ook ontlasting aanhelp.
  • Gee daarna ook 2-3 eetlepels aptekersparaffien in.

17. HARDLYWIGHEID:

  • Laxapet / Animalax of 1½ teelepel APTEKERS medisinale paraffien (gewone dosis is honde onder 5kg 1 teelepel, bo 5kg 1 eetlepel) en/of gliserien setpil.
  • Kan ook groen koekie Sunlight seep rasper en rol so kwart teelepel met bietjie lou gekookte water op in ‘n ‘pellet’ vir setpil – smeer met Vaseline / KY jellie en sit in anus tot jy die sluitspiere voel saamtrek.
  • Plein wit Griekse / Bulgaarse volroom jogurt met leksel ‘rou’ heuning om omset te versnel
  • Enema, met sunlightseep water (groen koekie seep)

18. HOES : Kennel cough word baie suksesvol behandel met met Bisolvin Linctus hoestroop vir babas en genoegsaam Pet Shake, Fulvic suur, probiotika en kolostrum

19. IMMUUNSTELSEL VERSTERK

Pierre @ Ecohealth se hele reeks Multivitamien vir honde en katte.

  • Probiotika
  • Fulvic suur
  • Kolostrum
  • Pet Shake

20. KALMEERMIDDELS / ALLERGIE

  • Allergex stroop of pille (klein en medium honde
  • 1 x Allergex; groot woefs een hele Allergex
  • Groot rasse 2 pille in ‘n noodgeval).
  • Indien die dier ‘n allergiese uitslag het kan Allergex en/of 10mg Phenergan en/of Texa mondelings toegedien word (dosis volgens gewig)
  • Caladryl Lotion topikaal aangewend word (beide verkrygbaar van die gewone apteke
  • . Maak pil fyn en smeer aan tandvleise; moenie probeer kamoefleer of verdoesel binne-in ‘n stuk vleis of ‘treat’ nie, dit affekteer die doeltreffendheid daarvan.
  • Vryf ook 3-4 Rescue druppels aan die binnekant van die oorflappe waar jy die aartjies sien om te kalmeer.
  • Jy kan nie oordoseer met Rescue Drops nie.

21. KATGRIEP of PARVO:

  • Die belangrikste is dat dit ‘n virus is en dat niks ‘n virus doodmaak/vernietig nie, dis hoekom dit so krities is dat alle diere ente en spuite op die regte tye moet kry.
  • Jou beste bydrae is om te sorg dat die dier nie ontwater nie.
  • Laai die skrywe oor Parvo af en bêre dit in jou Dieregesondheidsleêr. Mondelingse toediening van elektroliete (soos Darrows Solution) en spesifiek nartjie Energade / Powerade asook Marmite water en Norotrim tablette of Cosumix Plus sal baie help om sekondêre infeksies te keer wat die dier weens die lae immuniteit beleef.
  • Versterk dus ook sy immuunstelsel, veral terwyl hy/sy gesond is met gekookte bene of “Bone broth”
  • Fulvicsuur het ‘n bel;angrike rol te speel omdat dit mikroskopies klein en en deur selle beweeg, suurstof gee, en aan virusse en vrye radikale bind. 15 ml op ‘n liter water ingegee met ‘n spuit, so 5-10 ml op ‘n slag.

22. KOORS:

  • Sit in bad gewone kraanwater kniehoogte en spons magie en lyf af tot koors gebreek het
  • Neem yssakkies, draai toe in handdoek en sit op die magie; maak ook lappie nat met koue water en vee magie en binnekant van lieste daarmee af.

23. MAAGPYN/KRAMPE:

  • Buscopan stroop vir baas, Lennon se Jamaika Gemmer
  • 3-5 druppels op ‘n mespunt suiker en eetlepel lou gekookte water –
  • gee met spuit in
  • gee ook elektroliete in die maag te herstel.
  • gee ook geaktiveerde houtskool in

24. MAAG en SPYSVERTERING by katte: Probiotika

25. MANGELONTSTEKING: Tonsilla volgens voorskrif – by gewone apteek te kry.

26. MYTE / GIS IN ORE:

  • 3% Peroksied, 10 druppels in die oor.
  • Soetolie, Oticleen en dan Otomax is die raad vir myte in die ore.
  • Onthou dat hare in die oorkanaal ook kan veroorsaak dat gis in die ore ontstaan.
  • Verwyder die hare in die oorkanaal.
  • Laai ook die skrywes af oor Oormyte en Oorinfeksies en bêre in jou Dieregesondheidsleêr.

27. MYTE / LUISE by SLANGE:

  • Appelasyn (‘mist’) die binnekant van ‘n kussingsloop.
  • Sit die slang in en knoop die sloop toe.
  • Verwyder alles uit die hok en was hok deeglik met ‘n 1 deel Jik, 10 dele water oplossing.
  • Spuit area ook goed met Blommetjie mieks. Nie die slang nie.
  • Laat goed droog word en sit in die son om die aktief af te breek
  • Was die hok uit met Oxi bleach voordat slange weer ingesit word

28. ONTSMETTING VAN ERF TEEN PARVO – Pierre @ Ecohealth Virus Gobbler

29. ONTWATERING / DEHIDRASIE: Kyk onder Diarree.31. OOG INFEKSIE / 

30. OOGONTSTEKING BY KATTE : Octin,  of ExOcin. ExOcin word ook gebruik in gevalle waar honde se oog se kornea gekrap is.

31. OOG/OË

  • Seeroë: Vitamien A aanvullings in die vorm van lewer en/of pille en inspuitings is baie belangrik.
  • Trek rooibosteesakkie in koppie louwarm gekookte water en spons die oë gereeld met die teesakkie en teewater af – gebruik elke keer ‘n nuwe sakkie en moenie vryf nie.
  • Apteker sal antibiotiese salf aan jou te kan verskaf by infeksies.

32. OOG/OË en SLANGE:

  • Wanneer spoegslange die oog getref het, was met enige veilige vloeistof uit soveel as moontlik – lopende water, melk, selfs uriene – en dien daarna Octin oogdruppels toe soos voorgeskryf.
  • Slangbyte sal apart behandel word – die heel beste is dringend na jou veearts!

33. OORMYTE / OORMATIGE WAS by katte: MDB Iver PO word gebruik saam met Clean Ear.

35. PYNMIDDELS:

  • Dis geskeduleerde medisyne en moet net onder toesig van ‘n veearts verkry en toegedien word vir ‘n spesifieke geval / situasie.
  • Dit is skadelike medisyne.
  • Pyn is die natuur se manier om ‘n dier te laat rus en die wond/besering kans te gee om natuurlik te herstel.
  • Word die pyn onderdruk, gee die dier die wond nie kans om natuurlik te genees nie en ontsteek dit net verder.
  • Selfs geskeduleerde Rimadyl het newe effekte en kan net deur ‘n veearts na deeglike ondersoek van die dier vir ‘n spesifieke situasie voorgeskryf word.

36. PYN en KOORS by katte (anti-inflammatories): Petcalm.

37. RINGWURM by katte: Ringwurm salf of Pierre se Bolomswawel mieks

38. SKOK en ANGS:

  • Rescue Remedy pilletjies of Calmeze, Allergex, Texa en/of 10mg Phenergan – veral by die skiet van klappers en ook vrees om in ‘n voertuig te ry.
  • Vryf ook 3-4 Rescue druppels aan die binnekant van die oorflappe waar jy die aartjies sien. Jy kan nie oordoseer nie.

39. SPINNEKOPBYT

  • Wat groeisel veroorsaak: maak n mengsel van gerasperde groen koekie sunlightseep en bruinsuiker aan met so min moontlik lou gekookte water, eetlepelvol en plaas dit op die wond sodat die vel kan sag word en draai toe
  • Dit behoort al by Dag 2 so te wees dat sou jy dit net effens trek, dit gaan uitbars.
  • Doen dit net met handskoene aan.

40. SPUITE: plastiek spuite van +-30ml waarmee jy vloeistof ook mondelings kan toedien.

41. STERI-STRIPS: Deesdae word steke in al hoe minder gevalle gebruik – koop ‘n paar Steri-strips by jou apteek om in noodgevalle gereed te hê vir hegting van wonde – kante word gewoonlik oopgelos om behoorlike dreinering te verseker.

42. TANDE:

  • Rooi tandvleise kan dui op infeksie – koop baba tandeborsel en pasta, meng met ons Pierre @ Ecohealth Houtskool mengsel om skadelike stowwe te absorbeer.
  • Gebruik ook koeksoda en borsel elke dag

43. TANDINFEKSIES by katte: kan nierversaking veroorsaak – maak tande skoon deur met koeksoda en geaktiveerde houtskool te vrywe

44. TERMOMETER: vir die meet van koors. Koors van honde is basies dieselfde as dié van mense. Maar die termometer verskil en moet ‘n termometer vir diere eerder aangekoop word..

45. TOPIKALE WONDE op HONDE en KATTE:

  • Veiligheid by die mens eerste
  • Sit bekband om en gebruik sjirurgiese handskoene
  • Maak skoon met flou soutwater (2 teelpels op 1 liter water)
  • Skeer die area skoon
  • ROU heuning soos beskikbaar by Dischem of direk van ‘n byeboer (nie die stroop wat jy in die supermark koop nie)
  • Bruin suiker
  • Of die Blomswawelmengsel
  • Avert Bitter kan aangebring word om te keer dat diere hul wonde lek.

46. TWEEZER: Vir gebruik in noodgevalle om bv. glasstukke/angels/penne te verwyder.

47. VITAMIEN AANVULLINGS:

  • Bekom die Pierre@ Ecohealth Pet Shake en Probiotika met die fulvic suur
  • By katte, smeer net aan pels sodat die dier dit self inlek.

48. VELPROBLEME / DROë VEL:

  • Smeer in met ‘virgin’ olyfolie of ‘coconut oil’ en na ‘n uur
  • Die blomswael mengsel.

49. VEL wat STINK:

  • Dit is waarskynlik dieselfde bakterie wat “happy feet” by mense veroorsaak.
  • Die uitskakeling van die negatiewe bakterie is nodig.
  • Smeer die Pierre @ Ecohealth Promin salf op die lyf om goeie bakterie te hervestig
  • Smeer ook as alternatief  plein wit Griekse vol/dubbel room jogurt, los vir so ‘n uur sodat die probiotika die negatiewe baktierie op die vel dood en daar ‘n gesonder balans in die vel kom, waar die positiewe bakterie die negatiewe bakterie self beveg.

50. VLIEë op ORE:

  • Pierre @ Ecohealth Blommetjie mieks sproei
  • Pierre@ Ecohealth “Free me” salf

51. VLOOIE en BOSLUISE

Pierre@ Ecohealth beveel slegs Propyrepet en ook Blommetjie mieks asook “Free Me” produk aan, omdat daar byna geen skadelike effekte is van die geregistreerde pyrethrum aktief vir warmbloedige diere is nie

52. WONDE: Gewone soutoplossing, 9 gram (ongeveer 2 gelykvol teelepels) sout op ‘n liter gekookte afgekoelde water word aanbeveel.

53. WURMS / ONTWURMING –

  • Drontal Milbemax Triworm Antezole of Panacur – vermy supermark items aangesien dit nie effektief genoeg blyk te wees om belangrike wurmgroepe te dood nie.
  • Milbemax en Advocate Spot-on is nou geregistreer om ook Spirocerca Lupi (S.Lupi) te voorkom met gereelde maandelikse behandelings.
  • Daar is tans geen Literatuur wat bewyse lewer dat ‘spot-ons’ effektiewe behandeling teen spirocercosis is nie (jou veearts mag moontlik behandel met ‘n Ivomec of Dormectin inspuiting na diagnose van S. Lupi besmetting om die larwe en volwasse wurms te vernietig).

Pierre van Niekerk © 2015