Slymvliese: Sinusse, dermkanaal en Immuuniteit.

Onthou tog net dat ek nie met die skrywe probeer om jou dokter te vervang nie.!

Ek sien almal vra raad oor griep en verkoues.

Het mens meer kennis oor jou slymvliese se funksies (veral die slymvliese se funksies in jou spysverteringstelsel) kan jy baie voorkomend optree in siek word.

Slymvliese is ook jou neus en sinusholtes, jou oog en geslagsorgane. Jou hele spysverteringstelsel. Jou sinusse is die orgaan wat direk in kontak is met die buitewêreld? Waarom moet hulle altyd vogtig wees? Dit moet jy maar self opsoek en uitvind anders leer jy niks! 70% en dalk meer van jou immuunreaksie teen bakterie en virusse word in jou dermkanale ontwikkel.

Kolostrum

Dit is vir die rede waarom jy kolostrum eerste ding in die oggend op leë maag inneem, en ook laataand laaste ding, sodat dit direk diep in jou dermkanale kan beland om jou immuunstelsel op te bou. Jou immuuniteit teen bakterie en virusse en fungi word in die mikrobioom van jou dermstelsel teen alle skadelike organismes gevorm.

Nou hoe kom dit daar? Die skadelike organismes?

Kom ek onderdreek my skrywe en vra jou eers die vraag:

“Waarom word polio-entstof gesluk en nie gespuit nie?”

Omdat teenliggaampies teen polio in jou dermkanale hoogs effektief gevorm word, en, sal net suksesvol vorm as jou immuunstelsel gesond en aktief en gevegsvaardig is. Dit kom met vuil hande, vuil lug, droë sinusholtes, droë oë wat nie genoegsaam vog afskei om hierdie skadelike bakterie op te vang en in jou dermkanaal afskei nie. Droë geslagsdele.

Sou jy nie jou slymvliese verder in jou dermkanaal genoegsaam vogtig en gesond gehou word nie, (hardlywigheid) word bakterie en virusse wat in jou slymvliese nie suksesvol mee gedeel en of vervoer word na spysverteringskanaal toe nie, jou baas. Dit oorweldig dan met vermeerdering jou bestaande immuuniteit en kry oorhand oor die normale reaksies van jou witbloedselle, T-selle en ook jou hele immuunstelsel.

Kom ons beklemtoon die feit

Sou bakterie en virusse, fungi wel in daardie droë gestremde habitat van jou spysverteringstelsel onder druk beland, sal daar nie voldoende teenligaampies teen die skadelike organismes gevorm word nie.

Met ‘n verswakte immuunstelsel sal die skadelike organismes die oorhand kry. En jy word siek. ” Boem. Bang! ” Another one bites the dust!” Jy! Onderstebo! Doef!”

Nou hoop jy pille maak jou gesond terwyl jy kolostrum nodig het.

Jip, in daai stinkende dermkanaal van ons almal lê ons gesondheid. Jy moet hom oppas.

Laastens.

Ons leer almal ons kinders om hul neuse te blaas. Is so mooi en edel as iemand ‘n sakdoekie uithaal. En dit is hier waar ons mooi maniere die heel verkeerdste ding is om ons sinusse skoon te kry.

Die slymvliese van die neus en sinusse het verskeie funksies. Hul is baie bloedvatryk, bevogtig en verwarm die lug wat ons inasem. Die selle op die oppervlak van die slymvlies het klein borselhaartjies (cilia) wat stof en ander ingeasemde partiekels vasvang en “uitborsel” tot in die neus. Almal verstaan dit nog mooi.

Om die ophoping van slym/ mukus in die sinusse te verhoed…

Moet die neus oopgehou word sodat die sinusse deur die openinge kan dreineer. Die openinge waardeur die sinusse dreineer is klein. As opening toeswel tydens ‘n verkoue of allergiese reaksie en die slymvliese swel, kan die mukus nie dreineer nie. Hoop op in die sinusholtes.

Wanneer daar infeksie in hierdie vasgevangde mukus kom word dit sinusitis genoem tot verskeie siektes kan ly. Die gebruik van ‘n sakdoek is die verkeerdste ding wat ‘n mens jou neus en lugweë kan aandoen.

Wanneer ‘n mens jou neus in ‘n sakdoek blaas, bou jy positiewe druk op wat letterlik mukus en ook infektiewe material uit jou neus terugblaas in die sinusholtes in. Dit bevorder sinusitis en hou dit in stand.

Die blaas van jou neus word deur die ” Venturi-effek” beskrywe in die Wetenskap.

Jy veroorsaak n vakuum in jou neusholtes wat wat negatiewe druk veroorsaak en letterlik ‘n suigkrag uitoefen (die Venturi-effek). As ‘n mens dus ordentlik snuif tot diep agter in jou keel, suig jy die mukus uit die sinusse uit en hou hulle leeg.

Kyk maar self as jy dit uitspoeg teenoor blaas, daar kom baie meer mukus agter in jou keel as wat in die neus alleen teenwoordig kan wees.

Doen jy dit so, met gewone soutwater, het jy baie suksesvol die mukus uit jou sinusse dreineer. Mens het dus nodig om sommige goed privaat te doen, sodat jy dit behoorlik kan doen!

Immune-System-600

Advertisements