Blommetjie Mieks Proewe

Pierre@Dieregesondheid Blommetjie Mieks

Die produk is tans onder verdere toetsing by Toetslaboratoriums. Dit sal met die resultate aansoek doen vir bykomende registrasies in terme van Wet 36 van 1947 by die nodige owerhede.

In verskeie lande soos Australië en Swede is die aktief heeltemal vrygestel van enige Registrasies van hul owerhede.

38872887_1047625712073374_3729105118528798720_n

Volledige name en Literatuurverwysings wat hierdie produk se onderbou demonstreer is, sal met registrasie omslagtig beskrywe word.

  1. Doel van die Produk

Om ‘n natuurlike produk te gebruik wat die laagste moontlike gevaar tot moontlike vergiftiging het het vir mens en dier. Die aktief moet natuurlik wees. Versoenbaar met die Natuur, grond en die verbruiker.

Foto-eienaar onbekend.

27858174_2012296845709489_8656956936861141675_n

Gevolg

  • Die aktief wat gevind is, het baie lang veiligheidsrekord van beproefde veiligheid teenoor mens en dier.
  • Dit word wêreldwyd gereken as een van die produkte wat die veiligste is van natuurlike produkte in die Klas: Huishoudelike Pestisiedes.
  • Sou dit per abuis ingeneem word, metaboliseer dit vinnig in die warmbloedige liggaam met min tot geen skadelike nagevolge nie.
  • Toestresultate het bevind dat die aktief se toksiese impak 4000 keer laer is vir ‘n rot, as wat dit vir n huisvlieg sou wees.
  • In die toetse kon rotte nie vergiftig word of enige kliniese tekens toon van vergiftiging, of enige nagevolge daarvan toon in die lewer en of mistoetse nie.

Culex_pipiens_diagram_en.svg

  1. Produk moet baie lae weerstandigheid teen die aktief toon

Die aktief of doodmaakmolekule wat geselekteer is, het weens sy kort nawerking ‘n baie lae weerstandsrekord by insekte. Boonop is sy natuurlike molekulêre struktuur so kompleks dat weerstandigheid nie ‘n wesenlike probleem kan word nie.

  • Weerstandigheid teen die doodmaakmiddel en aktiewe van insektisiedes, word algemeen aangeteken in die Literatuur. Insektisiedes is vir sespootige diere  (Korrekte uitdrukking is 3 paar pote) soos vlieë, kakkerlakke, kop en pubiese luise, miere, muggies, vrugtevlieë en vele ander peste op plante.
  • Daar is ook in die landbou wye weerstandigheid aangeteken teen beheermiddels vir bosluise, wat weer ‘n agtpootige dier is. Die aktief moet ook hier suksesvolle nawerking toon.
  • Die produk moet veilig vir mens en dier, teen enige huishoudelike pes gebruik kan word.

pyrethrum-250x250

  1. Kermerke van die aktief 
  • Breë spektrum: Die aktief bestaan uit ‘n groep molekulêre verbindings (bekend as esters) en het ‘n wye spektrum van doodmakende aktiwiteit op insekte as meeste ander produkte wat net ‘n enkele aktief het.
  • Die produk het ses (6) esters in sy natuurlik samestelling. Elke een van hierdie esters het ‘n doodmaak of ontwrigtingseffek op die teiken-insek. Dit beteken dat die produk die insek op 6 verskillende maniere kan doodmaak of ontwrig.
  • Esters ontwrig die sentrale senustelsel van kruipende en vlieënde insekte, deur hul normale senuaktiwiteite disfunksioneel te maak en te laat faal om sy natuurlike gedrag te openbaar. Soos om te kan hardloop of weg te vlieg. Hoër aktiwiteite stel die insek ook bloot aan meer van die aktief.
  • Vinnige werking: Die produk val die senustelsel van die insek aan en distort die normale senufunksies van die insek. Dit ontwrig sy normale lewensfunksies of maak die insek dood. Dit het nie ‘n onmiddelike effek op insekeiers of selfs larwes nie, weens die onaktiwiteit daarvan.
  • Omgewingsveilig: Die aktief word deur sonlig en ultravioletstrale afgebreek met geen residu nie.
  • Vrugte en groente-oeste: Daar is geen tydperkperk van onttrekking of interval nodig met die saamgestelde aktief nie. Voedsel kan onmiddelik gebruik word.
  • Alhoewel die produk ‘n aangename reuk het vir mense, het dit naas sy relatief vinnige doodmaak aksie, ‘n walgingsfaktor vir insekte. Hul hou nie van die reuk van die produk nie en wil dit vermy.
  • Dit kan veilig aangewend word op mens en dier waar vlieë hinder en pla, muskiete aktief is en ander skadelike insekte verkieslik die pad laat vat. Kan dus aangewend word vir jagters, veldbesoeke, babas, en troeteldiere.
  • Insekte soos miere word nie deur insektisiedes gewalg nie. Dit sal gewoonlik deur die produk loop. Hul neem gewoonlik die aktief met hul saam nes toe en roei oor tyd die hele nes en koningin met die bewegings uit. 
  • Veilig vir gebruike in Skole, Hospitale, Gastehuise, Hotelle, Kombuise en Ouetehuise: Die aktief laat geen skade en residu wat onveilig is vir mense nie.
  1. Reaksie by muskiete

By wyfiemuskiete veroorsaak die aktief en reuk daarvan abnormale gedrag. Verhoed dat hul hul natuurlike instink volg om ‘n bloedmaal by ‘n gasheer te soek en te neem. By hoër konsentrasies van die aktief verloor hul in totaliteit hul normale gedragspatrone.

Dit beteken ook dat hul hul skuilplekke verlaat van veiligheid en blootgestel kan word aan hoë dosisse van die aktief.

Pierre van Niekerk ©

 

 

 

Advertisements

Elektroniese Bosluis en vlooibeheer

Tickless Pet

Waarom alternatiewe produkte vir vlooi en bosluisbehandeling?
Met die beste van farmakologiese produkte beskikbaar in die handel, kan daar met veiligheid gesê word dat daar naas weerstandigheidsontwikkeling teen die aktiewe in die produkte, ‘n toename is in vlooi en bosluisprobleme.

Wanneer daar gekies moet word tussen die reeks van produkte beskikbaar, is daar ‘n verskeidenheid faktore wat ‘n rol speel.

Dit is;

• spoed
• tydperk van nawerking
• die aksie van die produk se molekule en aktief.
• Die invloed van water
• Ultravioletstrale

Bykomend, is daar klagtes van newe-effekte van byna al die produkte.

• Toediening of administrering
• Velskade en haarverlies
• Allergiese reaksies
• Blootstelling aan kinders en eienaars
• Ouderdom van diere
• Lewer en nierskade, ens.

Ander faktore van belang by besluitneming en keuse van produkte, is die volgende
• Spoed waarmee hierdie produk werk, veral as iets soos bosluise en vlooie op mens en dier parasiteer.
• Om diere wat reeds dermatitis het met farmakologiese produkte te behandel, waar die vel ontsteek is, is onkundige praktyk.
• Soms is dit weens die grootte van die dier, die ouderdom, die gesondheidstoestand van die dier, die tekorte van die eienaar self wat bosluis-en vlooibeheer onmoontlik maak.

Tekorte van topikale behandel.
Effektiewe werking word negatief beïnvloed met blootstelling aan;
• Water
• Sonlig en ultravioletstrale
• Grond en modder
• Gereelde bad en was met seepprodukte

Orale produkte
Enorme klagtes en bewerings word gemaak teen orale produkte. Ongeag die navorsing daarvan wat die teendeel probeer bewys. Seepprodukte en bad beïnvloed nie orale produkte se effektiewe nawerking nie.

Koste van sulke produkte maak dit ontoeganklik vir waarskynlik 80% van die troeteldierpopulasie. Orale produkte is ook bekend daarvoor dat hul n nawerking het op die gastro-intestinale van troeteldiere.

Laastens, slegs enkele produkte kan op diere gebruik word voor 8-14 weke, en by vlooi en bosluisinfestasies, is dit n probleem.

Bakterie en virusse, kieme tydens soog
Bakterie en ander kieme speel ‘n kritiese rol in soogdiere se algemene gesondheid in die soog stadium. Bakterie van die omgewing in die lug, slaapplekke, hul uriene en mis, versamel op die vel van die kleindier. Vlieë, naas vlooie en bosluise is ook n draer van miljoene bakterie na werpsels toe.

Die ma lek as ‘n reël haar kinders se uriene en faeces in. Dit is n belangrike gesondheidsaspek in die kleindier se gesondheidsontwikkeling. Miljoene kieme versamel in die mis en uriene. Met die opname daarvan deur die ma, ontwikkel sy teenliggaampies met haar immuunstelsel, wat sy dan tydens voeding en soog in haar melk vir haar kleintjies vrystel.

Sodoende word die immuunstelsel van die klein diertjies geaktiveer om suksesvol te reageer met die kieme van die omgewing en hul skadeloos te stel. Gegewe die ma het n gesonde en goeie immuunstelsel.

Kennis van bosluise en vlooie.
Ongeag die beste pogings bekend om bosluise en vlooie in ‘n erf, of omgewing te beheer, sal onvolwasse vlooie en bosluise altyd buite die grense ontwikkel en op vele maniere inkom. Dit is in al net n tydelike oplossing.

Bosluise kan in ‘n diapause ingaan en jare oorleef sonder n bloedmaal totdat omstandighede gunstig is.

Opsommend
‘n Horde voor en nadele kan gegee word vir en teen tradisionele vlooi en bosluisbeheerpraktyke. Naas voordele en nadele het dit ook vele beperkinge, soos hierbo kortliks beskrywe.

Tickless Pet”

Is ‘n toestel wat aan n nekband om die hond of kat se nek gesit word. Dit stel ultraklank impulse vry wat nie deur mens en dier gehoor kan word nie. Beïnvloed wel organismes soos vlooie en bosluise wat op ultraklank impulse en koolsuurgas hul prooi vind en volg. en hou die organismes vir ongeveer 1.5 meter weg.

Stel 40 kHz klank vry en hou die organismes ongeveer 1.5 meter weg van troeteldiere. Kos R450 by jou depot -eienaar en het n lewensduur van 12 maande.

Het dus geen nawerking op mens en sy troeteldiere nie, nie op klein kindertjies nie en ook nie op kleiner diere soos pasgebore babas nie.

Moet gesien word as n voorkomende beheermiddel en as ‘n Natuur en Ekologies vriendelike hulpmiddel wat geen skadelike kontra-indikasies het vir mens en dier nie.

Verdere inligting
http://www.tick-less.com/

Beskikbaar by Pierre@ Dieregesondheid Depots

Vlooie

Vlooie

Daar is ongeveer 1800 vlooi en vlooisubspesies in die Literatuur beskryf. Min van hulle is egter van menslike gesondheid of veeartsenykundige belang. Die vlooie wat wel van ekonomiese belang is word in die volgende twee groepe gegroepeer

Lyf of nesvlooie.

Die vlooi beweeg baie vinnig deur die vere of hare van n dier. Hulle bly nie noodwendig op een gasheer nie. Hulle staan bekend as hond-, kat-, rot- en mensvlooie.

Vashegting- of vassitvlooi.

puricipulgamicros

Hier bly die wyfies aan die gasheer vassit.

Die hoendervlooi is ʼn bekende vassitvlooi en ook die spesies sandvlooie, Tunga en Neotunga in, waarvan die wyfies, behalwe vir die agterste gedeelte van hul lywe, feitlik heeltemal in die gasheer se vel indring. Die agterlywe wat uitsteek is om asem te haal, paring, eierlegging en uitskeiding toe te laat!

Lewensiklus van vlooie

  • Klein wit ovaalvormige eiertjies word in die hare, vere van diere, in diere se beddegoed, in neste en op die grond gelê.
  • Die lewenstydperk van ʼn volwasse vlooi is sowat 200 dae.
  • In die tydperk word daar sowat 400- 500 eiers gelê.
  • Maaieragtige larwes broei na 2 dae uit
  • Larwes is lig- en sonsku en woon in donker plekkies van neste, krakies van mure en vloere, onder matte of in nesmateriaal op organiese afval materiaal voed.
  • Hulle oorleef ook op die bloed in die mis van volwasse vlooie.
  • Ontwikkelingsfases van die vlooi
  • Daar is 3 larfstadia by die vlooi
  • Onder gunstige toestande kan hulle hul ontwikkeling tussen 9-15 dae voltooi
  • Dit kan tot 200 dae neem as ongunstige toestande heers
  • Die volgroeide vlooilarf, wat tot 6mm lank kan wees, spin ʼn los witterige kokon waaraan sandkorrels kan klou en vorm ʼn papie binne in die kokon.
  • Die papiestadium neem tot 21 dae om te voltooi.
  • Die hele lewensiklus kan dus van 18 dae tot enkele maande strek

fotor1119104853

Die volwasse vlooi

ʼn Pas ontwikkelde volwasse vlooi, kan weke sonder ʼn bloedmaal aan die lewe bly. Dit is eers wanneer hul een keer gevoed het, dat hul gereeld bloedmaaltye moet ondergaan.

Die volwasse vlooi kan onder gunstige toestande maande lank oorleef!

images-2

Vlooispesies wat algemeen in SA voorkom

  • Pulex irritans:- Dit is die mensvlooi wat ook op honde, katte, varke en pluimvee voorkom.
  • Ctenocephalides felis: – Die katvlooi wat ook op honde, perde en op die mens tydelik) parasiteer.
  • Ctenocephalides canis:- Die hondevlooi wat op ook op mense en perde voorkom.
  • Xenopsylla cheopis: – Die Indiese- of Oosterse rotvlooi wat ook op katte aangetref word.
  • Echidnophaga gallinacea:- Die vassitvlooi van pluimvee wat ook op die pote van honde, die ore van katte, op perde, konyne, rotte en die mens voorkom.
  • Tunga penetrans:- Die sandvlooi, jigger of onderhuidvlooi, wat in tropiese en subtropiese wêrelddele voorkom wat op warmbloedige diere, insluitende die mens, parasiteer.

flea-ashx-120151003_083025-1-1

Die gesondheidseffek van vlooie op hul gashere

Vlooie is die vektore van verskeie siekteverwekkende organismes. Dit is ook die tussengasheer vir verskeie wurmparasiete

Siektetoestande wat deur vlooie veroorsaak word

  • Builepes van die mens word veroorsaak deur Pasteurella pestis wat hoofsaaklik deur die rotvlooi oorgedra word. Vlooie van die genera Nosopsylus en Ctenophthalmus kan builepes ook versprei.
  • Endemiese of muistifus word deur Xenopsylla cheopis en ook ander vlooispesies oorgedra
  • Die Ctenocephalides felis vlooi dra die nematode wurm, Dipetalonema reconditum, wat inwendig by honde voorkom aan honde oor.
  • Sestodes, bekend by troeteldiere as die hond en kat lintwurm, Dipylidium caninum, word deur Pulex irritans, Ctenocephalides felis en Ctenocephalides canis vlooispesies oorgedra.
  • Hymenolepis diminuta (Rat tape worm) van rotte, muise en die mens word ook deur vlooie oorgedra.

Vlooibyte

Vlooibyte is baie irriterend en veroorsaak die toestand bekend as somerekseem by honde wat sensitief geraak het vir vlooibyte. Diere wat sensitief geraak het vir vlooibyte, kan met n paar vlooibyte ernstige dermatitis opdoen.

940844_10153459842392449_6279503167960432723_n

Groot getalle vassitvlooie kan anemia, vermaering, afname in eierproduksie en oogskades veroorsaak weens die gekrap van die diere.

 

Beheer van vlooie

  • Die beste beheer is wanneer beheer gerig is tot die moontlike teelplekke van vlooie.
  • Verhoed organiese afvalmateriaal, stof in hokke, vuil onversorgde beddegoed, houthondehokke, (verbrand die goed), vuil matte en vloer of muurkrake.
  • Oorstroom onbekombare plekke met water om larwes te versuip
  • Maak alle potensiële plekke skaduvry. Direkte lig en sonlig verjaag vlooie
  • Maak van goeie plaagdoders gebruik van bekende handelsname wat verhoed dat vlooie weerstandig word teen middels wat verkeerd gebruik word
  • Daar is verskeie produkte op die mark wat baie effektief is..flea-cycle-1024x797

Laastens, soos met bosluise, lê die oplossing nie alleenlik in ʼn bottel nie. Dit lê in die bestuur van vlooie en die bestuur van hul neste en uitbroeiplekke met direkte sonlig of lig.

sjampoo

Wetenskaplike Pamflet 393. Bosluise, myte en insekte van huisdiere van Suid Afrika

  1. Propyrepet Bosluis en vlooi Sjampoe (Sien skrywe daaroor)
  2. Bravecto
  3. Comfortis
  4. Fipronil
  5. ‘n Self saamgestelde mengsel uit nood uit lyk soos volg
    • 30 ml Vanilla essens
    • 1 eetlepel bloekomolie
    • 1 eetlepel Dettol
    • 1 eetlepel sitronella of naeltjie olie (opsioneel)
    • 3 koppies water
    • Skud goed, as die water te hard is en of die produk sukkel om te meng, n paar druppels suurlemoen of skottelgoedseep net om die olies goed te meng.

Hoekom dit werk weet ek nie.

Vlooie vrek wel maar, daar mag dalk n probleem wees met die langdurige nawerking van die produkte, wat beteken dit moet gereeld met n spuitbottel gespuit word.  Moenie direk of houtkaste spuit nie en ook nie in die oë nie.

Pierre van Niekerk

0126674755

0822208386

pierre@dieregesondheid.co.za