Vitamien B6

Vitamien B6 word gebruik in kombinasie met die ander Vitamien B groepe.  

maxresdefault (2)

Die ander wetenskaplike name is Vit B 6 isPyridoxine, pyridoxamine, pyridoxal, Adermine, Chlorhydrate, Adermine Hydrochloride, B Complex Vitamin, B6, Pyridoxal Phosphate, Pyridoxal 5 Phosphate, Pyridoxal-5-Phosphate, Pyridoxamine, Pyridoxine HCl, Pyridoxine Hydrochloride, Pyridoxine-5-Phosphate, P5P, P-5-P.

17food-sources-of-vitamin-b-6-or-pyridoxine-a-presentation-tonutrition-bymr-allah-dad-khan-5-638

Vitamien B6 het ‘n lang lys van gesondheidsgebruike.  

In die liggaam dien Vitamien B6 as ‘n of ko-ensieme. Dit is ‘n molekulêre agent van die B-groep vitamiene wat sorg dat “onwaarskynlike verbindings” in die liggaam plaasvind om suiker, vette en proteïne vir die liggaam se gebruik te vorm.

vitamin-b12-b6-folic-acid-supplements-lexor-health-3-728

Kort Begrippe van Ko-ensieme.

  • ‘n Ko-ensiem word as ‘n “helper molekule” beskou, wat ‘n ensiem help om chemiese reaksies tussen onwaarskynlike stowwe suksesvol in suikers, vette en proteïene om te skakel.
  • Ko-ensieme benodig altyd die beskikbaarheid van ‘n ensiem om operatief of funksioneel te wees.
  • Ko-ensieme kan nie op hul eie enige funksie voltooi nie.
  • Ko-ensieme is klein molekules maar nie ‘n proteïen nie.
  • Ensieme is ‘n proteïene
  • Die groep Vitamien B6 in die B-Vitamiene kompleks, word beskou as ‘n ko-ensiem.

pyrroles-symptoms2-meme_orig

Vit B 6 is dus ʼn belangrike ko-ensiem

  • Wat wil sorg dat maksimale ontwikkeling van die senuweestelsel, die vel, die brein en die ander organe plaasvind.
    • ‘n Tekort aan Vit B kan lei tot  “Pyridoxine deficiency wat ‘n tipe anemie of bloedarmoede is.
    • Vit B is belangrik vir die voorkoming en die proses van herstel by bloedvatsiektes. Omdat Vit B 6 gebruik word by die metabolisering van vette en kolesterol in die liggaam

vitaminB6orpyridoxamine

By die behandeling van hoë bloeddruk, verminder Vit B6 die vorming van “homosistien”, ‘n aminosuur in die bloed waaraan bloedklonte, hartaanvalle en epileptiese aanvalle toegeskrywe word.

tsl-pyroluria

  • Vit B 6 hou ook bloedvate oop nadat daar op die pasiënt die “ballonprosedure” gedoen is.
  • Vit B 6 word vir premenstruele Sindroom (PMS) gebruik om verligting te bring.
  • Vitamien B6 word ook vir morning sickness” by vroue gebruik, veral by naarheid en braking in die oggende.

brustentzuendung-mastitis

  • Vitamien B6 word ook gebruik om die vloei van borsmelk te stimuleer na geboorte, waar die gevaar van depressie ook soms na ‘n baba se geboorte ontstaan.
  • Vitamien B6 word aanbeveel vir die verligting van menopouse en die behandeling van die simptome van menopouse. 
  • Vitamien B6 word as remedie aanbeveel vir die gevolge wat by die gebruik van die “Pil” ontstaan
  • Vitamien B6 word ook gebruik by Alzheimers en ander tipes van dementia of geheueverlies.
  • By kinders word Vitamien B6 gebruik in die bestuur van die “Aandag- Afleibaarheid Sindroom”of (AHDH).

Daar is ook ander kondisies waar Vitamien B6 ‘n rol speel.

Vitamien B6 word gebruik voorkoming van oogsiektes, vaagheid, swak konsentrasie, verswakking van die retina, epilepsie, stuipe weens koors, verskeie neurologiese toestande wat abnormale beweging en gedrag verteenwoordig.

3l-Image-27

Vitamien B6 word ook aanbeveel vir tandheelkunde, blaasprobleme, kanker en nierstene. Vorming van poliepe en by versteurde slaappatrone.

Vitamien B6 word ook gebruik vir “sickle cell anemia” ‘n oorerflike toestand waar daar nie genoeg gesonde rooibloedselle verteenwoordig is om suurstof  te dra in die liggaam na al die organe nie.

Sickle-Cell-anaemia-1170x570

7df236da-cbbd-43c7-aa44-690606822890-large16x9_Capture

Vitamien B6 word ook gebruik om die nagevolge van bestraling en radiasie, chemo te hanteer en ook die nagevolge van medisynes soos “mitomycin, procarbazine, cycloserine, fluorouracil, hydrazine, isoniazid, penicillamine, en vincristine” te oorkom.

b6-b12-13-638

Vitamien B6 word ook aanbeveel teen braking en naarheid weens gastro-intestinale versteurings en teen die nagevolge van die geboortebeperking medikasie.
cancer patient receiving a chemotheraphy

 

Pierre van Niekerk

Advertisements

Ecohealth Badsout

Pierre @ Ecohealth Badsout

  1. Inleiding

Vrye radikale verouder en vernietig die selle en organe van elke liggam en is besig 24/7, met die afbreek en veroudering van die liggaam wat verskeie kroniese siektetoestande veroorsaak. 

Dit is die een enkele rede waarom daar elke dag aktief,  met betroubare kennis en insig oor die skades van vrye radikale, aktief daarvan ontslae moet raak.

  1. Hierdie faktore beïnvloed elke mens en dier se lewe elke dag.
  •  Stresfaktore
  • Vrye Radikale
  • Gesondheidwaardes van voeding
  • Die gehalte van water
  • Die gehalte van die omgewing se lug wat ons inasem.
  • Industrieele gasse en stowwe
  • Rook van vele soorte wat aan die vel vaskleef

the01

  1. Onkunde oor bogenoemde faktore, verouder ongeag mens en dier se begrip daarvan, almal se bestaan, 24/7 van elke dag.

Stres en vrye radikale is waarskynlik die belangrikste agente in die voorkoms van die volgende toestande;

  • Kanker
  • Velsiektes
  • Siekte toestande wat deur fungi, bakterie en virusse veroorsaak word.
  • Literatuur koppel ook vetsug (leptienweerstandigheid) op verskeie maniere aan bogenoemde.
  • Velskade en aktiewe veroudering

Effects-of-free-radicals-on-different-organs-of-human

  1. Voorkoming is beter as beheer.

Elke mens is dit aan hom of haarself verskuldig, om ingelig en verantwoordelik hulself te versorg om moontlike siektes en veroudering te voorkom.

Daarom sou meeste mense waarskynlik, sou hul goeie kennis daarvan dra van die aktiewe skadelike effekte van vrye radikale en hoe dit daagliks;

  • Skadelike effekte dit het op alle organe
  • Hoe dit aktief 24/7 selveroudering meebring
  • En besef dat vrye radikale nie net van buite kom nie, m.a.w. nie net vanuit skadelike rook, stof, ultravioletstrale, pestisiedes, diesel en petrochemiese dampe, huishoudelike middels, nikotien, ens., nie
  • Maar ook deur die liggaam self ook vervaardig word.
  • Byvoorbeeld suurstof wat na gebruik deur die selle in die liggaam, koolsuurgas word.
  • Voedsel wat verteer in die liggaam, om selle en organe te voed, skadelike afvalstowwe word wat moet uitgeskei word deur die bloed in die lewer en gal en dan na die dikderm.
  • En dan sit vele mense nog met ‘n spastiese dikderm en hardnekkige kolon wat nie van die afvalstowwe ontslae raak nie en “Leaky Gut Sindroom” ontwikkel wat tot meer as 1000 outo-immuunsiektes kan lei.

image5

Opsommend

Vrye radikale verouder en vernietig die liggaam en sy organe. Werk 24/7 aktief daaraan om selle en organe af te breek en te dood, te vernietig, en om veroudering en ander siektetoestande te veroorsaak.

Dit is die enkele rede waarom daar elke dag, doelbewus en met betroubare kennis, aktief van die potensiële skades van vrye radikale ontslae te raak.

images (6)

  1. Die Pierre @ Ecohealth Badsout

Die Pierre@ Ecohealth Badsout bestaan uit ʼn gebalanseerde mengsel van;

Magnesium, seesout en koeksoda, olies, pH gebalanseerde seepmengsel

Magnesium sulfaat (Engelse sout)

Seesout van spesifieke gradering

Koeksoda

  • Eksotiese geurmiddels wat bekend is vir hul kalmerende en gesondheidswaardes, en
  • Essensiële olies van verskeie soorte. Ook gekies vir hul velvoedende waardes en wat nie die pH van die vel of organe sal versteur nie

xbicarb.jpg.pagespeed.ic.x1bMvuJEE4

  1. Wat is die doel van die mengsel en keuse van produkte?

6.1 Magnesium sulfaat is in werklikheid ‘n samestelling van twee minerale wat natuurlik voorkom . Studies bewys dat beide geredelik deur die vel opgeneem word.

Magnesium sulfaat is ook bekend as Engelse sout (Epsom salts). Dit is in werklikheid nie ‘n sout nie. Magnesium sulfaat word baie goed deur die vel absorbeer. En is bekend vir die volgende voordele;

  • Verlig stres en laat spiere ontspan
  • Op molekulêre vlak bind dit met vrye radikale op die vel en onttrek dit dus uit die vel
  • Versag seer spiere en inflammasie
  • Bekend daarvoor dat dit help om nutriënte te absorbeer.

6.2 Seesout

Dooie See se sout bevat 21 minerale, waaronder magnesium, swawel, iodien, bromiede, sodium, Zink en potassium.

Bogenoemde minerale kom natuurlik in die liggaam voor, maar moet daagliks aangevul word omdat dit daagliks verbruik word.

Hierdie minerale word gebruik om

  • Magnesium bevorder meer as 300 bio-gesondheidsfaktore in die menslike liggaam en bevorder rustige slaappatrone.
  • Potassium balanseer vogbalanse in die vel
  • Bromiede versag spierspasma, pyne en styfheid van die lyf
  • Sodium bevorder bloedsirkulasie en limfvloei in die limfvatstelsel
  • Dooie See se sout is bekend vir sy detokseienskappe envoordele en ook om wonde en sere te behandel en te ontsmet.
  • Iodien speel ʼn belangrike rol by skildklierfunksionering en die liggaam se metaboliese funksies
  • Swawel is ‘n kragtige detoksagent. Werk nou saam met lewerfunksies en gal om van opgegaarde vrye radikale en ander afvalstowwe en toksienes ontslae te raak.

Magnesium1

6.3 Koeksoda

  • Koeksoda is ook bekend as sodium bikarbonaat.
  • Sodium bikarbonaat is ‘n natuurlike alkaliese substansie wat in die Literatuur beskrywe word as ʼn agent wat instaat is om ‘n verskeidenheid toksienes te neutraliseer
  • Help om die liggaam te alkaliseer, veral na ‘n dag se werk en sweet
  • Maak die vel sag en soepel en
  • Laat die vel met ʼn gevoel van sagtheid

6.4 Essensiële Olies

Essensiële olies is reeds van Bybelse tye ‘n waardevolle produk vir vroue. Gebruik by die balsem van Christus se voete en die waarde of rol van essensiële olies duik orals in die geskiedenis op waar waarde aan vroue geheg word, en of hul skoonheid besing word.

Daar is vandag vele multimiljard Dollar mode huise wat in die ontwikkeling van en verfyning van essensiële olies belê.  Van die belangrikste vervaardigers is in Frankryk en dit is ook van hierdie olies wat Pierre @ Ecohealth bekom het vir ons badsoutreeks.

Opsommend is die doel van die verskillende olies

Pierre@ Ecohealth se Badsoutgeure

(Name word in Engels gelos met skakel vir eie leeswerk)

Vitamien A

9.1 Chemiese beskrywing:

Vitamien A word in die wetenskap na verwys as Retinol” of “Retinal,” wat karotonoïdes en beta-karotene bevat.

b16d4076f321cfc23e370d6c6300a9e2

9.1.1 Karotonoides

  • Volgens die “Physicians Committee for Responsible Medicine” is karotenoïde ‘n belangrike anti-oksidant vir die liggaam.
  • Karotonoïdes bevat kwalitatiewe kankerwerende eienskappe.
  • Sommige karotonoïdes word deur die liggaam omgeskakel in Vitamien A
  • Vitamien A is essensieel is vir die liggaam se normale groei en ontwikkeling
  • Vit A is ook essensieël vir goeie sig en visie.
  • Karotenoide word in die Literatuur geassosieer met die voorkoming van kardiovaskulêre siektes.
  • Vit A het vele anti-inflammatoriese eienskappe om seer spiere en beserings te help gesond maak
  • Baie belangrik komponent om die persoon se immuunsisteem te versterk.

properties_vitamin_a

9.1.2 Beta karotene

  • Word beskrywe in Literatuur as ‘n belangrike anti-oksidant vir die menslike liggaam
  • Anti-oksidant is ‘n chemiese substansie wat die oksidering, (oksidering bedoel die afbreek en vernietiging van selle) in die liggaam inhibeer, verstadig, stop of verhoed.
  • Anti-oksidante in Vit A se beta karotene beskerm die liggaam teen die oksiderende effek van vrye radikale.
  • Die oksidering van selle beteken die afsterf van selle in organe wat verskeie chroniese siektes veroorsaak
  • Studies bewys dat kanker en hartsiektes deur die inname van Vitamien A-ryke dieët, m.a.w. voedselsoorte wat beta karotene bevat, die siektes wesenlik kan inperk en selfs verhoed.

18096

9.1.3 Vitamien A is wateroplosbaar

Vitamien A tekorte mag tot nagblindheid en “keratomalacia” lei, (droogheid van die kornea).

vitamin-a-deficiency-symptoms-1296x728-feature

Goeie natuurlike bronne van Vitamien A is;

  • Lewer, visolie, broccoli, wortels, patats, botter, spinasie, kaas, appelkose, melk, kale, pampoen, eiers, spanspek.

Rooipeper of Cayenne

peppers

Inleiding

Die Pierre@ Ecohealth Kruiemengsel bevat 6 bekende kruie. Elke een se doel en rede en funksie sal kortliks verduidelik word.

SUJA_Cayenne-500x500

Die produk word vir gerief in kapsulevorm verpak, omdat smake n belangrike rol speel in die neem van kosse en kruie. Veral rooipeper is nie vir almal verdraagsaam nie, alhoewel dit reuse medisinale waardes het. Sien beskrywing onder.

The-capsaicin-In-peppers-can-help-kill-breast-cancer-and-more-640x360

Kapsulering los die probleem op.

Enkele terme is skakels na Mediese webblaaie waar die woorde bespreek word. Volg dit gerus. Dit is die behoefte dat mense wyer lees as net dit wat hier geskrywe word. Persoonlik word gekies dat mense ingelig hierdie produkte gebruik.

Pierre@  Ecohealth se produkte word gemeng en saamgestel van die allerbeste bestanddele.

c87cd53913f25bb220a289c42090df72--health-benefits-health-tips

Die kruie is:

  1. Cayenne of rooipeper
  2. Swartpeper
  3. Kaneel
  4. Gemmer
  5. Borrie
  6. Komyn

Rooipeper word in kort eerste beskrywe.

c37fc5cdcba962f3a117331ff6b5b1a4--pepper-benefits-benefits-of

Rooipeper of “Cayenne pepper” is baie warm chili peper van die “Capsicum” familie.  Word by baie gewilde Suid Afrikaanse disse gebruik as ‘n kenmerk van die reuk en geur van die ete.

Enkele historiese feite van rooipeper as produk.

  • Herkoms is uit Sentraal Amerikas, en vernoem na Cayenne, ‘n stad in French Guiana.
  • Rooipeper is deel van Amerikaanse Indiane medisyne en eetgebruike vir die afgelope 9000 jaar.
  • Capsin in rooipeper, is die element wat waarskynlik al die medisinale en voedingseienskappe dra.
  • Rooipeper bevat  Vitamien C (lees hier op oor al die nodige vitamienes se se funksies in die liggaam) Vitamien B6, (essensieel om verskeie ensieme funksioneel te maak krities tot mens se gesondheid) Vitamin E,  potassium, mangaan, flavonoids.
  • Oop wonde moet nooit aan capsin blootgestel word nie.

Wat is rooipeper?

CAYENNE

Rooipeper is ‘n bekende spesery wat bekende medisinale eienskappe bevat wat tradisioneel gebruik word as ‘n natuurlike plantproduk om pyne, skete, seer spiere en gewrigte gesond te maak en te hou.

Rooipeper is ook deel van Chinese tradisionele medisyne, en word daar gebruik om bloedsomloop te bevorder en ook om aptyt te bevorder.

Voordele en gebruike

b98f4c6abc1fc2c726b702a3b55a267c--cayenne-pepper-benefits-cancer-cure

Cayenne pepper may have a range of health benefits.

  1. Pynverligting
  • Capsaicin die aktiewe bestandeel in rooipeper mag verskeie pynverligtingvoordele bevat. Een artikel wil selfs beweer dat rooipeper analgiese eienskappe bevat eienskappe wat pyn verdoof sonder om die bewyssyn te verloor.
  • Capsaicin in rooipeper het ook die eienskappe om die boodskapper wat pynboodskappe na die brein te stuur, (Substance P) te verdoof.
  • Studies beweer dat die gebruik van rooipeper liggaamstemperatuur verhoog wat lei tot die verbranding van kalorieë.

Toe neus tydens verkoues.

how-cayenne-pepper-helps-quit-smoking-6-638

Rooipeper word gebruik as n middel teen verkoues en griep, asook toe neuse. Omdat dit kan help om bloedvate te krimp by die neus en keel.

‘n Tuisresep vir verkoues kan oorweeg word

  • ¼ teelepel rooipeper
  • ¼ teelpel gemmer
  • Eetlepel heuning
  • Eetlepel appelasyn
  • Twee eetlepels water en neem dit in.

Sommige maak van rooipeper, appelasyn en suurlemoensap n warm tee om sinusse op te klaar.

Voedingswaardes van Rooipeper

Volgens die USDA National Nutrient Database, bevat een eetlepel rooipeper (5.3 gram) die volgende eienskappe.

  • 17 kalorieë
  • 0.64 g proteien
  • 0.92 g vet
  • 3 g  stysels, wat 1.4 g vesel en 0.6 g suiker
  • 8 mg of kalsium
  • 0.41 mg yster
  • 8 mg magnesium
  • 16 mg fosfor
  • 107 mg of potassium

Ander waardes sluit in Vitamien C, thiamin, riboflavin, niacin, vitamien B-6, en foliensuur. Foliensuur is een van die B–vitamiene wat veral in lewer gevind word. Foliensuur is krities in die vorming van rooi- en witbloedselle in die beenmurg. Dit skakel ook stysels om in energie en produseer DNA en RNA.

Rooipeper is ook hoog is in flavonoiede and karotenoiede (wat rooipeper se kleur weergee). Die twee terme sal in ander skrywes verduidelik word.

Pierre van Niekerk