‘n Vroeë les in die wetenskap

Op skool het ons vele wetenskaplike begrippe prakties geleer. Twee sulke begrippe was die woorde “versadigingspunt” en die ander begrip was “viskositeit”

Die demonstrasie was eenvoudig.

Die onderwyser het twee glase water geneem. Die een glas het hy begin om teelepels suiker by te gooi. Een vir een dit geroer tot dit opgelos is.

Solank die suiker in die water oplos, is verduidelik, het die water nog nie sy versadigingspunt bereik vir daardie hoeveelheid water nie.

Uiteindelik los die suiker nie meer in die water op nie.

Die les het die volgende begrippe om te verstaan.

  1. Solank die suiker nog oplos in die water, is die water nie versadig nie.
  2. Wanneer die suiker nie meer oplos nie, het die water ‘n “versadigingspunt” bereik. Die water kan niks meer suiker absorbeer nie.
  3. Die suiker wat onopgelos onder in die glas rond dryf, bewys dit.
  4. Druk jy jou vinger in die glas met suiker, leer jy dat jy nou ‘n stroop gemaak het. Die suikerwater is dikker as die gewone water.
  5. Dan sê die onderwyser jy moet jou vinger in die glas druk en daarna kyk as jy dit uithaal. Jy doen dit. Dan ontdek jy dat jy ‘n stroop gemaak het. Die water het verdik.
  6. Jy leer om die suikerwater tussen jou vingers te vryf. Jy voel dit. Die verdikking van die water word “viskositeit” genoem.
  7. Laastens moet jy dit vergelyk met die tweede glas water. Dit lyk presies dieselfde, maar dit is nie.  
  8. Gooi mens nog water by die glas, kan jy nog suiker oplos. Maar dan word die volume meer
  9. Verdamp die water, dan kristalliseer die suiker soos dat die water minder word en, word die stroop ook dikker.

Wat is die les van hierdie eksperiment?

Water en suiker in die menslike en dierlike biologie het ‘n baie nou verwantskap.

  1. Die mens se liggaam bestaan uit ongeveer 70 % water.
  2. Die hoeveelheid bloed wat die liggaam bevat is ongeveer 7% van die massa.
  3. Die liggaam vervaardig van als wat geëet word, selfs proteïene, suiker of bloedsuiker ook genoem bloedglukose.

Addisionele suikers wat ingeneem word;

  • Versadig die bloed
  • Versamel ekstra water om nie ‘n dik stroop te word wat enorme druk op die hart en liggaam se selle plaas.
  • Maak die bloed ook so dik soos ‘n versadigde heuning of ‘n stroop
  • Suiker is in die algemene lewe ‘n preserveermiddel in konfyte, gebak soos brood en blatjang. Ook gaskoeldranke.
  • Dit preserveer die bloedvatstelsel en verhard die are (neem elastisiteit weg) wat die liggaam van bloed moet bedien.
  • Dit vervet en vernou ook die bloedvate aan die binnekant en aanpaksels vorm in die are.
  • Plaas enorme druk op die filters in die niere, asook die kleiner bloedvate wat die ore, oë en brein moet bedien van suurstof en voeding.

Wat is die effek hiervan?

Bloed se doel is om ‘n balans tussen die vele biologiese prosesse in die liggaam te skep (homeostase) sodat die biologiese funksies van die liggaam optimaal kan funksioneer

  • Verskaf aan die brein en al die selle van die liggaam suurstof (suurstof bind aan hemoglobien in die rooibloedselle)
  • Verwyder koolsuurgas, uriensuur, melksuur, en ander selafvalstowwe
  • Belangrike immuunfunksies, soos die vervoer van witbloedselle na wonde en infeksies
  • Koagulasie, die funksie van bloed om te stol waar daar wonde ontstaan
  •  Boodskapperfunksies, om hormone na die verskillende organe te vervoer en om ook “alarm” te maak waar wonde ontstaan.
  • Kolloïede druk, waar water in die bloedvatstelsel terug in die liggaam gefilter word om  waterbalanse te handhaaf.

Suiker inhibeer al hierdie noodsaaklike funksies van bloed op vele maniere.

Te veel en of ekstra suiker bring mee dat die hart ooreis word;

  • om bloed wat ‘n stroop geword het
  • versadig is, (dus nie suurstof en ander voedingstowwe voldoende opneem nie, ook nie selafval wegneem nie)
  • deur verharde are of bloedvatstelsel moet pomp (wat nie meegee soos wat die hart pomp en trek nie)
  • ook vernou en vervet is
  • by die belangrike filters van die liggaam, (longe, lewer en niere) uit te bring.

‘n Kommerwekkende faktor is dat bloed ook hormone moet vervoer.

Hormone is die opdraggewende agente wat verskeie organe in die liggaam afskei (brein, skildklier, byniere en ander) sodat bepaalde funksies in die liggaam in balans kan plaasvind.

Vertraagde aflewering van hormone deur ‘n disfunksionele bloedstroom kan ernstige gesondheidsgevolge hê.

Biologiese suiker

Elke sel in die menslike of dierlike liggaam is afhanklik van presiese hoeveelhede glukose (suiker) om sy komplekse biologiese funksies te verrig. Die suiker wat in die liggaam self vervaardig word, word ondersteun met belangrike voedende minerale, spoorelemente en vitamienes.

Rou koolhidrate

Sorg daarom dat gesonde koolhidrate (wat ook suiker is) ingeneem word, veral by kinders wat ontwikkel. Dit ontsluit in die brein chemiese prosesse wat saam met goeie omega 3’s, omega 6, en omega 9, asook B-vitamienes wat elektriese impulse in die brein ontsluit vir inligting om tussen die selle te laat vloei.

Bloedsuikervlakke

Die gevare van lae bloedsuikervlakke sowel as hoë bloedsuikervlakke is algemeen bekend.

Wat gebeur as jy geraffineerde suikers inneem?

Wanneer ‘n persoon suiker inneem, (stysel is gekonsentreerde suiker) smelt dit alreeds in die mond. As hierdie suiker die ingewande bereik, skei die pankreas groot hoeveelhede insulien af om bloedsuikervlakke in die liggaam in balans te bring.

Die gevaar hiervan is die volgende;

  • Die insulien druk jou bloedsuikervlakke baie vinnig af.
  • Dit veroorsaak op sy beurt dat die liggaam in ‘n tipe “skok” ingaan en dink dat jy bloedsuikervlakke te laag is, en bloedsuikervlakke wil verhoog.
  • Hierdie wanbalanse veroorsaak dat ‘n toestand genaamd “insulienweerstandigheid” ontwikkel.
  • Insulien is ook die hormoon wat die liggaam opdrag gee om vet te vervaardig.

In hierdie tydperk van insulienproduksie, neem die liggaam nie veel voedingstowwe op nie, wat ‘n invloed het op die funksies van die immuunstelsel.

Insulienweerstandigheid

  • Beteken dat die hormoon, “Insulien”, wat die pankreas afskei om selvoeding in die selle in te absorbeer, dit nie doen nie.
  • Suiker wat nie in die liggaam se selle verbrand as selvoeding nie, versamel in die bloedstroom, organe en selle van die liggaam.
  • Op hul beurt veroorsaak verhoogde suikervlakke in die liggaam die versameling van ekstra water in die liggaam om ‘n balans te handhaaf. Wat die onverklaarbare gewigstoename by vele verduidelik.
  • Omdat glukose (bloedsuiker) nie as selvoedsel absorbeer word nie, veroorsaak dit hongerte en “cravings” na kos.
  • Die hongerte word vele kere beantwoord met gemorskosse soos skyfies, gaskoeldranke, hamburgers, lekkergoed en stysels.

Gesondheidstoestande weens insulienweerstandigheid.

  • Insulienweerstandigheid moegheid, lusteloosheid, hoë bloeddruk, ongesonde eetgewoontes, slaaploosheid, slaap apnee, Cushion’s se toestand, en disfunksionele hormonale toestande.  
  • Insulienweerstandigheid het ‘n direkte invloed op die funksies van die lewer en veroorsaak ook dat gestoorde energie in vetselle nie benut word nie.
  • Insulienweerstandigheid kan lei tot ‘n “nie-alkoholiese vervette lewer” en
  • Ook Polisistiese ovarium sindroom of PSOS by vroue.

Leave a comment