Ek wil graag getuig oor hoe Pierre se produkte my en my seuntjie se lewens verander het. 

Ryan is gebore in die middel van Covid Lockdown. Ongelukkig het ons gesin siek geword met Covid net nadat Ryan 1 geword het. Hy was verskriklik siek en opgeneem in die hospitaal. Na ‘n hele paar dae in die hospitaal en ‘n klomp medisyne  het hy beter geword en is ontslaan.

Maar daarna het hy maar altyd gesukkel met sy gesondheid. Hy was twee dae by die skool en dan weer ‘n week siek. Hy was elke maand op antibiotika om hom uit die hospitaal te hou. Ons medies was uitgeput nog voor die winter verby is. Ek het hom so jammer gekry en het nie meer geweet wat om te doen nie.

Ons het soveel geld spandeer aan vitamines, humidifiers, stoomgoed, medisyne en dokters, maar niks het hom gesond gehou nie. Sy neus het altyd geloop en sy bors was konstant toe.

Die Oor-,neus- en keelspesialis het aanbeveel dat ons alle suiwelprodukte uitsny, omdat dit bydra tot die slym.  DIt was vreeslik moeilik, omdat hy kos kry by die skool en ek was so hartseer om te dink hy mag nie tee, kaas, jogurt, roomys of pizza of koekies kry wat die ander maatjies kry nie.

Die suiwel uitsny het nie ‘n wesenlike verskil gemaak nie, hy was maar nog kort-kort siek.

Tot ek November 2022by Pierre se fabriek instap en Bernadette my vertel van kameelmelk.

Ek was baie skepties, maar ek het vir hom die kameelmelk gegee saam met die kiddies shake. Binne 3 dae was sy neus oop en sy hoesie weg. Sy juffrou het ‘n week later vir my gesê sy moes hom van voor af assesseer, want skielik kon hy alles hoor en verstaan wat sy sê, wat hy ‘n week tevore nie kon doen nie.

Hy het skielik vreeslik begin praat en sommer baie meer duidelik! Ek het die kiddies shake met die kameelmelk gevries in yslollies, hy was mal daaroor op warm dae en ek het gemoedsrus dat hy goeie, gesonde voeding inkry. 

Dit is nou Februarie 2023. ‘n Rekordtyd sonder dokters en antibiotika!

Die laaste doktersbesoek was Oktober laas jaar, voor ons met die kameelmelk begin het. Ek het intussen in Januarie weer begin om vir hom suiwelprodukte te gee, sonder enige probleme, hy kan nou weer enige iets eet en drink!

Maar ek maak seker dat hy daagliks sy kameelmelk inkry. 

Twee weke gelede was ek baie benoud, die skool het laat weet daar is weer vreeslike kieme en ‘n hele paar maatjies is siek.

Ek het weer daardie paniekerige gevoel gekry maar toe net ‘n ekstra lepeltjie kameelmelk ingegee met die kiddies shake. Hy is ook nou groot genoeg vir die koubare kindervitamines van Pierre en baie lief daarvoor. Hy het so effense loopneusie gekry, maar die volgende dag is dit verby en hy is gesond!

Vandag is hy ‘n gesonde, besige seuntjie wat aanhoudend babbel, die wêreld verken en ons soveel vreugde gee.

Al die mense wat my ken sal ook kan getuig hoe siek hy altyd was, ek kon nêrens gaan nie en vandag het ons ‘n normale en besige lewe! Ek is oneindig dankbaar, Baie dankie Pierre en Bernadette! 

1 Comments on “Marelise Westfall: Kameelmelk en Ryan”

  1. Ek wil ook graag my eiertjie le hier, my man sukkel met suiker (Diabetes) hy was gediagnoseer omtrent 30 jaar gelede, toe was sy suiker 23, Dr’s het hom dadelik op medikasie gesit en sederdien het ons stryd begin ons is hierdie jaar 48 jaar getroud, sy suiker was gedurig tussen 13 en 19, in September was ons ook by Pierre by die fabriek oor ander goed, maar gesels toevallig ook oor die suiker, hy se toe ons moet Kameelmelk gebruik en sal nooit weer terug kyk nie, ongelukkig was daar op daardie stadium nie voorraad nie maar my naam was op ‘n backorder lys gesit, ons het in Januarie gegaan vir sy jaarlikse ondersoek by die Dr en bevind dat sy suiker weer baie hoog was en terwyl hy op 3 verskillende soorte medikasie is het die Dr voorgestel dat my man op insulien moet gaan, ons het 4 voet vasgesteek, ek het ondervinding van insulien aangesien ek gesien het hoe my ma gesukkel het met dit, op daardie tydstip was my man se suiker 16.8 ek onthou toe van die kameelmelk en kontak vir Bernadette, sy gee haar aanbevelings en die pakkie word gestuur, my man se suiker was van toe af tussen 16.8 en 14.7 op die 12de Januarie het ons die pakkie gekry en ek het sy 1ste glas kameelmelk vir hom gemaak en gegee, hy was maar skirkkerig want ons het nog nooit gehoor van die kameel melk nie, maar hy druk sy neus toe en sluk, sy suiker was die vorige aand 13.8 na hy die melk gedrink het het ek getoets sy suiker was 9.8, nou moet ons begin om te kyk wat hy kan en nie kan eet nie, die suiker wissel heel tyd maar elke keer as hy die melk gedrink het was sy toets telling af, die volgende oggend was sy vastende suiker telling 8.4, nog nooit in al die jare was dit so laag nie, so het ons aangegaan en elke dag getoets en gekyk nou waar ons vandag staan wissel sy suiker tussen 4.6 en 8.1 deur die dag, dit is vorwaar so lekker om my man met ‘n huppel in sy stap te sien loop en te lag en vrolik te wees, want dis hoe hy voel, geen pyne en slegvoel niks, ons toets darem maar nog kossies wat hy kan eet en probeer maar die wat hy nie kan eet nie uitsny of maak dit in ‘n ander formaat, ek het in tussen begin om te bak met kameelmelk, maak souse met dit en gebruik dit oral waar ek kan, Bernadette en Pierre ons dankbaarheid ken geen grense nie, baie dankie.

    Like

Leave a comment