Oorinfeksies

Eksterne oorinfeksie (Otitus) is ‘n infeksie van die oorkanaal.  Diere se oorkanale is sensitiewe dele van die oor en word maklik deur ongewenste organismes geïnfekteer.  Die Literatuur is van mening dat die tipe honde wat sukkel met oorkanaalprobleme die honde is met lang ore, oormatige groei van hare in die ore, oorkanale wat ‘n gebrek aan lugwegvloei het en die oorkanaal dus vogtig hou.

In kort, jy as troeteldier eienaar moet voorkom dat daar ‘n omgewing ontstaan wat gunstige omstandighede skep vir die voortbestaan van ongewensde bakterie asook die huisvesting van oormyte.

Dit is duidelik dat verskeie faktore bydra tot die ontwikkeling van oorkanaalprobleme.  Die Chinese Sharpei, byvoorbeeld, is veral vatbaar vir oorkanaalprobleme.  Hul het baie nou oorkanale wat veroorsaak dat baie min lugvloei in die kanaal plaasvind om dit droog te hou.  So ʼn klam omgewing is baie gunstig vir gis, ander bakterieë en ongewensde oororganismes.

Rasse met atopiese dermatitis of hipersensitiwiteit (dermatitis) se pelse toon gewoonlik verskeie soorte reaksie teenoor kosse op die mark se kleur-, geur- en of preserveermiddels.  Verskeie rasse is hipersensitief  vir meelprodukte wat gluten bevat.  Daar is ook ander oorsake in die Natuur, soos gras, stuifmeel, sade en blomme.  Inteling en genetiese faktore kan ook ʼn rol speel.

Honde met primêre en sekondêre seborrhea het gewoonlik ʼn geel olierige vloeistof wat van die oor uitskei en hierdie uitskeiding is ‘n uitstekende medium vir skadelike bakteriese opbou in die oorkanaal.

Kruiskontaminering na ander diere kan plaasvind indien materiaal waarmee ore skoongemaak word, soos oorpluisies en watte, oor en weer gebruik word.  So ook word water in ore ‘n probleem wanneer daar geswem word, of hul met ongewensde sepe/sjampoes gewas word tydens besoeke aan hondesalonne.  Die gebruik van ongesteriliseerde instrumente tydens sny en knip speel ook ‘n rol.

Tekens van oorinfeksies en/of oormyte

  • Skud van kop
  • Krap van ore met pote
  • Vryf van ore
  • Ander honde wat daarin lek en/of ruik
  • Die kop laag en skuins gedra
  • Oorflappe wat stukkend is, haarloos is en/of opgeswel is
  • Huilgeluide wanneer daar aan die oor geraak word
  • Olierige uitskeidings vanuit die oor
  • Doofheid
  • Vrees vir klank
  • Slegte reuke vanuit die oor

Tipe van oorinfeksies terme in Engels sodat lede dit self kan naslaan op Google)

  • Ceruminous otitis

Dit gaan gewoonlik gepaard met primêre “seborrhea”.  Dit is die oormatige opbou van ‘n geel, olierige was in die oorkanale wat die ideale medium skep vir die opbou van ongewenste bakterieë en gis.

Voorkomende Behandeling: Hou die ore en oorkanaal haarvry, droog en skoon.

  • Bacterial otitis

Word in sy akute vorm gewoonlik veroorsaak deur die bekende “Staphylococci” bakterie.  Die uitskeiding is natterig en gewoonlik ligbruin.  Kroniese infeksies word veroorsaak deur die “Proteus” en/of “Pseudomonas” bakterie, wat se afskeidings ‘n kenmerkende geel of groenerige kleur is, alhoewel daar al uitsonderings was op hierdie reël.

Ander bakterie

Daar kan verskeie tipe bakterie betrokke wees by oorinfeksies wat die behandeling daarvan met antibiotika bemoeilik:

  • Gis (“yeast”) of “fungal infections”

Gis en/of swam-infeksies kan veroorsaak word deur die antibiotiese behandeling vir bakteriese infeksies.

Gis en ander infeksies in die oor kan ook die gevolg wees van honde wat sukkel met atopiese dermatitis (“atopic dermatitis”).  Dit ontstaan in die dier se diëet tekorte en word beskou as ‘n voedsel veroorsakende dermatitis.  “Seborrheic” velkondisies word ook hieraan toegeskryf.

Kenmerkend van hierdie gis in die ore is die bruin, olierige wasuitskeidings met ‘n duidelike stank. Ore het duidelike tekens van inflammasie en ook fisiese vogtigheid in die oorkanaal.  Hierdie kondisies bly voortbestaan totdat onderliggende oorsake aangespreek word en opgelos is.

Pierre van Niekerk

Advertisements

HOEKOM BRAAK HONDE?

‘n Hond mag moontlik braak omdat hy iets onverteerbaar of onaangenaam geëet het of slegs te veel kos te gulsig verorber het – te veel, te vining. Maar braking kan ook dui op iets baie meer ernstig – die dier mag ‘n giftige stof ingeneem het of hy mag ly aan ‘n toestand wat onmiddellike mediese aandag verg.

Braking kan ook assosieer word met spysvertering en sistemiese versteurings wat slegs deur ‘n veearts evalueer moet word.

Wat mag ‘n skielike of akute episode van braking veroorsaak?
• Bakteriese infeksie van die spysverteringskanaal
• Dieet-verwante oorsake (verandering van dieet, kos intoleransie, inname van vullis)
• Vreemde voorwerpe (bv. speelgoed, bene, stukkies ‘chewies’) in die spysverteringskanaal
• Intestinale parasiete
• Akute nierversaking
• Akute lewer versaking of galblaas inflammasie
• Pankreatitis
• Post-operatiewe naarheid
• Inname van giftige stowwe
• Virus (virale) infeksies
• Sekere medikasies of narkose middels
• Opblaas (‘bloat’)
• Hittesteek
• Karsiek
• Infekteerde uterus

Braking wat sporadies plaasvind of ongereeld oor ‘n langer tydperk voorkom, kan wees as gevolg van maag- of spysvertering inflammasie, erge hardlywigheid, kanker, nier disfunksie, lewer siekte of sistemiese siekte.

Wat moet ek doen as my dier dikwels braak?

‘n Ongereelde, geïsoleerde geval van braking hoef nie rede tot kommer te wees nie, maar gereelde of kroniese braking kan ‘n teken wees van ‘n meer ernstige toestand soos kolitis, intestinale obstruksie of Parvo virus. Indien jou dier se braking nie ‘n geïsoleerde geval is nie, neem hom asseblief dadelik veearts toe vir ‘n volledige ondersoek en diagnostiese toetse.

Watter ander simptome moet ek waarneem?

Die oorsake van braking is so divers dat dit soms moeilik is om ‘n diagnose te maak, so dis belangrik dat jy jou veearts van soveel moontlik inligting voorsien en ook aandui indien ander tekens teenwoordig is.

Waarvoor om op die uitkyk te wees:
• Frekwensie van braking. Indien jou dier een keer braak en voortgaan om gereeld normaalweg te eet en ‘n normale stoelgang het, was die braking moontlik ‘n geïsoleerde geval.
• Diaree
• Dehidrasie (ontwatering)
• Lusteloosheid
• Bloed in braking
• Gewigsverlies
• Verandering in aptyt
• Vermeerdering of vermindering van dorstigheid of urinering

Wanneer is dit tyd om jou veearts te besoek?
Sien asseblief onmiddellik jou veearts indien jy enige van die tekens hierbo genoem, waarneem, of indien jou dier meer as een keer gedurende die dag braak, of indien braking langer as een dag voorkom.

Hoe sal my veearts bepaal wat die braking veroorsaak?

Afhangende van jou troeteldier se ouderdom, mediese geskiedenis, bevinding van fisiese ondersoek en jou dier se spesifieke simptome, mag jou veearts besluit om verskeie diagnostiese toetse te doen (bloedwerk, radiografie, ultraklank, ondersoek van uitskeiding, endoskopie, biopsie of selfs verkennende/ondersoekende sjirurgie) om ‘n diagnose te kan maak.

Wat is sommige van die behandeling opsies?

Jy kan jou hond soos ‘n baba behandel, soos met ‘n siek kind, en gee hom ‘tuisgemaakte kos’ soos gekookte aartappels, rys en deeglik gekookte hoender sonder vel. In sekere situasies mag jou hond vloeibare terapie benodig, antibiotika, ‘n verandering van dieet, ‘antiemetics’ (medikasie om braking te beheer) of ander medikasie. Die veiligste is om jou veearts se instruksies wat betref toepaslike behandeling, noukeurig te volg.

Pierre van Niekerk © 2015