Water se doel en funksies

Wat is doel en funksie van gesonde water

Water en suurstof is die twee belangrikste elemente in die Natuur wat lewe en die funksies van  lewegewende  organismes onderhou.

Water en suurstof het baie belangrike verbintenisse met die biologie van mens en dier. Sonder suurstof sterf mens en dier in minute af. Sonder water sterf organismes weens dors  effe langer. Met water kan mens en dier vir lang tydperke oorlewe. Langer as met net voedsel.

Water, suurstof en voedsel het ‘n belangrike verwantskap en interaksie met mekaar om lewe gesond te laat voortbestaan. ‘n Tekort of wanbalans in enige van die drie bene sal lei tot afsterwe of ongunstige gesondheidstoestande by alle lewende wesens. Elke faktor het ‘n unieke rol, en elke funksie se suksesvolle uitvoering interafhanklik van die ander twee funksies.

Alle voedsel wat ingeneem word, afhangende van die soort en ook die tipe, bevat tussen 15% en 90% water.

Water ondergaan geen verandering in die liggaam nie. Dit bly water.

Dit word nie soos voedsel afgebreek en biologies verander van een vorm na ‘n ander vorm in bloedglukose of biovoedsel nie. Water in ‘n natuurlike en skoon vorm, bly ‘n belangrikste komponent by die volledige funksionering van elke sel en elke orgaan in die liggaam.

Die bloedvatstelsel van mens en dier is in geheel afhanklik van water.

Water is die element waarin suikers en voedsel en ander minerale volledig opgelos moet word om in die bloed deur die liggaam na organe en selle geneem te word. Die konsentraat van bloedglukose vanuit die dermkanale kan nie voldoende opgelos word met te min water en opgeneem word as voedsel in die bloedstroom nie.

So ’n konsentraat van bloedsuiker in die bloedstroom het verskeie negatiewe gevolge wat die gesondheid van bloed asook die bloedvatstelsel self skade aandoen.

Soos hoë bloeddruk, hoënormale bloedsuiker, diabetes, arteriosklerose, vervetting van bloedvate, vervetting van die lewer, hardlywigheid, lekkende dermsindroom, die opbou van uriensuur, nierskade, jig, osteoporose, rumatiese siektetoestande en ook verskeie velkondisies.

Die gehalte van water wat ingeneem word, is ‘n verdere kritiese element in goeie gesondheid.

Nie alle waters is dieselfde nie.

Daar is verskeie tipe waters.

  1. Reënwater is baie naby aan die ideale water. Behalwe dat dit gekontamineer word met onsuiwerhede in die lug soos petrochemiese dampe, fabrieksrook, gif wat gespuit word en ander faktore van besoedeling.
  1. Gefiltreerde en gefiltreerde water is waarskynlik die beter water beskikbaar vir mens en dier.
  2. Harde waters het hoë konsentrate soute, kalk en gips, wat dit ongunstig maak om sinvol te gebruik om te bad en ekstern mee te was.
  3. Minerale water het verskeie oplossings van minerale soos iodien, arseen, swawel asook ander wat gebruik kan word vir medisinale toestande. Dit is nie ‘n water wat as ideaal beskou word vir drink en ander gebruike nie.
  1. Gesuiwerde water vanuit riool en riviere en damme het veral in Suid Afrika vele uitdagings van gesondheid en gehalte. En al sou dorpswater hoe skoon gesuiwer word,  is daar ‘n belangrike faktor, naamlik die konsentraat hormone in die water, wat nie met die suiweringsprosesse uitgehaal kan word nie.

Dit maak die kwessie van gesonde water, wat dit is, wat dit moet doen, hoe dit moet lyk en analiseer as ‘n gesonde produk vir veral kinders van groot belang in moderne gesondheid. Die kwessie word later in meer duidelikheid beskrywe.

Wat is dit wat water moet doen?

Aanvaar vir ‘n oomblik dat ons tot ons beskikking die ideale water het. Wat water dus moet doen is belangrik vir kennisname.

Goeie water sal dien as oplosmiddel vir;

  • voedsel wat in spysverteringskanaal afgebreek en opgelos moet word vir verspreiding
  • as ‘n medium om suurstof in die liggaam na elke sel in die liggaam te vervoer
  • as ‘n medium om immuunselle in die bloedstroom te vervoer (B-en T- selle) na
  • as medium om hormone te vervoer en af te lewer vir die organe se unieke funksies.
  • om stamselle in die bloed te vervoer
  • laastens, en ewe belangrik, om giftige en toksiese afvalstowwe wat die liggaam self vervaardig of inneem op welke manier, af te vervoer na die lewer, niere, longe en kolon vir suiwering en herwinning afvalprodukte uit te skei.

Goeie water sal deur al die selle in die liggaam in ‘n natuurlike vorm filter, sonder weerstand en of wrywing.

Hierdie filtrering handhaaf die pH- balanse van die liggaam, was afvalstowwe en koolsuurgas uit, handhaaf waterbalanse van die onderskeie selle en onderhou normale liggaamstemperatuur.  

Water se aktiwiteite in die liggaam.

Water word elke oomblik van die dag uitgeskei uit die liggaam uit. Elke sel, elke orgaan gebruik elke oomblik van die dag water. As en wanneer die funksie van water vir die sel voltooi is, skei dit die gebruikte water uit vir nuwe water om funksies van die sel of orgaan in stand te hou.

  • Organe wat van genoegsame skoon water baie afhanklik is, is die longe, niere, lewer en die vel. Wanneer die niere ontneem word van gesonde funksionele water om sy funksies te voltooi, ontstaan baie ernstige gesondheidstoestande.
  • Longe neem gedurig droë lug in. Die wande van die longe moet vogtig wees om suurstof te absorbeer.
  • Die hele liggaam en veral die brein vereis dat die longe elke oomblik van die dag genoegsaam suurstof opneem vir funksionering. Die longe kan net suurstof opneem as dit genoegsaam gehidreer is.
  • Die longe alleen skei ongeveer 2.5 liter water uit elke dag. Blaas warm asem uit teen ‘n koue glas en neem die kondensasie teen die glas se wand waar. Elke asemteug is ‘n verlies van water uit die liggaam.
  • Water moet terwille van bloedgesondheid, bloedvate se gesondheid, bloed se pH, suurstofvlakke, vermoë om voedsel en noodsaaklike ander voedingstowwe soos minerale, vitamiene en vermoë om alles wat nodig is in die bloedstroom te vervoer.
  • Genoegsame skoon water, wat in die liggaam en bloedstroom suksesvol geabsorbeer en opgeneem word ondersteun die baie belangrike funksie van funksionele bloedgesondheid.
  • Voedsel en produkte hoog in suiker en stysel, soute en preserveermiddels, benodig baie meer as twee tot drie liter skoon water per dag, om die potensiële skade van die versameling van hierdie produkte op te los en uit die liggaam uit te skei.
  • Water is ook die enigste produk wat ‘n dors werklik les. Ander produkte kan ‘n dors net les proporsioneel met die hoeveelheid water wat dit bevat.

Vogverlies deur die vel (Vroue se oorgangsjare)

Die vel het verskeie interaksies met skoon water om liggaamlike gesondheid te verseker. Om te sweet is waarskynlik een van die belangrikste funksies van die liggaam. Vele vroue kla veral in hul oorgangsjare oor sweet.

Gesonde water wat wel deur die liggaam maksimaal opgeneem en geabsorbeer word, verduidelik biologies self wat gebeur. Gesonde water stel miljoene sweetkliere instaat om afvalstowwe, waaronder hormone wat in oormaat geproduseer word, (en nie nou iewers in die liggaam moet konsentreer en versamel nie) uit te skei. Onder andere met sweet en urinering.

Word hormone en ander afvalstowwe behou en nie uitgeskei nie, sal dit die pH-balanse in die liggaam versteur, druk op lewer plaas, kongestie veroorsaak in die longe en niere plaas en die stoorplekke in die liggaam (vetlagies), toksies maak.

Dit het ook ‘n wesenlike lustelose invloed op die gemoed en libido.

Die vel absorbeer ook water

Die vel absorbeer nie alleenlik suurstof nie, dit absorbeer ook water in die atmosfeer. Sou ‘n persoon ‘n warm bad neem, absorbeer die vel die warm water in die liggaam in.

By koors sal water wat ingeneem word, van binne af die liggaam hidreer en afkoel en binne normale temperatuur probeer hou deur miljoene sweetgaatjies oop te maak sodat water die liggaam kan afkoel.

Die elemente van sweet

Persone wat na sweet ruik, skei vele liggaamsvloeistowwe uit. Dit is onder andere uriene, afvalstowwe wat deur gal afgebreek word, lewer se afvalprodukte asook medikasie, alkohol en ander stowwe.

Sweet is ook toksies.

Die liggaam raak deur sweetkliere van gifstowwe ontslae omdat dit giftig is. Skoon water wat deur die liggaam opgeneem word, los hierdie gifstowwe op en verdun die effek daarvan in veilige konsentrasies sodat dit uitgeskei kan word.

Persone wat nie was en of bad nie, versamel hierdie toksiese stowwe op hul vel, hare en onder hul naels. Wat die habitat van vele skadelike fungi en bakterie word. Nie net is dit giftig van buite nie, dit word weer absorbeer en vergiftig die hele liggaam van binne ook.

Vele veltoestande het dus as oorsaak die versameling van toksiese stowwe op die vel wat nie kundig afgewas word nie. Die pH balanse word in die proses versteur en vele vroue sal geskok wees om te sien watter veroudering skielik plaasvind omdat hul verhoed dat hul in hul gesigte sweet.

Slymvliese

Elke opening in die liggaam is uitgevoer met ‘n slymvlies. Die neus, mond, anaal, vaginaal. Dit het nodig om genoegsame water op te neem om belangrike funksies uit te voer. Dit skei ook deur afskeiding afvalprodukte uit en het vir die funksie, genoegsame water nodig.

Dink maar aan die uitdagings van droogheid in sinusse, vaginale droogheid en droogheid in die mond, en die gesukkel wanneer daar anale droogheid is.

Slymvliese se gesondheid hou ook die weefsel om dit sterk, gesond en in takt.

Niere en die vel

Daar is ‘n baie nou verbintenis tussen die vel en die niere.

Deur te min gesonde water in te neem, plaas ‘n persoon enorme druk op hul niere om afvalstowwe uit te skei. Nie net vernietig die konsentraat die filtreervermoë van die nierweefsel binne die nier nie, dit veroorsaak ook die opbou van skadelike afvalstowwe in en buite die liggaam.

Te min water veroorsaak ‘n versameling van skadelike konsentrate op die oppervlakte van die vel. Dit word weer terug in die weefsel en liggaam geabsorbeer.  Hierdie skadelike konsentrate is aktief betrokke by die ontwikkeling van verskeie nierprobleme, velveroudering, bydraend tot rumatiese probleme, gout, jig, dispepsie, wat die onverklaarbare oorsaak is van maagprobleme sonder ‘n definisie.

Versamelde afvalstowwe pak ook in die longe aan. Dit is ook ‘n algemene oorsaak van vele skadelike longkondisies.  

Plae en siektes tydens Middeleeue.

Jules Michelet, ’n gerespekteerde akademikus in die 18de eeu wat “Histoire de France en Histoire de la Révolution française” geskrywe het, het geglo dat die vuil persoonlike omstandighede tydens die Middeleeue bygedra het tot vele die vele peste en plae van die tyd, wat miljoene mense se dood veroorsaak het.

Die moderne mens

Het vele nuwe produkte geskep in koeldranke en alkoholiese verversings. In moderne kitskosse en gepreserveerde voedselsoorte met hoë hoeveelhede suiker, soute en ander skadelike preserveermiddels.

Die markgedrewe skep van nuwe moderne produkte, wat hulself as voedsel voorhou, veroorsaak dat die moderne mens vergeet dat hy steeds ‘n gewone normale biologiese wese is. ‘n Wese wat basiese biologiese produkte soos water en natuurlike voedsel, bo alles en heel eerste nodig het.

Die inneem van gesonde en genoegsame hoeveelhede gesonde water is die begin en oorsprong van vele outo-immuunsiektes, diabetes, hoënormale bloedsuiker, vetsug, hart- en bloedvatstelsel-, lekkende dermsindroom en ander kroniese siektes ontstaan.

Afvalprodukte was en spoel nie genoegsaam uit nie en voedsel word nie genoegsaam verdun en opgelos om opgeneem te word nie.

Die spysverteringstelsel en water

Die hele dermkanaal is ‘n kanaal wat mukus of slym gevul met nodige funksies oor al sy wande om voedsel op te breek, af te brek en as bloedglukose in die bloedstroom op te neem.

Water skei in die kanaal se slymvliese mukus af om van skadelike gifstowwe ontslae te raak. Te min water veroorsaak droogheid in die wande en dus ook bydraend tot hardlywigheid. In effek beteken dit die vasvang en vashou van skadelike gifstowwe in die selle van die dermwande inflammasie veroorsaak wat kronies kan raak, dermwande beskadig en in kanker kan omskakel.

Te min water in die bloedstroom beteken ook dat bloed nie sy mees skadelike en toksiese stowwe genoegsaam kan uitskei nie.

Vele kere lei kroniese hardlywigheid ook na die “lekkende derm sindroom,” waar teeragtige dik vrot dermvloeistof deur mikroskopiese gaatjies van die derm terug filter in die buik in. Waarna dit slegs uit die buik verwyder kan word deur weer deur die bloedstroom opgeneem te word.

Sodoende vloei die konsentraat weer elke sel om weer deur die lewer en niere, asook longe gefiltreer moet word.

Opsomming:

  • Die drink van gesonde water ondersteun alle gesondheidsprosesse in die liggaam. Dit was alle selle in die liggaam skoon van skadelike toksiese stowwe.
  • Dit bring voeding, suurstof, hormone, stamselle en immuunselle na weefsel toe wat verouder word en of nuut vervang moet word.
  • Die drink van water verbeter algehele natuurlike gesondheid.
  • Bevorder urienuitskeidings, hidreer en verjong die vel.
  • Hidreer alle slymvlieskanale soos die neus, mond, vaginaal, anaal om hul uitskeidings genoegsaam uit te skei.
  • By alle siektes speel water ‘n baie belangrike rol in die genesing daarvan.
  • Dit koel inflammasie en koors af en skei die afvalprodukte daarvan uit.
  • Inflammasie veroorsaak dat die bloed dik word, voeding en suurstof inhibeer, verhoed ook B- en T-selle van die immuunstelsel om skadelike organismes te bereik en te neutraliseer.  

Leave a comment