Pierre @ Ecohealth Virus Gobbler

Natuurlike Virusdodende Bio-Ensieme

Inleiding

Verskeie skadelike virusse bedreig mens en dier se lewe. Mense, onwetend skep weens hul vrees vir bakterie en virusse, met die toediening van skadelike harde dood-makende chemiese middels vol swaarmetale en vrye radikale, dooie habitatte in hul erf, huise en omgewings wat ideaal is vir die bakterie en virusse om in hierdie ongebalanseerde habitatte te oorleef.

Weens die tekort aan natuurlike bio-organismes wat natuurlik hierdie skadelike virusse en bakterie kan verteer en in balans hou.

Die toediening van produkte soos Jeyes Fluid, swembad chloor, sout , dipstowwe vir bosluise en ook ander skadelike produkte, wat nie net swaarmetale en toksiese stowwe bevat soos karbamate en organofosfate nie, maar ook produkte wat hormoonversteurings teweeg bring en deur die vel opgeneem kan word.

Meeste van hierdie produkte

Hierdie produkte is ook potensieel karsogenies, m.a.w. kankergewend.

Vir die rede moes daar na natuurlike organismes gekyk word om ‘n antwoord te vind om skadelike organismes in mense se erwe, hoenderhokke, duiwehokke, voëlhokke, buite toilette, hospitale waar daar ‘n oorvloed bakterie en ander virusse is.

Bio Ensieme is al baie lank bekend aan die mens. Ons het nog net nie altyd die nodige kennis en vermoë gehad om dit sinvol en veilig, prakties te vermeerder en in gekonsentreerde formaat aan te bied aan gebruikers nie.

Pierre @ Eco Health Virus Gobbler  

  • Is ‘n veilige, supersterk en kragtige gekonsentreerde versameling van lewende organismes wat met water aktiveer word.
  • Dit kan vir ‘n verskeidenheid voorkomende toestande aangewend word waar skadelike bakterie en virusse oorhand het en of vermeerder.
  • Pierre @ Eco Health se Virus Gobbler is boonop bio-afbreekbaar.
  • Dit vernietig bakterie en virusse en kan beskou word as ‘n kragtige lewende ontsmettingsmiddel.

Formulasies en Teikengroepe.

Die Pierre @Ecohealth Virus Gobbler is ontwerp om op drie van die belangrikste patogene, (skadelike organismes) te fokus in die teenwoordigheid van organiese materiaal.

Soos genoem, dit is bio-afbreekbaar en baie meer omgewingsvriendelik as van die produkte soos genoem.

Dit gaan ook nie omgewingsvriende soos erdwurms en voëls enige skade aan doen nie, maar op skadelike patogene soos virusse, fungi en bakterie wat in hospitale en vele ander besmette plekke gevind word, dodelik.

Produk Eienskappe (Lees gerus die verwysende skakels hieronder)

  1. Quaternary Ammonium (QA)
  2. Glutaraldehyde (G)

Die kombinasie van hierdie twee produkte, bekend as die Pierre@ Ecohealth Virus Gobbler (Bio-Ensieme) bevorder respektiewelik die totale skadelike spektrum van virusse, fungi en bakterie wat skadelik is vir mens en dier. Al is dit in “barriers” of “hindernisse” soos organiese materiaal.

Een van die belangrikste voordele van die Pierre @ Ecohealth Virus Gobbler is dat dit ‘n baie lae konsentrasies aktief is teen virusse en bakterie. Dit is ‘n nuwerwetse middel met enorme kiembeheer potensiaal.

  • Die skakel hierbo verduidelik waarom QA een van die voorkeurmiddels gebruik word by die skoonmaak van teaters en hospitale asook hospitaal afval (waste)
  • QA is ook aktief op virusse wat beskerm word deur selwande, asook “naakte” virusse en ontwrig hul verdeling, oorlewing en selfunksies.
  • Dit is ook funksioneel op Gram + en Gram – bakterie
  • Bakterie spore
  • Naakte virusse soos Parvo- en entero-virusse

Pierre @ Ecohealth Virus Gobbler is bykomend

  1. Ook effektief in die afbreking van terpene (terpentynmiddels)
  2. Is ook aktief as antiseptiese middel en
  3. Verskeidenheid skadelike bakterie, naas sy aktiewe virus vernietigende funksies.
  4. Sal in hierdie verband ook optree as ‘n matige goeie insekwerende middel vir muskiete en vlieë asook kruipende insekte.

Die Pierre @ Ecohealth Virus Gobbler heg baie suksesvol aan vertikale oppervlaktes, wat die verdamping van die produk inhibeer.

Voordele van die Pierre@ Ecohealth Virus Gobbler

  • Stabiel in kamertemperatuur vir ongeveer 4 jaar
  • Soos genoem, wye spektrum beheer van virusse, bakterie en fungi, belangrik in epidemiologiese siektes soos parvo, entero en ander virusse soos die Corona virus se verspreiding
  • Hoë effektiwiteit teen lae konsentrasies van die produk
  • Bio-afbreekbaar
  • Chemies stabiel
  • Nie-korrosief
  • Hoogs effektief selfs in harde water

Plekke waar dit aangewend kan word

  • Hoenderhokke, eiers en vleis
  • Duiwehokke
  • Varkhokke
  • Perdestalle
  • Hase
  • Melkerye
  • Slaghuise
  • Melkwinkels
  • Veeartseny Praktyke
  • Koelkamers
  • Kombuise waar voedselhigiëne kardinaal is
  • Trokke wat voedsel vervoer
  • Slagpale
  • Afvalhope
  • Terminaal higiëne
  • Hospitale
  • Teaters
  • Voetbaddens by varkplase

Waarskynlik die belangrikste

  1. Die voorkoming van kruisbesmetting van veral die parvo en ander virusse vanaf plekke wat besmet is
  2. Die behandeling van omgewings waar honde geboorte geskenk het
  3. Die behandeling van veral nuwe klein hondjies se omgewings
  4. Die behandeling van besmette veeartspraktyke
  5. Behandeling van mure in duiwehokke, hoenderhokke, troeteldiere se slaapplekke. papegaaihokke ens.

Aanwysings

  • 100ml in 5 liter water
  • 5 liter bedien 1000m²

MASTITIS: MELKKLIERE van TROETELDIERE

Vele vrae onstaan rakende troeteldiere wat mastitus ontwikkel. By plaasdiere is dit ‘n algemene voorkoms, veral daar waar vlieë nie onder beheer gebring word by varke en melkbeeste nie.

Vroue veral is bekend met ontsteking in die melkkliere van die bors. Die waarheid is, mans kan ook mastitus ontwikkel. So ook babas.

2- Mastitis of infants:

Dit is normaal om slegs een druppel melk uit ‘n tepel te kry.  Dit mag nodig wees om tepels vir ‘n minuut of wat saggies te stimuleer sodat die melk kan sak (sakrefleks kan intree).  Indien daar nie genoeg melk vir die klein hondjies is nie, sal hulle aanhoudend huil en nie so vinnig groei nie.

HNWT6DgoBc14riaEeLCzGYopkqYBKxpGKqfNWfgr368M9WjvXobfC3A7NVTkNbMWzgkqDEgaG4UwscfxGrXgYkCcHhv4ZdQtA6rwywnBKsDs6uNu5Ra8d6ySiML

Indien mastitis teenwoordig is, sal die uier geswel, rooi en pynlik wees en die teef sal depressief wees.  Sy sal waarskynlik ook ophou eet.  Die klein hondjies sal verhonger en waarskynlik aanhoudend kerm.

Galactostatis-after-weaning-in-a-young-female-dog_Q320

Mastitis kan in slegs een of in verskeie melkkliere voorkom.  Indien daar vermoed word dat mastitis teenwoordig is, moet die teef onmiddellik by ‘n veearts uitkom indien enigsins moontlik.  Mastitis kan tot septiese skok en vrekte lei indien dit nie behandel word nie.  Faktore wat tot mastitis kan aanleiding gee is vlieë, trauma, swak higiëniese omgewing en ook besmette sanitêre toestande.

Mastitis en melkkoors – rooi en harde tepels is waarskynlik die bekendste aanduiding dat ‘n dier melkkoors of mastitis het.

VT4624-Baxter-Udder

Vrektes van klein hondjies 

  1. Eerste week: Vrektes van klein hondjies tot en met speenouderdom wissel tussen 10% tot 30% en meer as 65%. Van die vrektes kom gewoonlik by geboorte voor asook in die eerste week na geboorte.

crp20150303-151515-787_u2 (1)

  1. Tweede en derde week: In hierdie tydperk kan hulle nog nie hul liggaamstemperatuur beheer nie. Dit is dus vir die eienaar baie om hul omgewings se temperatuur te beheer.

Tekens van ‘n gesonde klein hondjie

  • Raak aan die slaap as hul klaar gedrink het
  • Huil nie vir langer as 10 minute op ‘n slag nie
  • Gaap wanneer hulle wakker word
  • Het ‘n vol magie wat nie opgeblaas is nie
  • Het ‘n sterk suigaksie
  • Het goeie spiertonus, waarin Mangaan (Mn) vanuit die melk van die ma belangrik is.

124610943-mastitis-in-dogs-treatment-632x475

Bloedkalsium: Mastitis by lakterende tewe

By kleiner rasse kom melkkoors algemeen voor nadat hul ‘n werpsel gehad het.  Melkkoors kan binne ure noodlottig wees en moet dus altyd as ‘n noodgeval beskou word.  Melkkoors kom voor wanneer die bloedkalsium skielik daal in lakterende tefies.  Kleiner rasse is veral sensitief.  Kan baie vinnig tot die hond se dood lei weens die effek wat bloedkalsiumtekorte het op die hartspier.  In die meeste gevalle is daar wel tyd om by die veearts uit te kom.

Kliniese tekens

  • Die eerste tekens wat gesien word is spiere wat tril en die teef wat lyk of sy koud kry en bewe.
  • In werklikheid is die hond besig om stuipe te kry weens die kalsiumtekort.
  • Die asem begin jaag en dit blyk dat sy baie warm kry.
  • As geen behandeling toegepas word nie, begin sy stuipe kry. Liggaamspiere trek krampagtig saam en die teef haal met ‘n oop bek vinnig en vlak asem.
  • Die bene word styf en ruk en ‘n hoë koors ontwikkel as gevolg van die spiersaamtrekkings. By hierdie punt is ‘n bekwame veearts baie nodig.

download (1)

Veearts se optrede

Binne-aarse toediening kalsium.  Ongelukkig kan selfs die binneaarse toediening van kalsium noodlottig wees en soms verkies die veearts om die middel binnespiers te spuit.  Soms is dit nodig om die tefie meer as een keer op agtereenvolgende dae in te spuit.  Dit is raadsaam om dan die kleintjies self te voer en die teef te laat opdroog.

NOODBEHANDELING

Tekens

  • Warm, harde, rooi spene
  • Vinnige asemhaling
  • Dier kry baie warm, maar wil haarself toemaak
  • Braking

Noodbehandeling moet so spoedig as moontlik toegepas word, spiere trek binne sekondes styf waar die koors vinnig styg en dan slegs deur ‘n veearts behandel kan word.

  • Sit ‘n waaier direk op die teef, met n nat handdoek bo-oor haar,
  • Spons met ‘n yskoue lap deur tussen die spene, op die maag , tussen bene en geslagsdele saggies te masseer.
  • Dien ook koue agter die nek en kop toe.
  • As die hond nie vinnig genoeg afkoel nie, tap n koue bad water in en spons die dier in die bad af met n spons.
  • Begin by maag gedeelte en beweeg op.
  • Moet nooit ‘n dier alleen laat binne bad of op ‘n bed nie, veral as haar spiere begin styf trek, kan sy val, versuip of dit kan tot nog beserings lei.
  • Gee vir haar onmiddellik ‘n teelepel Cani-Cal in, dit is in poeier vorm wat met maalvleis in ‘n balletjie gevorm kan word.

By stabilisering

  • As spene steeds geswel en of rooi en warm is, moet daar 2 maal per dag koue kompressie toegepas word op die tieties.
  • Gebruik Cani – Cal in – vir n week. Niks langer nie.  Dit is n kalsium aanvulling wat melkproduksie stimuleer.
  • Babahondjies moet met die hand groot gemaak word op die P@D Faceboekblad se resep.
  • Die melk moet so spoedig as moontlik opgedroog word by die teef. Hoe langer die babas aan die ma drink, hoe langer gaan sy melk vervaardig wat weer melkkoors tot gevolg het.

Hoe om melk op te klaar 

Verwyder kos vir haar – gee die minimum kos sodat die ligaam nie langer melk produseer nie maar voorsien vloeistowwe.

Pierre van Niekerk © 2017