MASTITIS: MELKKLIERE van TROETELDIERE

Vele vrae onstaan rakende troeteldiere wat mastitus ontwikkel. By plaasdiere is dit ‘n algemene voorkoms, veral daar waar vlieë nie onder beheer gebring word by varke en melkbeeste nie.

Vroue veral is bekend met ontsteking in die melkkliere van die bors. Die waarheid is, mans kan ook mastitus ontwikkel. So ook babas.

2- Mastitis of infants:

Dit is normaal om slegs een druppel melk uit ‘n tepel te kry.  Dit mag nodig wees om tepels vir ‘n minuut of wat saggies te stimuleer sodat die melk kan sak (sakrefleks kan intree).  Indien daar nie genoeg melk vir die klein hondjies is nie, sal hulle aanhoudend huil en nie so vinnig groei nie.

HNWT6DgoBc14riaEeLCzGYopkqYBKxpGKqfNWfgr368M9WjvXobfC3A7NVTkNbMWzgkqDEgaG4UwscfxGrXgYkCcHhv4ZdQtA6rwywnBKsDs6uNu5Ra8d6ySiML

Indien mastitis teenwoordig is, sal die uier geswel, rooi en pynlik wees en die teef sal depressief wees.  Sy sal waarskynlik ook ophou eet.  Die klein hondjies sal verhonger en waarskynlik aanhoudend kerm.

Galactostatis-after-weaning-in-a-young-female-dog_Q320

Mastitis kan in slegs een of in verskeie melkkliere voorkom.  Indien daar vermoed word dat mastitis teenwoordig is, moet die teef onmiddellik by ‘n veearts uitkom indien enigsins moontlik.  Mastitis kan tot septiese skok en vrekte lei indien dit nie behandel word nie.  Faktore wat tot mastitis kan aanleiding gee is vlieë, trauma, swak higiëniese omgewing en ook besmette sanitêre toestande.

Mastitis en melkkoors – rooi en harde tepels is waarskynlik die bekendste aanduiding dat ‘n dier melkkoors of mastitis het.

VT4624-Baxter-Udder

Vrektes van klein hondjies 

  1. Eerste week: Vrektes van klein hondjies tot en met speenouderdom wissel tussen 10% tot 30% en meer as 65%. Van die vrektes kom gewoonlik by geboorte voor asook in die eerste week na geboorte.

crp20150303-151515-787_u2 (1)

  1. Tweede en derde week: In hierdie tydperk kan hulle nog nie hul liggaamstemperatuur beheer nie. Dit is dus vir die eienaar baie om hul omgewings se temperatuur te beheer.

Tekens van ‘n gesonde klein hondjie

  • Raak aan die slaap as hul klaar gedrink het
  • Huil nie vir langer as 10 minute op ‘n slag nie
  • Gaap wanneer hulle wakker word
  • Het ‘n vol magie wat nie opgeblaas is nie
  • Het ‘n sterk suigaksie
  • Het goeie spiertonus, waarin Mangaan (Mn) vanuit die melk van die ma belangrik is.

124610943-mastitis-in-dogs-treatment-632x475

Bloedkalsium: Mastitis by lakterende tewe

By kleiner rasse kom melkkoors algemeen voor nadat hul ‘n werpsel gehad het.  Melkkoors kan binne ure noodlottig wees en moet dus altyd as ‘n noodgeval beskou word.  Melkkoors kom voor wanneer die bloedkalsium skielik daal in lakterende tefies.  Kleiner rasse is veral sensitief.  Kan baie vinnig tot die hond se dood lei weens die effek wat bloedkalsiumtekorte het op die hartspier.  In die meeste gevalle is daar wel tyd om by die veearts uit te kom.

Kliniese tekens

  • Die eerste tekens wat gesien word is spiere wat tril en die teef wat lyk of sy koud kry en bewe.
  • In werklikheid is die hond besig om stuipe te kry weens die kalsiumtekort.
  • Die asem begin jaag en dit blyk dat sy baie warm kry.
  • As geen behandeling toegepas word nie, begin sy stuipe kry. Liggaamspiere trek krampagtig saam en die teef haal met ‘n oop bek vinnig en vlak asem.
  • Die bene word styf en ruk en ‘n hoë koors ontwikkel as gevolg van die spiersaamtrekkings. By hierdie punt is ‘n bekwame veearts baie nodig.

download (1)

Veearts se optrede

Binne-aarse toediening kalsium.  Ongelukkig kan selfs die binneaarse toediening van kalsium noodlottig wees en soms verkies die veearts om die middel binnespiers te spuit.  Soms is dit nodig om die tefie meer as een keer op agtereenvolgende dae in te spuit.  Dit is raadsaam om dan die kleintjies self te voer en die teef te laat opdroog.

NOODBEHANDELING

Tekens

  • Warm, harde, rooi spene
  • Vinnige asemhaling
  • Dier kry baie warm, maar wil haarself toemaak
  • Braking

Noodbehandeling moet so spoedig as moontlik toegepas word, spiere trek binne sekondes styf waar die koors vinnig styg en dan slegs deur ‘n veearts behandel kan word.

  • Sit ‘n waaier direk op die teef, met n nat handdoek bo-oor haar,
  • Spons met ‘n yskoue lap deur tussen die spene, op die maag , tussen bene en geslagsdele saggies te masseer.
  • Dien ook koue agter die nek en kop toe.
  • As die hond nie vinnig genoeg afkoel nie, tap n koue bad water in en spons die dier in die bad af met n spons.
  • Begin by maag gedeelte en beweeg op.
  • Moet nooit ‘n dier alleen laat binne bad of op ‘n bed nie, veral as haar spiere begin styf trek, kan sy val, versuip of dit kan tot nog beserings lei.
  • Gee vir haar onmiddellik ‘n teelepel Cani-Cal in, dit is in poeier vorm wat met maalvleis in ‘n balletjie gevorm kan word.

By stabilisering

  • As spene steeds geswel en of rooi en warm is, moet daar 2 maal per dag koue kompressie toegepas word op die tieties.
  • Gebruik Cani – Cal in – vir n week. Niks langer nie.  Dit is n kalsium aanvulling wat melkproduksie stimuleer.
  • Babahondjies moet met die hand groot gemaak word op die P@D Faceboekblad se resep.
  • Die melk moet so spoedig as moontlik opgedroog word by die teef. Hoe langer die babas aan die ma drink, hoe langer gaan sy melk vervaardig wat weer melkkoors tot gevolg het.

Hoe om melk op te klaar 

Verwyder kos vir haar – gee die minimum kos sodat die ligaam nie langer melk produseer nie maar voorsien vloeistowwe.

Pierre van Niekerk © 2017

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s