Goedvoelstorie 19 April 2023:

Ek het nog ‘n paar wonderlike goedvoelstories. Stories van die hart en geloof wat uit die stofstrate van Moedeloos uit opgestaan het.

Alle, alle eer en erkenning aan die Gewer van die Goeie. En die menslike immuunstelsel. Hierdie wonderwerk is nie die handewerk van ‘n mens nie.

Watter geld betaal jy vir ‘n ma en gesin se hoop en geloof? Haar hoop vir ‘n oplossing. Haar seer om haar kind in so toestand te sien.

Ek plaas die storie omdat Stefan vir ander kinders hoop wil gee. Antwoorde wil gee. Hy is deur die poorte van wanhoop.

Hierdie jonge klong se ma se bittere hartseer verlede jaar Augustus 2022 in my kantoor, was onbeskryflik.

Sy persoonlike belewenis van sy maats se opinies en denke sal ons die pyn seker nooit kan verstaan nie. Sy onttrekking van sosiale geleenthede. Sy persoonlike selfbeeld en ontwikkeling, kan mens jouself maar net indink.

Kinders en oningeligte mense kan baie, baie wreed wees.

Die geld en kostes wat aangegaan is om hierdie jongman net ‘n normale lewe te gee, beloop by baie, baie duisende Rande.

Ek onthou dat sy vir ‘n nuwe behandeling ‘n reuse maandelikse bedrag genoem het.

Stefan is ‘n leerling hier by ‘n bekende Hoërskool in Centurion. Sy velkondisie is onder vele kinders goed bekend. Stefan was ook toegelaat om weens sy velkondisie ‘n keps te dra.

Die fotos wys hoekom.

Ek dink Stefan het hierdie kondisie al 4 of 5 jaar. Hy was al op alle medikasie onder die son vir aknee, psoriase, bakteriese velsiektes. Baie duur chemiese behandeling ook. Noem maar op en, ek weet ook nie by watter velspesialiste en klinieke ook nie.

Noem ook maar ‘n duur velsorgproduk ook. Net om hom te help.

Stefan het in 2018 ‘n beenmuroorplanting gehad.

Verlede jaar Augustus het hy weer ‘n erge velkondisie ontwikkel.

So erg en pynlik dat hy nie eens uit die bed uit kon/wou opstaan nie. Trienie se hart was bitter seer en gebreek. Hul het hul beste vir Stefan probeer gee wat geld kon koop.

Met ‘n baie swaar hart het sy in laaste hoop fabriek toe gekom. Toe Sarina Stefan sien, het sy sonder afspraak hom dadelik na my toe gebring.

Stefan het geen immuuniteit gehad weens die medikasie wat hy, en ek weet nie hoe lank al gebruik het nie.

Enige ding kon die immuunrespons by Stefan veroorsaak het.

Plante, stuifmeel, ander kinders se kieme, kossoorte, stysel, suiker, diere se pelse en die proteiene daarop, sepe, wasmiddels, stof, myte, vlieë, muskietbyte

So, waar begin ‘n mens?

Hoe kry jy geloof in die mense wat al als gedoen het moontlik onder die son?

Trienie skrywe dat my aanvanklike bevinding haar geskok het. Sy het gedink ek het dit verloor. Van my sinne beroof.

En, ek was haar laaste heel laaste hoop?

Ek het haar belowe dat ek Stefan gesond sal maak.

Ek kon nie dink dat dit te moeilik kan wees nie. Ek het dit ook gesê.

Ecohealth het die eerste produkte geskenk. (Voeding, nie medikasie nie, voeding)

(Kolostrum, kollageen, fulvicsuur, probiotika’s, kefir, Teeny Shake en my hele velsorgreeks, van die bentoniet/houtskool masker, die olyfoliepulp, Promin, ons kolostrum balm en vogroom.

Geen suiker en stysel nie en geen kosse wat preserveermiddels in het nie…)

Trienie skrywe verder …

Pierre het vir Stefan sy produkte gegee. Ons het toe ook die chemiese medisyne gelos en Stefan het stadig maar seker beter geword.. As julle net weet hoe bly hierdie ma se hart is..

Stefan drink nou sy “voeding” elke dag. Hy is nou mou mooi gesond. Ons is dankbaar! 

Pierre, Sarina en al jou personeel, dankie vir alles wat julle vir mens en dier beteken, julle weet wat julle doen!

Dankie ook Pierre vir jou humorsin en kwaaigeit.. jy hou ons op ons tone, en ons vir jou! 

Waardeer julle so baie!

Groete en liefde Trienie en Stefan.

Leave a comment