Ek kan en mag en wil nie stilbly nie.  – Alle eer en verheerliking aan my Skepper.

My naam is Jeanne en ek woon in George in die Wes-Kaap. 

Op 1 Maart 2023 word ek gediagnoseer met Graad 3 baarmoederkanker. Ek sal die staalgrys oë van die ginekoloog, nooit weer vergeet nie. 

Na sy inwendige ondersoek en sonar het sy woorde dwarsdeur my wese gesny; “jy het kanker”.  Hoe beskryf ek daai oomblik?  Ek het ervaar hoe ’n demoniese wind oor my geblaas het en hoe die duiwel vir my grynslag. 

Die ginekoloog het ‘n biopsie gedoen en dit is weggestuur vir ontleding,  Tot vandag toe weet ek nie hoe het ek en my man die krag gekry het om van Mosselbaai af, waar die ginekoloog se praktyk is, terug te kom tot in George na die verskriklike nuus nie. 

Ewe skielik het my hele aardse wêreld tot stilstand gekom. Die besef dat ek dalk nie meer lank deel gaan wees van hierdie tydelike bestaan nie, het ‘n vreemde kalmte oor my gebring.

In my diepste wese het ek ewe skielik ervaar hierdie gaan vir My God se verheerliking wees en vir my vryheid maak nie saak wat die uitkoms gaan wees nie. 

Tot tyd en wyl ons gewag het vir die uitslag van die biopsie

Het ek steeds gaan werk. Die enigste simptoom wat ek ervaar het was soos menstruasie. Dit het my voortdurend bewus gemaak dat hierdie baarmoederkanker nie net ‘n nare droom is nie. 

Ek het egter vir geen-een van my kollegas by die werk hiervan vertel voordat ek die finale uitslag in my hande gehad het nie.

Alhoewel die spanning my van tyd tot tyd oorweldig het, het ek vasgeklou aan my gunsteling gedeelte in God se Woord; Romeine 8:28

“Alles werk ten goede mee vir die wat Hom liefhet.”

Ek het God se teenwoordigheid en leiding tasbaar en intens beleef. 

Op 9 Maart 2023 is die uitslae na my toe ge-epos. 

Die ginekoloog het ‘n afspraak namens my  met ‘n onkoloog in George gemaak.

Ek moes egter nog  ‘n x-straal van my bors laat neem en bloed-toetse doen om te bepaal hoe ver die kanker moontlik versprei het. 

Ek sal nooit vergeet hoe ek gevoel het toe ek met die x-straal verslag en die uitslag van die bloedtoetse huistoe is nie. Ek wou nie die koevert oopmaak nie.  Ek het gebid vir kalmte wat alle verstand te bowe sal gaan.  Ek het eers  laat die middag die moed gehad om die koevert oop te maak. 

Alhoewel die bloed-uitslae die kanker bevestig het, was daar geen teken dat dit versprei het na my bors en ander organe nie.

Ek het God geloof en geprys want ek het moed gekry om aan te gaan.

In hierdie tyd het ek weer die waarde van my naaste vriende en familie ervaar wat soos engele ‘n laer om my getrek het. 

Op 15 Maart is ek na die onkoloog toe wie die uitslae breedvoerig met my bespreek het. 

Op die x-straal het sy opgemerk daar ‘n verdikking van die blaaswand was en ek moes vir ‘n CT -skandering gaan, alvorens die behandelingsproses bespreek kon word.

Die CT- skandering kon eers op 31 Maart 2023  gedoen word. 

Ek het intussen my diagnose en die pad vorentoe met my werkgewer en kollegas bespreek. 

Die onsekerheid het aan my geknaag terwyl ek steeds elke dag ‘n voldag se werk gedoen het en alles tuis behartig het wat gedoen moet word. 

Steeds het ek egter hierdie vreemde bonatuurlike kalmte ervaar.  So asof hierdie nie werklik was nie. 

Ek het steeds geen pyn gehad nie,

Behalwe vir die ongemak met die voortdurende “menstruasie”.  In hierdie tyd lees ek ‘n gedeelte in God se Woord in Psalm 139: 13-14 waar God vir Dawid herinner het dat Hy hom op wonderbaarlike wyse aanmekaar geweef het, in sy moederskoot.

Ewe skielik kon ek nie anders as om Hom te loof en prys vir my liggaam nie.  My liggaam wat Hy geskep het tot Sy eer,  ‘n liedjie wat Bernice West so kosbaar sing met vrolike ritme en danspassies kom by my op en ek sing dit uit volle bors :  “Die Here het my mooi gemaak.  Hy het my baie, baie mooi gemaak…….”

Hierdie liedjie het ek en my Malinda- sus gereeld daarna uit volle bors gesing en gedans en ek kon voel hoe God glimlag en die lig die donkerte verdryf.

Op 31 Maart 2023 word die CT-skandering gedoen en die uitslag word direk vir die onkoloog in die Kaap gestuur, waar ek n afspraak het vir 5 April 2023. 

Steeds het ek nie geweet wat die pad vorentoe is nie.

Sal ek eers moet gaan vir chemo- of radiologie behandeling of gaan hulle opereer? 

Wat ek wel besef het is dat daar al ‘n geruime tyd verbygegaan het vandat ek die simptome ervaar het vroeg in Januarie 2023 tot nou toe aan die einde van Maart 2023. En, dat die kanse vir verdere verspreiding moontlik was.

Dit het nogal aan my geknaag maar deurlopend kon ek My Vader se teenwoordigheid ervaar. 

My familie  en naby vriende se omgee en opregte liefde was werklik net van die Here af. Dit het my absoluut deur hierdie tyd gedra.

Ek het deurentyd gevoel hoe ek bederf word met lig, lag, liefde en omgee van geliefde familie, My Malinda-sus. My hartsvriendinne en kollegas by die werk.

Ek sou hierdie pad nie sonder hulle kon stap nie.  Die lig was altyd daar.  God se lieflike Natuur om my en die lag en kuiers het my net laat besef hoe mooi is die lewe werklik, en hoe bevoorreg ek is.

Op 05 April 2023  sit ek en my man in die Kaap voor die onkoloog se lessenaar

Terwyl hy na die uitslag van die CT skandering op sy rekenaar kyk.  Ek bid in my binneste vir ‘n fyn gees van onderskeiding dat wat ook al die dokter op die CT-skandering sien en, wat ook al deur die medici voorgestel word oor die pad vorentoe, die behandeling, ek sal weet dat God steeds die leiding neem en ek Hom alleen moet volg. 

Die dokter tel op die CT- skandering op dat die kanker

Reeds buite die baarmoeder begin versprei het en dat die een limfklier geswel is. Wat ‘n aanduiding was dat daar alreeds kanker in die limfklier kan wees.

Hy en sy span besluit dat ‘n radikale histerektomie. Waar al my vrouedele verwyder word. Die volgende stap gaan wees dat die limfkliere moontlik aangetas kan wees. 

Ons sal egter moet wag tot eers in Mei -maand alvorens die operasie geskeduleer kon word. 

Hier het ek weereens my Abba Vader se Hand so duidelik ervaar. 

Die dokter stel voor dat ons in die stad moet bly

Tot die volgende oggend. Nie terugry George toe nie, aangesien hy bewus is van ‘n moontlike kansellasie. En,  en dat ek dalk al na die Paasnaweek geopereer kan word. 

Ons het dus weer die aand in die gastehuis, waar ons gebly het oorgeslaap en gebid vir ‘n moontlike kansellasie sodat ek die volgende dag opgeneem kan word. 

Op die tyd te verwyl is ons die aand na die Kaapse waterfront toe.  My hart was lig en vol bonatuurlike vrede.  Die maan op die water, tussen die bote en die vrolike stemme en al die liggies het my weer laat besef hoe mooi en heilig is die lewe wat ons Skepper ons gegee het.

‘n Solo kitaarspeler het die bekende “Jerusalema” lofprysing liedjie wat in Covid bekend geraak het gesing en ek is met soveel vreugde gevul dat ek net daar op die waterfront tussen al die mense begin dans het voor my God en Hy het geglimlag.

Die volgende oggend het ons opgestaan en begin pak

Om dan maar by die hospitaal te gaan sit en wag as hulle ons dalk sou kontak vir ‘n moontlike kansellasie. 

Terwyl ons die tasse uitdra kar toe, en ek besig was om “I am no longer a slave of fear” te sing, het die dokter ons gebel en laat weet ons moet gou kom ek kan opgeneem word. Want  daar is n kansellasie. 

Weereens het ek besef hoe groot en genadig  is ons God.  Ons is  dadelik terug hospitaal toe en is die normale opname-prosedure begin.  Dit is laat die middag afgehandel en kon ons eers terugkom George toe vir die Paasnaweek. 

Die operasie sal dan op 11 April 2023  gedoen word.

Daardie nag het ons teruggery George toe in vervoering oor God en die maan. 

Dit was ‘n heilige aand. Die hele Paasnaweek was spesiaal, amper Heilig. 

Ons het die lewe gevier wat Jesus vir ons kom gee het deur sy bloed aan die kruis.  Ek het ervaar dat maak nie saak wat ook al die uitkoms gaan wees nie, daar is nie n groter lewe is  as om by Hom te wees nie.

Hierdie aardse lewe met al sy uitdagings, is aan die verbygaan.  Ons het die tyd gebruik om ons werk op datum te kry, reëlings te tref by die werk en siek verlof vorms in te vul.

‘n Besprekings is gemaak vir verdere verblyf vir my man in ‘n gastehuis en ons het gepak vir die tyd wat voorlê.

Sondagoggend net voor Paasmaandag het aangebreek. 

Ons het gereed gemaak vir

kerk.  Op hierdie stadium het ek nog vir niemand by ons kerk enige iets vermeld van die siekte nie.  Dit was op hierdie oomblik dat die Here my herinner aan Jacobus 5:14-19 en vir my baie duidelik ‘n opdrag gegee het om nou net voor kerk per “whatsapp” te versoek dat een van die leraars my moet salf en vir my bid. 

Jakobus gee in hierdie gedeelte ‘n duidelike instruksie

Van hoe die Here wil hê jy moet maak as jy siek is. 

Dat ons die ouderlinge van die gemeente moet laat kom en dat hulle God se Heilige Naam moet aanroep en opreg en gelowig moet bid en olie as salwing moet gebruik. Vers 15 het veral baie hard tot my gespreek; En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring.

Die Here sal Hom gesond maak. 

Ek het Elrika, een van die leraars se vrouens gekontak

En haar vertel en dat God my gaan genees.  Ek het haar gevra om te versoek dat een die leraars asseblief vir my moet bid omdat die Heilige Gees my gelei het om dit te versoek.

Hierdie versoek was egter op baie kort kennisgewing. Net voor die diens terwyl ek ook nog vir niemand by die kerk enigsins iets gemeld het van my siekte nie. 

Menslik gesproke was dit dus ‘n “onredelike” versoek.  Maar God se tyd is altyd presies die regte tyd, veral as ons onvoorwaardelik gehoorsaam is. 

Omdat dit Paasnaweek was, was die kapel ook gesluit waar daar normaalweg gebid en ingetree word vir gemeentelede na die diens.

Geen relings was getref met enige een van die leraars om daar diens te doen na diens nie.

Elrika het egter sonder om te aarsel laat weet sy reël dadelik dat een van hulle vir my bid na die diens in die kapel.  

Ek en my man en my oudste seun,  is kerk toe en ek het weereens God se heilige teenwoordigheid ervaar dwarsdeur die diens.  In my gees het ek maar net ervaar hoe die Here vanoggend van my totale onvoorwaardelike gehoorsaamheid verlang.

Ek het deurlopend deur die diens ervaar

Hoe ek net soos die vrou wat aan bloedvloei gely het, (want ek was voortdurend bewus van hierdie “bloedvloeiing”), net aan sy kleed wou raak want dan sal ek gesond word.

Na die diens is ek met ‘n heilige verwagting na die kapel toe. 

My man en seun is saam alhoewel hulle nie geweet het wat in die geestesgewaarwording tussen my en my Skepper aan die gang is nie.  Toe ek die kapel se deur oopstoot het beide leraars, Koos en Gerhard my ingewag met ‘n botteltjie olie en ek is bedien met die kragtigste gebed en salwing wat ek tot dusver in my lewe ervaar het.

Koos het  Psalm 50:15 onder andere  aangehaal in sy gebed. 

Hierdie woorde het ek al so dikwels deur hierdie hele reis aangegryp as ek oorweldig word “Roep my aan in jou benoudheid en ek sal jou uithelp”.

Hierdie 2 manne van God het nie geskroom om onmiddellik beskikbaar te wees toe ek uitgeroep het nie. Ek het daardie oggend uit die kapel uitgestap jubelend want ek is genees en my God is goed. Hierdie demoniese kanker sal nie verder versprei nie.

Ons het die oggend van Paasmaandag vroeg gery terug Kaap toe.  Ek is opgeneem en voorberei vir die operasie die volgende oggend.

11 April 2023 breek aan.

Die dag waarop ek heeltemal verlos gaan word van hierdie demoniese siekte want geen siekte of dood was ooit God se plan nie. 

Ek het vroeg die oggend net voor die operasie, op die bed gesit en Bybel lees.  Die hele saal was vol kankerpasiënte. 

Een van die vrouens aan die oorkant van my vra toe:  “ lees daar ‘n stukkie uit jou Bybel uit vir ons lovie”. 

So kosbaar, so rou en so opreg. 

Ek het toe sommer so in my joernaal psalm 91 oor vertaal in Engels en dit vir die hele saal hard in Engels en Afrikaans gelees. 

Daarna het ek opgestaan en vir elkeen van die vrouens by haar bed persoonlik gaan bid.  Daar was ‘n heilige atmosfeer in die saal en ons het spontaan lofprysings liedere begin sing tyd sy eer en verheerliking en ons Vryheid.

Dit was onbeskryflik hemels. 

Ek is daarna ingestoot teater toe. 

Voor die teater se deure het ek gevoel hoe die trane van gemengde emosies in my hare inloop van bangwees vir die operasie en ‘n  intense belewenis van God se troos en liefde.

Weereens ‘n Romeine 8:28 oomblik toe ek na die operasie wakker word en besef dit is verby. 

Hierdie kwaad waarmee die vyand wou kom steel en afbreek en vernietig is uit my uit. Alhoewel ek pyn en ongemak verduur het na die operasie, was dit werklik nie ondraaglik nie en is ek na wonderlike en professionele behandeling in die hospitaal, ontslaan op 14 April 2023. 

Ons is  huistoe en ons het ons langs die pad opnuut weer verstom aan God se berge en natuurskoon.  Ons loof en prys die God van tweede en derde en duisendste kanse. 

Op 21 April 2023  het ek die steke laat uithaal

En ewe skielik weer besef hoe wonderbaarlik goed en onbeskryflik groot God se liefde is. 

Roep my aan in jou benoudheid en ek sal jou uithelp beteken ek word gediagnoseer met baarmoederkanker op 1 Maart 2023,

‘n Verskriklike donker dag waarop ek Hom in my benoudste oomblik ooit aanroep en op 21 April 2023, in ‘n baie kort tydjie, stap ek weg van ‘n wond -suster af wat nou net my steke, die laaste tekens van die donkerte verwyder het. 

My liggaam het so wonderbaarlik herstel dat ek al op 2 Mei 2023 weer voltyds begin werk het.

Maar helaas het die vyand weer probeer om te steel. 

Ek moes die 10de Mei 2023 weer in die Kaap wees vir ‘n opvolg-ondersoek

Sodat die dokters die uitslag van die biopsie met my kon bespreek.  Alhoewel ek in my hart geglo het ek was al genees die Sondag toe Koos en Gerhard vir my gebid het, het ek steeds getwyfel as my menslikheid oorneem. 

10 Mei 2023  was nie ‘n goeie dag nie. 

Alhoewel die dokters bevind het dat hulle al die kanker wat hulle kon sien verwyder het asook van die limfkliere wat besmet was, was daar ‘n moontlikheid dat daar nog kanker aanwesig kan wees wat nie nou gesien kan word nie. 

Hulle het chemo en radiologie aanbeveel. 

In my gees het ek geweet ek is genees maar my menswees het my laat twyfel en ek was weereens voor ‘n geweldige kruispad.

Soos Gideon van die Bybel het ek God begin vra vir tekens of ek moet gaan vir die chemo- behandeling of nie  Gideon was immers ook n twyfelende kind van God en God het hom nie daarvoor veroordeel dat hy getwyfel het nie. 

Die Here praat met deur die gedeelte in Handelinge waar Paulus deur ‘n giftige slang gebyt is.  Hy het die slang net afgeskud en niks oorgekom nie. 

Ek verstaan nie wat Hy hierdeur vir my wou se nie want chemo is ook gif. 

Dalk is sy opdrag dag ek vir chemo moet gaan maar dat net soos die slang se gif niks aan Paulus gedoen het nie, sal die chemo ook geen nadelige effek op my liggaam hê nie.  Ek twyfel egter steeds en vra steeds vir Abba Vader tekens van wat ek nou verder moet doen.

Die Here herwinner my in hierdie tyd weer aan hoe wonderbaarlik Hy

Ons liggame geskape het en dat hy alles reeds in die natuur geskep het wat ons nodig het vir gesondheid en genesing. 

Voor my siekte het ek hierdie tempel wat God my gegee het, nooit versorg en opgepas tot Sy eer nie.  Ek het geëet en gedrink wat ek wou en wanneer ek wou. 

Ek het skielik onthou dat ek op 9 Desember in die openbaar by Heroldsbaai myself laat doop het.

Ek het in die openbaar verklaar dat ek aan My Vader behoort en dat alle terreine van my lewe aan Hom behoort.  Ek het begin besef hoekom ek op hierdie terrein aangeval is en dat ek moes leer wat God se bedoeling was met natuurlike gesondheid. 

God los my steeds nie alleen nie

En ek begin baie inligting inwin oor natuurlike gesondheid, 

My werkgewer speel ook in hierdie tyd ‘n groot rol deur my voor te stel aan Pierre van Ecohealth se produkte.

Op 26 Mei 2023, besluit ek finaal om nie te gaan vir chemo en radiologie nie. Maar voortaan my eetgewoontes te verander en ‘n gesonde lewensstyl te handhaaf en van Pierre se immuun-aanvullings te begin gebruik. 

Ons kontak vir Pierre telefonies en ek verduidelik my hele diagnose en prognose aan hom. 

Sy voorstel is ‘n gesonde lewensstyl met ‘n keto- dieet as basis sowel as sy kanker-kombo wat al die aanvullings bevat wat ek sal nodig het. 

Ek het daarna dadelik sy produkte bestel en was sedertdien uiters getrou deur nooit weer suiker en stysel te eet nie en te konsentreer op die regte natuurlike groente, vleis en vrugte en Pierre se aanvullings.

Ek het net weereens besef hoe God vir ons alles in die natuur gegee het wat ons nodig het vir ons liggaam en gees om gesond te wees. 

Sy sade en plante het nou vir my ‘n groter aantrekkingskrag begin kry en dit het ‘n avontuur geword om gesonde etes voor te berei. Ons eer Hom nou met wat ons eet.

Ek kon na ‘n week reeds ervaar hoe my energie-vlakke toeneem.  Ek is kalm en rustig wat ek toeskryf aan die gebruik van Tulsi wat hulle ook God se heilige kruie noem.

Ek het  ook baie gewig begin verloor.  My algehele geestelike en emosionele gesondheid het beslis baie verbeter. 

In hierdie tyd was daar egter ook baie stemme wat my laat twyfel het. 

Stemme soos my liefdevolle bekommerde skoonseun s’n.

“Ma jy speel nie met ‘n ratelslang nie, die mediese wetenskap sal nie chemo aanbeveel as dit nie nodig is nie”

Of die onkoloog in die Kaap; “ Mevrou jy wil nie oor ‘n jaar terugkom en jy is deurtrek met kanker nie”

30 Mei 2023, ontvang ek ‘n oproep van die onkoloog in George se kantoor af. 

Ek is verwys van die hospitaal af in die Kaap.

Hulle het vir my ‘n afspraak gereël en ek moet die 5de Junie by die onkoloog wees om die chemo en radiologie-behandeling te bespreek. 

Weereens is ek voor ‘n kruispad en ek vra weer mooi vir my Vader vir ‘n teken.  Ek hoor in my gees Hy versoek my om die afspraak na  kom en dat ek van Hom sal hoor op die regte tyd.   

Ek neem ‘n dag verlof en gaan wag met my joernaal waarin ek die hele tyd vir die Here skriftelik vra vir ‘n teken, voor die onkoloog se deur In hierdie tyd bid ek vir God vir leiding sodat ek met die regte gesindheid en woorde, wat net van Hom af kom, in die dokter se spreekkamer instap. 

Terwyl ek wag, herinner die Heilige Gees my weer aan ou Gideon in die Bybel

Wat kort-kort die Here gevra het vir ‘n teken. En hoe die Here ten einde laas vir hom gesê het hy en sy slaaf moet na die vyand se kamp toe slyp in die nag want dan sal hy ‘n teken kry. 

Ek onthou die verhaal in Rigters 7

Waar Gideon met sy oor teen die vyand se tent, moes  hoor hoe die een Midianiet vir die ander een se, Gideon gaan hulle verslaan.  Dit was die deurslag wat ou Gideon laat ophou twyfel het. 

Die onkoloog roep my en ek gaan sit voor hom

Terwyl hy my hele diagnose en vordering eers op sy rekenaar bestudeer. Hy kyk op en vra my wat die dokter in die Kaap se bevinding en aanbeveling was na die operasie en die uitslag van die finale biopsie. 

Ek bid dat wat ek volgende gaan sê net My Vader se woorde al wees en ek antwoord; “ Dokter hulle beveel chemo en radiologie aan maar, ek wil nie daardie pad gaan nie. Want ek weet God het my reeds genees” 

Ek vertel hom hoe ek my totale lewensstyl en eetgewoontes verander het, dat ek nie rook of drink nie en dat ek Pierre se natuurlike aanvullings gebruik.

God was getrou want Hy het voorwaar vir my ‘n teken gegee toe hierdie onkoloog, wie se daaglikse praktyk is om chemo en radiologie toe te pas,  vir my in sy eie woorde bevestig; 

“Jy is op die regte pad en dat min mense verantwoordelikheid neem vir hulle eie lewens.  

Hy het my versoek om aan te hou met my nuwe lewenstyl en ‘n opvolg-afspraak is gereël vir Augustus maand om seker te maak dat ek gesond is.

Ek het daar uitgestap in verwondering en my Vader geloof en geprys. 

Tot en met Augustus het ek getrou Pierre se produkte gebruik en steeds niks verkeerd geëet en gedrink nie.

 Twee en ‘n half maande het intussen verloop en op 07 Augustus het ek laat bloed trek.

Op 14 Augustus bevind ek my weer in die dokter se spreekkamer terwyl sy die bloed-uitslae bestudeer.  Die kontras tussen die duisternis wat ek op 1 Maart 2023 ervaar het en die lieflike lig wat vir my op 14 Augustus 2023 deurgebreek was ewe skielik oorweldigend skril.

En ek het weereens besef watter wonderbaarlike goeie almagtige God ons dien. 

Haar bevinding was dat al my bloed-uitslae normaal is en dat die “tumor merkers” baie laag is.  Die normale telling is blykbaar 35. Myne was maar 9.

Hierdie is my my persoonlike getuienis alhoewel ek besef dat elkeen se unieke persoonlike pad met God anders lyk.  My grootste hunkering is dat ek voortaan met my Vader se hulp en leiding, in staat sal wees  om alle  terreine van  my lewe en liggaam, voortaan daarop toe te  spits om  Hom te verheerlik want daarin alleen le ware Vryheid.

Ek kan ook nie anders om my dankbaarheid uit te spreek

Vir al die rolspelers in my storie nie. 

Kosbare instrumente in God se Hand

Soos  Koos, Gerhard en ons Eden Gemeente familie, ons eie familie, my Malinda-sus, my kosbare maatjies, my werkgewer , Sias en laaste maar beslis nie die minste nie Pierre van Ecohealth wat so ‘n kragtige instrument in God se Hand is met natuurlike gesondheid vir mens en dier. 

Ek besef net weereens dat daar soveel waarheid steek in ons Vader se woorde toe Hy gesê het..

“My volk gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis” 

Leave a comment