Jan Pretorius- Diabeet

Jan is ‘n tipe 1 diabeet. Spuit insulien en het Glucophage gebruik.

Oom Jan het in ‘n stukkie staal getrap met sy groot toon in sy motorhuis, sy vrou Cynthia het die stukkie uit gehaal en die plek skoon gemaak met Dettol en Betadine op gesit.

Wond het genees.

Na twee weke het die plek waar die splint was n blasie gevorm en in n kwessie van 3 dae toe begin die toon ruik en verkleur.

Hulle is na n dokter in Vanderbijlpark en die dokter het voor gestel hulle moet dadelik hospitaal toe. Jan se toon het so vinnig begin swart word en die inflammasie het na die enkel versprei.

Hy was opgeneem in Baragwanath hospitaal

Hul sou net die toon af gesit het, maar vir die week wat hy daar was, was dit als net leë beloftes en dag vir dag uitstel van die teater.

Die nat gangreen het tot bokant van die enkel versprei en die vel rooi verkleur, tot amper onder die knieg.

Jan het homself ontslaan uit Baragwanath en is toe na Polosong hospitaal die 15de Mei.

Die 16de Mei is sy been net onder die knieg geamputeer.

Die 17de Mei val hy in die hospitaal op daai been en geen aandag was daaraan gegee nie.  Dokter kon hulle ook nie in die hande kry nie.

Hy is die Saterdag ontslaan.

Vanaf die 22ste Mei word die wond getrou en daagliks deur ‘n familie-vriendin versorg.

Wond het baie gedreineer.

Dit het veroorsaak dat die kramme in week twee, een vir een begin lostrek het en die weefsel in die kramme het begin stink en verrot. Geel verrotte weefsel het gevorm.

Die kramme moes uitgehaal word om die wond se gesonde weefsel bymekaar te bring.

Jan het Ecohealth kom raadpleeg die 12de Julie.

Pierre het na die wond gekyk en gesê die wond “fieks” ons sommer gou. Vir Gerhard in sy wondkamer opdrag gegee hoe om die wond skoon te maak en, wat om vir Aletta-Elizabeth te leer wat die wond vir die gesin gaan versorg.

Hul moes die volgende produkte gebruik

  1. Kolon en lewer skoonmaak met engelsesout  
  2. Geen suiker en stysel of preserveermiddels nie
  3. Kolostrum
  4. Kollageen
  5. Fulvicsuur
  6. Bioworx -probiotika
  7. Umkhonto- probiotika
  8. Gut health wat die pankreas se ensieme aanvul
  9. Hippie Shake as maaltydvervanger en
  10. Kameelmelk, om sy suikervlakke af te bring en te stabiliseer.

Ons was verstom om die vordering in een week te sien, van totale agteruitgang tot ‘n nuwe begin. ‘n Gesonde nuwe omkeer. In een week se tyd.

 Pierre het opdrag gegee dat alle suiker en stysel en kos met preserveermiddels nie gebruik mag word nie. En, dat die kolon en lewer moet skoongemaak word volgens sy resep.

Hier is die vordering vanaf 12 Julie tot 1 September 2023.

1 September 2023

Dis hoe ek die storie ken.

Hy vertrou geen ander persoon behalwe ek om na sy been om te sien nie.
Hy gebruik ook die produkte wat jy vir hom gese het.

Aletta-Elizabeth van der Merwe

Leave a comment