Potgooi 1 -Speeksel

Potgooi 2: Maagsuur

Potgooi 3:

Belangrikheid van Verteringsensieme 

Die kouproses is ‘n vergete belangrikheid 

Dit is die proses om jou liggaam te voed met voedingstowwe wat nie net algemene gesondheid bevorder nie, maar ook geestelike gesondheid. 

Wat is die belangrikheid van die ensieme?  

Min mense besef dat gesondheid uit meer as die eet van gesonde kos bestaan. Natuurlike gesondheid is eerstens afhanklik van natuurlike gesonde eetpraktyke en eetgewoontes.  

Voeding bestaan nie net uit die inneem van voedsel wanneer jy honger is nie.  Die beste en duurste, asook die bes voorbereide gesondheidskosse gaan bitter min tot iemand se gesondheid bydra sou dit nie deur gesonde eetpraktyke, soos om kos langer en fyner te kou, ondersteun word nie.  

Boonop, stel jy nie doelbewus en wetend die liggaam se nodige ensieme en probiotika’ s in staat om die kosse wat jy eet in gesonde biologiese voedsel om te skakel nie, help die duurste en gesondste kos ‘n mens se gesondheid bitter min. 

Babas 

Dieselfde geld vir babas, wat melk in voeding in hul spysverteringstelsel moet omskakel. Ook dit moet gebeur met ensieme en probiotika wat die voedingswaardes in melk afbreek, in klein genoeg peptiede sodat die dunderm dit kan opneem. As dit nie gebeur nie, kan voedselintolleransie en verskeie ander immuunresponse ontstaan, soos  allergieë wat op die vel reflekteer. 

 

Babas word sonder enige ensieme gebore omdat die maag en dermkanale nog nie ten volle ontwikkel is om hierdie ensieme te produseer nie. By babas word ensieme deur die pankreas geproduseer, wat ook nie ten volle ontwikkel is nie.

In die begin het babas slegs een ensiem, naamlik laktase.

Die ensiem wat die laktose in borsmelk omskakel in biologiese voeding vir babas. Die ander ensieme, om vette, stysels en koolhidrate af te breek, ontwikkel eers later in die ontwikkelende spysverteringstelsel van babas.

Dit is belangrik dat medikasie nie die ensieme wat nodig is om kolostrum, formule melk en ander geskikte melkprodukte versteur nie. Hierdie ensieme is nodig om die vette, proteïene, koolhidrate wat in hierdie produkte is, in voeding om te skakel.

Kos wat ingeneem word, moet ten alle tye suksesvol deur verskeie liggaamlike biologiese prosesse in voedsel en voeding omgeskakel word. Om spesifieke nutriënte se voedingswaardes te ontsluit, bevat die liggaam verskeie belangrike ensieme. 

  • Amilase: – breek stysels op in eenvoudige suikers 
  • Maltase: -Dunderms skei maltase af om suiker in glukose vir energie om te skakel  
  • Laktase:- Word geproduseer deur enterosiete (selle) in die dunderm. Die ensieme breek laktose (suikers) af wat in suiwelprodukte gevind word na glukose en galaktose.  
  • Lipase:- Breek vette af in vetsure af en gliserol. (Dit is eenvoudige suiker alkohole). 
  • Sukrase:- ‘n Proteolitiese ensiem. Ensieme wat die villi van die dunderm produseer wat tafelsuiker afbreek na glukose en fruktose. Suikers wat die liggaam kan absorbeer.  
  • Protease: Die ensiem bekend as peptiede breek proteïen op in aminosure. Aminosure het verskeie belangrike biologiese funksies.  
    •  Betrokke by seldeling 
    • Bloedstolling by wonde 
    • Verskeie immuunfunksies  

Wat is die prosesse? 

  • Die opbreek van voedsel begin in die mond met die deeglike kou daarvan. Die mond is ‘n alkaliese omgewing met ‘n unieke groep ensieme. 
  • Ensieme in die speeksel ondersteun die voorbereiding van eerste verteringsproses, voordat dit as ‘n sagte bolus afgesluk word in die slukderm (of esofagus), waar dit in die maagholte beland. 

Maagsuur 

Hier is heelwat belangrike aspekte om te onthou. 

Lees hier op oor sooibrand: https://pierredieregesondheid.wordpress.com/2022/01/10/sooibrand-of-gastroesofageale-refluks/

  • Genoegsame maagsuur is baie belangrik vir die voorbereiding of opbreek van verskeie komponente van voedsel in die suuromgewing in kleiner verteerbare partikels. 
  • Maagsuur bestaan uit ‘n mengsel van  
    • waterstofchloried 
    • potassiumchloried en  
    • sodiumchloried .  
  • Die afbrekingsproses word “churn” genoem, en die opgebreekte voedsel wat na die duodenum verplaas word, word “chym” genoem.  
  • Die sure in die maag skei proteïen asook Vit B12 wat in voedsel voorkom. ‘n Unieke proses wat net in die maag plaasvind om in die spysverteringstelsel benut te word. 

Enkele ander gebeurtenisse met maagsuur 

  • Maagsuur vernietig skadelike patogene soos virusse, bakterie en fungi wat ingeasem of met vuil hande ingeneem en met speeksel afgesluk word. 
  • Voldoende maagsuur stimuleer die pankreas om 4 belangrike verteringsensieme (ook genoem sure van die pankreas) te produseer.  
  • (Sien beskrywing van pankreas)  
  • Genoegsame maagsuur breek ook vetpartikels op wat in voedsel voorkom in kleiner eenhede, sodat gal (ook ‘n suur) wanneer dit na die dunderm beweeg, vet verder afbreek in kleiner eenhede en as energie vir die liggaam omskakel.  
  • Teensuurmiddels maak die maag alkalies. Alkaliese toestande veroorsaak dat voedsel geensins genoegsaam voorberei word om enigsins suksesvol afgebreek te word in kleiner molekules as voedsel in die dunderm nie. 
  • Die enigste afbrekingsproses wat dan daarna kan plaasvind is dat voedsel onsuksesvol aërobies uitvrot uit die dermkanale uit.  

Pankreas 

Genoegsame maagsuur stimuleer die vorming van hoofsaaklik 4 ensieme in die pankreas. 

  • Ensieme om proteïne op te breek (protease)  
  • Ensieme om koolhidrate op te breek (amilase) 
  • Ensieme om vette op te breek (lipase)  

Hierdie ensieme breek die nutriënte af in hul eenvoudigste vorm sodat dit deur die fyn haartjies van die dunderm geabsorbeer word in die bloedstroom in.  

Die dunderm of duodenum 

  • Die dunderm produseer ook verskeie gespesialiseerde verteringsensieme deur kliere wat bekend staan as “krypts,” of “Lieberkuhn.”    
  • Die dunderm is ‘n lang buis wat van onderaan die maag uitvleg.  
  • Chym wat in die dunderm inbeweeg, word naas die dunderm se eie ensieme, ook gemeng met gal vanuit die lewer, ook ‘n suur, en ensieme van die pankreas.   
  • Chym skei die verskillende voedselpartikels, vet, proteïene, stysels sodat die ensieme wat die pankreas afgeskei het om die molekules af te breek, hul omskakeling in biovoedsel kan voltooi. 
  • verbind aan die vetpartikels wat in die voedsel voorkom. .  
  • Skei die verskillende tipe molekules die afgeskeide ensieme sure van die pankreas die chym inhoudelike kan deursoek om die vet, proteïene en stysel molekules  
  •  se , voordat dit in die spysverteringskanaal as bio-voedsel deur die dundermwande se fyn filtertjies in die bloedstroom geabsorbeer kan word. 

Wanneer absorbering suksesvol gebeur, word kos wat ingeneem eers as voeding in die bloedstroom vrygestel  

Proteïen is ‘n komplekse ketting van aminosure.  

Ensieme van die mond en speeksel asook maag se suur los die voedsel nog in te groot stukkies vir die villi in die dunderm om as voedsel op te neem. 

Ensieme word dus gebruik om voedsel verwerk deur die maag in korter aminosuur kettings af te breek. Dit sodat dit as bloedglukose of suiker of selvoeding deur die villi opgeneem te word.  

Ensieme en probiotika van die spysverteringstelsel 

Voedsel kan net opgeneem word indien dit biologies reg verwerk is deur ensieme en probiotika. Die interaktiewe wisselwerking van probiotiese bakterie en ensieme sal voedsel in die bloedstroom vrystel.  

Opsommend. Die kouproses 

  • Afbreek van belangrike partikels/groter partikels 
  • Verlig stres op die slukderm 
  • Help maag om voedsel vinniger op te breek 
  • Speeksel bevat baie ensieme en hoe meer jy kou soveel meer verteringsensieme word gebruik 
  • Maak voedsel smaakliker 
  • Verbeter absorpsie van nutriënte  
  • Vergemaklik die bewegingsprosesse met die meer speeksel 
  • Laat die maagwande ontspan 
  • Voorkom dat jy meer eet, omdat jou voedsel verteer en hongerpyne in die liggaam voed 

Die kouproses en invloed op diabetes 

  • Die kouproses is ʼn belangrike proses in die voorkoming van diabetes 1 of diabetes 2 en of hoënormale bloedsuiker.  
  • Die stadige kouproses stuur met genoegsame speeksel prikkels/boodskappers na die pankreas, sodat genoegsame insulien vervaardig word om die suiker te hanteer wat na die ete beskikbaar is. 
  • Tipe 2 diabetes of hoënormale bloedsuiker kanmet die kouprosesse alleen grootliks uitgeskakel word.
  • Om voedsel onvoldoende voor te berei vir verteringsprosesse, dus vinnig af te sluk, sal ontwrigting veroorsaak van insulien absorpsie en die produksie van insulien om bloedsuikervlakke te beheer
  • Dit kan ook onnodige insulienweerstandigheid veroorsaak 

Die kouproses en kolonkanker 

  • Die fyn kou van voedsel, veroorsaak dat die voedsel in die spysverteringstelsel vinniger in klein voedsel-eenhede of partikels afgebreek word.  
  • ‘n Ensiem in speeksel, peroksidase, vernietig karsinogeniese produkte wat kanker kan veroorsaak reeds betrokke by die kouproses.   
  • Die ensieme wat die pankreas afskei om proteïne (protease) af te breek, breek ook die proteïen-omhulsel waarin vele kankers kan skuil op.  
  • Dit beteken dat die kankersel nou blootgestel word aan die immuunsisteem om dit te vernietig.  
  • En immunoterapie teen kanker word vandag met groot sukses toegepas.  

Hardlywigheid 

  • Gegewe die kouproses was voldoende, die afskeiding van maagsuur was genoegsaam om die produksie van die ensieme te stimuleer en, voedsel is genoegsaam voorberei in die kouproses om vinnig afgebreek te word in die duodenum.
  • Sal die fyn voedsel die verteringsprosesse van die liggaam instaat stel om te verhoed dat skadelike bakterie in die kolon, wat die oorsaak is van opgeblasenheid, gasse, winde dus hardlywigheid veroorsaak. 
  • Die kolon moet nie verteringsprosesse voltooi nie. Die kolon is ‘n belangrike versamelpunt van afvalstowwe en verwerkte voedsel en die liggaam onttrek water sowat elke 30 minute uit die kolon sodat fekale materiaal kan versamel wat uitgeskei moet word.  

Hoeveel keer om te kou? 

  • Sagte voedsel 5-10 maal 
  • Klein happies 
  • Groente en vleise tot 30 maal 
  • Leer wanneer die kos genoeg gemeng het met speeksel en sluk dan eers 

Moenie 

  • Vloeistof gebruik wyl jy eet nie, dit. verstadig die verteringsprosesse in die maag 
  • Wag sowat 20 minute voordat jy vloeistowwe inneem 

Leave a comment