Sooibrand

Inleiding

Dit is geen geheim waarom mense teensuurmiddels gebruik nie. Want dit brand die keel en lugweë rou en seer en bring groot ongemak mee.

Miljoene mense oor die hele wêreld neem daagliks teensuurmiddels vir sooibrand.

Belangrik om te weet.

Om ‘n teensuurmiddel te neem sonder kennis van wat werklik die oorsaak is waarom ‘n persoon ‘n refluks van maagsure het, is een van die skadelikste aksies betreffende persoonlike gesondheid wat mens aan hom of haarself kan doen.

Die skrywe gaan als in eenvoud verduidelik.

Daar moet genoeg maagsuur (soutsuur) in die maag wees.

  1. Om proteïene en ander voedsel af te breek in aminosure, sodat dit vir die liggaam bio-opneembaar en bruikbaar kan wees.
  2. Maagsuur moet in volle sterkte wees om skadelike virusse en bakterie wat deur voedsel of ander handelinge die maag inkom, te vernietig.

Baie belangrik: Teensuurmiddels meng met die natuurlike spysverteringsprosesse in.

  1. Teensuurmiddels in die maag ontwrig direk daarna die verdere vele spysverteringsprosesse in die duodenum (dunderm) ook wat nie hul volledige funksie kan voltooi nie.
  2. Die gevolg hiervan is dat die hele spysverteringskanaal se verteringsprosesse daarna onvolledig is, onvoltooid is en voedsel onsuksesvol verteer.

Opsommend:

  1. Teensuurmiddels kan die einde maak aan die mens se vermoë om voedsel af te breek
  2. Voorkom dat belangrike voedingstowwe biologies (bio-opneembaar) opgeneem word en suksesvol absorbeer word in die dermkanale.
  3. Teensuurmiddels onkundig gebruik, kan ‘n persoon se gesondheid totaal ontwrig
  4. Teensuurmiddels wat maagsure disfunksioneel maak, kan vele mense die waarskynlike begin en oorsaak wees van vele pyne, siektetoestande en skete wat geen verklarings het nie.

Die gevolge van teensuurmiddels

  1. Mense wat gereeld teensuurmiddels gebruik, kan gewoon nie gesond wees nie.
  2. Vele siektes en skete sluimer in die liggaamlike agtergrond omdat die immuunstelsel in die kolon onder erge verteringsdruk en bio-voedselproduksie geplaas word, omdat die nodige gesonde verteringsprosesse nie biologies suksesvol plaasvind nie.

Algemene Inligting oor Sooibrand

Persepsies oor sooibrand

  1. Die algemene persepsie is dat sooibrand die gevolg is van oormaat maagsuur.
  2. Dit is by mense ouer as 50-jaar nie die geval nie, omdat mense ouer as vyftig (50 jaar) baie minder maagsuur produseer.
  3. Vir die rede kan daar by hulle eerder ‘n maagsuurtekort wees wat self natuurlik aangevul moet word.

Maagsuurtekort vs. Oormaat maagsuur

  1. Die simptome van ‘n maagsuurtekort, teenoor oormaat in maagsuur, is byna identies en het dieselfde simptome en reaksies.
  2. Onkundigheid oor wat die werklike toestand is, kan die verkeerde behandeling meebring, wat tot nadeel van die persoon se gesondheid tot gevolg is.

Hartaanval

Sooibrand wat gepaardgaan met borskaspyn, pyne na die kaak, nek en arm, koue sweet, akute naarheid of ‘n knellende sensasie in die borskas, moet liewers dokter toe gaan omdat hierdie simptome eerder na ‘n moontlike hartaanval wys.

Media

Daar is vele advertensies in die media wat produkte voorstel oor sooibrandverligting. Hierdie produkte spreek nie die oorsaak van sooibrand aan nie. Met die gevolg dat die verkeerdelike gebruik van teensuurmiddels ‘n hele rits siektetoestande kan veroorsaak en selfs onderhou.  

Maagsuur se doel

  1. Is om die spysverteringsprosesse in die maag aan die gang sit en proteïen in voedsel af te breek, deur die produksie van die ensiem, pepsinogeen. Wanneer hierdie ensiem met maagsure verbind, stimuleer dit die produksie van die ensiem pepsien, wat dan proteïene afbreek in aminosure.
  2. Produksie van maagsuur veroorsaak ook ‘n chemiese sein wat boodskappe stuur na ander dele van die spysverteringstelsel.
  3. Dit stimuleer onder andere die pankreas om vier (4) belangrike verteringsensieme af te skei.
    1. Bikarbonaat, om maagsure te neutraliseer wat in die dermkanaal deurkom om nie die dermwande te beskadig nie
    1. Protease: die afbreek van proteïen
    1. Lipase: die afbreek van vette
    1. Amilase: die afbreek van stysel.
  4. Laastens maagsuur stimuleer ook peristaltiese bewegings van die derms, om voedsel verder fyn te druk, en afgebreekte voedsel na ander dele van die spysverteringstelsel aan te skuiwe.   

Pepsien in maagsuur

  1. Pepsien kan slegs produseer word in hoë maagsuurtoestande, wat ‘n pH het van tussen 3-en 5.
  2. As daar nie genoeg maagsuur in die maag teenwoordig is nie, kan pepsien nie vorm nie, want pepsien vorm net met hoë maagsuurtoestande.
  3. Dit is baie problematies.
  4. Want dit bring mee dat die afbreek van die proteïen van voedsel wat ingeneem word, onmoontlik is en dit het ‘n rimpel-effek dwarsdeur die spysverteringstelsel.
  5. Die produksie van pepsien het ‘n verdere belangrike funksie.
  6. Deur die afbreek van proteïne in voedsel, word Vit B 12 vrygestel in die verteringsprosesse.
  7. Te min pepsien veroorsaak dat Vit B12 gebonde bly aan die proteïen
  8. Dit sal nie in verdere prosesse ook vrygestel word om aan ander elemente te bind nie, om dit deur die spysverteringstelsel se wande neem as voeding nie.

Te min maagsuur

  1. Lewer simptome soos naarheid byna direk na ete, skielike winde, opgeblaasdheid en ander bekende sooibrandsimptome.
  2. Hierdie toestand kan verkeerd interpreteer word. Dat die maag teveel suur het en die moontlikheid dat dit dalk te min produseer, word nie gereken nie.
  3. Dan word die toestand met teensuurmiddels onderdruk.

Ander kenmerke by maagsuur

  1. Maagsuur is ‘n waterige kleurlose vloeistof wat deur die maagwande produseer word. Maagsuur is die eerste linie van die liggaam se selfverdediging rakende voedsel wat ingeneem word.
  2. Dit is nie altyd voedsel wat besmet is met skadelike patogene nie, dit is ook hande wat aan besmette areas vat en moontlik deur die neus en sinuskanale in die mond en maag beland.   
  3. Die liggaam is ontwerp om hoë vlakke van suur in die maag te handhaaf wat nie nadelig is nie vir die mens nie.

Die hoë suurinhoud se doel is;

  1. Om voedsel af te breek in aminosure en kleiner partikels vir maklike verdere vertering
  2. Om die bio-opneembaarheid van voedsel te bespoedig in die spysverteringstelsel
  3. Om maklike beweging deur die spysverteringskanaal gedurende vertering te vergemaklik.
  4. Om bakterie en virusse asook ander skadelike patogene te vernietig wat die maag inkom.
  5. Vele ongunstige maagtoestande is juis ‘n aanduiding daarvan dat patogene verby die maag se verdedigingslinies (suur) kon glip omdat daar te min maagsuur teenwoordig is.

Hoe sterk is die suur van die maag?

  1. Suur word gemeet op ‘n pH skaal van 0-14.
  2. Hoe laer die pH meting van ‘n produk, hoe hoër is die suurvlak of inhoudelike van ‘n produk.
    1. Batterysuur is ʼn baie sterk suur en het ‘n pH van 0
    1. Water is veronderstel om ‘n neutrale pH-meting van 7 op die skaal te lewer.
    1. ‘n pH van 14 is die mees alkaliese meting van ‘n produk
  3. Batterysuur kan as voorbeeld vele metale asook been oplos.
  4. Maagsuur is net 1 tot 2-metings hoër as batterysuur. Dit kan dus in ideale omstandighede ook metale en bene afbreek en of beskadig wat in die maag beland.

Funksies van maagwande

Die maagwande produseer ‘n maagsuur trio. Dit bestaan uit drie sure.

  1. Soutsuur waarvan net ‘n klein hoeveelheid teenwoordig is in die maag 
  2. Potassium-chloried (KCL)
  3. Sodium-chloried (NaCl)

Die maagwande stel ook verskeie verteringsensieme vry, asook ‘n speeksel of mukus af wat keer dat die sure nie die maagwand beskadig nie.

Wat is die simptome van ‘n lae maagsuur?

Dit is normaal dat suurvlakke in die maag van tyd tot tyd kan wissel.

Stres en verskeie medikasie kan veroorsaak dat die maagwand nie die ideale hoeveelhede  suur produseer nie, wat nodig is om ‘n natuurlike, selfonderhoudende spysvertering te handhaaf nie.  

Toestande wat dit demonstreer is;

  1. Winde opbreek
  2. Opgeblasenheid
  3. Omgekrapte maag
  4. Sooibrand of “heartburn
  5. Diarree
  6. Koliek, maagpyn en swak spysvertering
  7. Naarheid en braking
  8. Winde of gas
  9. Haarverliese

Die mediese toestand vir kroniese lae maagsuur word “ hypochlorhydria” of “suurdigestie” genoem.

Lae maagsuurvlakke, waar natuurlike verteringsprosesse in die spysverteringskanaal ontwrig word, bring mee dat voedsel in die spysverteringskanaal in wese met skadelike bakterie moet vrot om af te breek.

Lae maagsuur dra by tot;

  1. Die versameling van groot hoeveelhede vrye radikale in die liggaam
  2. ‘n Goeie habitat vir groot hoeveelhede skadelike bakterie in die spysverteringskanaal omdat ‘n tekort aan suur dit nie na behore vernietig tydens inname nie.
  3. Die behoefte om verkieslik nie te ontbyt nie.
  4. Voedsel wat nie gesond en natuurlik bio-afbreek in die liggaam nie, beteken dat kos nie opgeneem word as bio-voedsel vir die liggaam nie.
  5. Hier onverteerde produk is dus nie volledig bio-opneembaar nie, maar het nagevolge.

Onverteerde en verrotte kos in spysverteringstelsel

  1. Lewer: Onverteerde kosse in die dermkanaal plaas groot druk op die lewer en gal om die liggaam te ontgif.
  2. Niere: Groot druk word op die niere geplaas om skadelike konsentrate vloeistof te hanteer en uit te skei, veral in omstandighede waar te min water ingeneem word om lewer en niere te help skoon te spoel.
  3. Liggaamselle: Veroudering word bevorder, omdat selle voortdurend met toksiese afvalstowwe deur die bloedstroom oorspoel word.

Daar is ook ander nagevolge wat ontstaan onverteerde voedsel en voedingstekorte

  1. Die stimulering van die “apokriene” sweetkliere wat oormatige onderarm sweet veroorsaak.
  2. Ongunstige sweettoestande in die perineale area van mans en vroue, (sweet wat vorm tussen die anus en skrotum en of anus en vagina, asook ongure sweetproduksie by die skaamlippe, (labia majora) vaginale gedeelte by vroue.
  3. Slegte asem (halitose)
  4. Verswakte naels, dowwe en gebreekte hare en ook haarverlies
  5. Diarree kort na etes
  6. Verskeie allergiese toestande vir vele voedselsoorte
  7. Intoleransie vir stof, suiwel, stuifmeel en chemiese produkte
  8. Histamien intoleransies ontstaan omdat onvoldoende DOA ensiemproduksie in spysverteringstelsel ontstaan om histamieninname se effekte uit te balanseer
  9. Maagkrampe
  10. Onverteerde voedsel in stoelgang
  11. Kroniese diarree
  12. Slaap en vaak na ‘n maaltyd
  13. Ongewone onnatuurlike reaksies met die inname van voedselaanvullers
  14. Swart en teeragtige stoelgang

Daar kan vele ander oorsake en toestande ook wees.

Faktore wat bydra tot lae maagsuurproduksie

  1. Kroniese stresvolle omstandighede
  2. Ouderdom. Meeste mense oor 50 jaar produseer van nature minder gastriese vloeistowwe.
  3. Persone oor 65, produseer die minimum gastriese vloeistowwe wat meebring dat daarmee voedingstekorte ontstaan, selfs met die inname van die gesondste kos moontlik.
  4. Te min nutriënt innames, soos zink en Vit B1-B6 kan veroorsaak dat te min gastriese vloeistowwe natuurlik produseer word.
  5. Nikotien beïnvloed die produksie van gastriese vloeistowwe
  6. Alkohol in ongesonde hoeveelhede minimaliseer die opname van minerale en vitamiene beïnvloed
  7. Premature geboorte
  8. Maagoperasies versteur die vermoë om gastriese vloeistowwe te produseer
  9. Kroniese medikasie en kroniese siektetoestande inhibeer gastriese produksie
  10. Bakteriese infeksies, veral deur die bakterium “Heliobacter pylori of H.pylori

Natuurlike maniere om die gevolge van lae maagsuur aan te spreek

  1. Verander dieet:  Sny suiker en stysel en verfynde voedselsoorte sonder ruvesel soos koeke en ander gebak uit.
  2. Neem gesonde en natuurlike minerale en voedselaanvullers in wat ryk is aan genoegsame : Vitamiene A, B, C, D, E en K en zink, en veral deur gesonde voedselsoorte.
  3. Neem volledige maaltydvervangers in: Soos “Hippie Shake” in: Lees sulke produkte se gesertifiseerde inhoudelike op die pamflet
  4. Bestuur medikasie met goeie oordeel: Lees die pamflette vir hul moontlike nagevolge
  5. Verlaag stres aktief en doelbewus: Oorweeg natuurlike produkte soos Tulsi en Ashwagandwa
  1. Oorweeg die daaglikse inname van organiese appelasyn: Neem 15 ml in die oggend en aand met bietjie water
  2. Verminder die moontlike inflammasie in die maag: Lees en oorweeg die waardes van natuurlike produkte soos Ecohealth se  “Enrich Clay “ kapsules wat bentonietklei en curcumin (borrie se aktief) met bioperine bevat om inflammasie natuurlik te beveg.
  3. Verminder die innames van alkohol, veral aangevul met kola en ander suiker.
  4. Neem meer gefermenteerde produkte in (probiotiese produkte, soos suurkool of sauerkraut, jogurt, kambucha, kefir, goeie wyn, goeie gefermenteerde bier, miso, tempeh, gefermenteerde souse, wat op hul beurt die gevolge van lae maagsuurvlakke aanspreek, maagsuurvlakke bevorder en in die proses;
    • Hoë bloeddruk aanspreek
    • Hartvatsiektes aanspreek
    • Diabetes
    • Oorgewig
    • Inflammasie in die maag en spysverteringstelsel
    • LDP of skadelike cholesterol vermindering

RESEPTE

  1. Resep vir kimchi of gefermenteerde kool
  2. Resep vir gefermenteerde groente

Toestande met ‘n hoë maagsuur.

Soos genoem is die toestande byna identies dieselfde. Behalwe dat;

  1. Maagsere ontstaan
  2. Verminderde behoefte om te eet en gesonde voedsel in te neem
  3. Ongesonde en onverklaarde gewigsverlies wat plaasvind
  4. Seer en ongemak in die maag ontstaan wanneer dit nie kos in het nie.

Mediese ingrepe om hoë maagsuurvlakke te bestuur

  1. Mediese ingryping by hoë maagsuurvlakke word met medikasie bestuur, waaronder ‘n “Proton-pomp- inhibeerders of PPIs”
  2. H2 Blokkeerders
  3. Voorskrif teensuurmiddels  
  4. Die verwydering van moontlike gewasse in die maag, tumors.
  5. Verwydering van ‘n gedeelte van die maag
  6. Verwydering die “Vagus-senuwee” of “Vagotonie” in die maag

Natuurlike maniere om hoë vlakke van maagsuur te bestuur

  1. Soethout of liquorice beskerm die slukdermvoering by kroniese reflukstoestande.  Onthou net dat teveel liquorice potasiumvlakke verlaag en bloeddruk kan verhoog
  2. Aalwynjel. Dit beskerm ook die voering van die slukderm en help die derm om te genees. Kry net ‘n gehalte produk wat vir inwendige gebruik bedoel is.
  3. OLM of “Slippery elm” voor elke ete
  4. Drink organiese appelasyn 15 ml in bietjie water
  5. Ecohealth se MSM (metielsulfonielmetaan) versterk de slukderm teen maagsuur. 1-3 Kapsules 2 keer ‘n dag voor etes.
  6. Slaap. Op die korrekte wyse. Mens se maag sit aan jou linkerkant. Sou jy op jou linkersy of rug slaap, moedig jy die maaginhoud aan om in die slukderm op te stoot.
Human digestive system, digestive tract or alimentary canal including labels with US spellings

Ander voorkomende optredes

  1. Vermy vetryke kosse. Dieetvet veroorsaak dat die liggaam ‘n hormoon produseer wat die slukderm verswak sodat suur die slukderm kan binnekom.
  2. Kleiner maaltye, 5-6 ‘n dag en laaste ete vroegaand, 3-4 ure voor slaaptyd
  3. Verminder koffie en tee, gekarboneerde kola , suiker, sjokolade, tamaties en ook sitrusvrugte
  4. Skerpgegeurde speserye
  5. Stywe klere en ondersteuningskouse veroorsaak kan sooibrand stimuleer
  6. Vermy groenment en peperment stimuleer die slukderm om oop te gaan.
  7. Vermy nagsopies
  8. Verloor gewig, persone met 10-20% bokant normale gewig is staan die gevaar om sooibrand te ontwikkel
  9. Hou op rook. Rook verslap jou slukdermspier wat dan toelaat dat suur die slukderm invloei.
  10. Koeksoda
  11. Gemmer en hier om sooibrand te verlig
  12. Kou kougom na ete, omdat dit speeksel produseer wat alkalies is en maagsuur so verdun

6 Comments on “Sooibrand of gastroësofageale refluks.”

  1. Hallo Pierre,

    Baie dankie vir die artikel oor sooibrand. My dogter (40 jaar) ly baie aan sooibrand.

    Was al by die dokter en het Trustan voorgeskryf. Sy gebruik dit nou al sowat 3 maande. Dit help baie.

    Maar is dit die antwoord?

    Sy sukkel ook met haar gewig.

    Sy het aanpassings gemaak met wat sy eet.

    Het jy dalk die artikel in Engels?

    Waardeer jou baie,

    Baie dankie ook vir jou.

    Groete

    Zetoné Lopes

    0835567094

    Like

  2. Pingback: Bloedsuiker 3: Diabetiese Gastroparese – Pierre-Ecohealth Blog Posts

  3. Pingback: Verteringsensieme: Potgooi 1-3. – Pierre-Ecohealth Blog Posts

Leave a comment