Bloedsuiker 3- Diabetiese Gastroparese

Hoënormale Bloedsuiker en diabetes veroorsaak op ‘n stadige onbewustelike wyse dat persone se spysvertering nie na wense is nie. Die toestand kan as “slow poison” beskou word omdat hoënormale bloedsuiker en diabetes die senustelsel wat betrokke is by spysvertering, met tyd verswak en uiteindelik kan vernietig.

Die toestand staan bekend as diabetiese gastroparese.

‘n Toestand waar die spysverteringstelsel te lank neem om van sy inhoudelike ontslae te raak.

Die outonome senuweestelsel

 Die gedeelte van die senustelsel wat outomatiese funksies van die liggaam reguleer sonder dat die mens daarvan bewus is, is ook direk en aktief betrokke by die beweging van voedsel se afbreek en bewegingsprosesse deur die spysverteringstelsel.

Die vagussenuwee in die maag

  • Reguleer die spiere van die maag.
  • Die senuwee is betrokke onder andere by die opbreek van voedsel in die maag
  • Stimuleer ook met seine verdere kontraksies van die derms verder af in die spysverteringstelsel, nadat kos deur die onderste maagklep in die dermkanaal in gestoor word.

Die vagussenuwee stimuleer

  • Die pankreas se insulienafskeidings asook die pankreas se produksie van verteringsensieme
  • Speel ‘n belangrike rol om voedsel in die spysverteringstelsel deur die pilorus te beweeg, (die opening van die maag na die duodenum), verby die pankreas wat ensieme moet afskei (naas insulien), om voedingstowwe biologiese af te breek vir opname deur die dermkanaal.

Lees ook die skrywe oor sooibrand en gesonde maagsuuromstandighede

Vagussenuwee en hoë bloedsuiker/ diabetes

  • Hoënormale bloedsuiker en diabetes beskadig die senuwee wat die toestand gastroparese veroorsaak
  • Dit beskadig die senuwee se outonome funksies wat kontraksies van die maag en dermkanale stimuleer
  • Vernietig en of belemmer ook die bloedvate wat die nodige suurstof en voedingstowwe aan die senuwee moet voorsien. 

 Komplikasies van Gastroparese

  • Sooibrand
  • Naarheid en braking
  • Opbring van onverteerde voedsel
  • Gewigsverlies
  • Abdomen wat opblaas
  • Onvoorspelbare bloedglukose vlakke
  • Spasmas van die maagwand
  • Onvoorspelbare en ongereelde maagwerkings
  • Geen hongerpyne nie

‘n Disfunksionele vagussenuwee kan veroorsaak dat voedsel in die maag verhard en obstruksie in die maag veroorsaak.

Dit het ook vele ander komplikasies.

  • Kan lei tot ondervoeding omdat te min nutriënte en ander noodsaaklike voeding deur die liggaam opgeneem word
  • Dehidrering en of ontwatering
  • Maak dit moeilik om bloedsuikervlakke te bestuur en te beheer, omdat storting van die maag se inhoud in die dermkanaal ongereeld is.
  • Dit bring mee dat insulien en bloedsuikervlakke ook ongereeld is.
  • Kan lei tot ondervoeding omdat te min nutriënte en ander noodsaaklike voeding deur die liggaam opgeneem word
  • Dehidrering en of ontwatering
  • Maak dit moeilik om bloedsuikervlakke te bestuur en te beheer, omdat storting van die maag se inhoud in die dermkanaal ongereeld is.
  • Dit bring mee dat insulien en bloedsuikervlakke ook ongereeld is.

Die bestuur van gastroparese

  • Voorkom dit deur kennis te neem van suiker se rol in die dieet en beperk suiker se skade deur beperkte inname daarvan.
  • Bestuur die maagsuurbalans of pH natuurlik, veral persone oor 45 jaar, met die inname van gefermenteerde produkte soos organiese appelasyn, suurkool, kefir, goeie onversoete jogurt.
  • Neem produkte in soos kambucha, ook ‘n gefermenteerde produk, wat ryk is aan Vit B12, om die beperkinge wat maagsuur dalk mag hê om Vit B in opbreek proses in die maag, waar proteïene en Vit B geskei word, aan te vul.
  • Te min maagsuur stel nie Vit B12 vry van die proteïen wat opgebreek word in die maag nie, en dit breek dan nêrens elders in die spysverteringstelsel af nie.
  • Oorweeg kleiner porsies kos gedurende die dag, suikervry
  • Kou kos behoorlik fyn en meng deeglik met speeksel voordat dit gesluk word.
  • Oorweeg goeie maaltydvervangers, soos Ecohealth se “Hippie Shake” wat byna direk in die bloedstroom opgeneem kan word en, as ‘n volledige maaltyd kan dien indien die vagussenuwee beskadig is weens hoënormale bloedsuiker, medikasie en of diabetes.
  • Oorweeg die inname van kolostrum en kollageen.
  • Kolostrum stimuleer beenmurg om stamselle te vervaardig om selle wat afsterf of beskadig is in die liggaam vervang.
  • In ideale omstandighede mag kolostrum en kollageen dit dalk die agteruitgang van senuskade keer weens natuurlike stamselvervaardiging van die immuunstelsel
  • Kollageen is sowat 30% van die proteïen in die liggaam en versterk selwande, senuweewande, beenstrukture en ook epiteelweefsel in die spysverteringskanaal .

Die volgende produkte van Ecohealth

Kan oorweeg word om gastriese beweging in die spysverteringskanaal aan te moedig

  • Organiese appelasyn om maagsuur se pH in balans te bring
  • Aptekersparaffien om dermwande te smeer om beweging te vergemaklik
  • Probiotika, in kefir, Umkhonto en Bioworx kapsules
  • Kollageen
  • Kabucu om inflammasie natuurlik te onderdruk
  • Fulvicsuur
  • Kolostrum
  • Hippie Shake
  • Triphala, ‘n neutsamestelling wat lewer en kolon skoonmaak
  • 2-3 Liter water per dag
  • Geaktiveerde houtskool om gifstowwe en winde te neutraliseer  
  • Oefening

1 Comments on “Bloedsuiker 3: Diabetiese Gastroparese”

Leave a comment