Limfvatstelsel

Immuunstimulering: Inleidende gesprek

Geval Hennie Lourens

Vandat Hennie uit die weermag gekom het, het hy probleme begin ervaar met sy bene. Hennie het daardie jare nog gaan gym. Met die jare het hy het bly gewig optel en sy bene het verskriklik groot begin raak.

Doktersbesoeke was maar elke keer dieselfde. Hennie moet gewig verloor. Hy is “obese”of vetsugtig.

Hennie is gediagnoseer met “lymphoedema” of “limfendeem.”

Daar is vir hom gesê dat daar niks is wat hulle vir hom kan doen nie. Hulle kan hom nie behandel nie. Die beste aanbeveling is dat hy gewig moet verloor.

Hennie was op moedverloor se vlakte en het mediese sorg maar gelos. Die kouse wat aanbeveel was, het ook nie gewerk nie want dit het bloedtoevoer afgesny.

Limfdreinering

‘n Jaar gelede het ons iemand ontmoet wat limfdreinering doen. Hennie het vir ʼn paar sessies gegaan, so 10 tot 20 minute.

Dit het geen verandering gebring nie. Sy bene het soos ballonne al gestaan en was kliphard soos bakstene. Sy toestand het net vererger en niemand het geweet wat om te doen nie.

Hy kan nie beweeg of loop of enige iets doen nie. Letterlik wag vir die dood.

Immuunstimulering

Vele mense wat in dieselfde posisie as Hennie was, het gevra vir hulp op Ecohealth se blad. Met die standaard antwoord dat daar nie mediese hulp is vir hulle nie.

Pierre het na immuunstimulering, ‘n eie unieke massering van die liggaam en limfvate as ‘n moontlike hulpmiddel vir persone wat dieselfde mediese toestand.

Hennie het na soveel teleurstellings en vernederings oor sy fisiese voorkoms ingewillig om een van Pierre se proefkonyne te wees.

“Obese” of vetsug

Pierre het met Hennie se eerste besoek duidelik gemaak dat hy net sy beste gaan probeer. Hy kan geen waarborge gee nie.

Hy het Hennie tog moed ingepraat en gesê hy is van mening dat Hennie se siektetoestand verbeter kan word en moontlik omgedraai kan word. Selfs geneesbaar is.

Hennie se limfvatstelsel is disfunksioneel is en hy toon ook tekens van erge waterretensie. Dit is die  faktore wat deurlopend aangespreek moet word. Daar is ook verskeie bydraende faktore daartoe.

Dit kan nie net aan een enkele faktor toegeskrywe word nie. Diëte en ander pille, soos wat dit algemeen bemark word, gaan niks aan hierdie toestand doen nie.

Inteendeel, net die toestand vererger.

Inleiding

Daar in vele interne prosesse wat ‘n rol speel wat bydrae tot die toestand.

Persone in hierdie gesondheidstoestand ondergaan erge persoonlike lyding, selfverwerping, geloofsprobleme, sosiale probleme, gesondheidsprobleme en dit blyk, word ook verkeerd behandel en gediagnoseer.

  • leptienweerstandigheid
  • te min maagsuur vs. teveel maagsuur
  • hardlywigheid
  • te min water
  • te min beweging
  • swak bloedsomloop
  • suiker en bloedglukose, insulienweerstandigheid, wat bloedvloei onder andere dik en klewerig maak
  • stres
  • gemorskosse en gaskoeldranke
  • parasiete

Limfvatstelsel. Wat moet mens weet?

Persone soos Hennie se voorkoms, het te doen met waterretensie en die versameling van vog in die liggaam. ‘n Limfvatstelsel wat nie na wense dreineer en funksioneer nie.

Die doel van ‘n persoon se limfvatstelsel, naas belangrike immuunfunksies, moet dien as die tweede “riool” of dreineringstelsel.

Dreineringsfunksies van die limfvatstelsel

 Die limfvatstelsel is ‘n netwerk van weefsel, organe en dreineringsvate wat aaneengeskakel is om sowat 20 liter kleurlose waterige vloeistof, wat die liggaam self produseer,  terug in die bloedvatstelsel in te filter.

Hierdie limfvloeistof vloei

Deur die are en bloedvate, asook haarvate in die liggaam elke dag.

  • Nadat hierdie vloeistof, wat die liggaam se voedingstowwe bevat, na al die selle van die liggaam geneem is, (sowat 100 biljoen selle) filter sowat 17 liter vloeistof daarvan terug in die bloedvatstelsel.
  • Die ander sowat 3 liter van die vloeistof filter in die liggaam self in. Hierdie vloeistof word nou limfvloeistof genoem.
  • Limfvloeistof vervoer nie net voedingstowwe na al die selle in die liggaam nie, dit versamel ook al die afvalstowwe van die selle in die liggaam.

Tweede “rioolstelsel”

Die limfvatstelsel, naas sy immuunfunksies, staan ook bekend as die liggaam se “tweede rioolstelsel.”

Die limfvatstelsel het vele sleutelfunksies

  • Dit handhaaf belangrike waterbalanse in die liggaam
  • Absorbeer verskeie vette van die spysverteringstelsel, en vervoer dit terug in die bloedstroom vir opname

Die limfvatstelsel Is deel van die immuunsisteem.

  • Die limfvatstelsel produseer limfosiete (witbloedselle) en ander voordelige immuunselle wat die liggaam beskerm teen bakterie, virusse en ander skadelike patogene soos parasiete en fungi.

Anatomie van die limfvatstelsel

Daar is sowat 600 limfnodes in die menslik liggaam, wat orals in die liggaam versprei is.

  • Limfnodes kan enkel voorkom, of kan in ‘n groep in ‘n ketting voorkom
  • Limfvloeistof: Die versameling van ekstra vloeistof wat filter of syfer vanuit die liggaam se selle. Hierdie vloeistof sluit in proteïne, minerale, vette, nutriënte, dooie en beskadigde selle, kankerselle, bakterie, virusse asook limfosiete of witbloedselle
  • Limfnodes: Limfnodes het ‘n boontjie vorm. Dit is kliere wat die vloeistof monitor as dit deur die nodes filter. Hierdie nodes filter beskadigde asook kankerselle uit.
  • Limfnodes vang bakterie, fungi, virusse en parasiete op en vernietig dit met limfosiete of witbloedselle wanneer dit deur die node filter.
  • Limfnodes elimineer ook ander skadelike vloeistowwe wat in die limfvloeistof opgevang word.

Limfnodes word met limfvate aanmekaar gekonnekteer.

  • Limfvate is ‘n netwerk van mikrovate in die liggaam wat limfvloeistof weg dreineer na die limfnodes toe. 
  • Die limfvatstelsel funksioneer soos die bloedvatstelsel, Behalwe dat dit ‘n filtersisteem is wat onder lae druk funksioneer.
  • Dit filter en syfer deur, anders dan die bloedvatstelsel wat met die pomp van die hart aangedryf word.

Borslimfbuise en borsbeenslagaar

  • Limf, nadat dit hul funksies in die weefsel en selle voltooi het,  word uiteindelik gedreineer in die borslimfbuise.
  • Wat dit op hul beurt terug laat vloei in die borsbeenslagaar, wat dit terugplaas in die bloedstroom.
  • Die borsbeenslagaar loop onder die sleutelbeen.

Die belangrikheid van limfvloeistof

Wat suksesvol teruggeplaas word in die bloedstroom;

  • help om bloeddruk normaal te hou en,
  • voorkom dat vloeistof in die selle heropbou, wat limfendeem genoem word.

Ander belangrike organe van die limfvatstelsel

  • Milt: Dit is dis grootste orgaan in die limfvatstelsel.  Word aan die linkerkant van die liggaam gevind , bokant die maag en onder die ribbekas. Dit filter en stoor bloed en ook witbloedselle wat infeksies beveg of ander siektes.
  • Skildklier: Die orgaan word in die keel se area gevind bokant die borsbeen. Dit produseer naas belangrike hormone wat die liggaam se funksies dien, ook ‘n spesifieke tipe limfosiet of witbloedsel om vreemde organismes te vernietig.
  • Mangels en kleintongetjie: Word beskou as die liggaam se eerste linie van verdediging.  Dit vang patogene op wat in die lug voorkom, en met asemhaling ingeneem kan word. Die mangels patogene wat in voedsel voorkom.
  • Beenmurg: Witbloedselle, rooibloedselle en hul palette word in die beenmurg vervaardig.
  • “Peyer’s patches:” Dit is die verdikking (versameling limfnodules) wat in die slymvlies en  epiteelweefsel van die ileum, of laaste gedeelte van die dunderm in die spysverteringstelsel voorkom. Die menslike liggaam bevat sowat 100 Peyer’s patches. Hul funksie is om bakterie in die spysverteringstelsel te vernietig.
  • Peyer’s patches bevat ‘n verskeidenheid immuunselle.  Makrofage, dendritiese selle, M-selle, T-selle en B-selle.
  • Blindederm: Die blindederm se belangrikheid het eers onlangs status ontvang as ‘n belangrike deel van die limfvatstelsel en die immuunstelsel.  Dit bevat limfweefsel wat bakterie en ander patogene vernietig voordat dit die ingewande se wande binnedring om die te ontwrig.
  • Dit huisves ook probiotika, wat die spysverteringstelsel met probiotiese bakterie weer hervestig.

Limfatiese filariase of draadwurmsiekte (Olifanstsiekte)

  • Daar is egter ‘n tropiese siekte wat deur ‘n muskiet oorgedra word wat lei tot verdikking van ledemate wat ook bekend staan as “ olifantsiekte” of “elephantiasis”
  • Die fisiese voorkoms is ‘n dik vel en ontsteekte growwe weefsel waar miljoene bakterie huisves en selfs wurms vele kere te vinde is. Die wurms kan ook vlieg of brommerlarwes wees.
  • Hierdie limfatiese parasiet ontwikkel binne die muskiet tot ‘n stadia waar dit met die bloedmaal van die muskiet, die mens se weefsel penetreer.
  • In die weefsel migreer die larwe deur die bloedvate na die limfvatstelsel, waarna die wurm volwassenheid bereik en homself in die limfvatstelsel vestig.

Nie alle mense bewys enige simptome hiervan nie.

  • Die draadwurm veroorsaak ‘n verstopping in die limfvatstelsel se netwerk van dreinering. Met die gevolg dat ledemate limfvog versamel wat in die selle en weefsel opdam.
  • By volwassenheid van die draadwurm, repliseer die wurm in die mens en besmet weer die muskiet met die onvolwasse stadia van die wurm as die kom parasiteer op die mens.  
  • Hierdie nematode of wurm is ook naglewend, of “nocturnal.” Dit is nie aktief gedurende die dag nie. En moet daarom in die aand tydens slapenstyd met effektiewe anti-parasitiese wurmmiddels behandel word.

Belangrikheid van voorkoming en behandeling

Dit is belangrik dat die parasiet in die mens behandel word. Hierdie parasiet lewe tot 8-jaar binne die limfvatstelsel. En produseer miljoene mikrofilaria (onvolwasse wurms) wat in die bloedstroom sirkuleer.

Al is die simptome asimptomaties

  • M.a.w. daar bewys geen fisiese tekens nie, onderdruk die wurm se verblyf die immuunsisteem se funksies, soos bo beskrywe,  en het dit ook ‘n nadelige effek op ‘n persoon se niere.

Versteurde ledemate

  • ‘n Persoon met vervormde ledemate ontwikkel ook selfbeeldprobleme, gesondheidsprobleme, sosiale verwerping en ontwikkel ‘n onvermoë om ‘n inkomste te genereer, of om selfversorgend te wees. Alle moontlike inkomste moet vir mediese versorging gaan.

Vele kere is sekondêre bakteriese velsiektes by so ‘n persoon gewaarborg.

Daar is ‘n voortdurende dreinering van vog uit die liggaam. Diep wonde ontstaan en sere migreer deur die weefsel na bowe. Die vel degenereer en ontsteekte wonde met miljoene bakterie ontstaan.

En al hulp wat die persone ontvang is waarskynlik antibiotika en of ‘n antibakteriese salf om aan te smeer.

Wat nie die probleem oplos en of die dreinering van limfvog bevorder nie.

Die bestuur van limfendeem

  1. Die skoonmaak (detoks) van die kolon en lewer
  2. Die uitskakeling van alle suiker en stysel
  3. 2 -3 liter skoon water per dag (30 ml vir elke 10 kg)
  4. Net groente, vrugte en vleis, genoegsaam ruvoedsel en selfs die navolg van ‘n keto-dieet met speserye wat bloedsomloop bevorder. Onder andere Ecohealth se “Spice mieks” met rooipeper, kaneel, curcumin, komyn, gemmer en swartpeper in.
  5. Natuurlike produkte wat bloedglukose bevorder en insulien natuurlik bestuur
  6. Die natuurlike bevordering van spysvertering metabolisme, met magnesium in kapsules in die aand slapenstyd
  7. Die bestuur van die korrekte pH van maagsuur met organiese appelasyn
  8. Genoegsame slaap
  9. Oefening, al is dit om te begin om te loop, te swem of fiets te ry
  10. Die bestuur van stres deur die vermindering van kortisolproduksie van die byniere
  11. Die bevordering van aktiewe gereelde stoelgang
  12. Intensiewe immuunstimulering van die hele liggaam ten minste weekliks
  13. Natuurlike wondsorg, met geaktiveerde houtskool, bruinsuiker, gewone soutwater, heuning en kolostrum.
Waterretensie 1
Weefseltoets

Ecohealth se gesondheidsprodukte

  • Kolostrum
  • Kollageen
  • Hippie Shake
  • Kabucu (Kankerbos, buchu, curcumin met bioperine) vir anti-kanker en inflammasie
  • Fulvicsuur
  • Probiotika, by name Umkhonto en Bioworx kapsules
  • Kefir, water- en melkgebaseerde produk
  • Kambucha vir Vit B inname
  • Pierre se Mieks om aan ledemate te smeer wat ontsteek het.

Produkte is hier te kry

www.pierre-ecohealth.co.za

4 Comments on “Endokriene of Limfvatstelsel”

  1. Baie dankie vir hierdie uiters interesante stuk, nou dink ek weet wat fout kan wees met my niggie, sy het bors kanker gehad en altwee

    borste is verwyder, nou swel haar linger arm so vreeslike maar die ander een is normal.

    Ek aanvaar dit die daai arm se “limf stelsel” wat nie reg werk nie?

    Maar wat my ook nou by val is, ‘n ander niggie van my het ook dieselfde gehad maar haar arms swel nie so nie, nou vra ek hoekom nie?

    Doen sy onwetend iets reg? En wat kan dit wees?

    Ria Maree

    Like

  2. Goeiedag Pierre! Ai dit is mos my probleem, limfidema😢 eks van Wolmer PtaNrd…ekt nog geleentheid gesoek na julle, toe word my man na prostaat operasie gediagnoseer met “stage 4” nierkanker, dis in sy & verder, hys baie siek 17kg in 2mnde verloor moet gaan vir chemo wat hy ni wil hê nie ! So my probleem moet eers op die agtergrond bly, eks dik was nog nooit in my lewe so vet nie 97kg was .. dieet & pille werk nie, ek voel siek & moedelloos als wat jy beskryf… Ek sluit fotos van my bene in, staat sukkel om my onderaktiewe skildklier normaal te laat funksioneer, drink ook watr pille… Wil ni meer so lyk nie! Dankie weereens vir ñ puik rubriek oor limfedemia! Ander dink ek lê net & eet! Groete Sandra. (68)

    Like

Leave a comment