Balans in Bloedsuiker

Daar word beweer dat daar in meer as 50 produkte is waarvan suiker een van die bestanddele is. Van ontbytgraan, tamatiesouse, burgers, souse, nie eens te praat van direkte suiker in lekkergoed, sjokolade, koeke, en ander lekkernye nie.

Is al die suiker noodwendig nadelig?

  • Bloedsuiker is die liggaam se primêre bron van selbrandstof en is speel ‘n kritiese rol in die hele liggaam se funksies, asook verstandelike welsyn.  
  • As bloedsuiker net effens bokant die normale uitstyg, (stres, slegte eetgewoontes, oortollige liggaamsvet, gebrek aan oefening, genetiese faktore), word die hele liggaam se welstand negatief beïnvloed.
  • Te hoë bloedsuiker laat energievlakke daal en enige pogings om gewig te verloor, word negatief beïnvloed.
  • Hoë bloedsuiker in die Literatuur is eers onlangs erken dat dit nie ‘n gesonde of “normale”  toestand soos voorheen gereken nie.
  • Alhoewel hoënormale bloedsuiker nie as diabetes geklassifiseer word nie, word met nuwe navorsing bewys dat die toestand ‘n baie gevaarlike gesondheidstoestand is.
  • Hoënormale bloedsuiker, te hoog om gesond te wees en te laag om diabetes genoem te word, het wel ‘n genetiese komponent wat ‘n rol by sommige individue se toestande speel.
  • Hoënormale bloedsuiker word grootliks veroorsaak deur ‘n moderne lewenstyl met ongesonde eetgewoontes.
  • Stres wat swak bestuur word of met medikasie onderdruk word, te min oefening, oormaat alkohol en nikotien word in die Literatuur as “killers” of moordenaars beskou..
  • Die menslike liggaam is in wese nog steeds dieselfde as wat dit tien of twintigduisend jaar gelede was.
  • Moderne leefstyl en ongesonde eetgewoontes veroorsaak dat die liggaam hoër as die normale bloedsuikervlakke ontwikkel.
  • Prehistoriese voorsate het gemiddeld net eenmaal ‘n dag geëet en moes vir heeldag in die veld spandeer wat bloedsuiker verbrand het.  
  • Die moderne leefstyl het passiwiteit tot gevolg en hoër as normale bloedsuikervlakke.
Insulin resistance pathological health condition in educational outline diagram. Labeled cycle scheme with anatomical explanation of process vector illustration. Medical state with high food demand.

Hoënormale kan tot die volgende toestande kan lei.

  • Oorgewig
  • Swangerskapdiabetes
  • Hartsiektes en beroerte
  • Volskaalse Tipe 2 Diabetes
  • Polisistiese Ovariumsindroom
  • Sindroom X-

Voordele van Bloedsuikerbalans

  • Hoë afskeiding van insulien uit die pankreas, (die hormoon wat bloedsuiker uit die bloedstroom na elke sel in die liggaam toe neem), voorkom die afbreek van vette.
  • Lae bloedsuiker op sy beurt is weer insulien wat te goed funksioneer. Dit wakker hongerte en luste aan vir kos en snoepery en veroorsaak dat ‘n persoon hom vergryp aan voedsel en op die ingewing van die oomblik ooreet.

Balans in bloedsuikervlakke, sal die afbreek van opgegaarde energie (vet) bevorder, en hongerte in toom hou. Dit sal ook sel en lewensmoegheid uitskakel gedurende die dag en energievlakke verhoog.

Wat gebeur as ‘n persoon eet?

  • Verkeerde eetgewoontes, soos die ontydige of te veel eet van stysel, skyfies, gebak, lekkers, kola koeldranke, energiedrankies, mengeldrankies, lekkers oorlaai die bloedstroom met suiker.
  • Dit stimuleer die pankreas om ‘n ‘n oorvloed van insulien vry te stel, om die oormatige inname van suiker uit die bloed uit te kry en, iewers in die liggaam gestoor te kry.

Die skade van Hoënormale Bloedsuiker

Hoënormale sirkulêrende bloedsuiker, en insulien, beide, saai verwoesting in elke sel van die menslike liggaam.

Dit lei tot hartsiektes, beroertes, hoë bloeddruk, Tipe-2 diabetes, geheueprobleme en gewigstoename.

Een van die verliese van hoënormale bloedsuiker, wat nie algemeen bekend is nie, is die skade en verlies wat die suiker aan breinweefsel veroorsaak.

Hoënormale bloedsuiker is betrokke by die vernietiging van selle.

Hoë konsentrasies van bloedsuiker is betrokke by die vernietiging van die selle in die brein (die hippokampus of geheuesentrum), wat die onthou-funksie van die brein ondersteun.

Breinaftastingstegnieke;

  • Soos MRB (Magnetieseresonansie-beelding) en
  • PET (Positronemissietomografie)

Maak dit moontlik om te sien hoe die brein bloedsuiker of glukose as brandstof gebruik.

Literatuur bevind dat mense met hoënormale bloedsuiker, wie se selle dit moeilik vind weens insulienweerstandigheid bloedsuiker (of selbrandstof) op te neem, se hippokampus kleiner word.

Die gevolgtrekking, na eksperimente met studente, het bevind dat insulienweerstandigheid nie net ‘n uitwerking het op geheue nie, maar het ook ‘n negatiewe invloed op daardie gedeelte van die brein wat leer en geheue beheer.

Hoë bloedsuiker het vier belangrike ongesonde bydraes tot algemene natuurlike gesondheid. Dit word die dodelike kwartet genoem.

  • Hoënormale bloedsuiker en insulienweerstandigheid
  • Vetsug
  • Dislipidemie (Ongesonde cholesterol en trigliseriedvlakke)
  • Hipertensie of hoë bloeddruk

Al vier toestande verhoog die risiko van diabetes, hartsiektes, beroertes en ander kroniese en outo-immuun siektes.

Insulienweerstandigheid

  • Wanneer selle in die liggaam nie op insulien reageer nie, sal die gesonde pankreas steeds voortgaan om insulien te vervaardig totdat die bloedsuikervlakke onder beheer is.
  • Die hormoon (insulien) is lewensbelangrik vir oorlewing.
  • Kroniese hoë vlakke van insulien veroorsaak die toestand “hiperinsulinemie” wat menigte gesondheidsprobleme veroorsaak.
  • Hiperinsulinemie veroorsaak;
    • Natriumretensie (verhoogde bloeddruk.)
    • Hoë trigliseriedvlakke (vette) en LDL cholesterolvlakke (slegte cholesterol) en lae vlakke van goeie cholesterol, HDL.
    • Verbindings in die bloed kan bloedstolling veroorsaak
    • Hoër vlakke van die manlike hormoon by vroue, testosteroon, veroorsaak, wat haargroei in die gesig en onder die arms stimuleer, baarmoederkanker kan verhoog,
    • Ovariumsiste vorm
    • Gewigstoename. Insulien stimuleer eetlus en laat kalorieë as vet opgaar. Veral wanneer die pankreas te min insulien uitpomp om bloedsuikervlakke intoom te hou.

Bloedsuiker in oormaat

By mense met diabetes word insulien, die hormoon wat bloedsuiker in die bloed na selle toe vervoer, waar dit as selbrandstof gebruik moet word;

  • Moontlik nie deur die liggaam afgeskei nie
  • Nie behoorlik gebruik nie
  • Of die pankreas produseer nie genoegsaam insulien om insulienweerstand te oorkom nie.

Die resultaat in die liggaam:

  • Daar is ‘n opeenhoping van bloedsuiker en,  
  • Kroniese hoë bloedsuikervlakke vergiftig die liggaam en verwoes al die selle en organe en veroorsaak ‘n toestand genaamd glikosilering.

Glikosilering van bloedvate:

In die praktyk kan dit beskrywend so voorgestel word.

  • Opgehoopte bloedsuiker word klewerig en taai soos stroop in die bloedstroom
  • Verskeie molekules wat in die bloedstroom beland, heg aan plekke in die liggaam war hulle nie hoort nie.
  • Die stroperige toestand bind proteïene aan die bloedvate se wande wat deel uitmaak van verskillende weefsel.
  • Glikosilering in die bloedsomloopstelsel veroorsaak dat proteïene en ander vetdeeltjies aan arteriewande kleef. Die laat die bloedvate vernou, verdik, onelasties, laat plaak ophoop teen die are se wande, en of vernouing en verdikking van die are.
  • Oor tyd kan hierdie glukose-bedekte (suikerbedekte) proteïene bloedvate disfunksioneel maak, beskadig wat tot verskeie hart, nier, senuwee en oogskades kan lei.

Voete wat brand

Glikosilering van are en haarvate verduidelik waarom ‘n toestand soos brandvoete ontstaan.

  • Die arterie en haarvate wat die gesonde bloed, vol suurstof en selbrandstof moet voorsien, is vernou of verstop, onelasties en belemmer natuurlike bloedtoevoerfunksies.
  • Verstopte bloedvate bring ook mee dat die liggaam se eie selafvalstowwe, (gebruikte voeding en koolsuurgas), ook bekend as die liggaam se eie “vrye radikale,” wat in die bloedstroom na die limfvatstelsel en lewer en gal geneem moet word, nie van die selle weggevoer word nie en daar versamel.
  • Dit op hul beurt veroorsaak atopie (die onnatuurlike afsterf van selle)
  • Dit voorkom ook die natuurlike vernuwing van gesonde selle waar die immuunstelsel selvernuwing moet laat plaasvind. Alle selle in die liggaam bereik ‘n natuurlike ouderdom waar hul moet afsterf, en moet deur nuwe selproduksie vernuwe word. Glikosilering verhoed hierdie belangrike natuurlike gebeurtenis.
  • Glikosilering veroorsaak ook dat dreinering na die limfvatstelsel onvoldoende is. Limf wat die liggaam produseer dreineer nie uit die selle uit in die limfvatstelsel in nie, wat meebring dat die immuunstelsel nie al die belangrike immuunfunksies van die limfvatstelsel kan uitvoer nie.
  • Glikosilering veroorsaak dat die hele liggaam afvalstowwe in byna elke sel van die liggaam versamel en opgaar, selle onnatuurlik en ook te vroeg laat afsterf en vinnige veroudering van selle meebring.

Glikosilering en inflammasie

Die inflammasieproses van die liggaam is bedoel om kortstondig te wees.

Dit is ‘n beskermende  aksie van die immuunstelsel om van ongewenste elemente wat die liggaam binnedring met die produksie van B- en T-selle te vernietig. En dan na ‘n paar dae op te klaar.

Glikosilering veroorsaak regdeur die liggaam kroniese inflammasie in organe, selle, hart, bloedvate, limfvatstelsel.

Kroniese en aanhoudende inflammasie stel op sy beurt sitokiene vry.

  • Sitokiene is chemiese boodskappers vir die immuunstelsel wat insulienseine verwar. Sitokiene verhoed dat selle bloedsuiker absorbeer, wat uiteindelik selverhongering en disfunksionele selgedrag kan veroorsaak.
  • Bloedsuiker met die gevolg versamel, en word nie verbruik nie, wat tot diabetes kan lei.
  • Kroniese inflammasie kan ook veroorsaak dat die lewer te veel bloedsuiker ook uitpomp.

Opsommend

Die balansering van elke persoon se bloedsuiker is van uiterste belang. Bloedsuiker uit balans laat die hele liggaam daaronder lei. Daar is genetiese faktore van belang wat individueel is.

Daar is egter vele mediese kondisies wat direk verband hou moet hoër as normale bloedsuikervlakke, wat nog nie as diabeties geklassifiseer is nie.

  • Hoë cholesterol
  • Uitputting, omdat selle nie selenergie en brandstof ontvang nie
  • Groot dors en urinering, wat ‘n desperate poging van die liggaam is om van hoë bloedsuikervlakke ontslae te raak.
  • Dehidrering weens oormatige urinering verhoog die konsentrasie van glukose of bloedsuiker in die liggaam verder.
  • Wasige beelde. Oortollige bloedsuiker kan ook in selle binne die oë opgaar en die vloeistowwe binne die oë versteur. Die waterbalans in die oog word met hoë bloedsuiker absorbeer, wat op sy beurt die buitelens van die oog verdroog en die gesigskerpte van die oog verwring.
  • Gereelde infeksies en stadige wondgenesing. Hoë bloedsuiker of bloedglukose verhinder die immuunstelsel om infeksies natuurlik te beveg en dus genesing vertraag.
  • Hoë bloedsuiker bring mee dat verkoues en griep nie opklaar nie en
  • Vaginale infeksies, kandida floreer in hoë bloedglukose of bloedsuiker toestande
  • Gevoelloosheid, tinteling in hande en voete.  Hoë bloedsuiker beskadig sel en senuweewande aan die buitekant sowel as veroorsaak ‘n verdikking van selle aan die binnekant van bloedvate. Dit het ‘n tweeledige uitdaging.  
    • Hande en voete het selle wat afhanklik is van suurstof, voeding en selbrandstof, soos vroeër verduidelik, elke minuut van die dag.
  • Die selle en haarvate in hande en voete het ook nodig of van koolsuurgas en selle se gebruikte voeding en koolsuurgas ontslae te raak en uit te skei.
    • Selle in die hande en voete sterf onnatuurlik af weens wanvoeding en die versameling van toksiese stowwe.
    • Senupunte ontaard in senupyne omdat die weefsel wat dit moet beskerm weens die hoë bloedsuiker blootgestel word aan glukose-vernietiging en begin, pyn, brand of seer word wanneer die pH van die bloed of selle versteur is, of
    • Te min water ingeneem word om die liggaam en selle skoon te was en uit te spoel, met die gevolg dat die liggaam met hoë konsentrasies bloedsuiker en afvalstowwe sit.
  • Seksuele probleme. Hoë bloedsuiker belemmer bloedvloei na die penis sowel as die vagina en kan die senuwees in die genitale gebied vernietig, wat ‘n verlies van orgasme kan meebring.
    • Die gevolg is vroue verloor gevoel in die vaginale area, ervaar droogheid  en mans sukkel om ‘n ereksie te kry.
  • Spysverteringsprobleme. Hoë bloedsuiker vernietig die vagussenuwee of spysverteringsenuwees in die maag. Dit bring naarheid, braking, hardlywigheid of diarree tot gevolg. Wanneer dit die vagussenuwee in die maag, wat die kos se beweging in die spysverteringskanaal beheer nadelig beïnvloed, kan die spiere in die maag en ingewande belemmer word.
  • Dit lei tot ‘n toestand “Gastroparese” ‘n toestand waar die spysverteringsprosesse verlangsaam of heeltemal tot stilstand kom.

Gastroparese vervolg. Bloedsuiker 3

1 Comments on “Hoë Normale Bloedsuiker: Deel 2”

Leave a comment