Simptome van Hormonale Wanbalans

Hormone by mens en dier speel ‘n integrale deel in hul algemene gesondheid. Daar is ‘n verskeidenheid simptome wat dui op moontlike hormoon wanbalanse.

Hierdie skrywe is in twee dele opgedeel

  1. Algemene oorsig oor hormonale wanbalanse
  2. Klem in gedeelte twee word geplaas op die rol wat insulien speel in PSOS, of Polisitiese-Ovarium (eierstok) Sindroom., waar insulien ‘n vrou se eierstokfunksies kan verander en meebring dat sy hoër as normale manlike hormone produseer.

Algemene hormonale toestande by mans en vroue.

  1. Gewigstoenames
  2. Vetversameling en opbouing tussen skouers
  3. Onverklaarbare gewigsverlies
  4. Moegheid
  5. Verswakte spiere
  6. Spierpyne, sensitiewe en seer spiere, styfheid
  7. Pyne, swelling en styfheid in gewrigte
  8. Verhoogde of verlaagde hartkloppings
  9. Ontydige sweet
  10. Verhoogde sensitiwiteit vir hitte of koue
  11. Hardlywigheid en of maagwerkings
  12. Uitermatige urinering
  13. Intense dors
  14. Skielike hongerpyne
  15. Verlaagde libido
  16. Depressie
  17. Angstigheid, senuagtigheid, maklike geïrriteerd
  18. Verswakte visie
  19. Onvrugbaarheid
  20. Verdunning van vel en hare, gebreekte hare
  21. Droë vel
  22. Ronde of “puffy” gesig
  23. Pers en of pink rekmerke

Spesifieke hormoonwanbalanse by vroue

  1. Natuurlike hormonale ontwikkeling

Daar is verskeie natuurlike hormonale veranderinge in die biologiese ontwikkeling van ‘n vrou. Dit moet nie verwar word met hormonale afwykings en of disfunksie van hormone of organe nie.

Dit is

  1. Puberteit
  2. Swangerskap
  3. Borsvoeding
  4. Menopouse

Hormonale wanbalanse by mans

  1. Die ontwikkeling van borsweefsel by mans (Gynecomatia)
  2. Sensitiewe borste
  3. Erektiele disfunksie
  4. Verminderde baardgroei, en ook hare op die lyf
  5. Verlies in beendigtheid
  6. Swak konsentrasie
  7. “Hot flashes” of gloede soos by vroue

Simptome by kinders

Seuns en meisies ontwikkel gedurende puberteit na seksuele volwassenheid. Verskeie hormone speel ‘n rol hierin.  

Hipogonadisme

Hipogonadisme by seuns Is die mediese term vir disfunksionele ontwikkeling ‘n seun se testes. Dit beteken in kort dat ‘n seun nie genoeg van die hormoon produseer,  wat ‘n sleutelrol speel in sy fisiese groei en of spierontwikkeling nie.

Hipogonadisme by dogters ontwikkel die eierstokke stadig en produseer nie voldoende hormone wat help dat ‘n dogter nie borste tydig of normaalweg ontwikkel nie.

Alhoewel hipogonadisme by seuns en dogters hoofsaak verwys na die laat of hormonale onderontwikkeling van die testes en of eierstokke, kan disfunksionele funksie van die hipotalamus of pituïtêre klier ook verwant wees.

 Hipogonadisme van die testes en eierstokke kan verskeie mediese toestande meebring

  1. Seker outo-immuun siektetoestande
  2. Genetiese ontwikkelingsprobleme
  3. Infeksies
  4. Lewer en niersiektes
  5. Radiasie kan testesontwikkeling inhibeer
  6. Operatiewe ingrypings
  7. Trauma
  8. Turner-sindroom by vroulike persone
  9. Klinefelter-sindroom by manlike persone

Sou ‘n persoon bestaande outo-immuun disorders het, kan daar ‘n verhoogde moontlikheid bestaan dat skade aan die testes veroorsaak kan word. Hierdie disorders kan die lewer affekteer, adrenalienkliere, skildklier sowel as Tipe 1 diabetes.

Hipogonadisme van die hipotalamus of pituïtêre klier

Die toestand staan bekend as “Sentrale hipogonadisme”

Menopouse by vroue is die mees algemene hipogonadisme. ‘n Algemene toestand by alle vroue oor die ouderdom van 50. By mans is die vermindering van testosteroon in die bloed ‘n algemene verskynsel.  

Sentrale hipogonadisme kan veroorsaak word deur

  1. Anoreksie
  2. Medikasie soos kortisoon en opiate
  3. Anaboliese steroïdes
  4. Genetiese oorsake
  5. Infeksies deur die liggaam
  6. Mineraal en vitamientekorte
  7. Oormaat yster in die liggaam
  8. Radiasie tot die hipotalamus
  9. Skielike gewigsverlies
  10. Operasies naby die brein
  11. Trauma
  12. Tumors
  13. Kallman sindroom, wat ‘n verlies aan reuk het.
Hyperthyroidism medical vector illustration isolated on white background infographic eps 10

Die sleg van hormonale wanbalanse is dat die toestande tot ander mediese toestande

  1. Diabetes 1 en 2
  2. Diabetes apsides
  3. Hipertiroïed vir onderaktiewe skildklier
  4. Hipertiroïed vir ooraktiewe skildklier
  5. Hiperaktiewe tiroïed nodules
  6. Tiroïditis
  7. Hipogonadisme
  8. Cushing sindroom
  9. Addison ’s se siekte
  10. Kongenitale adrenale hiperplasie, wat lae vlakke van kortisol en aldosteroon produseer.   

4 Comments on “Deel 1: Hormone”

  1. Goeie dag Pierre, sal die middel help met die behandeling van die sensitiviteit en verdunning van die vaginale wande, wat pynlike gemeenskap tot gevolg het. Veral in post menopousale vrouens.

    Like

  2. Goeiedag. Ek sukkel met aanhoudende teer borsste en deurbraak bloeding elke nou en dan. Ek is op hormoonplakkers Estallis.. 50/140. Ek is 49..ek was al by ginekoloog.. Bloedtoetse wys normaal.. Eks moedeloos!! Kanie sonder plakker nightsweats is horibaal en moodswings maak my mal.. Ek het ook al vi mammogram gegaan.. Watse hulp kan jy aanbeveel asb. Eks raadop
    Dankie

    Like

Leave a comment