Polisistiese Ovarium (eierstok) Sindroom (PSOS)

Inleiding

Op gesonde vlakke is bloedsuiker die liggaam se primêre energiebron. Bloedsuiker is die brandstof wat die liggaam se selle energie gee en funksioneel maak. Selle om te funksioneer het glukose of genoegsame bloedsuiker nodig.

In dieselfde asem berokken hoë vlakke insulien en bloedsuiker byna elke sel in die liggaam en veroorsaak verskeie ernstige siektes soos hartvatsiektes, beroerte, hoë bloeddruk, en Tipe-2 diabetes.

Vir die liggaam om maksimaal te funksioneer, moet bloedsuikervlakke in ewewig of balans wees. Te min suiker of te veel suiker het ‘n wesenlike invloed op die liggaam se gesondheid, energievlakke en gemoed.

Die hormone wat bloedsuiker reguleer, werk soos die termostaat van ‘n warmwatersilinder.  Wanneer die temperatuur daal tot onder ‘n sekere vlak, (die termostaat meet dit) skakel die element aan om die water op ‘n bepaalde temperatuur te hou.

Die hormone wat bloedsuikervlakke reguleer is baie meer kompleks as ‘n warmwatersilinder en sy termostaat. Wanneer bloedsuikervlakke nie in balans is nie, ontwrig insulien verskeie funksies van die hormone wat skadelike gevolge en ernstige siektetoestande meebring.  

PSOS by vroue

Dit blyk dat “Polisistiese Ovarium (eierstok) Sindroom” of PSOS by vroue, sentraal staan tot die persoon se bloedsuikervlakke en insulienweerstandigheid. PSOS is ‘n stel simptome wat verwys na hormoonwanbalanse of hormoonabnormaliteite.

In sy kern word PSOS aangevuur deur insulien wat eierstokke se funksies ontwrig, en die hele endokrien/metaboliese toestand verander en onvoorspelbaar maak.

Tensy geneties, is die een enkele faktor dwarsdeur die Literatuur insulien en bloedsuikervlakke by PSOS. Dit is die grootste faktor naas stres en chemiese produkte wat bekend staan Endokrien-Hormoon-Versteurders.

Hoe ontstaan PSOS

Die naam, Polisistiese Ovarium Sindroom (of PSOS), dui daarop dat die toestand ontstaan by ‘n vrou se eierstokke. Die term “Sindroom” verwys dat die biologiese funksie van vroulike eierstokke wat nie normaal soos verwag funksioneer nie en, ongewensde gesondheidstoestande veroorsaak.

Kenmerke van PSOS?

Literatuur verwys in PSOS na veral die volgende toestande

  1. Ongereelde en wisselvallige maandstonde
  2. Hare wat uitval op die kop, maar daarteenoor ongewensde  haargroei op die lyf veroorsaak.
  3. Puisies, olierige vel en aknee
  4. Onvrugbaarheid en swangerskap probleme
  5. Siste op die eierstokke

Sekondêr tot bogenoemde toestande, lei dit tot die volgende toestande

  1. Slaapapnee
  2. Insulienweerstandigheid
  3. Metaboliese sindroom
  4. Tipe-2 diabetes
  5. Vetsug
  6. Kardiovaskulêre siektes en hoë bloeddruk
  7. ‘n toestand genaamd acanthosis nigricans waar daar ‘n verdikking van die vel ontstaan, asook donker kolle of vlekke.,
  8. Wisselende gemoedstoestande
  9. Onverklaarbare krampe en pyne in die pelvis
  10. Olierige vel en skilfers
  11. Endometriese hiperplasie, waar die wande van die uterus te dik word.
  12. Ander toestande wat na PSOS verwys

Vroeë tekens van PSOS

  1. Vele vroue ignoreer tekens soos olierige vel, haarverlies en puisies of aknee en beskou dit nie as ‘n  mediese toestand wat voorkomend bestuur moet word nie.
  2. Dit bring mee dat PSOS nie altyd tydig identifiseer en aangespreek word nie. Vrae begin eers ontstaan wanneer maandstondes ongereeld, afwesig en of ekstreem word.
  3. Alhoewel PSOS die leidende rolspeler is van onvrugbaarheid by vroue, kan vroue met vandag se tegnologie en ‘n gesonde leefstylveranderinge wel swanger word. Vroue met PSOS het egter volgens die Literatuur ‘n groter kans om die baba te verloor.

Lees hier oor PSOS-verwante swangerskapprobleme

PSOS se behandeling

Literatuur neig na chemiese oplossings vir PSOS en beklemtoon genetiese faktore asook omgewingsoorsake.

Die belangrike en waarskynlik eerste bydrae van gesonde leefstylveranderinge, gesonde dieet, oefening, bestuur van stres, beheer en vermyding van suiker se bydrae, asook gewigsverlies wat bewerkstellig moet word, kry min kwalitatiewe aandag.

Navorsing bewys dat PSOS ontstaan weens chemiese veranderinge in die baarmoeder. Die vraag is. “Wat voed, bevorder, stimuleer en aktiveer hierdie chemiese veranderinge by die eierstokke?”

Dit is juis hier by hierdie stelling waar daar stil gestaan moet word.

Watter faktore binne die biologie van ‘n vrou het ‘n rol te speel by hierdie chemiese veranderinge.

Eierstokke produseer hormone wat betrokke is by vele funksies in die liggaam

  1. Een van die hormone is estrogeen, die sogenaamde “vroulike hormoon” omdat vroue meer estrogeen vervaardig as mans.  
  2. Eierstokke produseer ook androgeen, die “manlike hormoon” en die word so genoem omdat mans meer androgeen produseer as vroue.
  3. Mans en vroue het beide hormone nodig vir ‘n balans in hul onderskeie biologiese funksies.

Die hoër vlakke van androgeen

  1. Wanneer die eierstokke ‘n hoër dan normale produksie het van die manlike hormoon androgeen, en laer dan normale produksie van die vroulike hormoon estrogeen, ontwrig dit die boodskappe en opdragte van die brein wat ovulasie stimuleer heeltemal. Met die gevolg dat maandstonde ongereeld is.
  2. Dit veroorsaak ook klein sakkies vloeistof wat in die eierstokke ontwikkel as groter siste wat bevrugte eierselle wat daarin moet ontwikkel inhibeer.

Verskeie ander simptome kan hier gevind word as bykomende simptome van PSOS

PSOS in die Literatuur

Elke studie in die poging om PSOS aan te spreek in die Literatuur, verwys na die rol van suiker, bloedsuiker en insulien.

Voldoende voeding is ‘n kritieke komponent in die bestuur van PSOS. Daar mag nooit aan gesonde en ook voldoende voeding gepeuter word nie. Die besnyding van kalorieë by aanpassings in die dieet moet verbeterde voeding verseker, nie voedingstres veroorsaak wat weer tot die hoër produksie van kortisol kan lei wat ‘n skadelike element is PSOS nie.

Natuurlike wyses sou wees;

  1. Eet gesond: insulien blyk die wortel van alle kwaad te wees by PSOS. Die Literatuur verwys na meer voedsamer koolhidrate, vette, gesonder proteïen, vette, vesel, en produkte wat na ‘n beperkte hoeveelheid geprosesseerde suiker bevat. Dit sluit verfynde koolhidrate soos produkte met meelblom en ook suiker uit. Gesonde eetgewoontes sal hormone balanseer, metabolisme aanhelp, gemoedstoestand verbeter en, bo alles die aptyt beter reguleer. Die kernwoord hier is die bydrae van suiker tot PSOS. Bronne is hier, hier, hier, hier en hier
  2. Drink groen tee: Groen tee balanseer insulienvlakke en bevorder die liggaam se respons tot die hormoon. Weereens is die kernwoord hier insulien of suiker. Bronne is hier, hier, hier, hier, hier
  3. Stres: Stres kan hormoonvlakke soos kortisol en adrenalien drasties beïnvloed en verander.  Bronne is hier, hier, hier, hier
  4. Oefening: Oefening bevorder die liggaam se verbruik van insulien. Weereens word na suiker verwys. Gewigsverlies deur oefening verbeter insuliengevoeligheid. Oefening help glukose om die selle binne te gaan. Oefening sal ook bloeddruk en trigliseriedvlakke verlaag, goeie of HDL-cholesterol verhoog en stres verminder. Bronne is hier, hier, hier, en hier.
  5. Voldoende slaap: Te min slaap of blootstelling aan kunsmatige naglig kan veroorsaak dat melatonienvlakke en ook kortisolvlakke ontwrig word, wat insulienweerstandigheid kan beïnvloed. Weereens word na suiker verwys. Bronne is hier en hier.

Vermy Endokrien-Hormoon-Versteurders (EHV)

Hormoonversteurders is alledaagse chemiese stowwe in die omgewing voorkom. Dit is produkte soos tabakrook, pestisiedes, gifstowwe vir die uitroei van ongewenste plante, plastieksoorte, vlamonderdrukkers, reukweerders, gifstowwe vir vlieë en huishoudelike insekte en muskiete.

Produkte wat nooit verdink word nie, is lyf en gesigsrome. Sepe en sjampoe waarmee gewas en gestort word nie.  

Bronne is hier en hier.

Algemene huishoudelike skoonmaakmiddels, wat sonder beskerming gebruik word, is groot sondebokke as dit by endokrien-hormoon-versteurders kom. En vroue word ook nie gewaarsku daarteen nie.

Hierdie chemiese stowwe wat kan bydrae tot die gevolge van PSOS, word deur die vel direk in die bloedstroom in absorbeer en is aktiewe hormoonversteurders.

Ecohealth Skoonmaakmiddels

  1. Vir die rede het Ecohealth sy eie skoonmaak- en huishoudelike middels ontwikkel oor die jare. Het met spesialiste in die gebied saamgewerk om ‘n eie “groen” produkte te ontwikkel.
  2. Vele persone met psoriase het reeds baie baat hierby gevind en het byna heeltemal gesond geword.

Gevolgtrekking: suiker, bloedsuiker en insulien

  1. Suiker blyk die grootste faktor te wees by al die omstandighede waar PSOS geïdentifiseer word.
  2. Vroue met PSOS bewys inflammatoriese reaksies in die Literatuur teen insulien en hoë vlakke van insulienweerstandigheid.
  3. By byna elke simptoom in die Literatuur wat PSOS bespreek, word daar iewers na die bydrae van insulien verwys en hoe dit hormoonabnormaliteite in die vroulike biologie bevorder.
  4. PSOS word vererger omdat die pankreas aanhou om insulien af te skei.
  5. Hierdie toevoeging van insulien verhoog die volume van insulien tot skadelike vlakke, tot baie meer as wat die liggaam kan verbruik of hanteer.
  6. Alhoewel insulien belangrik is vir die beheer van bloedsuikervlakke, ontwrig te veel insulien  hormoonbalanse en dit, op hul beurt, ontwrig belangrike orgaanfunksies in die liggaam.  
  7. Bydraend tot dit, stimuleer oormatige insulien die vervaardiging en verhoging van die manlike hormoon androgeen, wat die oorsaak is van velprobleme, haarverlies en of oormatige gesigs-en lyfhare.
  8. Insulienoorlading by PSOS is ook ‘n sleutelfaktor by ongesonde vlakke van bloedvette.
  9. Oormatige insulien verhoog ook hongerbehoeftes drasties.
  10. Een van die gevolge hiervan is vet wat primêr in die buik versamel. Studie na studie toon ‘n duidelike verband tussen abdominale vette met ‘n ernstige verhoogde risiko vir hartvatsiektes en ook volskaalse diabetes.

Die hele vroulike biologie word deur PSOS negatief beïnvloed

  1. PSOS beïnvloed die hele vroulike biologie.
  2. Dit raak verskillende liggaamstelsels gelyktydig. Dit beïnvloed haar kardiovaskulêre stelsel, haar hele voortplantingstelsel en ook sensitiewe hormoonstelsel.  
  3. ‘n Vrou met PSOS kan van een tot ‘n hele paar simptome gelyktydig hê, waarvan die graad kan wissel.
  4. Dit is;
    1. Menstruele probleme in die vorm van oormatige bloeding, (insluitende langdurige bloei-episodes, ligte of swaar maandstondes, spikkelbloeding, ongereelde siklusse dikwels weke uitmekaar, en of amenoree, d.w.s. geen bloeding nie.
    1. Kroniese bekkenpyn. Polisistiese eierstokke kan soms drie keer groter wees as  normale eierstokke. Dit kan lei tot ‘n gevoel van volheid in die bekken en bekkenpyn tydens geslagsgemeenskap kan tot groot ongemak en onwilligheid lei.
    1. Vloeistofretensie en opgeblaasheid. Weens ‘n komplekse wisselwerking van hormone wat die liggaam se vloeistofbalans hanteer, kan vroue ‘n aanhoudende premenstruele sindroom ervaar.
    1. Abnormale groei van gesigs- of lyfhare. Die toestand is bekend as “Hirsutisme.” Vroue vind met ‘n skok uit dat daar hare groei waar hul dit nie wil hê nie. Gesig, nek, bors, buik, duime, tone en aan die kant van die gesig.
    1. Vetsug. Gewigstoename wat verband hou met PSOS, vorm dikwels in die buik wat ‘n vrou ‘n appelvormige figuur gee. Literatuur vind dat vroue met die appelvormige figuur, vs., ‘n peervormige figuur, (m.a.w. vroue wat hul gewig om die heupe dra), ‘n hoër en groter risiko is vir hartvatsiektes en Tipe 2 diabetes.
    1. Verlies aan kophare. Die verlies aan hare bo-op die kop word veroorsaak deur genetiese faktore en hormone. Nie deur ‘n halfmaanbles nie.
    1. Aknee, skilfers en olierige vel. Hoë androgeenvlakke veroorsaak dat die vel oortollige sebum afskei. Dit is ‘n wasagtige stof wat die persoon se porieë verstop, puisies, swartkoppies vorm, skilfers veroorsaak en ander ongunstige inflammatoriese veltoestande.
    1. Veltoestande. Vroue met PSOSkan hangweefsels ontwikkel, vergroeisels van skadelose moesies op ooglede, armholtes, nek, lieste, en ook op die boonste gedeeltes van hul bors.
    1. Of, PSOS vorm “acanthosis nigricans.” Dit is donker vlekke op die vel wat onder die bors, nek, hande, elmboë, knieë, lies voorkom. Hierdie vlekke is tekens van hoë insulienvlakke en kan vervaag namate insuliengevoeligheid verbeter.
    1. Lipiedabnormaliteite. Vroue met PSOS het gewoonlik hoë LDL-cholesterolvlakke of slegte cholesterolvlakke, met lae goeie cholesterolvlakke. (HDL-cholesterol). Hierdie vroue het ook hoë vlakke van bloedvet, bekend as “trigliseriede” wat die risiko vir hartvatsiektes verhoog.
    1. Depressie. Baie van die genoemde toestande het ‘n invloed op die selfbeeld van ‘n vrou en die onbeheerde vervorming van haar vrouwees. Dit lei tot vele depressiewe toestande wat op hul beurt met vele chroniese siektes assosieer word.  
    1. Endometriale kanker. Kroniese inflammasie wat met PSOS gepaardgaan, maak dat PSOS ‘n belangrike risikofaktor word vir endometriale kanker.
    1. Swangerskap. Literatuur vind dat die eerste agt weke problematies kan wees vir ‘n vrou met PSOS, weens die verband is tussen die gesondheid van die ovum en versteurde ovulasie.
    1. Onvrugbaarheid. Met vandag se tegnologie kan vroue met PSOS ‘n gesonde baba hê. Onvrugbaarheid kan beskou word as die onvermoë om binne 12 maande van onbeskermde gemeenskap, (na gelang van die ouderdom), nie swanger te raak nie. As maandstondes langer as 35 dae uitmekaar is, kan dit aangeneem word dat ovulasie laat is en of nie plaasvind nie. Lewenstylverandering is ‘n waardevolle oplossing en kan vrugbaarheid herstel, veral die vermindering en gesonde bestuur van stres.  Middels en veral natuurlike middels wat insulien kan verminder of verander, moet ondersoek word.

Ecohealth het verskeie produkte wat PSOS aanspreek.

  1. Kolostrum: Volledige voeding en immuungesondheid
  2. Fulvicsuur: Bind aan vrye radikale van ontsteking, mineraaldeponering in selle en suurstof
  3. Kollageen: Versterk en heel stukkende selle
  4. Probiotika: Wat die omskakeling van voedsel bio-opneembaar maak vir gesondheid
  5. Kabucu: Kankerbos, buchu, curcumin om inflammasie natuurlik te onderdruk
  6. Hippie Shake: Vir gewigsverlies, ‘n volledige maaltydvervanger en ook voeding vir diabete

Bogenoemde produkte word op die Blog beskrywe en verwante videos kan hier gevind word

https://www.youtube.com/channel/UCmhcsyvj8ATCjMrP0a2Vwdg

Leave a comment