Ons lewe in ‘n wêreld van inligting, sonder die regte inligting.

Ons het die Scio-masjien implementeer

‘n Baie interessante stukkie inligting het byna by elke toets voorgekom.

Hoë uriensuur.

Vra jy mens of hul enige diabetiese, hoënormale bloedsuiker het, sê hul net dat hul toets normaal. Tog wys die toets vele kere ‘n ander resultaat.

Hoekom sou dit nou so belangrik wees om aan aandag te gee? Wie ken nie iemand wat op Puricos of teensuurmiddels is nie? Hoe skadelik kan dit nou wees? Vele mense doen dit en vele mense onderdruk sooibrand met vele produkte.

Die menslike biologie is eenvoudig.

Organe soos die hart en long en derm en vel en maag werk nou al vir 400 000 jaar soos wat dit werk. Dit het nie verander nie.

Moderne medisyne het ons wysgemaak die biologie van die liggaam werk net reg as dit medikasie in het.

Verbruikers word stilweg wysgemaak dat die immuunsisteem ‘n mindere funksie en verwaterde funksie het. En word ook medikasie verskaf wat die immuunsisteem se werkinge onderdruk.

Dit bring mee dat siektetoestande met medikasie onderdruk word, en nie deur die immuunsisteem gesond gemaak word nie. Die siektetoestand bly latent en moet gedurig onderdruk word met medikasie. Die oorsaak van die aanklag van die liggaam en die immuunsisteem word nie aangespreek nie, en eerder met kortisoon of pynstillers onderdruk.

Organe is uiters kompleks in hul werkinge.

Hul werk per instruksie van die immuunsisteem en opdragte van die brein, hormone en senuwees. Vir die liggaam se organe om reg en ook funksioneel te werk, het dit ‘n bepaalde resep met bepaalde bestanddele van voeding nodig.

Meeste vroue sal weet, veral die wat kook en bak, dat as jy een bestanddeel uitlaat, sout, bakpoeier, eier of wat ook al, flop die baksel.

Net een bestanddeel kan ‘n hele baksel of kooksel laat flop.

Organe en die liggaam is presies dieselfde.

Elke orgaan benodig ‘n bepaalde groep bestanddele (voeding) om te werk en funksioneel reg te werk. As een enkele bestanddeel uit die mengsel gehaal word, dan kan die orgaan sukkel en disfunksioneel in die liggaam optree.

Organe, kliere, die spysverteringstelsel en spiere om reg te werk, het bepaalde voedingsbestanddele nodig wat voortdurend aangevul moet word, omdat dit verbruik word en deur die liggaam uitgeskei moet word.

Een van die belangrike selafvalprodukte wat uitgeskei moet word, naas fekale materiaal of voedsel uit die spysverteringstelsel, is uriensuur.

Ongewensde vlakke van uriensuur, selfs die verhoging van net 1% daarvan, is die oorsaak van vele ongewensde en ernstige siektetoestande.

Tog word die verbruiker min daaroor ingelig by die gebruik van, suiker, voedselprodukte en medikasie.

Uriensuur

Die hele biologie van die mens kan deur ‘n enkele afvalproduk, uriensuur, ontwrig word. Uriensuur is die finale afgebreekte produk van purien, wat natuurlike chemikalieë is wat in die liggaam gevind word.

  1. Wanneer die liggaam purien deur natuurlike werkinge afbreek, vorm dit uriensuur.
  2. Uriensuur word deur die niere en maagwerkings uitgeskei.
  3. Baie voedselsoorte is natuurlike bronne van purien. Lewer, verskeie vissoorte, skulpvis en ook die misbruik van alkohol.

Purien kan ook in die liggaam vorm wanneer DNA in die liggaam afgebreek word.

Uriensuur kan ook opbou weens medikasie wat gebruik word soos diuretikums, asperien en of niasien (niacin).

Hoë uriensuur se bydrae tot vetversameling

Daar is ‘n direkte korrelasie en verband tussen hoë uriensuur en die persone wat gewig (vet) aansit.

Hoë uriensuur bevorder insulienweerstandigheid en veroorsaak dat minder uriene uitgeskei word. Wat opsigself vele gesondheidsprobleme veroorsaak, onder andere ongekontroleerde waterretensie en vele ander verwante mediese toestande wat net simptomaties behandel word.

Hoë uriensuur en nierfunksies

Wanneer ‘n persoon se niere se uitskeiding nie na wense is nie, bou die liggaam uriensuur op. Dit beklemtoon weereens die funksie van die drink van genoeg skoon water om te niere te help om afvalstowwe uit te spoel.

Mediese gevolge weens uriensuur

Naas jig, (gout) artritis se pynlike gevolge in die liggaam, is daar ander “stille” mediese toestande wat ook deur hoë uriensuur ontstaan.

Wanneer uriensuur opbou, vorm dit kristalle en versamel dit in die liggaam. Dit kom voor in ‘n persoon se knieë, of tone of vingers, met pynlike gevolge. Diere bou ook uriensuur op. En die wys ook in die bene en heupe ensomeer.

Literatuur wil dit hê dat wanneer ‘n persoon se uriensuur met 1 milligram per desiliter styg, (mg/dl), die kans om “Diabetes Mellitus T2” te ontwikkel, en die 1 mg uriensuur, die kanse daarvoor met 20% laat toeneem.

By diere is die tendens dieselfde.

Wat is hoë uriensuur

Uriensuur is die finale produk van purien wat afgebreek is in die bloedstroom. Uriensuur is ‘n natuurlik- vervaardigde vrye radikaal wat natuurlik uitgeskei moet word deur die niere en stoelgang.

Die oorsaak van diabetes mellitus (T2DM), word in die Literatuur direk toegeskryf aan hoë uriensuur wat nie deur die liggaam suksesvol uitgeskei nie.

Hoë uriensuur en diabetes by kinders , ook insulienweerstandigheid en hoe dit bevorder word, kan hier verder opgelees word.

Opsommend: Die inname van suiker en stysel verhoog uriensuur se toename in die liggaam.

Hoë uriensuur inhibeer die produksie van stikstofmonoksied. En hoekom is stikstofmonoksied belangrik?

Wat is stikstofmonoksied

Daar is heelwat stikstofmonoksiede bekend.  ‘n Stikstofmonoksied is ‘n chemiese verbinding van stikstof en suurstof (NxOy).

Bekende stikstofmonoksiede bekend is

  • N2O — distikstofmonoksied (laggas)
  • NO — stikstofmonoksied
  • NO2 — stikstofdioksied
  • N2O3 — distikstoftrioksied
  • N2O4 — distikstoftetroksied
  • N2O5 — distikstofpentoksied

Stikstofmonoksied dien as “opdraggewende” prikkel tussen selle en organe om opdragte te ontvang en funksies uit te voer wat na enkele millisekondes verdwyn.

Stikstofmonoksied is dus ‘n gas wat in die liggaam bepaalde opdraggewende funksies verrig. Hoë uriensuur inhibeer die produksie, vervoer en funksies van stikstofmonoksied.

Uriensuur filter in die liggaam se selle in. Produseer dan “reaktiewe suurstof,” wat oksidatiewe stres in selle veroorsaak, stikstofmonoksied inhibeer en onderdruk wat die gevolg het dat belangrike opdragte aan selle en organe om hul funksies te voltooi, ontwrig word.

Dit skep ‘n toestand waar lae stikstofmonoksied in die liggaam ontstaan.

Stikstofmonoksied is ‘n belangrike faktor

By die produksie van gesonde mondbakterie. Hierdie tipe mondbakterie is essensieel by die handhawing van goeie mondhigiëne.

Spysvertering word ook negatief beïnvloed, deurdat hoë uriensuur veroorsaak dat stikstofmonoksied inhibeer word en dat daar nie genoegsame verteringsensieme in die mond en speeksel vir spysvertering ontstaan nie.

Verkeerde mondspoelmiddels vernietig ook die vorming van hierdie spysverteringsbakterie, wat in die spysverteringstelsel of dermkanale moet opeindig om spysvertering aan te help nie.

Teensuurmiddels inhibeer verder stikstofmonoksied in die maag.

Stikstofmonoksied moet met die vermenging van maagsuur, regdeur die liggaam deur endoteelselle vervoer word wat orals in die liggaam gebruik word om belangrike boodskappe en funksies te stimuleer.

Die gebruik van teensuurmiddels, in die Literatuur, bring ook mee dat daar ‘n verhoogde korrelasie bestaan na hartvatsiektes. Vele in baie kort tye.

Hoe word stikstofmonoksied in die liggaam vervoer

Wanneer die liggaam stikstofmonoksied vervaardig, word dit deur die endoteelselle in bloedvate na organe vervoer.

In toestande waar bloedvate se vermoë aangetas of inhibeer word, (Aterosklerose) soos vetsug, suiker en teveel stysel en suikerinname, hoë uriensuur, hoë bloedsuiker en diabetes, alkoholgebruik, nikotien in die bloedstroom, sal die vervoer van stikstofmonoksied om belangrike funksies in die liggaam te voltooi, ook verminder word.

Erektiele disfunksie

“The Department of Urology at Johns Hopkins Medical Institutions makes it clear that NO is the “main vasoactive nonadrenergic, noncholinergic neurotransmitter and chemical mediator of penile erection.

Impaired Nitric Oxide bioactivity is a major pathogenic mechanism of erectile dysfunction.”

Die tekort aan stikstofmonoksied, is die grootste oorsaak waarom goeie en gesonde ereksie en orgasme nie by mans plaasvind nie. Stikstofmonoksied, die boodskapper, is veronderstel om erektiele respons te veroorsaak by geslagsdele wanneer seks willekeurige plaasvind.

Stikstofmonoksied is die boodskapper wat bloedvate moet sein om te vergroot. Sodat ‘n orgasme voltooi kan word en ook suksesvol plaasvind

Sou stikstofmonoksiedtekorte in die liggaam ontstaan, probleme met ereksie en ander seksuele probleme soos die bereiking van ‘n orgasme kan ontstaan.

Stikstofmonoksied en die hart

Stikstofmonoksied is noodsaaklik vir die handhawing van gesonde bloeddrukvlakke, hart en hartvatgesondheid ondersteun.

Die Nobelprys vir Medisyne bewys die belangrikheid van stikstofmonoksied vir siektes van die hart en bloedvate.

Hoë uriensuur veroorsaak verder dat;

  • Insulien se funksies in die liggaam ontwrig word en daarmee saam, insulienweerstandigheid ontstaan en insuliensensitiwiteit verminder word.
  • Dat selvoeding, (bloedsuiker of bloedglukose), weens insulienweerstandigheid nie plaasvind nie
  • Uriensuur inhibeer aktief die produksie van insulien in die pankreas
  • Hoë uriensuur word nou verbind met beendegenerasie
  • Hoë uriensuur veroorsaak die vorming van kristalle en jig in gewrigte.
  • Hoë uriensuur verswak kraakbeen
  • Hoë uriensuur is nou verwant aan sel en weefselskade
  • Hoë uriensuur veroorsaak hoë bloeddruk
  • Hoë uriensuur veroorsaak ook vervette lewer
  • Hoë vlakke van stres

Verhoogde uriensuur kan ook veroorsaak word

Na chemoterapie, radiasie, genetiese faktore en ook weens ooreet en vetsug.

Uriensuur se verhoogde produksie in die liggaam kan ook ontstaan weens ensiem-abnormaliteite wat weens die volgende siektetoestande ontstaan

  • Limfoom
  • Leukemie
  • Hemolitiese anemie
  • Psoriase

Artritis of jig (gout)
Gout is ‘n pynlike en akute toestand wat ook bekend staan as inflammatories inflammasie. Kroniese gout lei tot verskeie mediese toestande wat verhoed kan word. Daar is verskeie medikasie wat gout se ontstaan bevorder.

  • Asperien, wat vir die voorkoming van hartaanvalle aanbeveel word
  • Slaappille vir slaaploosheid en te min slaap
  • Medikasie vir stres
  • Depressie medikasie  
  • Diuretikums, wat vir hoë bloeddruk aanbeveel word
  • Immuun-onderdrukkende medikasie, soos kortisoon, wat vir rumatiese toestande aanbeveel word asook by orgaanoorplantings
  • Medikasie vir Parkinson’s
  • Vitamien B3 of Niasien om hoëdigtheid lipo-proteïen (HDL) in bloed te verhoog
  • Alkoholgebruik

Persone met onderliggende mediese toestande kan ook jig kry.

  • Vetsug
  • Hoë bloeddruk
  • Hoë normale bloedsuiker en diabetes
  • Hoë cholesterol
  • Skildklierprobleme
  • Siektes van die niere
  • Psoriase

Plekke waar jig en of artritis ontstaan

  • Beserings aan gewrigte
  • Infeksies
  • Operasies
  • Diëte “crash diets”
  • Skielike verlaging van uriensuur deur medikasie
  • Ontwatering

Tophi of tophaceous jig

Tophi jig is die versameling van uriensuurkristalle onder die vel in die toestande van akute of kroniese jig. Tophi kom voor

  • Hande
  • Voete
  • Gewrigte
  • Enkels
  • Ore

Tophi, soos wat dit groei onder die vel, vernietig die been en weefsel waar dit groei. Dit kan lei tot erge deformasie van gewrigte, wat tot beendegenerasie kan lei en die verlies van daardie gewrig.

Nierstene

Uriensuurkristalle wat by Tophi vorm, is ook die oorsaak van nierstene. Hoë uriensuur veroorsaak dat niere nie na wense funksioneer nie en kroniese nierontsteking tot gevolg het, wat tot die verlies van niere en nierfunksies lei.

Hoë Uriensuur word verbind met

  • Hartvatsiektes:
  • Oogsiektes soos katarakke
  • Droë-oog sindroom
  • Uriensuurkristalle in die longe

Stikstofmonoksiedtekorte en ander siektetoestande

Daar is vele siektetoestande wat weens hoë uriensuur, wat stikstofmonoksied produksie en die vervoer daarvan in die liggaam onderdruk, kan ontstaan.

Soos genoem, stikstofmonoksied is direk verantwoordelik vir die vervoer van nutriënte en suurstof, saam met genoegsame magnesium, na alle dele van die liggaam. Kry die brei, spiere en ander organe nie die nodige suurstof en selvoedsel wat hul benodig nie, is vele mediese toestande in die liggaam moontlik.

  • Stres, wat vele organe en selfunksies negatief beïnvloed en bloeddruk indirek verhoog
  • Vergrote are
  • Hoë bloeddruk veral by persone wat nie oorgewig is nie, nie rook nie en gereeld oefen. Stikstofmonoksied is nodig dat bloedvate te reguleer om bloedtoevoer deur te laat.
  • Daar is ‘n noue korrelasie en verband tussen depressie en stikstofmonoksied.
  • Onvoldoende stikstofmonoksied, wat voeding en suurstof na selle en organe moet stimuleer en  voorsien, kan direk bydrae tot erge depressie.
  • Kroniese moegheid of “fatique” kan deur stikstofmonoksiedtekorte veroorsaak word
  • Oormatige sweet
  • Verlengde herstelperiodes na oefening of sport
  • Bloeddrukprobleme, soos koue vingers en voete
  • Gevoelloosheid in ledemate
  • Seer spiere
  • Bleekheid
  • Borspyne
  • “Foggy brain”
  • Depressie weens stikstofmonoksiedtekorte word deur vele Literatuurstudies hier bespreek.

Produkte van Ecohealth wat stikstofmonoksied bevorder

  • Ecohealth se gekonsentreerde “SA Beet poeier”. Beetsap het sowat 279 mg stikstofmonoksied per 100.
  •  Cayenne peper in EcoHealth se “Spice Mix”
  • Ecohealth se Vitamien B3 (Niasien)
  • Ashwagandha
  • Ecohealth se Vit D
  • Ecohealth se “Quercetin”
  • Ecohealth se “Tribulis Terristris”

Ander produkte

  1. Arugula of slaai “rocket” (garden rocket) het as ‘n groente die meeste stikstofmonoksied van alle groente bekend. 480 mg per 100 gram. Dit is familie van broccoli, spinasie en kale.

2: Beet: Ecohealth se gekonsentreerde SA beetpoeier bevat sowat 277 mg stikstofmonoksied per 100 mg

3: Rhubarb

Rhubarb is ryk aan Vit C, kalsium, ruvesel en bevat sowat 247 mg stikstofmonoksied per 100 grams.

4: Botterblaar blaarslaai

Botterblaar blaarslaai het sowat 36% van die daaglikse Vit A wat mens benodig. En bevat sowat 200gram stikstofmonoksied per 100 gram.

5: Spring Greens

“Spring greens” bevat sowat 183 stikstofmonoksied, is ook ryk aan Vit A, kalsium en ook yster.

6: Beetblare

Beetblare bevat sowat 220% Vit A wat mens daagliks benodig. Ryk aan Vit C, sowat 60%, en ook sowat 17% ruvesel en sowat 177 mg stikstofmonoksied.

7: Gewone blaarslaai

Blaarslaai bevat sowat 25% Vit A, en sowat 155 gram stikstofmonoksied per 100 gram

8: Swiss Chard

Bevat 151 mg stikstofmonoksied per 100 gram, 44% Vit A per 100 gram, en sowat 18% Vitamien C.

Nitric Oxide Foods References:
http://nutritionfacts.org/video/vegetables-rate-by-nitrate/
http://livehealthy.chron.com/vegetables-high-nitrate-content-7388.html
http://nutritiondata.self.com/
http://ajcn.nutrition.org/content/90/1/1.long
http://www.healthline.com/health/low-testosterone/anti-estrogen-diet-men#LowT1

10 Comments on “Uriensuur, Diabetes, Suikersiekte, Stikstofmonoksied”

  1. Hi môre
    Ek dink dit wat Pierre hier geskrywe het is my probleem want ek het elke liewe dag sooibrand en niks help nie geswelde bene en enkels ,moet goed drink vir my maag om te gaan elke dag , het kalesterol, fatty liver en vergroote lewer , sukkel om gewig te verloor en is omtrent 40kg oorgewig , het ook n vergroote nier en niere pyn erg , dis glad nie lekker elke dag se pyn en ek moet maar net na die staads dr gaan of die kliniek want geld is daar nie vir n privaat dr nie , is n weduwee is nou 58 en kry nog nie eers pension nie , die medesyne is baie duur en kan nie dit bekostig nie want ek is in Namibia so die produkte om dit hier te koop is baie duur vir my en ek weet ek sal moet van die medesyne kry van Pierre
    Maar baie dankie vir dit wat jy vir almal doen en alle voorspoed met alles wat jy nog wil doen .
    Groete uit Namibia

    Like

  2. Dis asof Piere my beskryf. Enige produkte wat Piere kan aanbeveel wat ek kan gebruik. Ek bly by Delareyville in Noord-Wes. Enige agent naby Delareyville asseblief wat my behulpsaam kan wees en waar ek die aanbevole produkte kan bekom?

    Like

  3. Sjoe jy slaan die spyker op sy kop . Kan ek dalk n no kry van iemand in Meyerton of Vaal Driehoek wat jou produkte verkoop asb Het diabetes hoë bloeddruk. 062 014 1768

    Like

  4. Hi Pierre,eintlik wil ek weet of dit moontlik is om n agent te wees vir ecohealth,eks van Queenstown in die Ooskaap,

    Like

Leave a comment