Marius Swart:

Covid Allergiese reaksie

Naand Pierre.

My naam Marius Swart. Ek bly in Middelburg.

Ek was in 2021 sedert Mei baie erg siek.  My maag het erg en aanhoudend gewerk en geen medikasie kon dit stop nie. Die toestand het aangehou tot en met September 2021.

Dit was vir my persoonlik baie erg. Op 25 Augustus het ek my 2de Covid enting ontvang. 6 September 2021 het ek ‘n hartaanval gekry en ook hartversaking opgedoen. Ek het daarvolgens 2 stente ontvang.

Ek is toe ook met Crohn’s se siekte gediagnoseer. Ook met 2 maagsere.

Kortisoon behandeling

Ek is toe met sterk kortisoon behandel en my maagwerkings het gestop.

Met die hoë dosisse kortisoon het my liggaam skielik enorme reaksie getoon en blase het oor my hele lyf uitgeslaan.

‘n Biopsie is toe gedoen en die toestand word beskrywe as  “Bullous pemphigoid.

Dit is ‘n baie rare outo-immuunsiekte en word hoofsaaklik veroorsaak deur sekere medikasies wat ingeneem word. Dit is wanneer jou immuunsisteem die epidermis aanval, dus die binneste laag van jou vel die boonste laag aanval en blase veroorsaak.

Medikasie en behandeling

Ek op antibiotika en kortisoon. En ek op die oomblik steeds op die medikasie.

Die dokters weet nie.

En al wat ek oor het is hoop en geloof vir ‘n antwoord

  • Ek was by ‘n hematoloog. Sy my gewys dat my bloed so dik soos ou kar olie is.
  • Kardioloog sê hy weet nie.
  • Dermatoloog sê nee. Hy weet nie wat om vir my te doen nie.
  • Hematoloog het gesê dit is weens die Covid inenting. Sy sê die inenting moes iets in my lyf gesneller het om die reaksie te kry.

Ek kan nie kortisoon nie ophou gebruik nie. Anders begin ek klein knoppies uitslaan en jeuk dan verskriklik, waar ek myself stukkend krap.

Suiker

Ek het ‘n geweldige probleem met kortisoon. Gebruik ek dit, skiet my suiker die hoogte in. My suiker word tans beheer met hoë dosisse insulien.

Ek moet 95 eenhede insulien spuit per dag om my suiker vlak normaal te hou. Dit is ʼn baie hoë dosis.

Ek het ook intussen 4 tone en ʼn gedeelte van my voet verloor weens amputasie.

Antibiotika

Ek is van September 2021 kronies op die antibiotika.

Ongelukkig moet ek aangaan met kortisoon. Kortisoon help nou wel om die outo-immuun siekte te onderdruk maar, veroorsaak dat my suiker vlak die hoogte in skiet.

Marius besoek die fabriek.

Die dames neem hom behoorlik onder hande.

Fotos van sowat 2 weke later met die gebruik van ons produkte

Kyk die kleur van my voete.

Selfs die regter voet wat nie masseer was is baie ligter as wat dit was.  Ek het myself van kortisoon af gehaal en sover gaan dit goed. Jeuk bietjie maar dit was terwyl ek kortisoon ook gebruik het.

Suikervlakke

Marius se suiker is na twee weke se gebruik van ons kameelmelk, op sy laagste ooit. Hy is af van kortisoon, hy het homself gespeen en antibiotika en meet sy suiker ongeveer 13 tans.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: