Vlooie

Vlooie

Daar is ongeveer 1800 vlooi en vlooisubspesies in die Literatuur beskryf. Min van hulle is egter van menslike gesondheid of veeartsenykundige belang. Die vlooie wat wel van ekonomiese belang is word in die volgende twee groepe gegroepeer

Lyf of nesvlooie.

Die vlooi beweeg baie vinnig deur die vere of hare van n dier. Hulle bly nie noodwendig op een gasheer nie. Hulle staan bekend as hond-, kat-, rot- en mensvlooie.

Vashegting- of vassitvlooi.

puricipulgamicros

Hier bly die wyfies aan die gasheer vassit.

Die hoendervlooi is ʼn bekende vassitvlooi en ook die spesies sandvlooie, Tunga en Neotunga in, waarvan die wyfies, behalwe vir die agterste gedeelte van hul lywe, feitlik heeltemal in die gasheer se vel indring. Die agterlywe wat uitsteek is om asem te haal, paring, eierlegging en uitskeiding toe te laat!

Lewensiklus van vlooie

  • Klein wit ovaalvormige eiertjies word in die hare, vere van diere, in diere se beddegoed, in neste en op die grond gelê.
  • Die lewenstydperk van ʼn volwasse vlooi is sowat 200 dae.
  • In die tydperk word daar sowat 400- 500 eiers gelê.
  • Maaieragtige larwes broei na 2 dae uit
  • Larwes is lig- en sonsku en woon in donker plekkies van neste, krakies van mure en vloere, onder matte of in nesmateriaal op organiese afval materiaal voed.
  • Hulle oorleef ook op die bloed in die mis van volwasse vlooie.
  • Ontwikkelingsfases van die vlooi
  • Daar is 3 larfstadia by die vlooi
  • Onder gunstige toestande kan hulle hul ontwikkeling tussen 9-15 dae voltooi
  • Dit kan tot 200 dae neem as ongunstige toestande heers
  • Die volgroeide vlooilarf, wat tot 6mm lank kan wees, spin ʼn los witterige kokon waaraan sandkorrels kan klou en vorm ʼn papie binne in die kokon.
  • Die papiestadium neem tot 21 dae om te voltooi.
  • Die hele lewensiklus kan dus van 18 dae tot enkele maande strek

fotor1119104853

Die volwasse vlooi

ʼn Pas ontwikkelde volwasse vlooi, kan weke sonder ʼn bloedmaal aan die lewe bly. Dit is eers wanneer hul een keer gevoed het, dat hul gereeld bloedmaaltye moet ondergaan.

Die volwasse vlooi kan onder gunstige toestande maande lank oorleef!

images-2

Vlooispesies wat algemeen in SA voorkom

  • Pulex irritans:- Dit is die mensvlooi wat ook op honde, katte, varke en pluimvee voorkom.
  • Ctenocephalides felis: – Die katvlooi wat ook op honde, perde en op die mens tydelik) parasiteer.
  • Ctenocephalides canis:- Die hondevlooi wat op ook op mense en perde voorkom.
  • Xenopsylla cheopis: – Die Indiese- of Oosterse rotvlooi wat ook op katte aangetref word.
  • Echidnophaga gallinacea:- Die vassitvlooi van pluimvee wat ook op die pote van honde, die ore van katte, op perde, konyne, rotte en die mens voorkom.
  • Tunga penetrans:- Die sandvlooi, jigger of onderhuidvlooi, wat in tropiese en subtropiese wêrelddele voorkom wat op warmbloedige diere, insluitende die mens, parasiteer.

flea-ashx-120151003_083025-1-1

Die gesondheidseffek van vlooie op hul gashere

Vlooie is die vektore van verskeie siekteverwekkende organismes. Dit is ook die tussengasheer vir verskeie wurmparasiete

Siektetoestande wat deur vlooie veroorsaak word

  • Builepes van die mens word veroorsaak deur Pasteurella pestis wat hoofsaaklik deur die rotvlooi oorgedra word. Vlooie van die genera Nosopsylus en Ctenophthalmus kan builepes ook versprei.
  • Endemiese of muistifus word deur Xenopsylla cheopis en ook ander vlooispesies oorgedra
  • Die Ctenocephalides felis vlooi dra die nematode wurm, Dipetalonema reconditum, wat inwendig by honde voorkom aan honde oor.
  • Sestodes, bekend by troeteldiere as die hond en kat lintwurm, Dipylidium caninum, word deur Pulex irritans, Ctenocephalides felis en Ctenocephalides canis vlooispesies oorgedra.
  • Hymenolepis diminuta (Rat tape worm) van rotte, muise en die mens word ook deur vlooie oorgedra.

Vlooibyte

Vlooibyte is baie irriterend en veroorsaak die toestand bekend as somerekseem by honde wat sensitief geraak het vir vlooibyte. Diere wat sensitief geraak het vir vlooibyte, kan met n paar vlooibyte ernstige dermatitis opdoen.

940844_10153459842392449_6279503167960432723_n

Groot getalle vassitvlooie kan anemia, vermaering, afname in eierproduksie en oogskades veroorsaak weens die gekrap van die diere.

 

Beheer van vlooie

  • Die beste beheer is wanneer beheer gerig is tot die moontlike teelplekke van vlooie.
  • Verhoed organiese afvalmateriaal, stof in hokke, vuil onversorgde beddegoed, houthondehokke, (verbrand die goed), vuil matte en vloer of muurkrake.
  • Oorstroom onbekombare plekke met water om larwes te versuip
  • Maak alle potensiële plekke skaduvry. Direkte lig en sonlig verjaag vlooie
  • Maak van goeie plaagdoders gebruik van bekende handelsname wat verhoed dat vlooie weerstandig word teen middels wat verkeerd gebruik word
  • Daar is verskeie produkte op die mark wat baie effektief is..flea-cycle-1024x797

Laastens, soos met bosluise, lê die oplossing nie alleenlik in ʼn bottel nie. Dit lê in die bestuur van vlooie en die bestuur van hul neste en uitbroeiplekke met direkte sonlig of lig.

sjampoo

Wetenskaplike Pamflet 393. Bosluise, myte en insekte van huisdiere van Suid Afrika

  1. Propyrepet Bosluis en vlooi Sjampoe (Sien skrywe daaroor)
  2. Bravecto
  3. Comfortis
  4. Fipronil
  5. ‘n Self saamgestelde mengsel uit nood uit lyk soos volg
    • 30 ml Vanilla essens
    • 1 eetlepel bloekomolie
    • 1 eetlepel Dettol
    • 1 eetlepel sitronella of naeltjie olie (opsioneel)
    • 3 koppies water
    • Skud goed, as die water te hard is en of die produk sukkel om te meng, n paar druppels suurlemoen of skottelgoedseep net om die olies goed te meng.

Hoekom dit werk weet ek nie.

Vlooie vrek wel maar, daar mag dalk n probleem wees met die langdurige nawerking van die produkte, wat beteken dit moet gereeld met n spuitbottel gespuit word.  Moenie direk of houtkaste spuit nie en ook nie in die oë nie.

Pierre van Niekerk

0126674755

0822208386

pierre@dieregesondheid.co.za

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s