Geaktiveerde Houtskool- Activated Charcoal

Mediese en veterinêre doeleindes van geaktiveerde houtskool!

activated-charcoal

Belangrik: Geaktiveerde houtskool is nie die houtskool waarmee mens braai nie.

Geaktiveerde houtskool is ‘n swart poeier, sonder smaak of reuk en ‘n produk wat gebruik word om gifstowwe in die maag te neutraliseer. Belangrik by die vergiftiging van diere en ook by mense, wat ‘n oordosis pille inneem om hul eie lewe te neem.

Geaktiveerde houtskool word nie verteer of opgelos deur die sure of die alkalië van die spysverteringskanaal nie.

Dit word dus nie in die bloedstroom opgeneem nie.

Dit beteken weer dat dit glad nie toksies is nie.

charcoal

Die kapsules is ideaal as mense na ‘n plek reis waar voedselvergiftiging of ’n maagaandoenings ‘n moontlikheid is.

d3b87339-2aac-4195-befd-a7f42a831c5f

In ’n noodgeval

In die geval van ’n akute maagaandoening of vergiftiging (mens of troeteldier), wil jy so gou moontlik effektief optree. Gee 6 kapsules tot 10 kapsules in, afhangende van die hoeveelheid gif ter sprake.

food

Meting van Geaktiveerde Houtskool.

  • Die vlakke van aktivering en absorpsie word gemeet aan ’n jodiumtelling.
  • Die meeste geaktiveerde houtskoolprodukte het ’n jodiumtelling van tussen 500 en 800.

Maak en Voorbereiding van Geaktiveerde Houtskool.

Geaktiveerde houtskool word gevorm deur die “droë distillasie van hout” en word geproduseer van verskillende hout, doppe van vrugte en neute. Gewilde grondstowwe (houtsoorte) is populier, beukehout, dennehout en ook neutdoppe.

“Droë distillasie” beteken gewoon dat geaktiveerde houtskool in ‘n proses voorberei moet word waar suurstof afgesny word in die verbrandingsproses.  Hierdie houtprodukte word dus in ‘n proses vervaardig waar suurstof afgesny word. Daarna gaan dit deur verdere chemiese prosesse, om die eienskappe van die doel van geaktiveerde houtskool te verhoog.

Eienskappe soos om die houtskoolstruktuur meer poreus te kry vir verbeterde absorpsie van gifstowwe en ander produkte sou dit welke manier ingeneem word.

Die resultaat is ’n hoogs absorberende stof. Met miljoene klein porieë wat swaar metale, chemikalieë, gasse en gifstowwe uit die vel, en selfs die mond en tande kan opneem en absorbeer en neutraliseer.

Dit word ook met groot sukses in ons Pierre @ EcoHealth Bentoniet klei en kaolienklei gebruik, veral by mense met aknee en sensitiewe velle, as deel van die masker.

person-holding-a-model-of-intestines

Die absorberingsvermoë en kwaliteite van geaktiveerde houtskool is ‘n belangrike algemene kennis aspek.

Kennis hiervan kan baie waardevol wees. Enkele aspekte en eienskappe!

  1. Geaktiveerde houtskool moet veral waar kinders teenwoordig is, altyd beskikbaar wees. Veral waar kinders skadelike chemikalie of pille inneem, en waar diere vergiftig word.
  1. Geaktiveerde houtskool is nie toksies nie by oordosering. Dit bring onmiddellike verligting by mens en dier wat sukkel met diarree, gasse, met spastiese kolon en by voedselvergiftiging. Dit kan na braking weer ingeneem word.
  1. Geaktiveerde houtskool sal ook die doel en effek van medikasie verminder en selfs neutraliseer, sou dit twee ure voor of na medikasie ingeneem word.
  1. Geaktiveerde houtskool sal gifstowwe wat allergiese reaksies in die liggaam, oksidatiewe stres en ander skade wat die natuurlike goeie werking van die immuunstelsel beïnvloed, neutraliseer. Dit doen dit deur gifstowwe uit jou selle en spysverteringstelsel te absorbeer en te neutraliseer.
  1. Geaktiveerde houtskool sal artritis se oorsake en simptome, ook gout en ander oorsake van gewrigpyne en die oormaat van maag en uriensuur verminder. Wat ooglopend verhoogde energievlakke sal meebring.
  1. Geaktiveerde houtskool kan geneem word om gasse in die maag te absorbeer en te neutraliseer. Word gebruik by die oordosis dwelms, by inname van gekontamineerde voedsel wat  voedselvergiftiging veroorsaak. Ook het dit n matige effek by babbelas, wat die inname van oormaat alkohol, ook alkoholvergiftiging  versag.
  1. Die gebruik van geaktiveerde houtskool voorkom ook sellulêre skade aan die niere en lewer en ondersteun ook gesonde bynierfunksionering. Dit is noodsaaklik om gifstowwe en chemikalieë gereeld te reinig van die liggaam. Geaktiveerde houtskool absorbeer en spoel met die gebruik daarvan die liggaam van skadelike gifstowwe en chemikalieë.
  1. Geaktiveerde houtskool word gebruik om die distillering van drank. Die enigste verskil tussen Vodka en Gin is die hoeveelheid keer wat die een produk meer of minder as die ander produk deur geaktiveerde houtskool gefilter is.
  1. Geaktiveerde houtskool staan ook bekend as “Pulls”. Dit is om swaarmetale by inname van voedsel te absorbeer en te neutraliseer waar ander moontlike gebruike nie moontlik is nie of te duur.
  1. Geaktiveerde houtskool word gebruik in die verbleiking van suikerstroop, ook by swembadfilters en natuurlike visdam of tropiese visboerderye se filters.
  1. Skoonheidsalonne en tandartse gebruik geaktiveerde houtskool in skoonmaak van tande. Word aktief gebruik by die witmaak van tande as skuurmiddel. Ook om bakterie in plaak te absorbeer. Dit is ook ʼn baie veilige natuurlike middel by die skoonmaak van honde se tande.
  1. Word ook gebruik by verspillings om die verspreiding van gifstowwe in water en grond te keer en of te neutraliseer. Dit word by byna alle gifneutraliseringsprosesse gebruik, ook by die verspilling van gif en ander skadelike stowwe in en om die huis asook by landbou en dierevoeding.
  1. By aansteeklike siektes soos tifus en cholera word geaktiveerde houtskool gebruik om die verspreiding daarvan te voorkom en te inhibeer en ook om aansteeklike materiaal soos water te neutraliseer.
  1. Kan gebruik word by erge diarree van mens en dier, braking te inhibeer, gastritis te inhibeer en die pH in die spysvertering te neutraliseer waar te hoë suur vlakke beleef.
  1. Verminder hoë cholesterol: Navorsing oor die hele wêreld wys dat geaktiveerde houtskool verminder slegte cholesterol en verhoog goeie cholesterol soortgelyk aan voorskrif medisyne. In een studie het die totale cholesterol gedaal met 25 persent, LDL cholesterol gedaal met 41 persent, terwyl HDL het met 8 persent gestyg het in net vier weke.

 

Beskikbaar by al die Pierre@ Ecohealth Depots. By fabriek in Hildastraat 7 Hennopspark Centurion

Fabrieksfoon: 0760852705

 

 

 

 

 

.

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s