Inleiding
Inflammasie is ‘n natuurlike reaksie van die immuunstelsel om skade wat toksienes en ander skadelike mikrobe te verhoed.
Hierdie natuurlike reaksie van die immuunstelsel poog om;
- die “skadelike agent” of vreemde organismes en hul skadelike vermoëns te neutraliseer, te dood, uit te skakel of te beperk.
- In dieselfde aksie, om die proses van “sel herstel” of selfs “tissue repair” te begin.
Inflammasie, as proses kan;
- Akuut beskou word, wat ‘n kort tydelike tydperk verteenwoordig van minute tot enkele dae. Dit gaan gewoonlik gepaard met vloeistof in die beseerde plek, asook bepaalde tipes van immuunselle betrokke en neutrofiele.
- Kroniese inflammasie gaan gepaard met die versameling van limfosiete en monosiete. Gaan ook gepaard met vaskulêre proliferasie en fibrose. (Verlies van mobiliteit en misvormde gewrigte)
Die funksie van Neutrofiele
Neutrofiele is mees algemene witbloedsel in die menslike liggaam. Die funksie van neutrofiele by inflammasie volg in ‘n proses van stappe.
- Die neutrofiele of selle moet eers deur die bloedstroom migreer na waar die inflammasie of ontsteking is.
- Hierdie beweging van molekules of selle word bestuur deur sekere proteïene in die bloedstroom
- Wat lei na bepaalde uitdrukking van merkers op die reseptore op die seloppervlakte.
- Neutrofiele by die plek van inflammasie, vreet/ vernietig/absorbeer die vreemde organisme deur die vrylating van baie kragtige geaktiveerde ensieme wat uit suurstof genereer is.
- Sou die partikel of organisme te groot wees vir die neutrofiel, vind die proses nog steeds plaas
- Behalwe dat die kragtige ensieme van die neutrofiel die organisme van die buitekant sou aanval
- Vir die rede dat daar weefselverlies of skending is wat met infeksies gepaardgaan.
Gedurende hierdie proses
Word ander selle, limfosiete en monosiete tot die proses ontplooi.
Antibiotika Reaksie
Monosiete aktiveer
- inflammatoriese eienskappe om meer effektief te wees in die “opruimingsproses” van die wond, wanneer dit normaliseer.
- Monosiete het ook ander verreikende fisiologiese eienskappe. Nie net op die plek waar die inflammasie voorkom nie, maar ook op ander plekke in die liggaam wat kan veroorsaak dat inflammasie vererger.
- ‘n Hoë telling van monosiete in jou bloedstroom, kan beteken dat jou liggaam ‘n infeksie kan beveg.
- Lae telling van monosiete in jou bloed, kan weer beteken dat die liggaam moontlik aan ‘n vitamientekorte kan ly. Of dat ʼn persoon anemies is, of hoë stresvlakke ervaar.
- Monosiettellings kan ook ander fisiologiese effekte meebring, soos die onttrekking van kalsium in die bene, abnormale vorming van teenliggaampies en die vrystelling van B-selle in die bloedstroom.
- Sou die faktore wat vrygestel word van monosiete in die bloedstroom ongekontroleerd hul gang gaan, kan daar langtermyn gevolge wees vir ‘n persoon se gesondheid.
- Neutrofiele sowel as monosiete kan by ‘n besering suurstof molekules vrystel wat kan lei tot oksidering of “oxidative burst”
- Dit sou die bestaan van kroniese inflammasie vir iemand beteken.
- En die gebruik van kroniese medikasie om dit te onderdruk.
Dit is hier waar Pierre @ Ecohealth ‘n keuse van bekende natuurlike middels gebruik om inflammasie op ʼn natuurlike manier te beheer en of te onderdruk.
Pierre @ Ecohealth Kruiemiddels uitkomste
- Vermindering van pyne en kroniese pyn
- Vermindering van inflammasie
- Inhibering van gewrigvernietigende prosesse
- Voorkoming van oksidasie stres en vrye radikale se invloed by weefsel
Ek is 13 jaar trug met osteoarthritis gedianoseer en het tot dusver geen medikasie gekry wat werk nie
LikeLike
jy het leaky gut, heel jou kolon en die res val in plek
LikeLike