Epilepsie

 

EPILEPSIE OF AANVALLE

Jou gewone gelukkige woef lyk skielik deurmekaar en onstabiel.  Dan val hy/sy op die vloer neer.  Alhoewel hy bewusteloos is, lyk dit of hy ‘water trap’.  Hy is besig om ‘n aanval te kry.  Hoekom gebeur dit?  Wat kan jy doen?

Indien jou dier dikwels sulke aanvalle kry, kan hy moontlik aan ‘n wanfunksie ly.  ‘n Ander naam daarvoor is epilepsie.  Abnormale, onbeheerde sarsies van elektriese aktiwiteit in jou hond se brein veroorsaak aanvalle, en dit beinvloed hoe hy lyk en hoe hy optree.  Aanvalle kan lyk soos ‘n “twitch” of onbeheerbare rukking/bewerasie en kan van minder as ‘n minuut tot etlike minute duur.

Wat kan aanvalle in honde veroorsaak

  • Die eet van gif
  • Lewer siekte
  • Lae of hoë bloedsuiker vlakke
  • Niersiekte
  • Elektroliet probleme
  • Anemie
  • Kopbeserings
  • Enkefalitis (ook ensefalitis of harsingontsteking)
  • Beroerte
  • Breinkanker

Wat is die simptome van aanvalle

Simptome kan insluit platval, rukkings, verstywing, spiertrekkings, verlies van bewussyn, kwyl, kners, kou van tong or skuim by die mond.  Honde kan eenkant toe val en peuter bewegings met die bene maak.  Soms kan hulle poef of piepie gedurende die aanval.  Sommige honde kan verdwaald lyk, deurmekaar en onvas op hull voete, of lyk of hulle in die niet staar voor ‘n aanval.

Na die tyd mag hul disorienteerd wees, onvas op die voete or tydelik blind.  Hul mag in sirkels beweeg en in goed vasloop.  Hul kan baie kwyl op die ken hê en bloeding in die mond as hy homself raakgebyt het.  Hy mag ook probeer om weg te kruip.

Watter soort aanvalle is daar

Dis mees algemene aanval is ‘n algemene aanval, ook bekend as ‘n “grand mal seizure”.  ‘n Hond kan sy bewussyn verloor en konvulsies ervaar.  Die abnormale elektriese aktiwiteit gebeur reg deur die brein.  Algemene aanvalle duur tussen ‘n paar sekondes en etlike minute.  ‘n Tipiese ‘grand mal seizure’ word voorafgegaan deur ‘n tydperk van veranderde gedrag, genoem die ‘aura’.  Gedurende die ‘aura’ kan honde rusteloos en angstig wees, huil, aandring op aandag of afsondering verkies.  Die eintlike aanval duur gewoonlik minder as 2 minute en word gekenmerk deur ineenstorting met rigiede ‘uitsprei’ van die bene.  Die hond verloor sy bewussyn en mag vir 10-30 sekondes ophou asemhaal.  Dit word gevolg deur ritmiese rukkings van die bene (asof hy hardloop of swem).  Sommige diere sal ook kners, kou, kwyl of urineer en ontlas.  Soos wat die hond sy bewussyn herwin is daar ‘n post-aanval periode van disorientasie en verwarring.  Hy mag in mure vasloop en blind voorkom.  Die post-aanval periode kan vir minute of ure duur.  ‘Grand mal seizures’ is tipies van epilepsie.

Met ‘n ‘brandpunt’ aanval gebeur abnormale elektriese aktiwiteit slegs in ‘n gedeelte van die brein.  Brandpunt aanvalle kan abnormale beweging in ‘n ledemaat of aan een kant van die liggaam tot gevolg hê.  Dit duur gewoonlik net ‘n paar sekondes.  Die aanval kan ook begin as ‘n ‘brandpunt’ aanval en oorgaan na ‘n algemene aanval.  ‘n Brandpunt motoriese of gedeeltelike aanval is een waar die rukking of bewing beperk is (ten minste aanvanklik) tot ‘n spesifieke deel van die liggaam.  ‘n Brandpunt aanval toon gewoonlik ‘n spesifieke brein letsel soos ‘n litteken, tumor of abses.

Aanvalle word algemeen verbind met ‘n brein besering, enkefalitis, hittesteek, brein abses, brein tumor, beroerte, vergiftiging, nierversaking of lewerversaking.  Aanvalle wat geassosieer word met harsingskudding gebeur dikwels weke of maande na die kopbesering en word veroorsaak deur ‘n focus van littekenweefsel in die brein.

Post-enkefalitiese aanvalle geskied 3-4 weke na die aanvang van enkefalitis.  Hondesiekte, spesifiek, word gekenmerk deur aanvalle wat begin met kners, tong kou, skuim by die mond, kop skud en oë knip, alles gevolg deur ‘n verdwaasde kyk.

Post-inenting aanvalle was al beskryf in honde jonger as 6 weke, na inenting met ‘n gekombineerde hondesiekte/parvo virus inenting.  Met huidige inenting is sulke gevalle baie skaars.

‘n Psigomotoriese aanval behels eienaardige gedrag wat slegs ‘n paar minute kan duur.  You hond mag skielik begin om ‘n denkbeeldige voorwerp aan te val of sy stert begin jag.  Dit kan moeilik wees om psigomotoriese aanvalle te onderskei deur eienaardige gedrag maar die hond wat hierdie tipe aanvalle kry sal elke keer dieselfde reageer tydens so ‘n aanval.

Aanvalle as gevolg van onbekende oorsake word genoem idiopatiese epilepsie.  Dis ‘n versteuring van die sentrale senuweestelsel en gebeur gewoonlik met honde tussen 6 maande en 6 jaar oud.  Alhoewel enige hond ‘n aanval kan kry, is idiopatiese epilepsie meer algemeen met kolliehonde, Australiese skaaphonde, Labrador ‘retrievers’, beagles, Belgiese Tervurens, kollies en Duitse skaaphonde.

‘n Teef mag lae bloed kalsium vlakke ontwikke na kraam en aanvalle kry.  ‘n Skielike verlaging in bloedsuiker (hipoglisemie) kan ook ‘n aanval veroorsaak.  Dit gebeur met pasgebore babas wat aan kardiopulmonêre sindroom ly.  Dit kan ook gebeur in klein rasse wat nie genoegsame voeding gekry het nie.  ‘n Algemene oorsaak van hipoglisemie is ‘n diebetiese hond wat te veel insulien gegee word.

Algemene gifstowwe wat aanvalle veroorsaak is diere aas soos strignien, ‘antifreeze’ (etileenglikol), lood, insekdoders (organofosfate) en sjokolade.  Aanvalle wat deur organofosfate veroorsaak word, word voorafgegaan deur kwyl en spiertrekkings.  Blootstelling aan ‘n sproei, dip of uitgangspunt behandeling stel die diagnose voor.

Daar is ‘n aantal toestande wat, alhoewel nie ware aanvalle, dikwels raakgesien word as sulks.  Bysteek, byvoorbeeld, kan erge verwoede blaf veroorsaak, gevolg deur floute of ineenstorting.

Hartaritmieë kan foutiewelik aangesien word vir aanvalle omdat dit bewussynsverlies en ineenstorting veroorsaak.

Wat jy kan doen wanneer jou hond ‘n aanval kry

Belangrikste – bly kalm!  As jou hond naby enigiets is wat hom kan beseer, soos meubels of trappe, probeer hom sagkens wegbeweeg na ‘n veiliger area.  Bly weg van sy kop en veral sy bek want hy kan jou probeer byt.  Moet asseblief niks in sy mond sit nie – honde kan nie verstik op hul tonge nie.  As jy kan, bereken die tydsduur van die aanval.

Indien die aanval langer as ‘n paar minute duur, kan jou hond oorverhit.  Sit ‘n waaier aan om hom koeler te hou en ook koue water op sy voete om hom verder af te koel.  Praat saggies met hom en raak hom liggies aan om hom te vertroos.  Kontak jou veearts sodra die aanval ophou.

Indien jou hond ‘n aanval kry wat langer as 5 minute duur of hy het etlike op ‘n ry terwyl hy bewusteloos is, neem hom dringend na ‘n veearts.  Hoe langer ‘n aanval duur, hoe hoër is ‘n hond se risiko dat sy liggaamshitte te hoog styg en hy probleme ondervind met asemhaling.  Dit kan sy risiko van breinskade verhoog.  Jou veearts sal hom heel moontlik binneaarse Valium toedien om die aanval te stop.

Wat kan ek verwag wanneer ek my hond veearts toe neem

Jou veearts sal ‘n deeglike fisiese ondersoek wil doen asook sekere laboratoriese toetse onderneem om vas te stel wat die aanvalle veroorsaak.  Die veearts mag medisyne voorskryf om die aanvalle te beheer soos Phenobarbital of Potassium Bromide.

Jy kan jou hond twee keer ‘n dag Phenobarbital gee maar oor ‘n tydperk kan dit lewerskade veroorsaak.  Honde wat Phenobarbital behandeling ontvang moet elke ses maande vir bloedtoetse gaan.

Potassium Bromide werk nie deur die lewer nie, wat dit dus ‘n beter keuse maak vir jong honde wat lewenslank behandeling moet ontvang.

Volg altyd jou veearts se instruksies baie noukeurig wanneer jy jou hond medisyne toedien.  Moet geensins toelaat dat enige dosis oorgeslaan word nie.

Pierre van Niekerk © 2015

 

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s