Desember 2021 het my vel-uitslag begin.

Eers op my bene, toe na ‘n paar weke het dit versprei na my hele lyf.

Na vele dokters

En ‘n oordosis Allergex, Texa en Kortisoon (wat gif is vir enige diabeet) per dag, is ek verwys na die “Allergy Clinic”.

Toetse is gedoen en ek is gediagnoseer met Chronic Urticaria.

Allergy Clinic het Fexo voorgeskryf maar my vel kondisie het net vererger by die dag.

Ek is ‘n Type 1 Diabeet

En die kroniese Urticaria, gepaardgaande met die medikasie, het veroorsaak dat ek elke ander week in ‘n baie gevaarlike anafilaktiese skok ingegaan.

Die Allergy Clinic

Het my Verwys na ‘n dermatoloog wat vir my Xoliar inspuitings voorgeskryf het. Eerste inspuiting is in die hospitaal gedoen want my kondisie was so erg dat ek opgeneem moes word.

Medies het betaal vir die 1st inspuiting omrede ek in die hospitaal was

Maar het geweier om die volgende 5 inspuitings te betaal en ‘n alternatief voorgestel wat permanente nier- en lewerskade kan veroorsaak, en my diabetes sal vererger.

Na bestudering van die nagevolge van die medikasie soos voorgestel, kon ek nie my lewe en toekoms op die spel plaas vir medikasie wat my stadig sou dood maak nie.

My kondisie was so erg, dat ek 2 ure makismum ‘n aand kon slaap.

Ek was ek moedeloos.

My ma het voorgestel ek gaan sien Oom Pierre.

Beste besluit ooit!

Met my eerste afspraak het hy dadelik besef dat die probleem van binne kom en dat my lewer “vuil” is wat die kroniese Urticaria toestand veroorsaak.

Hy het sy eie voedingsprodukte voorgeskryf wat my immuunstelsel ondersteun het en binne ‘n week het ek begin beter voel en lyk. Hy het my gewaarsku dat dit eers slegter sal gaan die eerste week, voor my immuunstelsel na die kortisoon sal inskop, voor dit beter sal word.

Dit was toe ook so.

Na my kolon en lewer skoongemaak is, ek meer water begin drink het en, sy produkte gebruik het, het daar skielike stelselmatige lewe in my begin terugkeer.

Ek gaan elke ander week vir oom Pierre se immuunstimulering

Dis nou 2 maande later.

Net oor 5 weke om presies te wees. Kyk na my laaste foto’s. Dit is hoe ek nou lyk op oom Pierre se program. Ek is ‘n nuwe mens.

Ek het my lewe terug gekry.

Niemand by my werk kan dit glo nie. Hulle ken my sukkel en swaarkry en my stryd en skielik is dit oor en verby net op oom Pierre se produkte. Nie familie nie, nie vriende nie.

Ek vertel vir almal. Almal voor die voet van oom Pierre.

En, ek kannie genoeg dankie sê vir Oom Pierre en watse verskil hy in my lewe gemaak het nie.

Dankie Oom ❤

2 Comments on “Tjeme en Kroniese Urticaria.”

  1. Beste Pierre
    Ek sukkel sedert Oktober met uitslag soos galbulte. Al wat daarvoor help is kortisoon wat ek nie meer wil drink nie. Ek het alle suiwel, gluten en suiker uitgesny maat kry nie verligting. Kan jy asb behandeling voorstel?
    Groete
    Annali

    Like

Leave a comment