Theuns en Johanna Kuhn

My naam is Johanna Kuhn. My man Theuns is ‘n diabeet.

Ons het voorheen baie gesukkel om sy voete gesond te kry. Soms vir maande en maande gesukkel om een van die voete gesond te kry. My sussie het vir my gesê om oom Pierre te gaan sien en kyk of hy ons kan help.

Groot vordering was reeds binne 3- weke nadat ons oom Pierre se behandeling begin het.

Dit is hoe die voete nou lyk.

Die kleintoontjie was op die been oop en kyk hoe lyk dit nou? Byna toegegroei.

Ek het oom Pierre ook gaan sien.

Want ek sukkel met hoofpyne, migraine, amper elke liewe dag. Het al geleer om saam met dit te lewe. Asof dit nie genoeg is nie, dan kry ek ook angs aanvalle a.g.v. stres.

My maag kon glad nie gaan nie en ek moes permanent goed drink daarvoor. En nadat ek oom Pierre se produkte begin gebruik het, het baie verbeteringe ingetree.

Angs is minder . Ek het ook nie sulke erge hoofpyne meer nie (baie minder) en my maag gaan gereeld sonder enige probleme.

Baie dankie oom Pierre en span

Julle is waarlik ‘n seën vir ons mense wat vir jare sukkel om net ‘n privaat mediese sorg te probeer bekostig.

En dan werk die medisyne nie eens nie.

Ons wil net uit die diepte van ons harte baie dankie sê julle is ongelooflike goeie mense ek het nie gedink ek gaan ooit my man se voete kan regkry nie.

Baie, baie dankie God seën julle met als wat julle bereik het en soveel mense wat julle genader het vir hulp ons sal julle ewig dankbaar wees geseënde aand verder

Groete Johanna en Theuns Kuhn

Leave a comment