Kroniese Stres en Kortisol: Die oorsake en gevolge

Inleiding

Waarskynlik is stres van soorte, die enkele grootste oorsaak by kanker. Stres het in vele opsigte duisende seekat-tentakels wat in verskeie vorme voorkom. Stres is geen “Engel van die Lig” wat sonder handskoene getakel moet word nie.

Stres in sy vele vorme kan net individueel bestuur word. Dit kan net suksesvol bestuur word as die impak van stres se werklike skade besef word.  Stres mag nooit ligtelik met een of ander pil alleen  onderdruk word nie.

thUS6WH9QG

Pyne en skete

Stressors van soorte, waarvan enkele hier kortliks verduidelik word, manifesteer in vele vorme, waaronder pyne en skete. Die toestand beïnvloed vele kere mense se produktiwiteit, gehalte van lewe, gedagtegang, persoonlikheid en is ook waarskynlik ‘n baie groot rolspeler van stygende mediese kostes en uitgawes.1,2

Pyn van soorte is ook die primêre oorsaak wat veroorsaak dat mense mediese of medisinale intervensie soek om daarvan ontslae te raak. 3,4

Daar is ‘n magdom metodes om kliniese ondersoeke te doen om die oorsake van die verskillende groepe van pyne te vind om te behandel, wat psigologiese toestande insluit. Daar is natuurlik ook nie-pynverwante oorsake van stres wat in die proses van stresbehandeling, korrek geïdentifiseer moet word om behandeling daarvan suksesvol te maak. 5,6

th2WKBVRKC

Stres wat deur pyn veroorsaak word, word vele kere oordryf as lewensgevaarlik. Dit word ook vele kere hanteer asof dit dan in totaal vermy moet word omdat dit lewensgevaarlik is. 2,7,8

Literatuur beweer dat die psigosomatiese toestand by sommige mense die werklike pyntoestand vele kere totaal oordryf. Ook dat die psigiese persepsie en toestand daarvan die herstel proses belemmer en onnodig verleng.

Dit kan veroorsaak dat die persoon sieker word as wat hy/sy werklik is. 2,710

Studies wat die risiko faktore van die onderskeie tipes pyn bestudeer, onderskei tussen 2 tipes of groepe van pyn.

  1. “Muscolosketal Pain” is pyn wat ongemak in die strukture van die liggaam veroorsaak. Strukture soos spiere, bene, ligamente, kraakbeen, rugwerwelkolom en senuwees.
  2. Psigosomatiese Stres is pyne wat veroorsaak word deur vergroting van ‘n situasie, vrees, die siening dat die kleinste gebeurtenis ‘n katastrofe is.

Houding, waardes, vaardigheid

Negatiewe hantering of “coping” 1,2,79  van die lewe en sy gebeurtenisse is ook ‘n belangrike komponent wat fisiese pyn en skete veroorsaak.

Terapeute gebruik verskillende oefening en “Face your Giants” tegnieke om hierdie toestande aan te spreek. 11

Psigosomatiese oorsake en respons tot pyn moet egter in breër verband deur kundiges in hul verskeie velde aangespreek word. Stres beïnvloed die mens se neuro-endokriene stelsel en veroorsaak ‘n wanbalans van hormone.

thGIETW4FC

Opsommend: Doel van die Skrywe

Begrip en kennis tussen werklike van fisiese pyn en psigologiese pyn, asook die vind van ‘n balans tussen fisiese pyn, psigologiese pyne en die oorsake en invloede van stres, mag dalk ‘n persoon se gehalte van lewe verbeter en hom/haar instaat stel om hul fisiese en geestelike gesondheid beter en veiliger asook gesonder te bestuur.

Die bestuur van stres, die persoonlike hantering daarvan het ‘n natuurlike liggaamlike respons. Hierdie respons speel in die vorming en ontstaan van vele siektes ‘n belangrike rol. Nie net in kanker nie.

Individue speel uiteindelik self ‘n belangrike rol in die ontstaan van hul siektes. Genetiese oorsake is altyd betrokke, asook eksterne faktore wat siektetoestande kan veroorsaak. Dit word nie hier bespreek nie.

Lees gerus hier die Artikel:

rheumotoid_Arthritis

inflammation-atherosclerosis-cancer-obesity-infections-dementia-depression-5-638

Stres Respons: Hipotalamiese-Pituïtêre-Bynierskors (HPA-Axis) en Kortisol

Neurologies funksioneer die mens tussen die “Simpatiese senutoestand (Veg of vlug)” en die Parasimpatiese” senutoestand, (Rus en eet/verteer).

  1. Die Simpatiese Senutoestand
  • Is die veg of vlugtoestand van die liggaam. Die simpatiese toestand of proses bevorder die afbreek van voeding na kleiner partikels. Dit is dus partikels soos lipiede en proteïene, na vetsure, nukleotiede en aminosure.
  • Katabolisme is die “afbreek” aspek van metabolisme.
  • Die simpatiese senutoestand bevorder die kataboliese afbreek van vet en weefsel om glukose te produseer vir energie, bewustheid, motivering, en doelgerigte gedrag. 12
  1. Die Parasimpatiese Senutoestand

Bevorder heling en herstel van weefsel, immuunstelsel op te bou asook anaboliese groei (sintetisering van protoplasma om groei en herstel te stimuleer) om energievlakke te herstel en uithouvermoë uit te bou.12

Wat belangrik is:

Dat ‘n balans gevind word tussen die twee toestande,  die simpatiese en ‘n parasimpatiese toestand, wat van kritiese belang is in die langtermyn fisiese,  en psigologiese gesondheid.

Kortisol

Kortisol is ‘n kritiese kataboliese hormoon wat deur die byniere produseer word13 Dit word periodiek in die liggaam in die oggend geproduseer en verlangsaam gedurende die dag. 14,15

Gedurende die dag handhaaf kortisol bloedglukose en onderdruk ander orgaansisteme om energie te verskaf aan die aktiewe breinfunksies asook al die ander spiere en senuwees.

Kortisol is ‘n baie sterk anti-inflammatoriese hormoon.

  1. In balans keer dit senu en weefselskade wat met inflammasie geassosieer word.16
  2. Kortisol is ‘n belangrike faktor by mens en dier se respons by stres.
  3. By ‘n toestand van skrik en of skok, sal kortisolvlakke skielik verhoog om mens of dier die nodige spieruithouvermoë en ook energie te gee om te veg of te vlug wanneer dit nodig is om te oorleef.13,17
  4. Alhoewel kortisolproduksie baie nodig is in die korttermyn, asook wanneer nodig in gevaar, is langdurige kortisolproduksie baie skadelik langdurig, vir beide geestelike, fisiese en emosionele balans en gesondheid. 1618
shutterstock_173305178-red_lowres_0
medical illustration showing inflamed, painful joints; Shutterstock ID 173305178; Brand: Nutritional Outlook; LocationProduct: Magazine; Date: 10/16; Purpose: Editoral

Die Akute Stres Respons

‘n Stressor of stresveroorsakende stimulus is enige aksie/toestand/stimulus/rede/oorsaak wat ‘n fisiologiese reaksie in die liggaam veroorsaak wat as stres of angs gedefinieer kan word.

Dit kan vele toestande wees;

  • Fisiese bedreiging tot veiligheid
  • Eise wat die onmoontlike verwag
  • Onsekerheid oor veranderlikes in die omgewing
  • Oorlog en dood
  • Siektetoestande
  • Politieke oorsake
  • Finansieel
  • Werksomstandighede
  • Liefdesteleurstelling
  • Armoede en tekorte aan fisiese vermoëns om te sorg, soos in droogte

Enige toestand of omstandighede wat die moontlike verwagte uitkoms van ‘n verwagting nie waar word nie, kan as ‘n stressor beskou word. ‘n Effek van die stressor wat skadelike nagevolge en effekte op die mens en dier kan hê. 7,19,20

Amigdala

Ongeag of ‘n stressor en of stres stimuli pynverwant of nie pynverwant is nie, soos werkslading, werksverliese, verlies aan respek of agting, lewensmaat, finansies, kanker en of kroniese siektes, die blote wete of denke dat verlies vir ‘n persoon onbeheerbaar is, en nie omkeerbaar nie, kan ‘n negatiewe fisiologiese respons meebring. 1,2,7,20

Literatuur beskrywe dat stressors soos bankrotskap, werkloosheid, verlies aan sosiale status, vrees om iets belangriks te verloor, soos ‘n kind of dier of lewensmaat, die amigdala, ‘n gedeelte van die limbiese gedeelte van die brein. 21 stimuleer en beïnvloed.

  • Die amigdala reageer op vrees en gevare deur die onmiddellike simpatiese respons te stimuleer.
  • Kort daarna sal ‘n neuro-endokriene reaksie gestimuleer word, ‘n natuurlike ingebore respons om die (homeostase) balans in die liggaam te herstel om oorlewing te verseker. 13,15,22,23

Belangrik

Wanpersepsies, wanaangepaste hantering van stressors, onnadenkende wyses asook geloofsoortuiging hoe om sulke stressors te hanteer, kan ‘n oorreaksie veroorsaak en dus ‘n onnodig verhoogde fisiologiese stresrespons wat die reaksietyd tot herstel onnodig kan verleng, asook die pynervaring en belewenis onnodig kan verleng. 20,24,25

Die hantering van pyn as stressor.

‘n Negatiewe siening en ervaring van pyn kan die pynervaring onnodig fisiologies verleng. By die ontstaan van akute vorms van stres, stuur die amigdala boodskappe na die brein om simpatiese senureaksies te aktiveer. Pynervaring stimuleer ook hormone van die byniere (catecholamine), wat onderskeidelik dopamien, “norepinephrine” (oor genoem noradrenalien of noradrenalien) en “epinephrine” wat ook bekend is as adrenalien. 15,26

Kenmerke

Hierdie neuro-oordraagbare hormone se funksies veroorsaak by verhoogde produksie versnelde hartklop, verhoogde bloeddruk, gejaagde of vinnige asemhaling, verhoogde sweetproduksie, vernouing van hartvate en die vergroting van die oog se pupille. 12

10868265_821285594580868_278940542987849895_n

Funksie van verhoogde simpatiese senu-reaksies.

Die simpatiese reaksie op die korttermyn is ten doel om anti-inflammatories te wees. Dit het ten doel om antigene, patogene, vreemde voorwerpe en organismes uit aksie te stel en hul werkinge te inhibeer 13,26,27

Akute stres respons, pynverwant of nie, aktiveer ‘n normale fisiologiese stresrespons. (Korttermyn simpatiese afskeiding van adrenalien, ook genoem “epinepherine” en “norepinepherine,” wat gepaardgaan met die afskeiding van die anti-inflammatoriese hormoon, “kortisol.”

Hantering van die stresrespons, veroorsaak dat die vlakke van adrenalien,  kortisol en  norepinepherine normaliseer.

Wanneer stres vir welke redes verleng, of vir welke redes nie hanteer word nie, selfs kunsmatig en instandgehou word, veroorsaak dit ‘n verlengde afskeiding van kortisol. Die toestand veroorsaak ‘n “fear based memory” van stresvolle stimulasies wat inskop by enige toekomstige stresvolle situasies.

‘n Verlengde of langdurige instandhouding van stres resulteer in ‘n disfunksie van die impak van kortisol op die liggaam. Iets wat niemand wil troetel of handhaaf nie.

Kortisol

Kortisol is ‘n kragtige anti-inflammatoriese hormoon. Die disfunksies van kortisol is legio.26,63

Kortisol in disfunksie resulteer in ongemoduleerde inflammasie. Dit aktiveer ‘n siklus van inflammasie, depressie en fisiese pyn wat op hul beurt ‘n onbeheerbare siklus van ongemoduleerde inflammatoriese stressors en response veroorsaak. Dit weens die disfunksies van kortisol.

Studies wys op ‘n magdom assosiasies met inflammatoriese sitokinese, stresverwante kroniese pyn en “salivary hypocortisolism”. Lees hier en hier en hier. Daar is ook vele bewyse in die Literatuur dat stres bydra tot vele vorme van pyn, omdat pyn ‘n direkte verwantskap het met die inflammatoriese respons15,36

1inflammation

 

Pyn en Inflammasie

Inflammasie produseer vrye radikale, oksidatiewe en nitrosatiewe stres en skade aan gesonde selle43,44.  Die versameling van vrye radikale en gepaardgaande oksidatiewe stres dra by tot aktiewe weefsel degenerering en veroudering.  Osteoporose, miopatie, idiopatie en neuropatie is algemeen erkende manifestasies van inflammasie. Pyn op sy beurt is die fisiese effek van hierdie kondisies. 1316

Om die effek verder te kompliseer, veroorsaak inflammasie dat vergrote gapings in die wande wat dien as “barriers” of beskerming tussen bloed en die brein, asook die wande (lining) wat derminhoudelike in die dermkanaal weerhou om weer in die bloedstroom opgeneem te word.

Dit kompliseer klomp faktore in gesondheid. Omdat die immuunsisteem die skadelike toksienes nie herken as skadelike inhoud vir die liggaam nie. 26 Dit veroorsaak dat ander skadelike bakterie en virusse oor deurgelaat word.

Outo-immuunsisteem afwykings.

  • Inflammasie wat so ontwikkel bevorder hipersensitiwiteit hiervoor wat aanleiding gee tot die vorming van outo-immuunsiektes.
  • Outo-immuunsiektes kan ontstaan weens ongekontroleerde inflammasie wat aan vrye radikale bind, wat hul beurt weer aan gesonde selle bind, wat op hul beurt abnormale selle kan vorm wat kankeragtig word. 64
  • Outo-immuunsiektes is waar die immuunstelsel verward raak. Begin om gesonde selle in die liggaam aan te val as hul as “vyande” van die persoon se gesondheid te beskou. 15,16

Lae kortisolvlakke  

Hierdie toestand word verbind met verswakte algemene gesondheid. Wat op weer met vele ander siektes geassosieer word. 43,64,65.  Lae kortisolvlakke en respons word direk verbind met HIV Vigs of “acquired immunodeficiency syndrome, asook kanker geassosieer. 64

Gedrag, gedragsverandering en kortisol.

‘n Gekondisioneerde aangepaste gedragsrespons (Doelbewuste gedragsverandering by ‘n wanaangepaste psigologiese en of psigosomatiese persepsie dat als in die lewe swaar en moeilik is, ook “lewensbedreigend”), kan bydrae tot normalisering van kortisolafskeiding wat aanleiding sou gee tot pyn en inflammasie in die liggaam.

Die afskeiding van kortisol wat langdurig is, is kronies word en ook skadelik.

Die uitvoering van gedrag het te doen oor hoe kinders grootgemaak word. Waaraan hul blootgestel word. Kinders wat nie aktief grootgemaak word om die uitdagings van die lewe self te hanteer nie, kan waarskynlik kandidate wees versteurde gedragspatrone.

Gedragspatrone wat gevestig word en binne hul biologie ontstaan en in vele siektes kan manifesteer weens kortisolvlakke, wat onwillekeurig die hoofrol word in die hantering van situasies wat deel is van die normale lewe.

Blootstelling, wysheid, insig en die wete dat keuses oor hoe verliese hanteer word, (Victor Frankl) is lewensvaardighede wat al vroeg in almal se lewens beoefen moet word. Opvoeding en gedrag asook die uitlewing van gedrag, is direk verbind met biologiese response in die liggaam.

Vele versteurde gedragspatrone kan hieruit ontstaan. Sommige gedrag kan lei tot haat en woede en vergelding, wyl ander patrone kan lei tot selfbejammering, onderdanigheid, vrese vir die lewe, onsekerheid en ‘n verlamming om te waag en te bang wees om vry te lewe meebring.

Die verlies van ‘n geliefde, ‘n lewensmaat, ‘n troeteldier, werk kan dieselfde liggaamsrespons meebring. Ongeag die oorsaak van die verlies, die rigting van gedrag en die gedragsrespons, kroniese stres en die onvermoë om teleurstellings te hanteer, kan manifesteer in ‘n gevoel van moedeloosheid en een van geen hoop en dit word ‘n belangrike gesondheidsaspek en faktor in die gesondheid van ‘n mens. 19

Die bestuur van verliese en teleurstellings is ‘n kritieke aspek in elke mens se lewe. Dit is een van die belangrikste lewenslesse en lewensvaardighede wat alle mense vroeg in hul lewe moet leer om suksesvol te hanteer.

Word die lewensvaardighede nie aangeleer nie, kan versteurde gedrag ontwikkel in aggressie of dit kan manifesteer in die soek van aandag en selfbejammering wat kan ontwikkel in depressie, omdat belangrike lewensvaardighede om teleurstellings en verliese te oorkom afwesig is. 68

Dit lei na versteurde gedrag, verskeie soorte van disfunksionele kortisolafskeiding, na inflammasie, pyn en siektetoestande wat kan lei na vele outo-immuunsiektes en ook kanker. Literatuur in die algemeen verwys na neuro-endokriene afwykings wat ontstaan weens die disfunksionele afskeiding en uitwerkinge van kortisol. 18,3639

th

Opsommend

Kortisol en stressors van soorte is dus een van die grootste en belangrikste aspekte in kanker en outo-immuunsiektes. Dit kan kortweg so opgesom word;

  • Die bestuur van stressors en kortisol
  • Die bestuur van die gevolge van stressors en kortisol, wat die skadelike gevolge van langdurige afskeiding van kortisol insluit
  • Die rol en gevolge van kortisol in pyn en inflammasie, wat kan lei tot outo-immuunsiektes en kanker.
  • Natuurlike produkte wat in die Literatuur beskrywe is, se doelwitte, gebruike en uitkomstes.
  • Dit word in Afdeling 3 beskrywe.

Pierre van Niekerk

Leave a comment