Daar is n paar produkte in die Literatuur wat kankerwerende eienskappe bevat. Dit is waarskynlik beter om dit te beskrywe, dat dit kankergenesende eienskappe bevat wat voorkomend gebruik moet word.

Die produk wat hier beskrywe word, is Curcumin. Die aktief in borrie. Met hul bio-opneembare uitdagings en voordele.

Inleiding

Die effektiwiteit, die veilige farmakologiese waarde van curcuminoïede noop mens om die potensiaal te kyk van curcumin as hulpmiddel teen kanker, as anti-oksidant en die ander waardes wat dit as natuurlike plant en middel mag hê teen verskeie siektes.

Die gebruik van borrie, (curcumin is die aktiewe bestanddeel in borrie) word al eeue lank gebruik in die Ayurveda gebruike. In die moderne era is daar vele belangrike studies in die Literatuur wat fokus op die aktief in borrie, naamlik “Curcumin” gedoen.

Borrie word onttrek uit die wortel van die plant “Curcuma longa.” Borrie en of die aktief, curcumin word  nie geredelik deur die liggaam opgeneem nie.

Die waarde van curcumin moet met ‘n “sleutel” in die Biologie vir die liggaam ontsluit word. Hierdie “sleutels” is sekere tipes van vette en olies en enkele alkohole. Waarskynlik is die belangrike “sleutel” is die aktief wat binne swartpeper gevind word, naamlik “Piperine.”

Die aktiewe komponent Curcumin.

Literatuur bevind dat curcumin bepaalde werkinge en of uitkomste het in verskeie belangrike biologiese gebeure in die liggaam. Curcumin se chemiese funksie fokus op “molekulêre teikens,” wat veral vir menslike en dierlike gesondheid belangrik is om te kan inhibeer of dit te moduleer, veral wanneer gevreesde siektes ‘n rol speel.

images (1)

Curcumin inhibeer/onderdruk/verander/moduleer die “transkripsie faktore” wat die selgroei van die volgende siektetoestande bevorder.

  • Kanker
  • Artritis
  • Diabetes
  • Hart en hartvatsiektes
  • Crohn se siekte
  • Osteoporose
  • Alzheimers
  • Velkondisies soos psoriase, ens.

Wat is ‘n “Transkripsie Faktor?”

  • Vele molekules of familie van molekules tree op as transkripsie faktore.
  • Transkripsie Faktore word in elke sel van die liggaam gevind.
  • Transkripsie faktore is ook verskillend in verskillende selle.
  • Transkripsie faktore het in die verskillende fases in die ontwikkeling van selle ‘n veranderlike aard en karakter.
  • Transkripsies faktore reguleer ook die boodskappe wat deur die geen in ‘n sel produseer word.

Transkripsie faktore is proteïene wat bind aan spesifieke gene van ‘n sel se DNA. Dit bind veral aan die “promotors” van die sel se funksie, wat dan skadelike funksies kan promoveer. ‘n Promotor is “aktiveerders” in die sel wat funksies van die sel bevorder.

Transcription_Factors.svg

Verskillende transkripsie faktore is verantwoordelik vir die patrone of die biologiese uitdrukking van spesifieke gene in selle. Transkripsie faktore is verantwoordelik vir die aktivering van die veranderlike gedrag van gene wat in selle mag plaasvind.

Enkeles is;

  • Cycloxygenases of COX COX2, 5-LOX, iNOS
  • Hemeoxygenase-1.”
  • Selproteïne soos Cyclin D1 and p21
  • Cytokines soos TNF, IL-1, IL-6
  • Chemokines
  • Reseptore soos EGFR, HER2 en,
  • Sel oppervlak molekules of “cell adhesion molecules.”

Transkripsie Faktor 1: NF-κB (Nuclear factor kappa-light-chain-enhancer of activated B cells)

images

Die NF-κB faktor word in alle tipes selle van mens en dier gevind en, is betrokke by selreaksies wat gestimuleer word deur

  • Stres
  • Sitokinese
  • Vrye radikale
  • Swaarmetale,
  • Ultravioletstraling en irradiasie.
  • Die NF-κB faktor speel ‘n sleutel rol by die regulering van die immuunrespons by infeksies en soorte van inflammasie.

Die verkeerde regulering van die NF-κB faktor in die liggaam word gekoppel aan kanker, inflammatoriese asook outo-immuunsiektes, septiese skok, virale infeksies asook verswakte immuun-ontwikkeling.  Die NF-κB faktor word ook verbind aan verswakte senuweefunksies,  algemene spierverswakking en ook geheueverlies.

Die NF-κB faktor word ook impliseer by skadelike cholesterol wat vorm waar die vorming van gesonde LDL cholesterol beskadig word deur chemiese blootstelling waar vrye radikale induseer word. Die NF-κB faktor word ook geïmpliseer by die skadelike uitwerking van skadelike bakterie en virale antigene.

Transkripsie Faktor 2: (AP-1) of “Aktivering Proteïen 1.”

Aktivering proteïen 1 is ook ‘n transkripsie faktor wat “ geen-uitdrukking” reguleer (hoe gene in die sel reageer) in reaksie van bepaalde stimuli of oorsake, wat ook stres, sitokinese, vrye radikale, swaarmetale, bakteriese en virale antigene insluit.

Transcription-Factor0

F2.large

AP-1 reguleer ook selprosesse soos

  • differensiasie (wanneer ‘n sel van een tipe sel na ‘n ander verander)
  • proliferasie ( waar ‘n moedersel verdeel en twee dogterselle produseer
  • apoptose (geprogrammeerde selsterftes plaasvind).

Transkripsie Faktor 3: Egr-1 of “Vroeë Groei Reaksie.”

8ff1

  • EGR-1 word as ‘n Early growth response” proteïen beskrywe. Ook bekend as Zif268 (zinc finger protein 225) of NGFI-A (nerve growth factor-induced protein A).

 

Transkripsie Faktor 4: Katene (Catenin)

330px-Beta-catenin-ARM-domain-interactions.png

  • Katene is ‘n groep proteïene wat normaalweg die skakeling tussen selle bevorder en bepaalde funksies uitvoer soos om spesifieke selverbindings mee te bring.
  • Dieselfde faktore wat ‘n rol speel in normale funksionering van selle en hul normale biologiese funksies, soos die afsterwe van selle, die handhawing of balans (homeostase),  herstel en ook groei van selle, dieselfde faktore kan in ‘n negatiewe sin dieselfde rol en funksie vervul by abnormale selgedrag, soos by die vorming van tumors.

Transkripsie Faktor 5: “Peroxisome proliferator-activated receptor” of PPAR

PPAR het verskeie metaboliese funksies in selle en behoort aan ‘n groep van proteïene wat ook estrogeen, Vitamien D, en die hormone van die skildklier insluit. Die familie van PPAR’s  word verteenwoordig deur drie lede, naamlik PPAR-α, PPAR-δ, and PPAR-γ.

3-Figure2-1.png

Dit het ‘n komplekse en ook wye verskeidenheid van rolle en in funksies in die liggaam. PPAR-γ transkripsie faktor inhibeer normaalweg die ontstaan en ontwikkeling van skadelike selle en word soos volg aangehaal en beskrywe;

“PPAR-γ activation inhibits the proliferation of malignant cells, including those derived from liposarcoma, breast adenocarcinoma[33] prostate carcinoma, colorectal carcinoma, etc. “

Die PPAR-γ transkripsie faktor kan egter ‘n tweesnydende swaard wees. Dit kan ook vir verskeie redes die vorming van kwaadaardige selle se ontwikkeling bevorder.

Curcumin blok die vorming en formasies van reaktiewe oksidasie in selle.  Curcumin inhibeer ook die ensieme en verskeie prosesse wat inflammasie in die liggaam of selle aktiveer.

Curcumin se oorsprong

Die effektiwiteit, die veilige farmakologiese waarde van curcuminoïede in algemene voorkomende  gesondheidspraktyke,  vereis dat daar weer na die potensiaal van curcumin gekyk word in verskeie siektetoestande soos in die Literatuur opgeteken.

Borrie word gemaak van die wortel (risome) van die Curcuma Longa plant. Van die totale worteloes word sowat 2-5% curcumin geoes. Borrie se bekende geel kleur word vir vele ander gebruike in voedsel en klerebedryf gebruik, maar word in die medisyne as “curcuminoïede” beskrywe.

Dit is reeds in 1842 geïsoleer deur ‘n navorser met die naam van Vogel.

Opneembaarheid van borrie.

Borrie en curcumin se nadeel is dat die “vet” of “oliewaardes” van die molekule prakties onoplosbaar is in water. Die molekulêre of chemiese struktuur van curcumin is C21H20O6. Curcumin in die Chemie staan ook bekend as “Diferuloylmethane.”

download

In die “ChEBI Databasis,” (Chemical Entities of Biological Interest) Databasis word borrie of curcumin in vele produkte gebruik. (Die volgende skrywe word in Engels gelaat vir maklike verwysing, indien ‘n leser verdere ondersoek sou wou instel.)

Curcumin has a role as a metabolite, an anti-inflammatory agent, an antineoplastic agent, a hepatoprotective agent, a flavouring agent, a biological pigment, a nutraceutical, an antifungal agent, a dye, a lipoxygenase inhibitor, a ligand, a radical scavenger, a contraceptive drug, an EC 3.5.1.98 (histone deacetylase) inhibitor, an immunomodulator, an iron chelator, a neuroprotective agent, a food colouring, an EC 1.1.1.21 (aldehyde reductase) inhibitor, an EC 1.1.1.25 (shikimate dehydrogenase) inhibitor, an EC 1.1.1.205 (IMP dehydrogenase) inhibitor, an EC 1.6.5.2 [NAD(P)H dehydrogenase (quinone) inhibitor, an EC 1.8.1.9 (thioredoxin reductase) inhibitor and as an EC 2.7.10.2 (non-specific protein-tyrosine kinase) inhibitor, a polyphenol, a beta-diketone, an enone, a diarylheptanoid and an aromatic ether.

Curcumin en Kanker

Inleiding

  • Curcumin is ‘n kragtige antioksidant. Dit is ook die vriendelikste deel van die bio-aktiewe gedeelte van borrie.
  • Dit het ook verskeie eienskappe om kolesterol te verlaag.
  • Dit bevat vele “phyto” nutriënte soos curcuminoïede wat kanker op verskeie stadia inhibeer. Dit sluit in die ontstaan van potensiële oorsake van kanker, die ontwikkeling en die bevordering daarvan.
  • Curcumin word beskou as ‘n kragtige “anticarcinogenic compound, wat tumor-ontwikkeling verhoed en onderdruk/inhibeer, (carcinogenesis) en ook “angiogenesis” optree, wat die vorming van nuwe bloedvate wat tumors kan bedien, onderdruk of verhoed.
  • Curcumin het die potensiaal om “mitogen-induced proliferation” van limfosiete te onderdruk.
  • Curcumin onderdruk ook die stimulasie van neutrofiele (witbloedselle) en ook die
  • Die “mutagenesis” van gladde spierselle.

Die navorsing oor hoe dit gebruik kan word, word voorgestel in Afdeling 3.

WAARSKUWING:

  1. MOET NIE BIOPERINE IN ISOLASIE MET ANDER MEDIKASIE OF PRODUKTE GEBRUIK NIE. 
  2. DIT VERSTERK DIE AKTIEF EN KAN TOT VELE TOESTANDE LEI WAT SKADELIK KAN WEES.

 

Pierre van Niekerk

Leave a comment