Inleiding

Pierre @ Ecohealth het ‘n samestelling van Curcumin en Piperine (Biopiperine) met ander natuurlike produkte om die werkinge en die aktiewe daarin te verhoog, as ‘n eie poging om naaste mense in eie familie te help veg teen kanker.

‘n Stryd wat met als in ons menslike vermoë geveg en uitgeveg gaan word. Met als wat beskikbaar is in die Literatuur wat kan help met en teen die stryd met kanker.

Hierdie skrywe word hier gedeel met die geloof dat dit ook vir ander veel kan beteken. Al lees hul dit net. Hoop kan bring en miskien tog die kans gee om kanker bloedneus te slaan.

images (1)

Die skrywe het ook ten doel om lesers te inspireer om te oorweeg om die produk, wat poog om kanker en ander verwante siektes voorkomend te beheer, te oorweeg. Laastens, dit is nie medikasie nie. Dit vervang nie jou dokter of enige spesialiste in die mediese beroepe nie.

Dit is net ‘n doodgewone man se poging en bydrae om antwoorde in die Literatuur te vind. En hierdie skrywe is sy bevindinge.

download

Die rol van curcumin en piperine in die stryd teen kanker word kortliks in die algemeen bespreek.

Afdeling I: Kanker en Curcumin Plus³

Kanker word wêreldwyd as een van die grootste oorsake van sterftes beskou. En dit is steeds stygend in vele vorme. Studies bewys dat mense wat meer groente en vrugte eet, meer bioaktiewe minerale en spoorelemente inneem, (flavonoïede) wat vrye radikale in die liggaam teenwerk.

images.jpg

Organiese groente en vrugte het vele bio-voorkomende eienskappe, wat anti-oksidante is wat die liggaam teen oksidasie en ander vernietigende biochemiese prosesse teenwerk en ‘n belangrike bydrae lewer teen die vorming van kanker en ander soorte van siektes.

Oksidering of “Oxidative stress” van selle, kan in kort beskrywe word as ‘n wanbalans tussen vrye radikale en anti-oksidante in die liggaam.

Vrye radikale is molekules wat ‘n aggressiewe suurstofmolekule bevat en so definieer word omdat hul ook ‘n oneweredige balans van elektrone molekulêr besit. Die oneweredigheid van elektrone veroorsaak dat die molekules doelbewus met ander molekules se magnetiese velde wil verbind, wat ‘n ketting van verskeie skadelike chemiese reaksies kan veroorsaak.

thO3S8SWBS

Antioksidante op hul beurt weer skenk molekules sonder om onstabiel te raak.

Dit bring mee dat wanneer dit met die magnetiese lading van vrye radikale verbind, dit die vrye radikaal stabiliseer. Wanneer daar meer vrye radikale teenwoordig is as wat in balans gehou kan word deur antioksidante, ontstaan die toestand oksidatiewe stres.

th2WKBVRKC

Vrye radikale het ten doel om die DNA van ‘n sel te verander. Of dit geneties te muteer. Die seldeling (mutasie) wat so plaasvind, veroorsaak seldeling in ‘n ongewensde vorm wat skadelike veranderings aan die DNA, weefsel en proteïene in selle veroorsaak.

Die wanbalans tussen antioksidante en vrye radikale kan lei tot siektes soos;

Tumors en Bioflavonoïede

‘n Tumor is ‘n versameling versteurde selle, wat waarskynlik weens oksidatiewe stres en vrye radikale ‘n ongewensde massa vorm weens ongewensde seldeling.

Normaalweg het selle ‘n beperkte  leeftyd en is dit ‘n normale biologiese funksie om na daardie leeftyd af te sterf. Selle word daarna natuurlik deur die immuunstelsel met nuwes vervang.

tumor

Wanneer afsterwing van die selle nie natuurlik plaasvind weens ‘n verandering van die DNA of genetiese mutasie, moontlik veroorsaak deur oksidatiewe stres en of vrye radikale, kan ‘n tumor vorm.

images (1).png

Die inname van antioksidante en of flavonoïede in die dieet voorkom die genetiese mutasie van die DNA. Flavonoïede neutraliseer vrye radikale aktief wat karsinome kan vorm. Flavonoïede se doel by inname is om die liggaam/selle te “ontgif” en te detoksifiseer.

Curcumin en piperine se kankerwerende potensiaal

Literatuur bewys dat curcumin, die bio-aktief in borrie, dosis-afhanklike natuurlike kanker-voorkomende eienskappe bevat.

1_t43gM4cQiNaeXHLcHCVRdg.jpeg

  1. Curcumin het die vermoë om die onwillekeurige groei van selle (proliferasie) te inhibeer en in sommige gevalle heeltemal te stop.
  2. Curcumin het ook volgens die Literatuur verskeie anti-kankervormende of anti-karsinogeniese eienskappe
  3. Curcumin stimuleer ook die geprogrammeerde afsterwe van kankerselle, ook genoem “apoptose.”
  4. Die ander manier waarop selle afsterwe word nekrose genoem. Dit is wanneer selle ontydig afsterwe weens eksterne faktore soos vergiftiging en beserings wat in septiese wonde, wat “nekrose” genoem word, ontaard. Curcumin het ook hier ‘n belangrike rol te speel.

images (2)

  1. Curcumin inhibeer en verhoed ook die vorming van selsiklusse van kanker, waar sitoplasma en die DNA van die kankersel hulself verdeel om nuwe dogterselle te vorm.
  2. Curcumin speel ‘n belangrike rol in biologiese roetes (biological pathways) waar dit aktief betrokke is by ‘n proses wat “oncogene expression” genoem word.
  3. Curcumin voorkom aktief dat normale selle verander en in kankeragtige selle
  4. Curcumin verhoed ook dat “mutagenesis” plaasvind, waar vrye radikale poog om die DNA van ‘n sel se natuurlike karakter te verander.

mutagens-types.png

  1. Curcumin verhoed metastasis, die proses waar kanker skielik in die liggaam begin versprei en op ander plekke van die liggaam voorkom, weg van die oorsprong.
  2. Curcumin se aktiewe voorkom ook die ontstaan van kankergewasse (tumorigenesis)

3d112722_crop_min.png

  1. Curcumin onderdruk die volgende belangrike transkripsie-faktore;
    1. NF-B
    2. Bcl-2
    3. COX-2
    4. c-myc
    5. Cyclin D1
    6. NOS, ens.
    7. Interleukins MMP-9 en TNF-a waar dit die reseptore van die glukoproteïen ontwrig waar selhegting sou plaasvind
  2. Curcumin voorkom metastasis, waar die kanker na ander dele van die liggaam versprei.

download (3).jpg

  1. Curcumin verhoed die vorming van nuwe bloedvate by kankerselle. (angiogenesis)

angiogenesis-in-cancer-322818.jpg

  1. Curcumin het “anti-tumor potensiaal” wat selsiklusse of Cyclin-dependant kinases, CDK’s ontwrig.
  2. CDK’s reguleer selsiklusse wat transkripsie faktore insluit en voorkom dat gene in die DNA dupliseer.

Afdeling II

Bio-beskikbaarheid van Curcumin in die liggaam

Navorsing beskrywe in vele artikels die potensiële waarde van curcumin in kanker, artritis, diabetes en ander siektes. Curcumin se biologiese beskikbaarheid, m.a.w. die opneembaarheid van die produk in die liggaam, is baie laag.

Metaboliese faktore wat opname beïnvloed

Daar is vele metaboliese prosesse in die menslike liggaam.  Die bio-opneembaarheid van curcumin word deur verskillende metaboliese prosesse in die liggaam verhoed

  • P-glukoproteïene

download

  • Metaboliese ensieme
  • Dermvermoë en absorpsie
  • Temperatuur styging/verhoging weens voedsel of “Thermogenesis

thermo.jpg

Metabolisasie van curcumin

Die metabolisasie van curcumin kan gedefinieer word as die tempo waar curcumin se terapeutiese waardes en aktiewe elemente voldoende vrygestel word deur die spysverteringstelsel om spesifieke molekulêre teikens, soos kankerselle of tumors in die liggaam, te teiken.

Medikasie, natuurlike voeding en nutriënte in minerale en vitamienes ondergaan almal verskeie metaboliese prosesse in die ingewande met verskeie absorpsie-profiele.

Modulasie vermoëns van die P-glukoproteïen

P-glukoproteïen is deel van die superfamilie, die ATP-verbindingsgroep van transporteerders, wat deel is van die “multi-drug” weerstandigheidsgeen, MDRI (ABCB1) wat in mense voorkom.

P-glukoproteïen word in dermwande se epiteelweefsel ook gevind, waar dit as “beskermingsproteïen” funksioneer. P-gp sou dus die opname van curcumin kon verhoed en hierdie werking moet dus omgekeer word sodat curcumin se biologiese en terapeutiese waardes opgeneem kan word.

Die funksies van die P-gp

  • P-gp verhoed die opname van toksiese molekules van die eksterne omgewing en wat ook al geëet of ingeneem word in die dieet.
  • P-gp dra ook by die uitskeiding van toksiese stowwe deur die lewer, niere en gal.
  • P-gp het dus in sy aard en funksie die vermoë om die absorpsie van medikasie en voeding te blokkeer en te verhoed.

Die P-gp funksie in die spysverteringskanaal voorkom dus dat medikasie en nutriënte wat die behandeling van kanker en artritis, kan aanspreek, aktief blokkeer word.

Die P-gp funksies moet dus gemoduleer word sodat die aktief van medikasie en nutriënte genoegsaam vrygestel kan word om molekulêre teikens van byvoorbeeld kanker te kan bereik.

Piperine, bewys die Literatuur inhibeer P-glukoproteïen se blokkeringsvermoë en sellulêre uitdrukking en funksie,  sodat curcumin se terapeutiese waardes in die spysverteringstelsel opgeneem kan word.

  1. Modulering van metaboliese ensieme

Die modulering van metaboliese ensieme en nutriënte is nodig om die metabolisasie van medikasie en nutriënte te laat plaasvind. Metabolisasie kan binne of buite die liggaam plaasvind.

Metabolisasie is die proses waar medikasie en voeding nutriënte biotransformeer, en sekere elemente van medikasie en voeding chemies biotransformeer om meer bio-opneembaar te wees vir die liggaam.

Piperine as moduleringsagent is hoogs suksesvol hierin, omdat die vermoë van die dunderm ontsluit om belangrike ensiemverwante aktiwiteite te moduleer. ‘n Proses van “glucoronidation” vind dan plaas.

Dit is ‘n metaboliese proses waar medikasie en ander nutriënte aan ‘n suur verbind, “glucoronic acid” om medikasie en nutriënte om te skakel in ‘n meer wateroplosbare substansie, wat makliker opgeneem word in die selle en ook makliker deur die lewer en niere uitgeskei word.

‘n Voorbeeld: Curcumin is sitotoksies.

Soos genoem is dit het curcumin die potensiaal en chemiese eienskappe om te verhoed dat tumorselle ontwikkel en te groei in die liggaam

Piperine as bio-agent word gebruik om die metaboliese ensieme in die liggaam te moduleer om die farmakologiese kwaliteite van curcumin in die liggaam te metaboliseer. Dit sal die plasmavlakke van die terapeutiese van curcumin in die liggaam verhoog. Die verhoogde plasmavlakke sal dan aktief tumorselle se ontwikkeling verhoed en beperk, hul oorlewing in te kort en tumorselle se selfunksies te inhibeer.

“Piperine is thought to be inhibiting glucuronidation, a process by which the human body eliminates various xenobiotics from the body, by inhibiting enzymes like UDP-glucose dehydrogenase and UDP-glucoronosyl transferase, and in turn lowering levels of endogenous glucuronic acid.”   

  1. Verhoogde intestinale absorpsie

Vir medikasie en nutriënte om deur die wande van die ingewande in die sistemiese sirkulasie van die liggaam absorbeer te word, (permeability) moet dit in die regte molekulêre struktuur metaboliseer word, voordat dit deur die epiteelselle van die dermwande asook die interne mukus kan beweeg.

Daar is vele anatomiese en interne biologiese grense, of “barriers” van beskerming wat nutriënte en medikasie  verhoed om opgeneem te word.

Verskeie absorpsie-roetes  of “pathways” in die liggaam speel ‘n belangrike rol om medikasie en nutriënte wat nie normaalweg vrylik opgeneem word nie, wel in die liggaam opgeneem te kry. Piperine is een van die erkende bio-versterkers in die Literatuur. Piperine moduleer verskeie produkte se farmakologiese werkinge omdat piperine selmembrane in die spysverteringstelsel natuurlik kan moduleer.

  1. Thermogenesis” of “Temperatuurproduksie” van selle

Een van die belangrikste vraagstukke vandag is die waarde van die voeding en die bio-opneembaarheid daarvan en die hoeveelheid nutriënte wat deur ‘n dieet ingeneem word. Vele vrae ontstaan oor die voedingswaarde van masse geproduseerde voedsel, en of dit werklik as voeding in die liggaam opgeneem word.

Daarteenoor neem vele mense goeie en heilsame voeding in. Die vraag word soms gevra of die individu se liggaam werklik die nut van goeie voedsel inkry en is die metaboliese faktore in die liggaam instaat om wel die nut van heilsame voedsel op te neem?

Vele speserye bring ‘n tinteling soos rooipeper en piperine bring ‘n sensasie op die tong en later in die lyf mee. Kerrie en ander disse wek ‘n warm gevoel op soms selfs sweet. Die verskynsel is ‘n manifestasie van ‘n biologiese aktiwiteite van phyto-chemiese eienskappe wat in verskillende voedsel en kruie opgesluit is, wat ‘n temperatuurstyging in die liggaam meebring.

Dit is ‘n teken dat digestie of die verteringsproses van die liggaam, aan die gang is. Die brandervaring en gevoel van warmte nie sou nie ervaar word as die digestie en verteringsproses nie plaasgevind het nie.

Piperine verhoog die funksies van hormone wat deur die skildklier afgeskei word. Piperine het ook ‘n invloed op ander neurotransmitters wat ook deel is van termogenese proses in die liggaam.

Opsomming

Hierdie skrywe en sy Literatuurverwysings lewer moontlike bewyse dat daar wel in natuurlike produkte potensiaal bestaan om kanker en ander siektes te bestry.

Daar is ook ander rolspelers by betrokke, soos stres en inflammasie asook oormatige produksie van kortisol wat belangrike rolspelers is. Dit kan later beskrywe word. Daarom is die skrywe onvolledig.

Klem word in die skrywe gelê op die potensiaal van curcumin, as bio-aktief en die potensiaal wat piperine as sinergis het om wel curcumin se farmakologiese werkinge te ontsluit om kanker te bestry.

Pierre van Niekerk ©

Leave a comment