Pierre @ Ecohealth Sjampoe en Haarmasker

Agtergrond

Die Pierre @ Ecohealth Sjampoe vir mens en dier is gestroop van enige fieterjasies, kleure, geure en verdikkingsmiddels om ‘n indruk van gehalte te skep.

Daar word vele kere gevra waarom die Pierre@Ecohealth se sjampoe ontwikkel is om ‘n pH van ongeveer 5.5 te handhaaf. Die maklike waterige vloeibaarheid is vir vele vreemd in die gedagte, dat dit ook ‘n sjampoe kan wees.  

Die belangrikheid van ‘n pH van ongeveer 5.5 vir mens en dier word met die skrywe verduidelik. In die skrywe word die doel en rede vir ‘n Pierre@ Ecohealth haarmasker met spesifieke uitsette ook duidelik.  

Inleiding:

Een van die belangrikste aspekte in meeste mense se lewens is die gesondheid en gehalte van hul hare, en hoe hul hare vir ander mense vertoon. Daar word waarskynlik biljoene Rande jaarliks gespandeer om hare gesond en mooi te laat lyk.

images (15)

Vir vele mense is hul hare wie en wat hulle is. Hul hare is vele kere die projeksie van die mens se innerlike self. Die indruk wat hul persoonlik wil skep.

images (14)

Algemene middels en bestanddele in sjampoe is:  (In Engels in skakels vir maklike naslaanwerk)

Haarversorging

  • Haarmiddels op die mark is gewoon onnatuurlike chemiese produkte.
  • Hedendaagse middels soos jels, mousse en sproei se chemiese karakter is van so aard dat dit heg en bind met die haar self, om ‘n bepaalde onnatuurlike funksie te vervul wat vele kere vals is.
  • Haarprodukte is bedoel om te klou en nie net sommer af te was nie.

Beredeneer mens die saak, is dit ‘n logiese afleiding dat haarmiddels chemies saamgestel is en ‘n onnatuurlike invloed het op die mikrobiese lewe van die kopvel.

Natural-Hair-Types2

Die “goeie bakterie” of habitat op die kopvel, het geen natuurlike weerstand teen sterker ontwrigtende chemiese middels wat natuurlike werkinge oorneem en of elimineer nie. By versteuring van die natuurlike pH op die kopvel, skep dit ideale omstandighede vir organismes soos gis, bakterie en virusse om hulself te vestig.

Hierdie faktore dra by tot aktiewe haarveroudering en die versteuring van die haarwortel en groeipunte self.

split ends

Wanneer natuurlike olies en of sebum op die kopvel versteurd raak, skei dit sebum in oormaat af, om die natuurlike toestand of “status quo” van kopvel se pH terug te probeer wen. Hierdie oormaat olies dreineer aktief op die hare self, wat dit dan ‘n vuil en olierige voorkoms gee.

Olierige hare absorbeer en bind makliker met algemene partikels wat in die lug vry ronddrywe. Olie is weens molekulêre aantrekkingskragte en baie gewillig om ander stowwe te absorbeer.

images (3)

Hierdie olies bind aan vrye radikale soos fabrieksrook, sigaretrook, omgewingstof, gifstowwe in die lug, pestisiedes, petrochemiese verbrandings (rook) van voertuie asook andere besoedeling wat beskikbaar is in die omgewing.

Olie dreineer en of deponeer die vrye radikale of giftige stowwe aktief op die kopvel, wat ook die haarwortel insluit.

images (12)

Die mens skei self sweet uit om van ander interne afvalstowwe ontslae te raak. Hierdie nat vogtige uitskeiding bind ook maklik aan ander stowwe wat op die vel of hare gedeponeer word.

Opsommend

Die handhawing van die effe suur pH balans (ongeveer 5.5) is waarskynlik op die langduur die belangrikste bestuursaspek van mooi, gesonde en goed versorgde hare.

Hoe lyk ‘n haar as dit goed bestuur is?

images (23)

  • Wanneer die kopvel se effe suur pH vlakke van sowat 5 handhaaf, is die kutikel van die haardos gemiddeld geslote en glad. (Sien foto.)

images

  • Wanneer die pH versteur word met alkaliese toestande, open die kutikel op die haar (die beskerming of skubbe van die haar) en versamel dan produk onder die skubbe en op die korteks van die haar. Dit kan lei tot die opbou van haarprodukte op die hare self.  

Skilfers

Kutikels, wat weens chemiese versteuring van sjampoe oopmaak, (alkaliese omstandighede), se beskermingsvermoë om die haar se belangrike korteks te beskerm, word daarmee verminder.

hair_scalp_s4_yellow_dandruff

Die gevolg hiervan is dat hare vatbaar kan word vir die versameling van elemente soos gis, skadelike bakterie en of virusse wat graag daar wil vestig. Skilfers is fungi, of gis, wat in ‘n versteurde pH van die kopvel die ideale habitat vind om hulself te vestig. Gis vestig hulself ook in die olierige gedeeltes van die kopvel waar sebum oormatig afgeskei word.

Skilfers beteken in eenvoud dat daar gistende toestande op die kopvel ontwikkel het.

Dit is toestande wat ‘n ideale alkaliese habitat lewer en dan ook kronies ontaard. Gis het dus die oorhand gekry het teen die natuurlike beskermingsmeganismes (natuurlike suuromgewing) van die kopvel en, in die proses, die natuurlike biologiese herstel van die kopvel elimineer het.

Skilfers veroorsaak dat hare vele kere meer gewas word om die skilfertoestand onder beheer te bring, wat op hul beurt tot meer sebumstimulasie lei, wat olierige hare tot gevolg het.

images (31)

Haarwortels kan nie in ongunstige skilfertoestande genoegsame voeding en minerale opneem vir gesonde haargroei nie. Die toestand bring ook in meeste gevalle kopvel irritasies mee wat weer in ‘n kroniese jeuktoestand ontaard.

Jeuk van kopvel

Die jeuk van die kopvel moet NIE ligtelik opgeneem word nie. Jeuk van die kopvel kan verskeie oorsake hê. (Volg die beskrywings in die Literatuur oor die volgende kopveltoestand, wat hier in die skakels gegee word.)

Enkele algemene toestande van jeuk:

Skilfers

hair_scalp_s4_yellow_dandruff

Reaksie op haarprodukte

hair-dye-allergic-reaction

Hives 

Hives

Kopluise

Myte (Scabies or human itch mite)

scabies

Omlope (scalp ring worm)

scalp ringworm

Psoriase van die kopvel 

hives2

Atopiese dermatitis 

dermatitis

Senuprobleme 

maxresdefault

Velkanker

rm_collage_of_precancerous_skin_growths

Haarverliese kan ook skildklier en ander biologiese oorsake hê. Chemo by kankerbehandeling kan ook haarverliese veroorsaak.

Dit is daarom wys om enige haarverliese vir die toets daarvan, met kundiges te bespreek. Om natuurlike middels te gebruik om haargroei te stimuleer, kopveltoestande wat siektes kan veroorsaak te voorkom, is ewe belangrik

Opsommend:

  • Bogenoemde inligting en ook die Literatuur bewys dat die pH van die kopvel aktief in balans gehou moet word.
  • Irritasies, jeuk, inflammasie, vergroeisels en enige wanbalanse moet verkieslik met goeie kennis en inligting voorkom en bestuur word.
  • Die kopvel moet nie onnodig blootgestel word aan skadelike produkte wat die pH versteur en irritasies veroorsaak nie.
  • Die kopvel se natuurlike bakteriese biologie handhaaf die gesondheid van die kopvel se pH-balans is belangrik.

images (27)

Waaruit bestaan die kopvel.

Die dun kopvel is baie meer kompleks as wat meeste mense dink. Die buitenste gedeelte van kopvel, alhoewel bedek met hare, is deel van die epidermis (buitenste gedeelte van die vel) in die liggaam.

Epidermis-delimited

Die epidermis beskerm die dermis teen die blootstelling van eksterne elemente, soos ultravioletstraling, eksterne stowwe en chemiese elemente soos wat in haarprodukte voorkom.

Die sjampoes wat gebruik word, asook ander haarprodukte, kan as moontlike vrye radikale in sommige toestande deur die vel opgeneem word.bentonite.jpg

Die epidermis

  • Bestaan uit epiteelselle asook melanosiete, wat die kleur van die vel verskaf.
  • Die epidermis bestaan verder ook uit keratien, Merkel se selle en Langerhans se selle.
  • Die diepere lae van die epidermis bevat ook belangrike senu-eindpunte.
  • Die epidermis bevat ook ‘n belangrike proteïen naamlik keratien.

Keratien

  • Is ‘n proteïen en belangrike komponent van die epidermis.
  • Keratien het ‘n “waterdigtingseffek” wat as beskerming van die liggaam dien.
  • Die enigste plek waar keratien op die vel in die lyf voorkom nie, is by die slymvliese in die mond, en oë.
  • Keratien verhard ook op die epidermis om ook naels te vorm.

Die belangrikste funksies van die epidermis van die kopvel

  • Is die beskerming wat dit verleen
  • Die absorbering van nutriënte en
  • Die handhawing van balanse (homeostase) op die kopvel.

Haarprodukte kan dus die beskermingfunksies van keratien beskadig of omseil.

Sommige chemiese elemente kan ook deur die vel opgeneem word. Dit kan die balanse of homeostase van die kopvel versteur en, wanneer versteur, of beskadig, sal haarwortels wat gesonde hare moet ondersteun, onvoldoende nutriënte opneem.

Onder aan die epidermis, is die dermislaag wat die epidermis beskerm. Dit bestaan op sy beurt uit twee lae.

  • Die papillêre (papillary) laag.
  • En retikulêre (recticular) laag, wat onder andere senings, bloedvate, sebumkliere, follikels, haarwortels, sensoriese senupunte en spierweefsel bevat.

9781587791642__51071.1570831551

Kollageen

Groot hoeveelhede kollageen met elastien anker die dermis aan die hipodermis. ‘n Tekort aan elastisiteit en of die vernietiging daarvan, veroorsaak velverdunning, swak beweging en of fleksie van die kopvel.

Haarprodukte

Soos genoem, mooi en gesonde goedversorgde hare is ‘n groot deel van vele mense se selfbeeld en publieke persona.

Dooie selle.

Soos met die res van die vel (epidermis) op die menslike liggaam, is daar gedurig selle wat hul leeftyd bereik het en afsterf nadat hul doel voltooi is.  Dooie selle moet doelbewus van die kopvel verwyder word om jong selle en haarwortels die nodige ondersteuning te gee, om gesonde haargroei te bevorder.

dead skin

Wat gebeur by die was van hare

Elke keer wanneer hare gewas word, word dit gewas met sjampoes beskikbaar in die algemene handel. Dit is gewoonlik produkte wat ‘n pH het van hoër as 7 (sewe) het.

Met alkaliese toestande by hare, lig die kutikel op en weg van die korteks. Om die hare skoon te kry, bind of emulsifiseer die sjampoe met die elemente wat op die hare gevind word. Hare swel effe en die kutikels dwing hulself ook oop weens die alkaliese omstandighede waarin hul hulself nou bevind.

Die proses stel die korteks bloot. In die wasproses vind daar ook natuurlike oksidasie plaas van hare, wat die natuurlikheid van hare beïnvloed. Elke wasproses stel die haar ook bloot aan breekskade, haarkoeke en ‘n toestand waar hare “frizzy” kan word.

Hare verloor ook in die wasproses hul natuurlike glans, omdat hul dan lig absorbeer in stede daarvan om lig te projekteer.

Die toestand van hare (en die kopvel) kan ook deur faktore soos stres, verkeerde diëte en sweet skadelik beïnvloed word.

wash

Belangrike vrae wat afgevra moet word.

  • Wat is die ideale pH van die kopvel
  • Wat is die moontlikheid van produkopbou op die hare
  • Natuurlike maniere om produk se opbou te verwyder
  • Wat doen ontwrigtende haarmiddels
  • Wat doen te veel hitte, tange en haardroërs aan hare
  • Hoe kan haarwortels gevoed en gestimuleer word
  • Watter praktyke spit of koek hare
  • Hoe herstel mens die pH van die kopvel
  • Moet die kopvel detoks word en hoe kan dit gedoen word?

Die bestuur van hare

Pierre@ Ecohealth het met die samestelling van sy sjampoe, ‘n kondisioneerder ontwikkel wat by die sjampoe se doel en funksies inpas.

Om skadelike elemente van die haar en kopvel te verwyder, is ‘n samestelling van Bentoniet en Houtskool uit die Literatuur ontwikkel om die kopvel asook hare te detoks en dooie selle te verwyder.

Vir mense met kanker en ander sensitiewe toestande, word die kaolien/ houtskoolmengsel voorkomend aanbeveel.

Die Pierre @ Ecohealth voorstel om hare gesond te bestuur, bestaan uit drie (3) elemente

  • ‘n Bentoniet/houtskool masker
  • Die was met die Pierre @ Ecohealth lae pH sjampoe en kondisionering
  • Die afspoel met organiese appelasyn twee tot 3 maal per week , om die effe suur pH op die kopvel (pH van 5.5) te handhaaf en te vestig, soos verduidelik in die skrywe.

Hoekom ‘n Bentoniet /Houtskool Masker vir hare

bentonite

Bentoniet

  • Bentoniet het ‘n negatiewe lading, (anionies), wat molekulêr natuurlik bind aan positief gelaaide molekulêre ladings, (katatonies) wat in meeste gevalle skadelike vrye radikale is wat weens die gebruik van haarprodukte opbou op die hare self.
  • Bentoniet bind dus aan die haarprodukte se opbou. Wanneer die hare daarna gewas word, was dit produkopbou af en dit detoks sommer die hare self in die proses.
  • Die ioniese eienskappe van bentoniet dreineer/absorbeer/bind ook aan al die toksiese stowwe op die hare asook die kopvel, wat sebum, onsuiwerhede, toksiese neerslae swaarmetale insluit, wat met die wasproses afgewas word.
  • Bentoniet is ook antibakteries en het vele antimikrobiese eienskappe. Dit bind ook hieraan wat ook in die wasproses weggeneem word.
  • Bentoniet bevorder die natuurlike herstel van die kopvel, deur oormatige olies te absorbeer en die kopvel weer vatbaar te maak vir natuurlike pH omstandighede.
  • Bentoniet is ook baie effektief in die behandeling van skilfers, deur dit te bind, asook psoriase en dermatitis en dreineer toksiese stowwe en vrye radikale wat daarin vasgevang is.
  • Bentoniet bevogtig ook hare natuurlik. Deponeer belangrike minerale in die haar en ook die haarwortel wat haargroei stimuleer
  • Bentoniet bind ook aan dooie selle op die kopvel, en die sagte wasproses van die hare word ʼn baie ligte skuurproses wat die kopvel “exfoliate”

Waarom Geaktiveerde Houtskool deel van die Haarmasker

activated charcoal.jpg

  • Geaktiveerde houtskool is ‘n kragtige magneet wat alle onsuiwerhede en produkopbou van hare kan neutraliseer en verwyder.
  • Geaktiveerde houtskool kan tot meer as 1000 maal sy gewig absorbeer in onsuiwerhede.
  • Dit neutraliseer chloor van hare veral by swemmers, om hul hare te beskerm veral by swemoefeninge en kompetisies.
  • Dit verhoog ook die volume van hare, en hare kan tot 4% volume bykry omdat onsuiwerhede, olies, stof en ander hardnekkige stowwe deur houtskool geabsorbeer word en die haar in ‘n natuurlike gesonde staat laat.
  • Geaktiveerde houtskool kalmeer die kopvel. Dit absorbeer olies en bevogtig dan in die proses die kopvel.
  • Absorbering van produkopbou, sal die hare en haarwortels weer instaat stel om weer sleutel nutriënte op te neem wat hare skoon, glansend en versorg sal laat.

Waarom Organiese Appelasyn?

  • Appelasyn, naas antibakteries en antimikrobiese eienskappe, bevorder ook bloedtoevoer na die kopvel, wat ʼn belangrike aspek is in gesonde hare.

apple cider

 

Pierre van Niekerk

 

5 Comments on “Pierre @ Ecohealth Haarversorging”

  1. Ek sal graag van jou masker en shampoo aan koop en gebruik, wat kos dit? Ek stel ook belang in die foot detox. Baie dankie vir al jou goeie raat

    Like

  2. Goeie more!
    Hulp asb vir hare wat dun en yl word asb.
    Dan ook raad vir Staffie wat allergies is vir hondekos.

    Miskien kan naaste agent my kontak ?
    Ons bly in Napier; naby Bredasdorp.
    Dankie en groete.

    Like

Leave a comment