Gordelroos of “Shingles”

Gordelroos.

Dit is die herpesvirus (varicella zoster) wat gordelroos veroorsaak. Dit is ‘n hoogs aansteeklike virus wat ook waterpokkies veroorsaak.

Gordelroos5

Persone wat gordelroos het, kan ’n ander persoon onbewustelik met die virus aansteek,  wat in waterpokkies sal resulteer.

Die virus kan  met direkte blootstelling ander mense besmet, wat dit weer aan kinders en verwagtende vroue onbewustelik kan oordra.

Om gordelroos te kan kry, moet ’n mens iewers voorheen met die virus besmet geraak het en waterpokkies ontwikkel het.

Gordelroos4

Nadat ’n mens waterpokkies opgedoen het, bly die virus subklinies in die liggaam. Die immuunstelsel raak nie heeltemal van die varicella-zoster-virus ontslae nie. Die immuunstelsel bou net teenliggaampies op wat die virus natuurlik onderdruk.

‘n Gesonde fikste immuunstelsel sorg dat daar geen tekens van die virus sigbaar is nie. Die virus is egter nie dood of weg nie.

Gordelroos3

Die virus versteek homself iewers in die liggaam se senuweesentrum. Dit word ook onderdruk deur die immuunstelsel. Daar wag die sluimerende virus vir die ideale omstandighede om te ontstaan, wat deur stresvolle omstandighede veroorsaak word.

Ideale omstandighede vir virusse, bakterie en fungi, is al die redes tot ‘n verswakte immuunstelsel.

Uitdagende stresvolle omstandighede sal die immuunstelsel se verdedigingsmeganismes verswak. Dit gee die virus kans om die immuunstelsel se verdedigingsmeganismes te oorkom, die oorhand oor die immuunstelsel se verdediging te neem en, die liggaam met mening aan te val.

Persone wie se immuunstelsel onderdruk is weens stres, voedingstekorte of siektes is die meeste vatbaar om gordelroos op te doen.

Kolostrum is Moeder Natuur se belangrikste wapen in die totale voeding en ontwikkeling asook herstel van die immuunstelsel.

Vir kinders, ook vir volwassenes in ‘n stresvolle werksomgewing en veral vir verswakte bejaardes

Gordelroos1

Mense oor die ouderdom van 50

Is die meeste vatbaar vir die virus. Gordelroos, soos genoem, slaan toe ná ’n tydperk van kwaai siekte, buitengewone stres, langdurige moegheid of traumas van soorte. Dit kan ook volg na chemoterapie, bestraling of ander prosedures wat die immuunstelsel ondermyn en of aktief verswak.

Gordelroos sal pyn en baie ongemak veroorsaak.

Dit is egter nie lewensgevaarlik nie. Die siektetoestand duur sowat 7-10 dae. Die nagevolge daarvan op die vel kan egter maande duur, waar spierpyne en ongemak aanhoudend mag voorkom.

Magnesiumtekorte word ook geassosieer met spierpyne en krampe. Bestuur veral magnesiumvlakke in die tyd aktief.

FG04_07

Die beste bestuur vir gordelroos

  • Is die voorkoming van stres, (die gebruik van ons Tulsi)
  • Die voed van die liggaam met kolostrum, probiotika en kollageen.
  • Gesonde dieet en genoeg oefening
  • Aanvullings soos “bone broth” of kragtige murgsop is baie waardevol.
  • Aktiewe opname van genoegsame magnesium (50:50 engelsesout en aqueousroom gemeng) sal baie verligting bring.

Kolostrum en ander produkte

Die liggaam moet die verskuilde virus onderdruk met die aktiewe suksesvolle ontwikkeling van teenliggaampies teen die virus.

Hierdie aktiwiteit van die immuunstelsel moet voortdurend gevoed en onderhou word met kolostrum, kollageen en probiotika. Die sigbare wonde op die vel kan weke duur om te genees. Weereens, afhangende van hoe die wonde bestuur word, kan dit ook permanente skade op die vel laat.

Pierre@ Ecohealth Produkte

Daar is enkele waardevolle produkte in die Pierre @ Ecohealth stal, wat verligting sal bring in die tydperk en, waarskynlik die gordelroostoestand heelwat kan verkort.

  1. Kolostrum/Kollageen Balm sal wonde heel
  2. Tulsi (Holy Basil) om stres en kortisolvlakke natuurlik te onderdruk
  3. Triphala, om aktief vrye radikale te bind en uit te skei
  4. Fulvic Suur, wat makro elemente en minerale in dei selle sal deponeer, asook suurstof.
  5. Bentoniet/Houtskool masker om gifstowwe te absorbeer en uit te trek
  6. Olyfolie Pulp om aan die lyf te smeer en vel met olie en minerale te voed
  7. Gesondheidsbadsoute, om die vel te detoks
  8. Kolostrum in oormaat om die immuun te voed
  9. Kollageen vir spier, vel en wondherstel
  10. Ons reeks probiotikas
  11. Blomswawelmengsel vir wonde
  12. Wondsproei vir sensitiewe plekke
  13. B-Vitamienes met Vitamien C sal ook ‘n belangrike bydrae lewer

Om die kolon skoon te maak en die lewer te detoks, sal ook wesenlik bydrae tot immuungesondheid om die virus natuurlik te onderdruk.

Laastens, die aktiewe en doelbewuste bestuur van stres. Bestuur enige stres en voorkom dit aktief.

Pierre van Niekerk

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s