Inleiding:

The lewer is die grootste orgaan in die liggaam. Sy belangrikheid word beklemtoon met die vele metaboliese funksies wat die lewer het. Die lewer is mens en dier se eie persoonlike chemiese verwerkingsaanleg. Dit filter sowat 30% van die liggaam se totale bloedvolume op elke gegewe minuut, waar dit skadelike stowwe opvang en verwerk asook noodsaaklike voedingstowwe vervaardig en versprei in die bloedstroom.

1534361035741

Die lewer is aktief betrokke by ongeveer 500 funksies in die liggaam.

  1. Dit breek voedingstowwe af in ons dieët
    1. Breek dit op in herkenbare vorme
    2. stoor hierdie voedingstowwe
    3. en verskaf dan hierdie voedingstowwe aan selle en organe soos wat dit benodig word.

maxresdefault

  1. Die lewer neem toksiese stowwe (vrye radikale) in die liggaam op
    1. Breek dit af in skadelose afvalstowwe
    2. Skei dit uit na die maag en vir uitskeiding

zDA0M81tQ32lXyTy67EK_liver-bile-detox-pathway-how-a-toxins-are-making-you-gain-fat-toxic-diet-alex-fergus-pcb

  • Die lewer filter ongeveer elke gegewe minuut 1.4 liter bloed, en in totaal sowat 600 liter bloed per dag en skei ureum uit na
  • Die niere, wat sowat 400 liter afskeiding van die lewer in die vorm van ureum filter. Ureum is ‘n afvalstof van die lewer en dit word na die niere uitgeskei, wat dit verwerk en uitskei as uriene.

Top-Signs-You-May-Be-Suffering-From-Toxicity-Build-Up-

Kenmerke van die lewer

  • Die menslike lewer weeg ongeveer 1.4 kg. Sit aan die regter bokant van die abdomen en net onder die diafragma. Neem die meeste plek in onder die ribbes.
  • Die lewer is duidelik verdeel in twee eenhede, ‘n groter en ‘n kleiner lob. Die twee lobbe word aanmekaar geheg deur “connective tissue” (sien die funksie van kollageen) wat die lewer anker in die abdomen.
  • Die galblaas stoor gal en word in n klein holte aan die onderkant van die lewer gevind.
  • Die lewer bestaan uit baie klein eenhede wat as “lobules” bekend staan. In hierdie lobules is duisende klein kanaaltjies waardeur die bloed syfer.
  • Bloed word van die spysverteringskanale in die lewer ingepomp deur die hart met die “Portal Vein”. Hierdie toevoer van bloed is ryk aan voedingstowwe in ons dieët. Maar, dit bevat ook die chemiese stowwe van medikasie asook toksiese afvalstowwe wat in die liggaam opgeneem word en of self vervaardig.
  • In die lewer word voedingstowwe opgeneem, afvalstowwe verwerk, gestoor, verander en ontgif “detox” en weer in die bloedstroom vrygestel om gebruik te word, of om deur die liggaam uitgeskei te word.
  • Vitamien K is ‘n belangrike vitamien vir die lewer. Saam produseer hul proteiëne wat belangrik vir bloedverdikking (Wafarin medikasie is bloedverdunningsmedikasie).
  • Die lewer is ook funksioneel in die afbreek van ou bloedselle wat hul lewensiklus voltooi het.

NAFLD

Metabolisme en die Lewer

Die lewer speel ‘n sentrale rol in alle metaboliese prosesse van die liggaam.

Die lewer gebruik vetselle (vet is die liggaam se spens) as voorbeeld, om energie te verwek. ‘n Disfunksionele lewer sal dus nie instaat wees om vet in die liggaam funksioneel af te breek veral by mense wat ‘n paar kilogram sou wou wil verloor nie. ‘n Disfunksionle lewer kan dus ook die oorsaak wees waarom gewig opgetel word.

istockphoto-473850118-1024x1024

Die lewer produseer ook sowat 800-1000 ml gal per dag. ‘n Groen-geel dikkerige vloeistof wat belangrike funksie het in die absorbering van vet, asook die afbreek daarvan. Word in klein kanaaltjies versamel wat in die galblaas eindig en daarna na ‘n gedeelte van die dunderm toe versprei word.

gutjnl-2017-June-66-6-1138-F1.large

Metabolisering van Stysel

Met die metabolisering van stysels stabiliseer die lewer bloedglukose-vlakke in die liggaam. As die suikervlakke styg in die liggaam (soos byvoorbeeld na ‘n maaltyd) sal die lewer suiker in die bloedstroom neem (komende van die “Portal Vein”) en dit stoor in die vorm van glukose.

As die liggaam se bloedsuikervlakke te laag is, sal die lewer glukose afbreek en vrystel as suiker en dit dan vrylaat in die bloedstroom. Die lewer stoor ook minerale soos yster en koper en stel dit in die bloedstroom vry wanneer die liggaam dit benodig.

maxresdefault (1)

Metabolisering van Proteiene

Die lewer speel ook ‘n funksionele rol in die afbreek van proteiene. Breek en verander amino-sure in voedsel sodat dit gebruik kan word vir die vervaardiging van energie vir die liggaam. Of, om voedsel om te skakel in suikers en vette en dit dan te stoor.

Die lewer se afvalstowwe word vrygestel in die vorm van ammoniak, wat ‘n toksiese en sadelike stof is. Die lewer versag die skadelikheid van amoniak, verander dit in ureum voordat dit in die bloedstroom vrygestel word. Ureum (Urea) word dan in die bloedstroom na die niere vervoer wat dit deur die urienwegstelsel as uriene vrystel.

 

Liver-Bruising-Connection

Opsommend.

  1. Die lewer is een van die belangrikste organe in die liggaam en moet as ‘n vriend beskou word wat jou wil voed, en in dieselfde asem wil “detox” of ontgif.
  2. Die is die liggaam se eie voedselverwerkingsaanleg
  3. Dit is die liggaam se spens. Dit stoor nutriënte wanneer nodig en stel energie vry waneer nodig.
  4. Breek ook nie-suikers, soos proteiene of amino-sure af en skakel dit om as as glukose om bloedsuikdervlakke optimaal te hou.
  5. Breek ook vette af soos cholestrol, lipo-proteiene en phospholipiede.
  6. Die lewer is ook die liggaam se spens wat Vit A, Vit B12, Vit D, Vit E asook minerale soos yster en koper.
  7. Filtreer nitrogeengasse, cholestrol en skadelike hormone na die niere en ingewande vir uitskeiding
  8. Vervaardig gal om al die skadelike toksiese stowwe te neutraliseer asook om te help in die geval van afbreek van voedsel by inname.

fatty-liver-warning-signs

Gevolge van Disfunksionele Lewer

Wanneer dar lewerskade van soorte by mens en dier ontstaan, wat verskeie oorsake het, kan vele probleme ontstaan. Alle boed beweeg deur die lewer. Die lewer moet alle toksiese stowwe, vette, voedingstowwe, afvalstowwe van soorte filter en filtreer. Afbreek en of stoor en uitskei.

Die lewer moet dooie bloedselle, afval en gebruikte hormone,  medisyne soos penisillien suksesvol afbreek en uitskei na die maag en uitskeidingsorgane soos limfkliere en kolon.

skin-pigment-in-elderly-5-638

Wanneer die lewer nie dit suksesvol doen nie, kan vele siektes ontstaan.

Dan versamel hierdie toksiese afvalstowwe orals in selle in die liggaam. Dit kan lei na sere op die bene of ander dele van die liggaam, kan breinskade en of komas ook veroorsaak.

Fatty-Liver-symptom-cause-risk-factor-treatment-bangkok-hospital-thailand

Die lewer produseer op ‘n kontstante basis proteiene. Wanneer die lewer onsuksesvol lewensnoodsaaklike proteiene vervaardig, (belangrik vir die bestaan van alle lewe in plante en diere) en daarmee saam “blood clotting” of normale bloedverdikking suksesvol verseker, kan bloeding ontstaan in organe of in wonde wat baie moeiik stop.

Dit lei ook tot “bruises” of onverklaarbare bloukolle en oppervlakkige rooikolle en ontsteking.

Fatty-Liver-Cirrhosis

Die Wonder van die Lewer

Die lewer is die enigste orgaan wat homself kan hernu, en kan teruggroei met volle funksie. Vir die rede kan jy ‘n gedeelte van die lewer skenk sonder dat jy as persoon enige skade ly.

detox-pathways-e1411681365440

Gaan sien ‘n mediese praktisyn indien die volgende opgemerk word;

  • Swelling van die bene of enkels
  • Onverklaarbare jeuk
  • Donker uriene
  • Vaalkleurige, of bloederige of teer of swart stoelgang
  • Kroniese moegheid
  • Geelkleurige neerslag in die wit van die oë
  • Braking
  • Maklike kneusings en of bloeding en bloukolle
  • Maagwerkings of diarree, ens

Siektes van die lewer

  • Sirrose van die lewer, ook bekend is as “scarred liver.” Dit is lewer wat nie normaal funksioneer nie.
  • Hepatitis A, B en C.
  • WILSONS’S se siekte
  • Lewerskade weens alkohol misbruik
  • Kanker van die lewer
  • Vervette lewer of “Fatty Liver Disease”

download

Bronne

  1. Menche N. (ed.) Biologie Anatomie Physiologie. Munich: Urban & Fischer/ Elsevier; 2012.
  2. Pschyrembel W. Klinisches Wörterbuch. Berlin: De Gruyter; 2014.
  3. Schmidt R, Lang F, Heckmann M. Physiologie des Menschen: mit Pathophysiologie. Heidelberg: Springer; 2011.

 

2 Comments on “Die lewer en sy Belangrikheid”

Leave a comment