Kortisol, Stres en ander Faktore.

Daar is ‘n belangrike rolspeler wat waarskynlik in gewigsverlies heeltemal ignoreer word. Dit is die kwessie van stres en die afskeiding van kortisol.

Meeste degeneratiewe siektetoestande word gedryf deur stres. Wat op sy beurt ontaard in subkliniese of kroniese inflammasie. Wanneer inflammasie kronies word, word dit gewoonlik ‘n erge siekte toestand.

Die Nobelprys vir Medisyne is in 1999 gewen deur “Günter Blobel” wat bewys het dat selle met mekaar kan “praat”. Hy het proteïene in selle ontdek wat intrinsieke “seine” het wat hul lokalisering en ook transportering bestuur.

Literatuur bewys dat kroniese stres het op molekulêre vlak diep in die wortel van ons weefsel inbeweeg, waar dit in die selle skade aanrig. Selle meebring wat seine transporteer in die nukleus van elke lewende sel.

Dit stimuleer die formulering van die “COX ensiem” wat inflammasie en ontsteking aanmoedig

In kort, negatiewe mense wat jou ongelukkig maak, mense wat skinder, lieg en bedrieg, of self jy wat met jouself ontevrede is, sein jou ongelukkigheid na ander selle toe in jou liggaam toe.

  • Dit is hier waar die “COX” ensiem deur die selle gestimuleer word.
  • Wat uiteindelik in die bloed na die hele liggaam versprei.
  • Die liggaam dan in ‘n subkliniese staat van inflammasie laat
  • Wat met tyd kronies word
  • En die liggaam se normale funksies beïnvloed en disfunksioneel laat
  • En dit die begin van vele erge en of kroniese siektetoestande word.

Op Biologiese vlak gebeur die volgende

  1. In die Biologie word die “Nuclear Factor-ĸb” as die “Meester Reguleerder ”van ontsteking en inflammasie beskou en, word die
  2. Nuclear Factor-Kappa B (NF-ĸB), as die “Hoofskakelaar” beskou.

Nuclear Factor-Kappa B (NF-ĸB) word beskou as die skakelaar waar inflammasie wat ontstaan, “aangepas” word na gelang van die omstandighede.

Vergeet vir ‘n oomblik van die groot name wat genoem word. Lees net deur. Dit sal aan die einde baie duidelik word.

Wat gebeur is die volgende.

  1. In ‘n normale toestand of staat van die sel, sal die NF-ĸB faktor doodgewoon binne die sitoplasma van die sel bly en gewoon verbind aan sy inhibeerder. (IkB)
  2. Ontstaan daar ‘n stimuli, ‘n besering of inflammasie van soorte, (dit kan ook die versameling van vrye radikale wees), word die toestand die sleutel van vrylating van die NF- ĸB ensiem van die van IkB ensiem.
  3. Die NF-ĸB beweeg dan in die nukleus van die sel in en aktiveer die cyclooxygenase-2 (COX-2)
  4. Dit lei tot inflammasies van soorte.
  5. Die aktivering van die ensiem NF-ĸB, is dus die grootste mediator van inflammasie
  6. En daarom is die inhibering van die ensiem NF-ĸB baie belangrik, want die inhibering daarvan sal voorkom dat enige inflammasie begin of ontstaan of hande uit ruk.

Die uitset is eenvoudig.

  1. Inhibeer die NF-ĸB ensiem se natuurlike ontstaan en inhibeer sy uitsette voorkomend.
  2. En ons gebruik erkende kruie om dit voorkomend te doen.

Skematiese voorstelling van die ensiem NF-ĸB

Stres

 

http://www.entrechem.com/en/development/index.html

2

Sketse en figure:  Krediet aan Sabinsa

By gewigsverlies en stres

Soos die Literatuur in die stuk sal uitwys, is daar nog ‘n belangrike rolspeler van belang wat gewigsverlies voorkom of beïnvloed.

Dit is die hormoon “Kortisol” en die vele redes vir die afskeiding daarvan deur die byniere. Kortisol is in die Literatuur beskrywe  as die “Streshormoon”.

Die hormoon is die oorsaak van ‘n lae intensiteit van inflammasie in die liggaam.

Die vraag is of dit enigsins so belangrik is en het dit werklik ‘n invloed op gewigsverlies?

Wanneer kortisol afgeskei word ontwrig dit;

  • Bloedsuikervlakke in die liggaam, wat gemoedstoestande en energievlakke beïnvloed.
  • Ontwrig dit hormone en ook die skildklier se normale hormoonproduksie.
  • Ontwrig dit ‘n persoon se normale spysvertering en, is dit ‘n oorsaak van kroniese konstipasie
  • En waarskynlik die belangrikste nagevolge, dit speel ‘n groot rol by die vorming van vet.

Stres is ongelukkig deel van ons dinamiese lewe en lewenstyle. Veroorsaak ook deur politieke en ekonomiese gebeure.

By gewigsverlies moet ons hiervoor ‘n voorkomende natuurlike antwoord kry.

In die Biologie is die teenvoeter vir die ontwikkeling van kortisol, die ensiem bekend as “Dehydroepiandrosterone” of “DHAE”. Dit minimaliseer die skadelike effekte van kortisol.

DHAE moet verkieslik in die liggaam natuurlik gestimuleer word, om die vorming van nog ‘n inflammasie veroorsakende ensiem, die “5-Lipoxygenase” te inhibeer.

Wat gebeur as kortisolvlakke te hoog is?

Verskeie Mediese Joernale wys daarop dat selfs matige vlakke van kortisol nadelig is vir die mens.

Dit sluit in;

How-Gut-Bacteria-Influences-Your-Weight-Anatomy

 Leefstylkennis

Die Literatuur en Sosiale Media asook tydskrifte het vele diëte, leefstylveranderinge asook raad rondom ontspanning om kortisolvlakke te verlaag.

In die Literatuur word ‘n klompie oorsake uitgesonder wat funksioneel bydrae tot verhoogde kortisolafskeiding, wat gewigsverliese sou kon verhoed en gewigstoename eerder sou kon aanhelp.

Slaap

Bevorder slaappatrone wat ten minste 8 ure per dag ongesteurd waarborg.

Oefening verlaag kortisolvlakke

2. Leer om stresvolle denke te herken en doelbewus te bestuur om nie ‘n slagoffer daarvan te word, wat kortisolvlakke verhoog nie

3. Leer om aktief te ontspan wat kortisolvlakke sal verlaag

4. Gaan vir gereelde spa behandelings en masserings

5. Luister na musiek wat ontspannend is. Lees hier en hier en hier en hier daaroor meer

6. Helpguide.org het verskeie tegnieke van ontspanning wat in hierdie studies gebruik is, vir die wat daarin sou wou belangstel

7. Lag meer en soek redes om te lag. Lag en gelukkig wees word geassosieer met;

8. Kry stokperdjies soos tuinmaak. Kyk hier en hier

9. Ontwikkel gesonde verhoudinge en interpersoonlike verhoudinge. Klein hoeveelhede kortisol word in ‘n mens se hare Kinders se geluk in gesonde familieverhoudinge kan ook in hul hare bepaal word.

10. Kry en versorg ‘n troeteldier. Verskeie studies wys op die invloed van troeteldiere op stres en kortisolvorming. Kyk hier, en hier en hier en hier

11. Wees werklik lief vir jouself. Leer om jouself eerste te stel en ook te vergewe. Dalk meer belangriker, leer om ander onvoorwaardelik te vergewe. Kyk hier en hier en hier hoe belangrik dit is.

12. Ontwikkel in gebalanseerde geloof of spirituele ervaringsbasis. Hier en hier en hier en hier is die wonderlike waarde daarvan.

13. Eet doelbewus gesonde kosse

14. Die inname van suiker is een van die klassieke voorbeelde van kortisol snellers. Die konstante inname van suiker hou kortisolvlakke hoog met die geassosieerde inflammasie en of subkliniese inflammasie soos verduidelik.

  • Suiker word direk geassosieer met oorgewig mense en
  • Suiker, interessant genoeg, kan ook suiker kortisolvlakke verlaag in sekere toestande van skok en stres

15. Bykomend kan die volgende voedselsoorte kortisolvlakke en response verbeter. Dit is

16. Bykomende voedingstowwe

Laastens: Pierre @ Eco Health keuse van kruie

Om kortisolvlakke natuurlik te verlaag word ‘n mengsel van kruie gebruik vir hul onderskeie voordele om kortisolvlakke te verlaag en ensieme wat inflammasie stimuleer te onderdruk. Van die kruie is voorheen wyd bespreek en gaan weer doelmatig tot die onderwerp bespreek word.

Die volgende groepe kruie kom voor in ons gewigsverliesprodukte, asook ons eie reeks artritisprodukte.

Dit is;

  1. Tulsi of “Holy Basil
  2. Ashwagandha
  3. Borrie kompleks of “Curcuminoids
  4. Gemmer en borrie ekstrak
  5. Vitamien Komplekse of bioflavonoiedes
  6. Buchu
  7. Peperine en hier

Pierre van Niekerk

 

3 Comments on “Kortisol en Inflammasie by Gewigsverlies”

  1. Dit verklaar baie by my gesondheid ek us oorgewig arthritis hipertensie Ibs stres volle werk sleg slaper nagdiens ens deel van my lewe

    Like

Leave a comment