Pierre @ Ecohealth Gewigsverlies: 1-Ghrelien

Die Pierre @ Ecohealth Gewigsverlies Program.

Vir ‘n vreemde rede dink mense wat gewigsverlies wil bevorder, dat hul antwoord in skadelike chemiese en ook vinnige onnatuurlike middels geantwoord lê. So erg word die drang en begeerte, dat hul die skadelike nagevolge daarvan hoegenaamd in ag neem nie in hul poging om gewigsverlies mee te bring nie. 

images (2)

Gewigsverlies is ‘n komplekse proses. Rolspelers in die proses moet verstaan word en ook bestuur word.

Twee hormone speel hier ‘n belangrike rol. 

Die literatuur verwys na hierdie twee hormone as die twee “honger hormone”, nl.,

  • Leptien en
  • Ghrelien

Die twee hormone werk saam om eetlus te bevorder of eetlus te onderdruk.

images (4)

‘n Persoon wat gewig wil verloor moet weet, dat hy of sy met hul wil en keuses, ‘n groot deel van ons hormone kan beheer wat hul hongerdrange en eetgewoontes beheer.

Naas genetiese faktore by vet, wat ‘n ander komplekse uitdaging is, is bogenoemde twee hormone die hormone wat direk reageer reageer op ‘n persoon se eetgewoontes, stresfaktore, asook oefengewoontes.

download (3)

Die twee hormone wat in die spysverteringstel (Ghrelien) en in vetselle (Leptien) vervaardig word,  is die twee hormone wat se invloed en reaksie op gewigstoename, met goeie inligting aangepas en funksioneel beter bestuur moet word.

Die twee hormone se natuurlike funksies en rolle, dit wat hul voed en stimuleer as hul nie reg bestuur en gestimuleer word nie, is waarskynlik die begin en grootste oorsaak van gewigstoenames.

  1. Wat is Ghrelien
  • Ghrelien is ‘n hormoon wat aptyt wek. Dit word beskou as ‘n “groeihormoon” wat peptiede of “GHR” vrystel.
  • Ghrelien laat ‘n persoon honger voel.
  • Die hoeveelheid ghrelien styg voor ete en daal ook na ‘n ete.

images (3)

  1. Hoe word ghrelien vrygestel?
  •  Ghrelien word in die maag vervaardig.
  • Die hoeveelheid ghrelien wat geproduseer word fluktueer gedurende die dag, afhangende van ‘n persoon se voedselinname.
  • Ghrelien is ‘n “peptiede-hormoon”. Dit word geproduseer deur “Ghrelinergiese selle” (ghrelinergic cells), wat natuurlik in die spysverteringstelsel voorkom..
  • Ghrelinergiese selle is selle wat deur die sentrale senustelsel, direk met die brein kommunikeer.
  • Wanneer ghrelien in die maag produseer word, stuur dit verskillende boodskappe of seine na die brein toe.
  • Ghrelien is die enigste hormoon in die menslike liggaam bekend, wat ‘n persoon se aptyt opwek.
  • Ghrelien word as die oorsaak beskou vir ‘n persoon se peuselgedrag
  • Wat tot onbewustelike ooreet kan lei.

download (1)

  1. Ghrelien se effek op metabolisme en groeihormone
  •  Ghrelien produseer ‘n substansie wat veroorsaak dat ander stowwe gestimuleer word om ook te ontstaan.
  • Die substansie word “Secretagogues” genoem. (Bestudeer die skakel op die woord in pienk)
  • Secretagogues stimuleer die vorming van liggaamsvet.
  • Ghrelien, saam met ander substansies, aktiveer reseptore in die brein of die “arcuate nucleus,” wat ‘n samestelling is van ‘n groep neurone in die brein.
  • Hierdie area en of neurone beheer die liggaam se “leptiensensitiwiteit” en ook “insuliensensitiwiteit”.
  • Ghrelien kan boodskappe (signals) van die gastro-intestinale na die brein verander dat dit heel die verkeerde boodskap deurgee. Soos byvoorbeeld om die brein te stimuleer om die liggaam instruksies te gee om eerderr te eet as om op te hou eet.
  • Ghrelien kan ook gastriese druk op die maag plaas en die boodskap verwar soos wat die maag uitsit.
  • Ghrelien dra by tot sellulêre verandering in selle, soos die verandering van endoteelselle in bloedvate, wat enorme implikasies het en veroorsaak in gewigstoenames.
  • Volgens die Mediese Joernaal “Addiction Biology,” verminder die oorproduksie  van ghrelien aktief die verbruik van liggaamsvet.
  • Ghrelien is ‘n belangrike komponent by die “goedvoel-sensasie van die brein” wat deur die brein se “pleasure-reward system” bestuur word. Eet laat sommige mense gewoon goed voel.
  • Oorproduksie van ghrelien stuur misleidende boodskappe na die brein, en daarom word die hoeveelheid en ook produksievlakke van ghrelien negatief geassosieer word met gewigsverlies.
  • Die “kalorie-beheerde-diëte” neig om ghrelien uitsette te verhoog.

download (4)

  1. Ghrelien as hormoon het ook ander funksies en rolle.

Ghrelien is betrokke by

  • Groeihormoonregulering
  • Insulienvervaardiging
  • Glukose en lipiedmetabolisering
  • Gastriese probleme, (motility) soos “moeilike sluk, gastriese “reflux disease” of bekend as “GERD”. Is betrokke by konstipasie, diarree, naarheid en ook “bloating.”
  • Ghrelien beïnvloed die spierfunksie wat peristaltiese bewegings stimuleer
  • Ghrelien beinvloed ook die hormone wat die senuwee stimuleer wat kontraksies moet bestuur.
  • Ghrelien is ook betrokke by die liggaam se bloeddrukfunksies en hartklop.
  • Ghrelien is betrokke by ‘n biologiese proses genaamd “neurogenesis”, waar neuro (senuwees) en genesis (die skepping van iets nuut) van nuwe neurone plaasvind.

    images

  1. Laastens
  •  Ghrelienvorming vind plaas in stresvolle situasies.
  • Dit is die rede waarom sommige persone in stresvolle situasies meer eet en ook meer suiker en ongesonde kitskosse inneem.
  • Ghrelienafskeiding ondersteun ook die volhoubaarheid van stres
  • Ghrelien stimuleer hoër vlakke van ghrelien is strestoestande, wat die gevolg het dat by sommige mense ‘n neiging is tot meer eet of ooreet in stresvolle situasies.

Leptien Vervolg…

Pierre van Niekerk ©

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s