images (1)

Die kos wat ons eet, moet ten doel hê om al die belangrike voedingstowwe te bevat om die liggaam in sy totaliteit te voed. Voeding word beskou as die bron en die boustene om die liggaam energie te verskaf, liggaamselle en organe te voed, herstel te laat plaasvind en die immuunsisteem te voed om sy werk te doen.

colon-clean

Voedsel wat ingeneem word, bestaan uit ‘n verskeidenheid molekules wat chemies en fisies aan mekaar verbind is. Die vertering en afbreek (verrotting) van voedsel in die spysverteringskanaal het ten doel om hierdie chemiese en fisiese verbindings af te breek in individuele voedingstowwe in so ‘n vorm dat die liggaam die verskillend nutriënte dit kan opneem.

Cleaning-1440xcenter-c-default

Eenvoudig gestel beteken spysvertering dat voedsel afgebreek word tot in molekulêre vorms tot waar die liggaam instaat is om dit as voedsel op te neem.

probiotics-benefits

Spysverteringstelsel

Die meganika van die spysverteringstel, alhoewel eenvoudig verduideik, is in wese baie kompleks.

Digestive System Of Female Human The Digestive System - Biology Of Humans

Vertering vind in die spysverteringskanaal plaas. Die spysverteringskanaal strek van die mond, die slukderm, die maag, deur die dermkanale tot by die anus. Wat ook al geëet word, beweeg met prosesse deur die stelsel tot waar dit deur en in die dermkanaal opgeneem word. ‘n Lengte van ongeveer 9 meter, van die slukderm (esophagus) tot die anus.

emma-health-guild-colon-cleansing

Die dermkanaal dien as skild.

Die kos wat ingeneem word, moet eers deur die spysverteringskanaal opgebreek word in molekules voordat dit deur die dermkanaal opgeneem kan word. Kos wat dus ingeneem word, kan met die “skild” van die dermkanaal beskou word as nog “buite” die liggaam.

probiotics

Opname

Deel van die spysverteringsproses is die selektiewe deurlaat van afgebreekte voedingstowwe deur die selwande van die dermkanaal. Vandaar beweeg dit deur die bloedstroom na alle selle van die liggaam, organe om orgaanfunksies te verseker, energie te verskaf, brein-en hormoonfunksies te stimuleer.

microbiome2

Een funksie wat beklemtoon kan word, is die herstel en vervanging van beseerde spiere en afgestorwe selle in die liggaam wat belangrike funksies vervul. As voorbeeld kan die vervanging van lewerselle genoem word, asook die vel, wat twee van die grootste organe in die liggaam is.

leaky-gut-microbiome-adrenal-fatigue-inflammation-liver-toxicity-stress-diet

Die verteringsproses

Voedsel se molekulêre strukture vir opname deur die dermkanaal verskil in grootes en kom in verskillende strukture, verbindings en vorms voor.

Villi

‘n Eenvoudige verduideliking sou wees om in jou geestesoog ‘n klomp kettings van verskillende grotes en lengtes en vorms opgerol in chemiese verbindings wat die kettings vashou in ‘n bondel te sien.

images (1)

Spysvertering sou dan die proses wees om in menslike prosesse die bondel opgerolde ketting met meganiese en chemiese prosesse te ontrafel en oop te ontvou. Te ontrafel dat die molekulêre strukture alleen, enkel en apart van mekaar staan sodat dit opgeneem kan word.

AnaerobicDigestionParameters

Die mens sou in sy spsyverteringstelsel die ketting kou in stukke, meng met alkaliese speeksel, sluk en afbreek in die maag met swembadsuur in die maag, dan in die dermkanaal verder met ensieme opbreek, wat dan uiteindelik in ‘n nuwe ketting in ‘n nuwe vorm as boustene vir die liggaam verskyn.

2014-07-10-lab-results-reveal-shocking-probiotics-count-in-sauerkraut-inline-3

Voedselsoorte het verskillende tipe molekules

Voedselstrukture bestaan uit verskillende komplekse molekules en ook soorte. Dit bestaan uit die groot molekules soos proteienes, stysels, middelgroote molekules soos vette en dan baie kleiner molekules soos vitamienes, minerale, suikers en phytonutriënte (plante se voedingstowwe), wat belangrike faktore van beskerming bevat vir die liggaam.

probiotics-benefits

Die punt is, die liggaam vir goeie gesondheid al hierdie komplekse voedselstrukture se voedingstowwe nodig. Elke voedselsoort en elke molekule het eie unieke wyses en maniere waarop dit opgebreek moet word. voordat dit as voedsel of nutriënt deur die dermkanaal opgeneem kan word.

images

Proteiene

Die inname van proteiene, wat afgebreek word in die dermkanaal deur ensieme in aminosure, verskaf belangrike boustene in die liggaam se voortdurende proses van groei en herstel van die liggaam.

main-qimg-1cba57b374966e6681385f784bd4838a-c

Die oorgrote meerderheid van die liggaam se strukturêle weefsel bestaan uit proteiene. Dit is die skelet, senings en ook weefsel. Vir die rede is die innaame van genoegsame hoeveelhede proteien vir hul gesondheid ‘n belangrike faktor. Proteiene is betrokke by  byna elke funksie van die liggaam.

Acid protection of probiotic bacteria via capsules

Ensieme

Ensieme is ook proteiene. Ensieme vervul feitlik elke funksie in die liggaam soos die herstel van beskadigde weefsel en ook die verwydering daarvan. Ensieme is ook boodskappers in die liggaam. Dit vervoer hormone van een plek na ‘n ander en is aktief in nodige selkommunikasie tussen selle van die liggaam se DNA.

Die liggaam het as lewende organisme nodig om voortdurend nuwe proteiene te vorm om uitgediende ensieme te vervang. Dit het ook die vorming van nuwe proteiene nodig om verouderde selle, beskadigde selle en beserings te heel.

Optimale gesondheid vereis dus ‘n aaneenlopende proses van proteienvorming en proteienvervanging. Proteiene word saamgestel deur kleiner molekules wat aminosure genoem word. Op molekulêre vlak kan een proteien opgebreek word in n string van aminosure wat wissel van so klein as 200 aminosure op ‘n string, tot 5000 daarvan.

Die maak van proteiene in die liggaam

Om ou en afgeleefde selle in die liggaam te vervang met nuwe selle, moet die liggaam aminosure gebruik as boublokke van die proteiene wat opgeneem word in die diëet. Wanneer proteien van verskillende bronne ingeneem word, moet die liggaam die groot aminosuurstringe of verbindigs neem en afbreek in aminosure, of peptides.

2014-07-10-lab-results-reveal-shocking-probiotics-count-in-sauerkraut-inline-3

Aminosure, ook genoem petides, moet in een tot twee molekules (dipeptides) afgebreek word om deur die liggaam opgeneem te kan word.

Protesease

Die liggaam vervaarding ensieme wat protease genoem word wat proteiene wat ingeneem word afbreek in aminosure. Proteiene verloor sy struktuur in die maag met behulp van maagsuur en pepsien.

Vandaar beweeg die afgebreekte proteienbron deur die maagklep in die dunderm in (duedenum), waar nog ensieme en of protease plaasvind. Aminosure en dipeptides word in hierdie vorm in middelderms of jejenum opgeneem.

 

Pierre van Niekerk ©

11 Comments on “Probiotika: 1”

  1. Pierre help asb.my worshond sit al vir jare met myte in sy ore.ek was al by verskillende veeartse,maar ek kry ni sy ore gesond nie.soms vrot sy ore erg dan vat ek n wetwipe en wee sy ore uit.indien ek hom sou bad en daar kom water in sy ore,kan die arme hond dit nie hou so jeuk sy ore nie.hy is ook besih om blind te word.wat kan ek gebruik vir die myte en dan om te keer dat hy verder blind word.hy is al So 10 jaar oud

    Like

  2. Sal dit graag wil gebruik.het PROSTAAT probleem gehad geskraap maar kom agter my maag is hardlywig en my uminitreit is baie af is baie vatbaar vir verkoue moeg pyne spierpyne en laer rug en niere sal ook graag wil hoor van prys en waar ek hier in warmbad kan kry as nie te duur nie sal ek graag dit kry

    Like

Leave a comment