Myte in die ore

 

Oormyte of gis in die ore.

 dog_ear_yeast_1_640

Eksterne oor infeksie (Otitis) is ‘n infeksie van die oorkanaal.  Diere se oorkanale is sensitiewe dele van hul oorkanaal en word maklik deur ongewenste organismes geïnfekteer.  Die Literatuur is van mening dat 80% van diere wat sukkel met oorprobleme die diere is met lang ore, oormatige groei van hare in die ore, diere met ‘n gebrek aan lugwegvloei wat dit vogtig hou en ‘n omgewing skep wat die voortbestaan van bakterie-groei en myte bevorder.

images-1

Oorkanale

Verskeie faktore dra by tot die ontwikkeling van oorkanaalprobleme.  Die Chinese Sharpei is veral vatbaar vir oorkanaalprobleme weens hul nou oorkanale wat tot gevolg het dat bitter min lugvloei in die kanaal plaasvind om dit droog te hou en dus vir bakterieë en ander organismes die ideale omgewing skep.

hqdefault

Tekens van oorinfeksies en oormyte

  • Skud van kop
  • Krap van ore met pote
  • Vryf van ore
  • Ander honde wat daarin lek en/of ruik
  • Die kop word gewoonlik laag gedra
  • Oorflappe wat stukkend is, haarloos is en opgewel is
  • Huilgeluide wanneer daar aan die oor geraak word
  • Olierige uitskei vanuit die oor
  • Doofheid
  • Vrees vir klank
  • Reuke vanuit die oor

Tipe van oorinfeksies (terme in Engels sodat lede dit self kan naslaan op Google)

Meer as een tipe bakterie kan by oorinfeksies betrokke wees, wat die behandeling daarvan met antibiotika bemoeilik.

  1. Ceruminous otitis” gaan gewoonlik gepaard met primëre “seborrhea”. Dit is ‘n oormatige opbou van geel, olierige was in die oorkanale wat die ideale medium is vir bakterieë en gis om op te bou.  Behandeling is gerig om die ore en oorkanaal skoon te hou en ook die ander velkondisies te beheer.
  2. Bacterial otitis” in sy akute vorm word gewoonlik veroorsaak deur die bekende “Staphylococci” bakterie. Die uitskeiding is natterig en gewoonlik ligbruin.  Kroniese infeksies word veroorsaak deur die “Proteus” en/of “Pseudomonas” bakterie, wat se afskeidings kenmerkend geel of groenerig is, alhoewel daar al uitsonderings was op hierdie reël.
  3. Gis infeksies (Yeast or fungal infections”) kan die gevolge wees van antibiotiese behandeling vir bakteriese oorinfeksies. Kan ook die gevolg van honde wat sukkel met atopiese dermatitus of “atopic dermatitis”, voedsel veroorsakende dermatitis, en “seborrheic” velkondisies. Kenmerkend van gis is ‘n bruin, olierige was uitskeiding met ‘n kenmerkende stank en ore wat inflammasie het en vogtigheid in die ore.  Hierdie kondisies bly voortbestaan totdat onderliggende velsiektes opgelos is.
  4. Proteien intolleransies – Sien skrywe hieroor.

 

https://www.youtube.com/watch?v=RnghQltkBgg

https://www.youtube.com/watch?v=cC0l1rlYi5Y

Pierre van Niekerk ©

Advertisements

4 thoughts on “Myte in die ore

  1. Ek het a klein worse by iemand gekry.en ek het vandag gesien sy het van daai goed waarvan julle praat in haar ore. Wat ek daarvoor gebruik adb

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s