Withania somnifera (Ashawagandha)

Ashawagandha in die Pierre@ Ecohealth Gewigsverlies Program.

images (16)

Inleiding;

In die afgelope skrywes is daar gefokus op die rol wat stres speel in persone wat gewig optel. daar is deurlopend daarop gewys;

  • Watter rol inflammasie speel en watter skadelike rol kortisol speel.
  • Watter rol leptien en leptienweerstandigheid speel, wyl leptien in werklikheid as die “maermaak hormoon” beskou moet word.

images 2(4)

Ashwagandha het ‘n baie wye Literatuurverwysing.

Beskrywings en skakels word gegee waar Ashawagandha as produk ‘n bydrae lewer.

Die wye verwysing het ten doel om Ashawagandha as natuurlike produk te verduidelik as kortisol inhibeerder om kortisolproduksie van die byniere te onderdruk. En ook die redes daartoe om die skadelike effekte van stres te minimaliseer.

Die skrywe verduidelik in kort waarom dit die keuse is om saam met ander natuurlike  produkte, soos Glycyrrhiza glabra as “Leptien aanskakelaar” gebruik word om effektiewe asook natuurlike gewigsverlies mee te bring.

images (11)

Die effektiwiteit van Ashawagandha as kortisol inhibeerder lyk so;

  • In ‘n placebo studie is bevind dat mense wat Ashawagandha gebruik, hul kortisolvlakke in hul bloedstroom met 30.5% verlaag het.
  • In dieselfde studie is bevind dat persone wat Ashawagandha gebruik het, die hormoon DHEA of “Dehydroepiandrosterone” met 32.% verhoog het.
  • Dit is die hormoon wat die teenvoeter is teen “kortisolvorming” in die liggaam
  • In ‘n ander studie (ook met placebo kontrole) het 64 vrywilligers met ‘n geskiedenis van stres , hul kortisolproduksie vlakke binne enkele weke afgebring met 27.9%.In ‘n “in-vitro” studie het Ashawagandha ‘n verlaging 65% meegebring van die ensiem wat assosieer word met inflammasie, die bekende “5-lipoxygenase of 5-LOX” ensiem.

images (14)

Withania somnifera (Ashawagandha) is ʼn baie bekende en bekroonde medisinale plant in die Indiese Ayurvedic reeks van medisyne (die oudste medisyne bekend). Dit is waarskynlik die begin waaruit moderne medisyne ontstaan het.

Ashawagandha het ʼn hele reeks van medisyne gebruike.

Daar is vele studies gedoen op Ashawagandha as adaptogeen, wat in effek beteken dat die kruie die fisiologies prosesse van die liggaam stabiliseer en ook normaliseer.

Die Miriam Webster Woordeboek definieer ‘n adaptogeen as volg;

“A nontoxic substance and especially a plant extract that is held to increase the body’s ability to resist the damaging effects of stress and promote or restore normal physiological functioning.”

Ashwagandha-2

Ashawagandha is bekend vir sy plantaardige anti-stres eienskappe.  Daar is vele leerkole en gerespekteerde Literatuur wat detail studies onderneem het oor die vermoë van die plant om kortisolproduksie en stres natuurlik te onderdruk. Daarmee gedrag op ‘n manier te normaliseer sonder skadelike effekte.

In eksperimentele modelle

Is die effek die produksie van kortisol en die metabolisering van Vitamien C getoets op rotte, wat was gebruik om te swem. Dit was om stres by hulle te toets en watter mate kortisol produksie plaasgevind het.

Ashwagandha was aan rotte gegee om ‘n stresvolle swemtoets te ondergaan.

  • Die ekstreme toestande van die toets het nie die bynierfunksies geaktiveer of die kortisolproduksie in die liggaam verhoog nie.
  • Inteendeel, al die rotte het die ekstreme toets met gemak voltooi.
  • Wat wel verhoog en verander het in die rotte, was die rotte se uithouvermoëns om langer te kan swem. Daar was geen oormatige afskeiding van kortisol deur die byniere in die rotte gevind nie.
  • Wat beteken dat die stres wat die rotte kunsmatig onder geplaas is, matige kortisolproduksie meegebring het en dat die matige verhoogde stresvlakke, geen effek gehad het op hul liggaam se hantering van stres, of die byniere se produksie van kortisol nie.

ashwainfo-1559807122

Kortisol, die hormoon vervaardig deur die byniere, is in die Literatuur bekend as die “streshormoon” of ook as die “vethormoon.”

Die inhibering van hierdie bynierfunksie, dus natuurlike voorkoming van die natuurlike produksie van kortisol, is ‘n sleutelaspek in enige program wat gewigsverlies promoveer.

 

images (15)

Agtergrond tot Ashawagandha

Ashwagandha is ‘n plant waarvan die wortel en vrugte medisyne mee gemaak word. Bekend as Ashawagandha. In die Literatuur is daar vele gebruike vir produk en word wêreldwyd as natuurlike hulpmiddel gebruik vir ‘n verskeidenheid kwale en skete.

Toestande waarvoor Ashawagandha tradisioneel gebruik is, is die volgende;

Artritis, angs, bipolêre pasiënte, Aandag Afleibare Sindroom (ADHD), balans, obsessiewe kompulsiewe gedrag, (OCD), slaaploosheid, insomnia, tumors, tuberkulose, asma, ‘n vel kondisie wat wit merke laat, (leukodermie), bronchus, rugpyne, fibriomyalgia, menstruasie, hik, onder aktiewe skildklier, kroniese lewer probleme en ook ander.

Daar is ook beweringe in skrywes  van koerante en tydskrifte waar dit suksesvol gebruik is teen die newe effekte van kankerbehandeling

  • Ook word dit gebruik in die behandeling van skisofrenie en
  • Vir suikertoestande vir diabete
  • en cholestrol in die bloedstroom.
  • ook waar dit vet en suiker in die bloedstroom te verminder.

images (13)

Hier is ‘n lys van ondersteunende Literatuur 

Ashwagandha word dus as ‘n adaptogeen beskou. ‘n Adaptogeen is per definisie in die Merriam Webster Woordeboek;

(A nontoxic substance and especially a plant extract that is held to increase the body’s ability to resist the damaging effects of stress and promote or restore normal physiological functioning)

In die Pierre @ Ecohealth is die funksie van Ashawagandha om die produksie van kortisol in die byniere, wat met stres gepaardgaan, te inhibeer en ook natuurlik onderdruk.

Ashawagandha het ook anti-inflammatoriese en anti-artritis eienskappe. Wat klinies ook uitstekend presteer in studies van artritis en osteoartritis. In sommige Literatuur word die natuurlike gebruik hiervan ook toegeskryf aan verhoogde fertiliteit in mans en verhoogde libido by beide mans en vroue.

 

Ashwagandha-ad-copy

Kritiek

Ashwagandha is deeglik in die Westerse Medisyne en Literatuur ondersoek. Dit blyk dat daar ‘n probleem is met volle erkenning van Ashawagandha se waardes en bydraes, ongeag die vele hoeveelheid bewyse daarvoor.

Elke waarskuwing wat die Literatuur gee, is daar ‘n direkte erkenning dat Ashawagandha wel die immuunstelsel versterk, wel die skildklier se hormoonproduksie verhoog.  Is daar ‘n erkenning dat dit bloeddruk gesond verlaag, kalmte bring op die brein en stres, (dus kortisol produksie inperk) en inflammasie in die liggaam afbreek en normaliseer.

ashwagandhaberry

Ashawagandha het betreffende gewigsverlies die ideale funksies.

  1. Dit is bewys dat dit kortisolvlakke, dus stresvlakke verlaag en laag hou
  2. Dit is bewys dat dit ‘n natuurlike kalmerende effek op die liggaam het
  3. Dit verlaag suiker en vet in die bloedstroom
  4. Verminder ander medikasie se newe-effekte inhibeer
  5. Verminder simptome van angs
  6. Word gebruik as alternatief by mense met AHDH
  7. Verhoog bewustheid en konsentrasie
  8. Verhoog breinfunksies by bipolêre mense
  9. Verbeter die balans by ‘n kondisie van die brein genaamd “cerebellar ataxia.” ‘n Kondisie waar die serebellum van die brein ontsteking of inflammasie opdoen of beseer word.
  10. Moegheid of “fatique” by kankerpasiënte wat bestraling en chemo ondergaan het
  11. Diabetes, omdat dit bloedsuiker verlaag
  12. Hoë cholesterol waar vetvlakke verlaag word
  13. Onderaktiewe skildklier (hypothyroidism). Persone met ‘n onderaktiewe skildklier het lae vlakke van die “thyroid” hormoon of (TSH). Ashawagandha stabiliseer die produksie van die hormoon
  14. Manlike infertiliteit. Ashawagandha verbeter spermgehalte, alhoewel daar nie redelike bewyse is dat dit die spermtelling verhoog nie.
  15. Verhoog ook seksdrange en verbeter ook orgasme bereiking
  16. Osteoartritis” Ashawagandha, verlig en verbeter saam met ‘n kombinasie van ander natuurlike produkte die pynlike effek van osteoartritis.
  17. Obsessiewe Kompulsiewe Disorders, waarvan daar vele bestaan soos perfeksie, kontaminasie en andere word ook hiermee behandel.
  18. Parkinson’s. Verbeter die simptome van Parkinson’s
  19. Rheumatroiede artritis word met ‘n kombinasie van ander kruie suksesvol aangespreek
  20. Verbeter die immuunsisteem
  21. Verbeter die effekte van Fibriomalgia
  22. Verminder inflammasie van die lewer
  23. Verminder effekte van veroudering
  24. Maagsere
  25. Tuberkulose en andere.

Waarskuwings

Ashwagandha in hindi, ashwagandha ke parhej, ashwagandha churna, ashwagandha uses in hindi, ashwagandha churna ka sevan kaise kare, ashwagandha ke fayde, ashwagandha kab khana chahiye, ashwagandh

  1. Verwagtende vroue

Daar is geen studie gedoen op die effekte van Ashawagandha op verwagtende vroue nie.  Of vroue wat borsvoeding gee nie. Daarom word die produk nie vir vroue wat verwag of lakteer aanbeveel nie.

  1. Outo-immuunsiektes: Ashawagandha stimuleer die immuunstelsel en kan by siektes soos multiple sclerosis (MS), lupus (systemic lupus erythematosus, SLE), rheumatoid arthritis (RA) en ander toestande die immuunstelsel meer aktief maak.
  2. Operasies: Ashwagandha kan veroorsaak dat die sentrale senustelsel stadiger funksioneer weens die tekort aan kortisolproduksie wat stres stimuleer.
  3. Skildklier: Ashwagandha kan die produksie van skildklier hormone stimuleer.
  4. Ashawagandha moet nie saam medikasie gebruik word wat die immuunstelsel onderdruk nie. Dit verminder die effek van byvoorbeeld kortisoon wanneer dit toegedien word.
  5. Ashawagandha kan slaap stimuleer. Medikasie wat medikasie vir slaap gebruik, mag vind dat hul baie langer en dieper wil slaap.

Pierre van Niekerk ©

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s