Beroertes

Inleiding

Daar is hoofsaaklik twee redes of oorsake waarom beroertes voorkom.

  1. ‘n Iskemiese beroerte: (TIA) Vind plaas wanneer die bloedtoevoer na ‘n deel van die brein geblokkeer of verminder word. Dit verhoed dat breinweefsel lewensbelangrike suurstof en ook lewegewende voedingstowwe kry. Breinselle begin by die tekort aan suurstof en voeding binne enkele minute doodgaan.
  2. ‘n Hemorragiese beroerte. Kom voor wanneer ‘n bloedvat in die brein lek of bars en bloeding in die brein veroorsaak. Die bloed verhoog die druk op breinselle en beskadig dit.

Simptome van beroerte sluit in:

  • Sukkel om te praat, kan verward wees en woorde kan sleep en uitspraak kan onverstaanbaar wees.
  • Daar is ‘n skielike swakheid of verlamming in die gesig, arm of been. Beroerte raak gewoonlik net een kant van die liggaam. Die persoon kan probeer om albei arms oor die kop op te lig. As een arm begin val, kan dit ‘n teken van ‘n beroerte wees. Die een kant van die mond kan ook hang as die persoon probeer glimlag.
  • Probleme om met een of albei oë te sien.
  • Skielike, ernstige hoofpyn kan ‘n simptoom van ‘n beroerte wees. Braking, duiseligheid en ‘n verandering in bewussyn kan met hoofpyn voorkom.
  • Balans of koördinasie kan verloor en die persoon sal sukkel om te loop.

Daar is twee hoofoorsake van beroertes.

  1. ‘n Iskemiese beroerte word veroorsaak deur ‘n geblokkeerde slagaar in die brein.
  2. ‘n Hemorragiese beroerte word veroorsaak deur ‘n bloedvat wat in die brein lek of skielik ingee en uitbloei.

Geblokkeerde of vernoude bloedvate word veroorsaak deur

  • die vervetting van bloedvate weens kitskos, versadigde vette en stysels en preserveermiddels wat kosse nie in die spysverteringstelsel laat verteer nie
  • oormatige alkohol
  • nikotien
  • versadigde ongesonde transvette  
  • hoë inname van soetgoed, stysels en suiker wat hoënormale bloedsuiker tot gevolg het en prediabetiese siektetoestande veroorsaak
  • genetiese faktore
  • medikasie

Gevaarlike onkundigheid

Al die bogenoemde faktore is oorsake wat die bloedvate verhard en vernou. Verharding en vernouing van bloedvate het geen direkte simptome soos ‘n skielike hoofpyn nie. Dit gebeur stadig en onbewustelik oor ‘n tydperk met skielike gevolge.

Meeste mense is onbewus van die belangrikheid van die gesondheid van die bloedvatstelsel. Ook is daar ‘n totale onbewustheid van die belangrikheid om bloed op ‘n gereelde individuele basis met natuurlike produkte soos magnesium of engelsesout skoon te maak. Hul bloedstroom is soos ‘n vuil rioolryke rivier, waarin brokstukke soos plastieksakke en bottels en ander ongewensde voorwerpe ronddryf.

Die opbou van enige afval of onverwerkte voedselpuin in die bloedstroom vorm bloedklonte en, die pomp hierdie ongewensde bloedafval na die brein toe.

‘n Iskemiese beroerte vind gewoonlik met ongesonde vuil en dik bloed plaas. Wanneer vetterige neerslae, bloedklonte of ander gevormde puin in die bloedvate loskom, uitgepomp word na die brein en in die brein se bloedvate gaan vassteek.

Die blokkering verhoed dat belangrike lewegewende suurstof en voeding die breinfunksies skielik ontwrig.

Covid-19 infeksie

Vroeë navorsing dui daarop dat die COVID-19- infeksie die risiko van iskemiese beroerte drasties verhoog het. Daar is nuwe ondersteunende navorsing wat ‘n duidelike verwantskap bewys dat die Covid-19 inspuitings iskemiese beroertes veroorsaak, omdat daar bloedklonte weens die inspuitings in die bloedvatstelsel ontstaan het.

‘n Minder algemene oorsaak van bloeding in die brein is arterioveneuse misvorming (AVM). ‘n AVM is ‘n abnormale verbindings tussen arterie en bloedvate met verdunde wande van die bloedvate. Wanneer hierdie ongesonde verbinding meegee, kan ongewensde bloedvloei en stolling in die brein of elders in die bloedvatstelsel plaasvind.

Tydelike aanval

Sommige mense beleef slegs ‘n tydelike ontwrigting van bloedvloei na die brein, bekend as ‘n verbygaande “Tydelike Iskemiese Aanval” of (TIA).

‘n TIA veroorsaak gewoonlik nie blywende simptome nie.

Iskemiese beroerte

‘n Iskemiese aanval (TIA) is gewoonlik van verbygaande aard. Daar ontstaan dan ‘n tydelike periode waar die simptome soortgelyk is aan dié simptome van ‘n gevaarlik hemorragiese beroerte. TIA veroorsaak gewoonlik nie permanente skade nie.

Die blokkering in die bloedvate veroorsaak ‘n skielike tydelike afname van suurstof- en voedingryke bloedtoevoer na ‘n deel van die brein. Die afname en skoktoestand kan tot vyf minute duur.

Die ongesonde toestande in die bloedstroom, soos vetterige deposito’s en ander ongewensde toestande binne die bloedvatstelsel, ontwrig die bloedtoevoer na die deel van die brein wat die senuweestelsel bedien.

Dit staan ook bekend as ‘n “mini stroke.”

As ‘n persoon ‘n TIA beleef het, kan dit moontlik wees dat die persoon ‘n gedeeltelik geblokkeerde of vernoude slagaar het wat bloed na die brein vervoer.

Dit is belangrik dat die toestand voorkomend bestuur word en as ernstig beskou word. Dit het al die potensiaal om die risiko te verhoog na ‘n volledige dodelike hemorragiese beroerte.

Tipe 2 : Hemorragiese beroerte

Hemorragiese beroerte vind plaas wanneer ‘n verharde of verstopte bloedvate in die brein begin lek,  bars en breek of meegee. En die bloed begin in die brein, of tussen die brein en skedel te lek.

Die hemorragiese beroerte staan ook bekend as bloeding op die brein of as breinbloeding. Hierdie gevaarlike toestand is die gevolg van die vele oorsake wat skade aan die bloedvate skade in die hele bloedvatstelsel aanrig.

Hierdie oorsake is die volgende:

  • Hoë bloeddruk wat nie onder beheer is nie.
  • Kroniese gebruik van chemiese medikasie per voorskrif, soos bloedverdunners, ook bekend as antistolmiddels.
  • Knoppe en bulte op swak plekke in bloedvate se wande wat as aneurismes bekend staan wat meegee.
  • Hoofbesering weens valle, swaar voorwerpe teen die kop, en motorongelukke.
  • Proteïen- en ander skadelike afsettings op bloedvate se wande, wat ‘n verswakking of verharding in die wande van bloedvate kan veroorsaak.
  • Hierdie toestand staan bekend as serebrale amiloïede angiopatie.

Daar is verskeie oorsakende faktore wat bydrae tot hemorragiese beroertes.

Dit is nie regtig moontlik om die een oorsaak se rol bo die ander oorsake uit te lig, en of as meer of minder belangrik te beskrywe nie. Tog moet daar ‘n belangrike beklemtoning op die rol van suiker geplaas word.

Die toksiese gevare van suiker en suiker se skadelike nagevolge word nie genoegsaam begryp of gerespekteer nie.  

  1. Persoonlike lewensstyl
  2. Voorkom oorgewig en vetsug
  3. Doen oefening en raak aktief
  4. Moenie oormaat alkohol, veral “binge drinking” ooit doen nie. Dit vergiftig die lewer, laat sy belangrike funksies disfunksioneel en kan diabetes met onmiddellike effek veroorsaak.
  5. Dwelmgebruike en die onsuiwerhede binne inspuitbare dwelms is uiters gevaarlik en die oorsaak van skielike sterftes (beroertes).
  6. Suiker, skadelike stysels en preserveermiddels
  • Mediese risikofaktore
  • Faktore in leefstyl en medikasie wat hoë bloeddruk veroorsaak.
  • Sigaretrook of tweedehandse rookblootstelling
  • Vervetting van die bloedvatstelsel weens gemorskos en transvette, versadigde vette
  • Faktore wat bloedklonte veroorsaak, soos die Covid-19 inspuiting
  • Hoënormale bloedsuiker en diabetes
  • Obstruktiewe slaapapnee
  • Kardiovaskulêre siektetoestande soos hartversaking, hartafwykings, hartinfeksies en onreëlmatige hartritme, fibrillasie
  • Hoë bloeddruk en medikasie om ereksie te kry
  • Hormone – Die neem van geboortebeperkingspille of hormoonterapieë wat estrogeen insluit
  • Covid-19 inspuitings
  • Inflammasie van soorte en sekondêre infeksies
  • Insekbyte of eksterne vergifting

Komplikasies en nagevolge van beroerte

‘n Beroerte kan tydelike (iskemiese) en of permanente gestremdhede veroorsaak. (Hemorragiese)  

Komplikasies hang af van hoe lank die brein sonder genoegsame suurstof en voeding deur ontwrigte bloedtoevoer nie vloei ontvang het nie. Ontwrigte bloedtoevoer beïnvloed direk belangrike funksionele gedeeltes van die brein. Ontwrigting het onder andere die volgende komplikasies.

  • Verlies aan spierbeweging en of verlamming.
  • verlamming van ‘n gedeelte van die gesig
  • verlies van beheer van groepe spiere
  • onvermoë om te sluk
  • verlies aan spraak, lees en of skrywe, of konsentrasie
  • Geheueverlies en verlies aan die begrip van begrippe en konsepte
  • Onvermoë om kundige oordele en besluite te maak
  • Verwronge emosionele simptome
  • Pyn of gevoelloosheid
  • Depressie
  • Veranderinge in gedrag en verlies aan natuurlike higiëne en selfversorging
  • Afhanklik van ander mense met daaglikse persoonlike sake en take

Suiker

Daar is reeds skrywes gedoen oor die rol en gevare van suiker in ons bloedvatstelsel. Suiker is uiters toksies. Dit is by elke aspek betrokke wat bloed en bloedvate negatief beïnvloed.  

Bloed is die primêre bron van vervoer van alle lewegewende elemente om metaboliese voedingsprosesse te ondersteun en te voed, om maksimale gesondheid te handhaaf.

Naas genetiese faktore, speel suiker wat die liggaam nie as voedsel kan omskakel nie, en in oormaat beskikbaar is in die bloedstroom, waarskynlik die grootste rol in die ontstaan van outo-immuun siektes. Suiker dra by tot die inhibering van verteringsensieme in die dunderm, wat op hul beurt bydra as ‘n faktor tot hardlywigheid.

Op sy beurt dra hardlywigheid by tot die gevaarlike “lekkende derm sindroom”, waar vuil dermtoestande in die buik dreineer en weer met bloed in die bloedstroom opgeneem word. Wat weer bydra tot vele ander ongunstige veltoestande, psioriasis, aknee, uriensuur en vele ander ongunstige gesondheidstoestande.  

Die skrywes op die Blog verduidelik hoe suiker en stysel en versadigde transvette ‘n persoon se bloed verdik, versadig, en in bloedvate aanpak en vervet.

In ‘n skrywe oor PSOS, wat fokus op probleme met erge menstruasie pyne en probleme, hoe suiker ook hormonale wanbalanse veroorsaak. Suiker inhibeer die pankreas se funksies om insulien te vervaardig, wat lei tot insulienweerstandigheid. Suiker bring ook mee dat suikerverslawing kan ontstaan, wat die opname van alle voeding en suurstof inhibeer

Die inname van suiker, veroorsaak dat die liggaam “die maklikste” suiker eerste opneem, en dus nie bloedglukose wat nie verryk is met voeding met minerale en vitamiene en ander voedingstowwe nie. Dit verhoed dat genoegsame B-T selle van die immuunstelsel opgeneem en versprei word.

Dit inhibeer die vervaardiging en verspreiding van lewegewende stamselle in die beenmurg en het ‘n direkte verwantskap by plooi, droë vel, agteruitgang van hare, naels en ongunstige kopvelkondisies.  

Die lys or die ongunstige gesondheidstoestande weens die invloed van te veel suiker in die liggaam is enorm.

Lees

  1. Hier
  2. Hier
  3. Hier
  4. Hier
  5. Hier

Strategie om beroertes te voorkom

Die voorkomingstrategie is dieselfde as strategieë om hartsiektes te voorkom.

Dit begin vooraf by die keuse om met goeie betroubare insigte te kies om ‘n gesonde leefstyl te volg.

Daar is produkte in die algemene handel wat glad nie goed is vir algemene gesondheid en of bloed, asook die bloedvatstelsel nie. Ongeag hoe goed en slim dit aangebied en verpak is, hoe lekker dit op die tong smaak en verkoop word.

Die produkte het uiteindelik ‘n baie duur prys in gesondheid.

Want alle siektes, alle fisiese toestande word gevoed of beïnvloed deur bloedgesondheid en daarmee saam, bloedvatgesondheid.

Bloed-en bloedvatgesondheid en die gesondheid daarvan, is in vele gevalle die oorsaak waarom organe en outonome lewegewende liggaamsfunksies ontwrig word en, kritiese voeding nie ontvang nie.

Ook die rede is waarom hormone en hormoonverspreiding en ook aflewering deur die bloed nie genoegsaam plaasvind nie. Hormone dus in eenvoudige taal deurmekaar of disfunksioneel is. Dieselfde geld vir B- en T-selle van die immuunstelsel, suurstofaflewering, die verwydering van koolsuurgas en ander vrye radikale of afvalstowwe uit die liggaam wat die liggaam self vervaardig.

Ook eksterne bronne van vrye radikale soos omgewingsfaktore, rook, fabrieksrook, petrochemiese gasse van motors en trokke wat ingeasem word, pestisiedes, plaagmiddels wat deur vliegtuie gespuit word, chemiese produkte wat tuis as skoonmaakmiddels gebruik word wat deur die vel opgeneem word.

Al hierdie genoemde faktore het onwillekeurig ‘n invloed op mense se algemene gesondheid. En die bloed en bloedvate, lewer en gal moet direk en indirek daarmee deel om die mens gesond te hou. Dit tyd is daarom verby om insigloos en sonder betroubare kennis produkte te koop en te eet of op welke manier in te neem. Sonder om willens te weet wat die nagevolge daarvan is.

Hierdie ingesteldheid voorkom grootliks hartvatsiektes en beroertes.

Gesonde lewenstyl sluit in:

  • Wees bewus van ‘n alkaliese dieet, wat 80% alkalies en 20% suur.
  • Beheer hoë bloeddruk, ook bekend as hipertensie. Dit sal beroerte risiko’s verminder. Bloeddruk is een van die belangrikste bewustelike bestuursfaktore wat elke persoon moet doen om beroerterisiko te verminder.
  • Persone met hoë bloeddruk moet aktief produkte soos die wat Ecohealth aanbied, oorweeg wat die hartvate voed en natuurlik elasties hou. (‘n Kardio-produk se beskrywing volg binnekort)
  • Aktief gesonde water, voeding en kritiese minerale soos magnesium. (Ecohealth waterbron se gesondheidsfunksies beskrywing volg binnekort)
  • Die rol en funksie van organiese appelasyn om die produksie van maagsuur te stimuleer om vertering van voedsel te verbeter. Die rol van rooipeper en pomelo’s se rol in natuurlike bloedverdunning.
  • Ecohealth se Spice mieks, wat saamgestel is uit rooipeper, komyn, gemmer, knoffel, kaneel, bioperine (wat die aktief van produkte met tot 2000% verhoog, soos curcumin om inflammasie in wonde en die bloedvatstelsel natuurlik te bestuur.

Persone wat beroertes gehad het

Moet nie alleenlik staatmaak op medikasie om bloed lewend, gesond en of skoon te maak nie. Dit is ‘n fatale fout.  

Gesonde lewenstylverandering, met natuurlike produkte wat die Literatuur self beskryf, moet aktief gebruik word om hoë bloeddruk te behandel.

Statienmedikasie

Statienmedikasie of “kolesterolmedikasie”

Die gebruik van statienmedikasie is by vele persone totaal onnodig omdat hul met natuurlike produkte inflammasie in die liggaam kan bestuur.

By wondsorg veral speel kolesterol waarskynlik die heel belangrikste rol van al die faktore wat nodig is om ‘n wond gesond te maak. So ook is die brein hoofsaaklik kolesterol. Dit beteken dus die rugmurg en beenmurg ook.

Statienmedikasie ontwrig en onderdruk

een van die liggaam se belangrikste natuurlike inflammasie-vegtende faktore. Wat by enige liggaamsdeel van die liggaam kan ontstaan, asook virale en bakteriese toestande.

Daarby mimiek statiene die simptome van ‘n ontwrigte skildklier.

Feite rondom kolesterol

  1. 85% van die kolesterol wat die liggaam gebruik, word nie van voedsel wat geëet word ingeneem word ontvang nie, maar word in die lewer vervaardig.
  2. Al wat statienmedikasie doen, om die lewer se funksies te ontwrig en instruksies te gee om nie meer kolesterol te produseer nie
  3. Die liggaam is ‘n baie intelligente biologiese outonome lewende struktuur. Daar is altyd natuurlike biologiese redes vir sy reaksies.
  4. Daar is byvoorbeeld biologiese redes waarom inflammasie ontstaan in die liggaam, soos hierbo kortliks beskrywe.
  5. Kolesterol kan in bloedvate getoets word omdat kolesterol deur bloedstroom moet beweeg om by vele ander plekke inflammasie ontwikkel, die oorsaak moet herstel en ook beveg met die immuunstelsel se B- en T selle.
  6. Verhoogde kolesterolproduksie in die bloedstroom kan plaasvind weens die ontstaan inflammasie wat deur bakterie, fungi of virusse veroorsaak word.
  7. Inflammasie wat veral uriensuur veroorsaak in die lyf, spiere en gewrigte.

Voordat kolesterol met medikasie onderdruk word

  • Moet die gevolge van uriensuur op alle dele van die liggaam aangespreek word deur alkaliese liggaamstoestande te bevorder. Nie die onderdrukking van kolesterol in die bloedvate nie.
  • Kolesterol is die liggaam se natuurlike anti-inflammatoriese chemiese reaksie om inflammasie en ander toestande natuurlik te beveg.

Koënsiem Co-q10

  1. Statienmedikasie blokkeer nie net die produksie van kolesterol in die lewer nie, dit blokkeer ook die produksie van Co-q10 , ‘n belangrike koënsiem wat betrokke is by energieproduksie in die lewer,
  2. Literatuur beweer dat mense wat statienmedikasie gebruik, ‘n 1400 keer kans het om senuweeskade op te doen en daarby pynlike neuropatie op te doen.
  3. Statienmedikasie se gevolg is dat dit skildklierfunksies ontwrig en disfunksioneel maak. Die skildklier is by vele van die liggaam se noodsaaklike metaboliese prosesse betrokke. Wat ‘n direkte oorsaak is van moegheid, “foggy” brein, slaaploosheid en vele ander ongesonde leefstylkondisies en toestande.
  4. Om die skade van statienmedikasie te bestuur is dit belangrik om 200-400 mg Co-q10 daagliks in te neem.

Leefstyl

  1. Dit is in almal se beste belang om min versadigde vette of transvette in te neem. Dit is versadigde vette wat saam met oormatige suiker, skadelike vervetting in die arteries opbou.
  2. Tabakgebruik. Rook verhoog die risiko van beroerte vir rokers en nie-rokers wat aan tweedehandse rook blootgestel word.
  3. Hoënormale bloedsuiker en diabetes. Die uitskakeling van suiker en stysel uit die dieet asook oefening sal bloedsuikervlakke in beheer hou.
  4. Persone met hoënormale bloedsuiker, insulienweerstandigheid en Tipe-1 diabetes kan gerus die voordele van kameelmelk bestudeer.
  5. Oorgewig dra by tot die risikofaktore wat beroertes meebring. Veroorsaak slaaploosheid, stres, hoënormale bloeddruk, verskeie kardiovaskulêre siektes en diabetes.

Rebouncing

  1. Die spring op ‘n mini-trampolien (ook genoem “rebouncing”) is ‘n baie dinamiese aërobiese oefening. Volgens NASA is 3 -minute se spring op ‘n trampolien, gelykstaande aan 10 minute se draf. Waarby meer as 600 spiere gelyktydig werk om bloedsomloop deur die hele liggaam te bevorder.

Dit word ook beskou as een van die beste oefeninge om suurstof in al die selle van die liggaam op te neem. Hierdie oefening verlaag ook bloeddruk, verhoog die vlakke van goeie kolesterol en ‘n ‘n baie goeie stresverligter.  30 Minute se aërobiese oefening ‘n dag, sowat 150 minute per week, wat stap, swem en fietsry kan insluit, met matige intensiteit is genoegsaam.

Keto-dieet en of ook “Intermittent fasting”

  1. Oorweeg diëte soos ‘n keto-dieet of “Intermitted fasting.” Dit is diëte van groente en vrugte, met olies soos olyfolie, neute en soorte gesonde vleis.  

Ander faktore van belang

  1. Gebruik alkohol in moderering. Alkohol kan beide beroertes en bloeddruk verhoog.
  2. Bestuur obstruktiewe slaapapnee (OSA). OSA is ‘n slaapstoornis wat veroorsaak dat ‘n persoon ‘n paar keer tydens die slaap ophou asemhaal. Voorkom dat die mangels en of kleintongetjie die lugweg toeval wanneer daar geslaap word. Lig die bed se hoogte aan die kop se kant en lig die kop met kussings. Daar is ook masjiene op die mark wat sorg dat die liggaam genoeg suurstof tydens slaap ontvang.
  3. Dwelmgebruik. Middels soos kokaïen en metamfetamien is gevestigde risikofaktore vir ‘n TIA of ‘n beroerte.

Slot.

‘n Ecohealth skrywe oor bloedvatgesondheid en verwante siektes, en ‘n reeks natuurlike Ecohealth produkte om die bloedvatstelsel gesond te maak en te hou, sal bykomend tot die skrywe eersdaags geplaas word.

Leave a comment