Gillian-Barre Sindroom

Inleiding: Oorsake

Die Gillian-Barre-sindroom kan weens vele gesondheidstoestande ontstaan.

Die siekte kom voor dae of weke na ‘n respiratoriese siekte of ‘n dermkanaal of spysverteringskanaalinfeksie.

Dit is belangrik om te weet dat onlangse Literatuur beweer dat chirurgie of die groepe inentings vir volwassenes en kinders die Gillian-Barre-sindroom kan veroorsaak.

  • Daar is gevalle aangemeld na infeksie met die Zika-virus.
  • Gillian-Barre-sindroom kan ontwikkel na infeksie met die COVID-19-virus.
  • Dit is ook ‘n erkende reaksie by diegene wat die Johnson & Johnson- of AstraZeneca COVID-19-entstof ontvang het.

In Gillian-Barre-sindroom

Begin waar jou immuunstelsel, wat gewoonlik net indringende organismes aanval, die senuwees aanval en word die senuwees se beskermende bedekking (miëlienskede), beskadig. Die skade verhoed dat senuwees verswakte seine na die brein stuur, wat swakheid, gevoelloosheid of verlamming by die persoon kan veroorsaak.

Belangrik

Gillian-Barre-sindroom kan alle ouderdomsgroepe beïnvloed. Namate persone ouer word, neem die risiko toe. Dit is ook effens meer algemeen by mans as by vroue.

Oorsake

Daar is ook in die Literatuur veral virusse wat die Gillian Barre sindroom kan veroorsaak  

  • Griepvirusse
  • Sitomegalovirus
  • Epstein-Barr-virus
  • Zika-virus
  • Hepatitis A, B, C en E
  • MIV, die virus wat HIV/VIGS veroorsaak
  • Mycoplasma longontsteking
  • Chirurgie
  • Trauma
  • Hodgkin se limfoom
  • Griepinentings of inentings by kinders
  • COVID-19-virus
  • COVID-19 Johnson & Johnson en AstraZeneca-entstof

Hier is ‘n skakel oor ‘n Covid entstofstudie en die gevare daarvan

Die mees algemene oorsaak is besmetting of infeksie met campylobacter bakterium. ‘n Bakterieë wat dikwels in besmette bees- en hoendervleis gevind word, en, persone infekteer wat rou of halfgekookte kosse inneem.

Campylobacter, (genus Campylobacter)

Dit is ‘n groep spiraalvormige bakterieë wat menslike siektes soos enteritis (campylobacter enteritis of campylobacteriosis) kan veroorsaak. Simptome is skielike koors, hoofpyn, diarree en beduidende buikpyn.

Campylobacter jejuni is die mees algemene oorsaak van voedselverwante infeksies. Beeste en hoenders word dikwels besmet en gekoloniseer deur die bakterium C. Jejuni, sonder dat die diere enige tekens van siekte toon. Swak of onhigiëniese vleisverwerking en menslike hantering veroorsaak indirekte besmetting van alle huishoudelike gereedskap waarmee gewerk word.

Onwetend kan die bakterieë na ander dele van die huishouding versprei word asook rou kosse wat met ongewaste hande en vuil messe en vurke. Ook na slaaie en ander koue kosse wat nie behoorlik gaar gemaak word nie.

Nadat die besmette kos ingeneem is, filtreer die bakterieë deur die maag en vestig hulself in die dunderm. Hul gebruik hul sweepagtige flagelle om deur die slymlae wat die dermvoering bedek, te migreer.  

Maagsuur se pH

Dit beklemtoon weereens die belangrikheid van die maag se pH-balans, wat suurtoestand van tussen 1 en 4 moet handhaaf om skadelike organismes te vernietig.

Die Campylobacter bakterieë kan in ideale omstandighede en verswakte immuun in die bloedstroom opgeneem word, waar hulle ‘n lewensbedreigende infeksie kan veroorsaak.

Campylobacter infeksies duur ongeveer ‘n week lank en reageer gewoonlik nie op antibiotiese terapie nie.

Antibiotika

Die wydverspreide gebruik van antibiotika in die pluimvee- asook voerkraalbedrywe het veroorsaak campylobacter bakterie weerstandige stamme ontwikkel het teen die groepe antibiotika wat gebruik word, om besmetting by mense te behandel.

Campylobacter bakteriese infeksies kan ernstige komplikasies veroorsaak wat verskeie outo-immuunsiektes kan stimuleer.

Toestande soos;

  1. Tydelike reaktiewe artritis, wat weke na infeksie kan voorkom en gewrigspyn vir die tydperk kan veroorsaak
  2. Simptome soortgelyk aan brusellose en selfs bydrae tot brusellose, weens die gebruike van ongepasteuriseerde melk en die vleis van veldslagtings.

Gillian Barre Sindroom

Wanneer die Gillian-Barre-sindroom weens een van bogenoemde kondisies ontwikkel, word ‘n persoon se senuweestelsel aangetas en aangeval.  Wat ‘n ernstige gevolg het wat die verswakking van spiere veroorsaak en in sommige gevalle verlamming wat weke of maande kan duur.

Omdat senuwees die beweging van spiere by byna alle liggaamsfunksies betrokke is, kan mense met Gillian-Barre sindroom die volgende toestande ervaar:

  1. Asemhalingsprobleme.

Die swakheid of verlamming kan versprei na die spiere wat jou asemhaling beheer, is ‘n potensieel dodelike komplikasie. Tot 22% van mense met Gillian-Barre-sindroom benodig tydelike hulp met suurstofmasjiene om asem te haal binne die eerste week, wanneer hulle in die hospitaal opgeneem word vir behandeling.

  • Residuele gevoelloosheid of ander sensasies.

Die meeste mense met Gillian-Barre-sindroom herstel heeltemal of word gelaat met slegs ‘n geringe, oorblywende swakheid, gevoelloosheid of tinteling in die liggaam.

  • Hart- en bloeddrukprobleme.

Bloeddrukskommelings en onreëlmatige hartritmes (hartaritmieë) is algemene newe-effekte van Gillian-Barre-sindroom.

  • Pyn.

Een derde van mense met Gillian-Barre-sindroom ervaar erge senuweepyn, wat met medikasie moet verlig kan word.

  • Derm- en blaasfunksieprobleme.

Trae dermfunksie en urienretensie kan voortspruit uit Gillian-Barre-sindroom.

  • Bloedklonte.

Mense wat onbeweeglik is weens Gillian-Barre-sindroom, loop die risiko om bloedklonte te ontwikkel. Totdat so ‘n persoon onafhanklik kan loop, kan dit aanbeveel word om natuurlike bloedverdunner te gebruik soos rooipeper, ander kruie en die gebruik van pomelo’s elke oggend te oorweeg. Die dokter mag ander medikasie voorskryf wat in die toestand newe-effekte mag hê.

  • Druk sere.

Om passief te wees en nie algemene bloedsomloop te bevorder nie, veroorsaak dat weefsel kneus en druksere kan ontwikkel. Gereelde aksies om beweging en bloedsomloop te bevorder sal die probleem vermy.

  • Permanente skade

‘n Klein persentasie mense met Gillian-Barre-sindroom kan spierswakheid en ander verwante simptome ervaar selfs jare nadat die toestand gewyk het.

  • Erge, vroeë simptome van Gillian-Barre-sindroom verhoog die risiko van ernstige langtermynkomplikasies.  Die dood kan wel voorkom weens hartaanvalle en respiratoriese nood.

Die belangrikheid van voeding.

Persone se immuunstelsel word met die Gillian Barre sindroom met medikasie onderdruk. ‘n Kundige opinie en toets verduidelik altyd wat die beste behandeling behoort te wees.

Leave a comment