Depressie

Inleiding:

Die mens is ‘n emosionele wese. Hy beleef sy wêreld met emosie, gevoel, denke ook intens fisies met geluk en pyn. Almal het iewers, op een of ander stadium van hul lewens, ‘n skouer of ‘n kruk nodig, of ‘n oor wat hoor nodig, om deur ‘n saak te kom wat hul insig, wysheid en bestaan ontwrig het.

Depressie is ‘n werklikheid.

Dit is ‘n diep donker gat sonder begin, sonder einde, sonder klank, sonder hoop en sonder ‘n deur waarby jy net kan uitgaan. Dit is ook ‘n plek sonder ‘n leer waarby jy kan opklim, uitklim en ook afklim. Depressie se vensters is ook toegeverf. Pikswart.

Depressie is ook in sy waarheid, ‘n baie groot leuen. ‘n Dief. Want ‘n mens is meer belangrik as wat hy dink en glo. Meer nodig as wat depressie jou toelaat. Dit steel jou belangrikheid en jou menswees. Maak dit sy eie en maak donkerte jou baas. In plaas van lig.

Ons almal het al diep verloor.

‘n Ouer, ‘n vriend, ‘n kind, ‘n eggenoot, ‘n groot liefde, ‘n geliefde dier. Dit is bitterder as bitter wilde als. Dit bars die groot gat van donkerte uit sy ruimtes uit. En nee, ons gaan nie daaroor kom nie. Bes moontlik dit meer aanvaar en leer om dit te bestuur en te hanteer. Maar ons gaan die verlies mis. Iewers en partykeer meer as wat ons moet en wil en wou.

Ook hoop en geloof en gebed bring nie altyd die antwoord nie en kan ook resulteer in groter seer en ongeloof. Mens wens jy kon ‘n pil of stropie uitvind om daardie pyn van die gees en siel heeltemal weg te vat. Maar helaas, dit sal verkeerd wees.

Want ‘n mens leer uit pyn en verlies.

Mens groei sterk uit die sterfte. Uit die snoei van die lewe. Uit die verlies. Persoonlik sal almal erken dat hul al groot foute gemaak het. Foute wat hul vandag nog dalk anders sou wou gehad het. Tyd en wysheid, behoudendheid van gees leer mens dat hierdie foute en verliese nie werklike verliese was nie, net lesse wat duur geleer moes word.

Die moderne lewe laat ‘n mens nie toe om te treur nie

Die moderne aanslag vandag wil nie die liggaam toelaat om te treur en te huil nie. Die seer en bitterheid en verlies uit te sweet nie.

Tog sal sielkundiges erken dat die liggaam nodig het om verliese te betreur. Die verstand, siel en gees asook liggaam wil daarmee deel. Hy wil daaroor huil. Hy wil daarmee deel sodat daar uiteindelik rasionele begrip vir hierdie verlies beleef kan word.

Die mens moet sy wese en sy weefsel toelaat om sy verstand toe te laat om die seer, pyn en vrese rasioneel te oorkom. Almal het Goliat-verskynsels wat ontydig op hul horison voor hul te staan kom. Wat hanteer en bestuur moet word. En daarvoor het die mens ‘n geoefende gereedskapkissie nodig met ‘n slingervel en klippies om die reuse in die lewe te oorwin.

Nee, dit is nie maklik nie. Dis oorweldigend soms. Ongeag die uitdaging, die mens moet iewers leer om geloof in homself te vind om sy oorloë te wen. Ongelukkig is dit seer en verliese en drama, vrese wat die toets is om innerlike krag en karakter te bou.

Die wrede werklikheid van die lewe is, daar is net twee soorte mense.

“Die wat kan en die wat nie kan nie.” Daar is nie ‘n ander groep nie.

  1. Daar is mense wat wil medikasie gebruik, vir watter vreemde rede ook al. Hul sal dit verdedig, blind en duisend redes soek om dit te regverdig.
  2. En daar is mense wat ‘n doodse vrees vir die tipe medikasie het.

Antidepressante

Daar is vele dodelike en verslawende gevare verbonde aan moderne medisyne. Veral in die behandeling van depressie, waar daar ingryping bedoel word met ‘n persoon se breinfunksies, hul hormone en ook verskeie metaboliese funksies van die liggaam onderdruk word.

Vra maar die wat probeer van die medikasie ontslae te raak.

  1. Newe-effekte: Baie antidepressante se newe-effekte veroorsaak ‘n verskeidenheid van disfunksionele gedrag en funksies in die biologiese liggaam. Dit kan wissel van lig tot ernstig. Dit effek daarvan is gewigstoename, seksuele disfunksie, slapeloosheid, duiseligheid, naarheid en vele kere, ‘n verhoogde koestering van selfmoordgedagtes.

Newe-effekte vele kere ontstel die pasiënt. Bloot omdat die medikasie die gemoedstoestand gewoon net vererger het. En, die persoon se psigosomatiese verdraagsaamheid teenoor hom of haarself, die interaksie met die wêreld waarin hul leef, die gesinslewe se uitdagings met die chemiese invensies net meer onwerklik en ondraaglik geword het.

  • Afhanklikheid: Dit is ‘n onbetwisbare feit dat individue afhanklik word van die soorte medikasie. Hul hele bestaan en sosiale veiligheid, hul persoonlikhede word gebou en ontwikkel rondom die krag van die medikasie. Hul breine word gekondisioneer dat medikasie hul lot en saligheid is tot verdoemenis toe.
  • Medikasie veroorsaak by vele mense ‘n gedrag vol verskonings: Daarmee doen sommige individue afstand van hul persoonlike verantwoordelikheid om eienaarskap te neem vir die gesondheid van hul eie geestestoestand.
  • Medikasie beïnvloed die sukses van belangrike biologiese prosesse, soos gesonde bloedtoevoer en gesonde afskeiding van hormone. Die opneem van belangrike minerale in natuurlike voeding wat depressie kan teenwerk.

Die disfunksionele toestande beïnvloed die onderliggende psigosomatiese geestestoestand en voorkom dat dit natuurlik in balans kom.

  • Wanneer dit gebeur, is die kans baie skraal dat probleme, selfs deur kundige opbouende terapie, of ander positiewe intervensies enigsins aanvaar en of herstel sal word. Afhanklikheid van medikasie lei tot biologiese disfunksies. Wat enige persoon sal weerhou om op ‘n natuurlike wyse met normale natuurlike chemiese balanse hul probleme, stresfaktore en negatiewe emosies te oorwin.
  • Mense maak dit duidelik aan almal om hulle (skep vrees) dat hul nie sonder medikasie gewoon normale mens kan wees nie. Hul hou daarmee almal om hulle gevange (emosionele egoïstiese manipulering), met die chaos wat kan uitbreek as hul met of sonder hul medikasie ontstel sou word.

Wat die plek en regte van ander heeltemal ondergeskik maak en ook ter wille van die individu negeer.

  • Medikasie verloor oor tyd hul effektiwiteit. Die Literatuur bewys datdie liggaam sy verdraagsaamheid en ook effektiwiteit teenoor antidepressante verloor. Die brein oorkom die chemiese invloede en kan homself weerstandig selekteer.

Die doel van meeste van hierdie medikasies is nie bedoel om kronies te wees nie. Omdat hul dan oor tyd hul doel, impak en nawerking verloor. Die gevolg hiervan is dat hoër dosisse en ook kombinasies van medikasie benodig word vir dieselfde effek.

  • Die skielike en of onkundige staking van antidepressante kan toestande soos angs, prikkelbaarheid en gemoedskommelings veroorsaak.

Dit kan ook skyntoestande soos griep naboots. Hoofpyne, spierpyne en ongesteldheid van die spysverteringstelsel. As persone nie die oorsake van depressie deur middel van terapie of ander intervensies aanspreek nie, kan individue ‘n herhaling van simptome ervaar sodra medikasie gestaak word.

  • Daar is kommer oor die misbruik van antidepressante.  Die gevare van die tipe medikasie word in hul voubiljette asook in die Literatuur beklemtoon. Die tipe van medikasie stomp hul gebruikers af om die nut en waarde van herstellende intervensies soos terapie of leefstylveranderinge as alternatief te ondersoek en of te gebruik as hulpmiddel. Antidepressante onderdruk die simptome van depressie tydelik, maar vermom terselfdertyd die onderliggende probleem wat aangespreek moet word met terapie.  
  • Geen waarborg nie. Medikasie werk nie vir almal nie. Vele individue kan dalk geen beduidende verbetering in simptome ervaar nie. Ondanks die gebruik en sterkte van verskeie medikasie. Dit lei gewoonlik tot frustrasie en ‘n gevoel van hopeloosheid, veral as individue onrealistiese verwagtinge het oor die doeltreffendheid van medikasie.

Leave a comment