Die storie van Anel Janse van Vuuren:

Hier volg die storie van Anel Janse van Vuuren: Wat onder pleegsorg is by Renier Pieterse

‘n Mens wat verstandelik seergekry het.

Ek tik hierdie storie vandag met baie, baie groot dankbaarheid in my hart, dankbaarheid wat woorde nie kan beskryf nie. Sy is verstandelik gestremd en sy sal vinnig vir jou sê “My naam is nie Anel nie, my naam is Poplap”.

Dit is vandag, 19 Januarie 2024, presies een jaar gelede toe ons vir Pierre van Niekerk die eerste keer (19 Januarie 2023) by die fabriek gaan sien het om n Scio- skandering te doen.

Dit het baie moed en oortuiging geverg om haar sover te kry om na Pierre toe te gaan, omdat sy al so moeg en siek en sat is vir dokters en toetse en als wat daarmee saamgaan.

Maar alles het goed gegaan en van daardie dag af noem sy vir Pierre sommer “Oom Pierre Teddy Beer.” Want sy sê as sy hom n drukkie gee, dan voel dit of sy een van haar groot Teddies (Peanut, Penny of Buddy) n drukkie gee.

Agtergrond:

Sy het n brein tumor aan die linkerkant van haar kop, wat nie heeltemal verwyder kon word nie.

  • In 2012 het sy 30 sessies bestraling gehad wat ook sy tol op haar liggaam geëis het.
  • Haar linkeroog het ook net 20% sig oor (swart en wit). 

September / Oktober 2022:

In September 2022, het ek agtergekom dat haar balans aangetas is, sy het geweldige kopsere aan die regterkant van haar kop gekry en haar regteroog het ook heeltyd ‘n irritasie gehad.

Ek het vermoed dit is nog n brein tumor.

Op 12 Desember 2022 is sy in Unitas Hospitaal opgeneem.

Na baie toetse en n MRI kon niemand ‘n diagnose maak nie. Die Neuro- span en die Neuroloog het met groot oë na die MRI-skandering gekyk en al wat hulle kon sien is “wit kolle” op die breinstam en ‘n tipe van n “wit wolkie” aan die regterkant van die kop, waar sy kla oor die erge hoofpyne.

Verder weet niemand hoe en wat om te diagnoseer nie.

Op die 16de Desember 2022 is sy ontslaan uit die hospitaal na een week van uiterse hel. Terug by die huis, het ons maar net aangegaan met die medikasie wat voorgeskryf was, aangesien dit bietjie verligting gebring het en sy stadig maar seker weer op dreef gekom.

Nog bietjie meer agtergrond:

Hoofpyne:

Anel het verskriklik baie hoofpyne (migraines) gekry elke dag. Die hoeveelheid kopseerpille wat sy op ‘n daaglikse basis ingeneem het, kan ek nie in woorde beskryf nie. Dit is te veel om op te noem. Syndols, Accurate, Adco-Napacod, Paracetemol ens ens. Sy het geleef op hoofpynpille.

Slaappatroon:

Anel het elke aand eers baie laat gaan slaap, nooit voor 23:30 nie, somtyds lank na 00:00. En selfs dan, het sy gesukkel om aan die slaap te raak, ten spyte van die twee (2) slaappille wat sy gedrink het.

Angstigheid / Depressie:

Elke oggend 2 pille vir depressie gedrink.

Algehele gemoedstoestand:

Haar algehele gemoedstoestand was baie laag, sy het sommer gereeld net in trane uitgebars en gehuil oor alles en nog wat.

Lekkergoed en koek:

Sy het lekkergoed en koek geëet, meer as wat ek kan beskryf.

Ek onthou net dat ek elke week ABC Sweets toe moes ry en R300 of R400 se lekkergoed moes gaan koop het. Dit was uitgesluit elke week of 2de week se groot koek (Spar se groot “box cake”).

Water:

Sy het geen water gedrink nie. Al water wat sy ingekry het, was in haar Drink-O-Pop koeldrank.

Drink-O-Pop:

Sy het Drink-O-Pop koeldrank gedrink, meer as wat ek kan beskryf, ek dink dit was seker omtrent 2.5 liter per dag.

19 Januarie 2023:

Sy het daar by die fabriek ingestap met haar teddy (Gloria) en ‘n bottel 750ml water, omdat ons haar Drink-O-Pop by die huis vergeet het en die bottel water was toevallig in die kar.

Pierre was baie beïndruk met die bottel water, maar wat Pierre nie weet nie, is dat dit die eerste bottel water was in omtrent 9jr (of dalk nog langer), gedrink het.

Ons het nie ‘n woord gesê oor die Drink-O-Pop nie. Want ek dink/weet Pierre sou ‘n oorval kry. Ons het ook niks gesê oor al die lekkergoed wat sy eet nie, anders sou Pierre dalk nog n oorval gekry het.

Ons was maar baie selektief wat ons daardie dag vir Pierre gesê het, ter wille van sy eie gesondheid. Ter wille van ons wat ‘n woorde-pakslae sou gekry het, want hy speel nie met die waarheid nie. Maar ek glo stellig dat dit wat n mens nie vir Pierre sê nie, weet hy in elk geval of sien hy op die Scio-verslag sien.

Met die Scio-verslag van die 19de Januarie 2023, het Pierre nie vir ons alles vertel wat die Scio verslag uitgewys het nie. Want Pierre is ‘n man van baie kennis en min woorde. Maar wat Pierre op die Scio verslag gesien het, was sekerlik nie goed nie, want ek kan onthou sy oë het groot gerek.

Ek kan ook onthou Pierre het vir haar gesê:

Ek gaan met jou n “deal” maak, ek gaan jou help, maar dan moet jy my ook help, is dit n “deal”? Dadelik het haar groot bruin ogies geglinster van blydskap met die grootste glimlag op haar gesiggie en haar antwoord was:

“Ok cool”.

The deal was ‘signed, sealed and delivered……’

Pierre het van sy Ecohealth produkte voorgestel en ons is huistoe…..

Terug by die huis, het ons ‘n hele paar lewensstyl veranderinge gemaak:

  • Geen Drink-O-Pop meer nie, net water.
  • Geen suiker en stysel nie.
  • Anel het self die pakke lekkergoed uit die kas uitgehaal  en na my toe gebring en gesê ek moet dit asseblief weggooi.
  • Met haar verjaarsdag die 17de April (3 maande later), het sy weer n stukkie koek geëet, maar die aakligste diarree gekry en van daardie dag af wil sy ook nie weer n koek sien nie.
  • Geen sjokolade en koeke meer nie.
  • Sy het geen lus vir soetigheid meer nie.
  • Ons het begin om vars vrugte en groente te eet, asook, tuisgemaakte sop, vleis, eiers ens.
  • Niks kos wat preserveermiddels, kunsmatige kleursel, kunsmatige versoeters of kunsmatige geursel bevat nie.
  • Geen “gemors” kos nie. Niks KFC, en pizzas meer nie.

Dan het sy ook begin met Ecohealth se produkte

En die verskil nadat sy met Ecohealth se produkte begin het is baie duidelik sigbaar.

  • Die hoofpyne het met 95% verminder. Sy kry nou net kopseer as sy skrik, of harde geraas (soos bv. donderweer).
  • Geen rugpyn en gewrigspyn nie.
  • Sy het begin om 20:00 in die aand te gaan slaap. Uit haar eie uit het sy vir my gesê sy wil nou 20:00 in die aand gaan slaap, en sowaar, klokslag 19:50 dan begin daardie bruin ogies uitdoof en stiptelik 20:00 is sy weg, weg, baie vêr weg…..
  • Geen gesukkel om te slaap nie en, GEEN slaappille meer nodig nie.
  • Wanneer sy in die oggend wakker word, is sy helder wakker en glad nie moeg nie.
  • Depressie is weg. GEEN depressie pille is meer nodig nie.
  • Algehele gemoedstoestand het met 100% verbeter.
  • Sy lag elke dag vandat sy wakker word tot sy weer gaan slaap.
  • Haar kolon is gesond.
  • Sterk en gesonde immuunstelsel.
  • Koorsblare het ook sommer verdwyn. Sy het elke week minstens 2 koorsblare gehad wat sommer daar gebly het vir n week of langer. Daardie koorsblare het op sy beurt weer die hoofpyne vererger en moegheid teweeggebring ens.
  • Sy het tonne energie en het sommer weer lus vir die lewe.
  • Haar brein en verstand is baie helder. Sy onthou nou ALLES wat ek vir  haar sê, ek moet nou baie versigtig wees wat ek alles vir haar sê. In die verlede kon sy teen 12:00 nie eers onthou wat sy vir ontbyt geëet het nie.

Sy is n heel ander mens, ek ken haar amper nie eers nie.

Sy is glad nie dieselfde persoon wat ek in Maart 2013 onder my vlerk geneem het nie. Sy het ook intussen heelwat Ozone sessies by Ecohealth gehad, en ek weet dit het ook n bydrae tot haar algehele gesondheid gebring.

Hierdie is in kort Anel se storie.

Ek deel hierdie storie met julle om vir ander hoop te gee, hoop waar daar wanhoop is. Hoop vir mense wat wanhopig, moedeloos en uitgeput is. Hoop dat n mens of dier wat siek is, gesond kan word. Hoop dat elke nuwe dag nuwe geleenthede kan bring.

Waar daar lewe is, is daar hoop.

Pierre, ek kan nie genoeg dankie sê vir jou en wat jy alles vir haar gedoen en beteken het nie. Jou produkte is fantasties en sy wil nooit daarsonder wees nie! Ek het nie genoeg woorde om my dankbaarheid teenoor jou te betuig nie, die woorde ontgaan my heeltemal.

Ontvang asb. net my nederige en opregte “dankie” uit die diepte van my hart. Dankie, dankie, baie dankie.

Renier Pieterse

Leave a comment