Nelia Cornelius – Aknee

Inleiding

Nelia Cornelius is een van duisende mense wat sukkel met aknee en die gevolge daarvan.

Aknee en die voorkoms daarvan wek verskillende emosies op, nie net by die persoon self nie, maar ook by mense wat met die persoon te doen het.

Vele emosionele probleme kan met aknee, puisies en swartkoppies ontstaan, wat net skielik en ook onbeheerd hul kop dag na dag uitsteek. Daaroor kan slagoffers maar self praat en verduidelik.

Vele produkte is in die handel beskikbaar. Wat blyk maar net simptome onderdruk en nie ‘n praktiese oplossing bied nie.

Ecohealth se velsorgreeks is natuurlike produkte.

Die Ecohealth-velsorg is ‘n natuurlike praktiese program. Dit gebruik die persoon se immuunstelsel, skoon kolon en lewer om met Moeder Natuur se allerkragtige natuurlike produkte om resultate te bewerkstellig. 

Nelia Cornelius se geskiedenis

My probleem het begin toe ek 22 jaar oud geword het.

Soos ander is ek tradisioneel op die voorbehoeding geplaas. Ek is deur vele dokters en is ook als op die mark in voorskrifmedikasie is vir my voorgeskrywe. (Name word uitgelaat)

Ek het als probeer. Reekse inspuitings. Boererate ook. Gevaarlike industriële skoonmaakprodukte ook.

My ma en broer het presies dieselfde probleme.

Hul het ook als op die mark probeer. Als met tydelike sukses.

My menswees en vrouwees het erg onder hierdie aknee-beeld gely. Ek wou nie in die openbaar verskyn nie. Wou net met mans deel nie, wou nie met die publiek praat nie. Ek wou net wegkruip.

Ons het oor baie jare als alles probeer, maar niks het gehelp nie.

Ek het aanvaar dit is ons straf. Ons vuil-lot. Ons verdoemenis.

Soms, het daar ook op my rug en onder my arms groot pitsere en siste ontstaan. Wat so groot geword het ek moes dit laat uitsny. Met produkte wat my vel gebrand en uitgedroog het. Laat vervel het vir dae. Ook sonsensitief gemaak het.

Die snymerke sit nog steeds orals op my lyf. My borste.

Ek het vele kere probeer vrede maak daarmee, dat niks ooit vir my gaan werk nie. Ek sou altyd gestraf en belas word as ‘n vuil, smerige onaantreklike puisiegevreet.

Op ‘n kol vrede gemaak daarmee dat niks gaan werk nie.

Ek het te hore van Ecohealth se Faceboek blad. Van mense wat Oom Pierre gehelp het. Ek het kontak met een van Ecohealth se agente, Anneke Vorholter gemaak.

Sy het so groot geloof in Oom Pierre se velsorgprodukte

Dat ek toe oorweeg het om weer ‘n keer te probeer. Vir die heel laaste keer. Ek het Oom Pierre eers op Faceboek begin volg.

Daar is ‘n ongelooflike verskil in my gesig, reeds net na ‘n enkele week.

Dit kon gouer beter gewees het as ek presies gedoen het wat Oom Pierre in sy skrywes voorgestel het. Eers toe ek presies die stappe volg, het reuse verbeteringe ingetree.

Dit is twee maande verder. My vel voel fantasties. Ek het my vel baie jare gelede so sag en soepel gehad nie. Nuwe puisies het drasties verminder en verdwyn sommer ook vanself. Die olierigheid het verdwyn. Die droogheid het verdwyn. Gate begin kleiner word en, ek is nog jonk, wie weet wat kan nog gebeur in die toekoms.

Ons het dit op Faceboek geplaas.

Oom Pierre het hiervan te hore gekom en aangebied om haar verder te help en ook die produkte te skenk.

Pierre se woorde was, “Nou ja, ek wil graag verder help en vir haar en ander ‘n mooi storie hiervan maak”.

Ons het Oom Pierre gaan besoek by die fabriek.

Wat my opgeval het, is dat Oom Pierre my nooit laat voel het dat ek vuil en onmenslik is nie. Of dat hy te goed is om aan my te vat nie. Nooit was ek ongemaklik nie en vir die eerste keer het ek gevoel, het iemand op my probleem gefokus wat my hele lewe al verwoes het.

En met oplossing en praktiese planne gekom. Nooit het hy geskroom om van daardie aaklige goed uit te haal of te behandel nie. Goed wat jare al my lewe en gesig vergal het, het hy in oomblikke skoongemaak en of uitgehaal.

Oom Pierre se produkte sê dat dit die vel vernuwe en ek kan dit reeds sien.

Die foto’s wys dit, hoe dit gate al ingekrimp het van die voedings wat ons die vel gee. Die droogheid en olierigheid is baie minder en eintlik heeltemal normaal.

Oom Pierre se voorskrifte

  1. Maak die kolon skoon met ‘n behoorlike engelsesoutpurgasie (2 hoogvol eetlepels in ‘n groot glas louwarm water)
  2. Maak die lewer skoon, 30 minute na die purgasie, neem 6 eetlepels Ecohealth se suiwer olyfolie in
  3. Drink baie vloeistof die vorige dag, en net na die purgasie. Water veral, tee, en elektroliete.
  4. GEEN suiker en stysel vir die maande wat kom nie, want dit stook die inflammasie in my liggaam.
  5. Drink daarna kolostrum, kollageen, fulvicsuur, baie probiotika en kefir, asook Hippie Shake vir volledige voeding.

Velsorg Regime

  1. Smeer die olyfolie-pulp aan, oggend en aand.
  2. Wag sowat 10-15 minute, was dan met louwarm water af en los die res dat dit in die vel intrek.
  3. Sit 2 x ‘n week die bentoniet/houtskool masker direk na die olyfoliepulp op. Meng met ‘n bietjie water 1-2 eetlepels in ‘n stywe pasta.
  4. Sit in die son dat dit droog word vir 30-45 minute. Jy sal voel hoe trek jou vel saam en styf.
  5. Volgens Oom Pierre absorbeer die masker nou al die oortollige olies (sebum) uit die vel uit, herstel die masker ook die pH van die vel en droog die masker ook die puisies se olie en water uit.
  6. Na 30-45 minute was jy die masker met louwarm water af en Ecohealth se gesigsseep, “ex-folliate” die ou vel saggies met die klei, seep en houtskool, wat die vel sag nuut agterlaat. klaar is.  
  7. Daarna die “Promin” reeks van Ecohealth, om goeie bakterie weer op die vel te hervestig wat die vel gesond hou en verjong.
  8. “Rejuvinating oil” om die vel nog te stimuleer met voedende olies.
  9. Sou my vel gesond gewees het, sou ek die “Skin toner” gekry het om te gebruik, want dit laat die vel ook saamtrek en stimuleer bloedtoevoer na die selle.
  10. Ecohealth se “Colostrum Balm” en dan laastens die Ecohealth vogroom

WhatsApp Kommunikasie.

Nelia met Anneke

  1.  [13 Mei 2022] Wow elke produk voel anders en ja my vel voel nou so sag, verfris en wakker om dit so te stel. Tot my lippe het nie eers zumbok salf is nodig nie😁
  2. [25 Mei 2022] Hi gaan goed dankie ek sien al klaar ʼn verskil, sal more bietjie foto’s neem. My vel voel wonderlik. Dit is nie so droog nie en jeuk ook nie soos altyd nie.
  3. [5 Junie 2022] Hi lyk al baie beter 😁 ek het nou baie foto’s geneem want ek kan dit nie glo dat my vel al so mooi lyk nie, gedink die foon se “Beauty mode” is aan.
  4. [29 Junie 2022] Is daar nog meer verbetering aan jou vel?
  5. [29 Junie 2022] Ja definitief die gaatjies raak kleiner.

Hier volg my foto-verhaal.

Kyk hoe het my vel gevorder in minder as twee maande

2 Comments on “Nelia Cornelius- Aknee”

  1. Goeie dag,

    Ek het Nelia se getuienis oor die Aknee gelees.
    My seun is 24 en na vele behandlings het hy nog steeds ‘n erge
    Probleem met knoppe, puisies en wit koppies oor sy hele gesig, tot in di
    Nek en agter die ore.

    Waar sal ek hierdie produkte in die hande kan kry ?
    Ek bly in Walvisbaai Namibia
    Groete
    Éva Pretorius
    064 -219386′
    081 293 4244

    Like

Leave a comment