Kameelmelk

Die rol van kameelmelk in diabetes, kanker en allergiese toestande by kinders

Inleiding

Kameelmelk is ‘n bekende produk en sy gebruike word aangehaal in die Bybel, die Koran en in die geskiedenis van die mensdom. In die anale van gesondheid word kameelmelk se waardes en hulp dikwels beklemtoon in die behandeling van verskeie kwale en siektes.

Die gebruike van kameelmelk word veral gevind by die nomadiese volke van Noord-Afrika en die Midde-Ooste. Die Bedoeïen-nomade is Arabiese woestynbewoners wat in die woestyn trek met hul kamele, bokke en donkies.

Kameelmelk is een van hul bekendste voedselbronne.

Lank voor die moderne mediese wetenskap het kameelmelk siektetoestande suksesvol behandel. Siektetoestande wat die moderne wetenskap miljoene gekos het om soortgelyke antwoorde te vind.

Steeds, het die moderne medisyne nog nie ‘n gelyke vir produkte soos kolostrum en kameelmelk wat kollektief vele siektetoestande gelyktydig aanspreek nie. Bestudeer mens die inhoud van kameelmelk, het kameelmelk kragtige werkinge en voedingswaardes vir die moderne mens van vandag wat weens hul moderne leefstyl vele siektes ontwikkel.

Daar is uitsonderlike natuurlike waardes in kameelmelk

Wat geen gelyke het in menslik-geformuleerde alternatiewe het nie.

Moderne medisyne spreek gewoonlik net een enkele mediese toestand aan. Soos insulien vir diabetes.

Kameelmelk spreek vele gesondheidstoestande gelyktydig aan.

Kameelmelk as produk spreek verskeie siektetoestande gelyktydig aan, soos;

  • Diabetes
  • Outisme
  • Erektiele disfunksie
  • Onvrugbaarheid
  • Immuunsisteem moduleerder
  • Voorkoming van bloedarmoede
  • Hartvatsiektes
  • Kinders met gestremde groei en liggaamsontwikkeling
  • Anti-kanker eienskappe
  • ‘Vervette lewer” en herstel van lewerfunksies
  • Die voorkoming en verligting artritis
  • Verlaging van cholesterol
  • Verlaging van bloedsuiker
  • Bevorder bloedsirkulasie en bloedarmoede
  • Stimuleer natuurlike groei by kinders en diere
Diagram, text

Description automatically generated

Kameelmelk het vele kwaliteite en voedingswaardes

Dit laat kameelmelk as natuurlike remedie of produk, baie ver bokant moderne alternatiewe uitstaan.

Voedingswaardes

Kameelmelk het baie lae vlakke van suiker en cholesterol en baie hoë vlakke vitamiene en minerale. Dit word in die onderstaande en ander Literatuurverwysings aangehaal.

 Kameelmelk is ook baie hoog in anti-oksidante

Kameelmelk inhibeer vrye radikale wat in die liggaam voorkom wat die onnatuurlike afsterwe van selle veroorsaak.

Wat is vrye radikale

Die menslike liggaam vervaardig self verskeie vrye radikale. Byvoorbeeld suurstof wat in koolsuurgas verander nadat dit in selle verbruik word. Suurstof is nodig om selle lewend te hou. Nadat die suurstof verbruik is, moet die koolsuurgas in die bloedstroom na die longe vervoer word om uitgeblaas te word en die bloed moet weer met suurstof verryk word.

Dieselfde met selvoedsel wat in selafval verander nadat dit gebruik is.

Vele kere sien met wonde en sere om die wond wat donkerblou en pers of donkerrooi is. Dit is ‘n aanduiding dat die wond nie genoegsaam suurstof ontvang nie, dat bloedsomloop onvoldoende is en, dat selafval in die omliggende selle vasgekeer is.

Daarom dat die wonde nie gesond word nie. Selfs nie met die beste salf op aarde nie.

Mens en dier is ook aan eksterne skadelike vrye-radikale blootgestel wat kundig bestuur moet word om nie skade te veroorsaak aan die liggaam nie. Dink aan petrochemiese afval soos fabrieksrook, diesel- en petroldampe, chemiese dampe, huishoudelike pestisiedes, nikotien, ander lugbesoedeling onkruiddoders wat gespuit word, huishoudelike chemikalieë waarmee huise skoongemaak word.

Vrye radikale is hoogs-onstabiele molekules.

Hul veroorsaak oksidatiewe stres (oksidering van lewende jong selle) en dus die vroeë afsterwe van selle.  (Apoptose). Die onnodig vroeë afsterwe van selle kan tot gevolg hê dat mens en dier ernstige siektes soos kanker, diabetes, hartvatsiektes, Altzheimer’s, Parkinson ‘s, verskeie oogsiektes, plooie en ander organe degenereer, asook verskeie ander outo-immuunsiektes ontwikkel.  

Die anti-oksidante in kameelmelk voorkom die probleem.

Moderne siektes en kameelmelk

Daar verskeie siektes wat kameelmelk baie suksesvol bestuur.

Diabetes

Diabetes is een so siektetoestand wat ‘n groterwordende moderne siekte word met skrikwekkende gevolge vir slagoffers daarvan. Baie meer kommerwekkend groterwordende getalle kinders wat diabetes ontwikkel.

Die Farmakologiese wetenskap beskryf die probleem van diabetes so;

“If diabetes is not adequately controlled the patient has a significantly higher risk of developing complications, such as hypoglycaemia, ketoacidosis, and nonketotic Mullaicharam, World J Pharm Sci 2014; 2(3): 237-242 241 hypersosmolar coma.

Longer term complications could be cardiovascular disease, retinal damage, chronic kidney failure, nerve damage, poor healing of wounds, gangrene on the feet which may lead to amputation, and erectile dysfunction.”

Kameelmelk word beskou as ‘n “Vloeibare insulien” wat veilig en maklik oraal ingeneem kan word deur mens en dier.

In kameelmelk vind diabete (wat diere kan insluit) ‘n natuurlike kragtige insulien wat mondelings ingeneem kan word. Sonder ingrepe soos ‘n daaglikse insulien inspuiting.  

Kameelmelk bevat groot hoeveelhede natuurlike insulien of “Insulien-soortige” proteïene. Die Literatuur beweer dat 1 liter kameelmelk, tussen 52 eenhede insulien bevat.

Meeteenhede

Die toetse en protokolle in die Literatuur word in meeteenhede van ‘n “pint” gedoen. Dit verwys gewoon na die meeteenhede van die Imperialistiese maatstelsel waar daar na “pinte” verwys word as maateenheid. ‘n “Pint melk” sal dan ongeveer 500 ml of 16 onse melk wees.

Sou ‘n persoon dus ‘n “pint” kameelmelk drink, wat ongeveer 500 ml melk is, behoort ‘n persoon ongeveer 32 eenhede natuurlike insulien in te neem.

Daar word in die Literatuur beweer dat persone wat ‘n konstante stroom van kameelmelk daagliks inneem,  as deel van hul dieet, moontlik sonder insulien inspuitings kan klaarkom en, daar is ook bewerings dat diabetiese persone heel moontlik mag herstel.

Maagsuur se effek op kameelmelk

‘n Persoon se maagsuur het geen effek op kameelmelk nie. Kameelmelk verdik nie in die maagsuur nie en, die insulien in kameelmelk word ook nie deur die maagsuur vernietig nie.

Dit insulien passeer normaalweg ongestoord deur die maagklep, verby die pankreas en in die spysverteringstelsel in, waar dit onmiddellik in die spysverteringstelsel opgeneem word as insulien.

Allergiese voedselreaksies by kinders

Kameelmelk het ‘n totaal ander chemiese samestelling as ander melksoorte wat allergiese reaksies by kinders en volwassenes wat laktose-intolerant is.

In ‘n studie, studie, studie, waar kinders erge voedselreaksies getoon het teen verskeie voedselsoorte, (hier onder genoem) het almal van hulle met die behandeling van kameelmelk as deel van hul dieet hul reaksies ontgroei en herstel.

A 2005 study published in Immunology and Allergies investigated camel milk’s effect on children with a variety of food allergies.

The study followed the cases of eight children with serious food allergies; all children were also allergic to cow milk and had been treated with conventional therapies unsuccessfully.

The children ranged from 4-10 years of age and experienced symptoms including diarrhea, asthma, skin rashes, and vomiting.

For 30 days, they were monitored while being treated with camel milk. During this time, children drank camel milk for two weeks while fasting from all other food. After two weeks, they resumed eating other foods.

Researchers observed that after 24 hours all children experienced an improvement in food allergy symptoms, and the remaining symptoms were gone within four days.

After two weeks, one child was able to eat foods that had previously prompted allergic reactions. Her condition remained stable after ceasing the treatment.

Another child whose symptoms had disappeared during the study experienced severe ear infections two months after ceasing treatment with camel milk. The child began treatment with camel milk again and experienced a full remission of symptoms within 48 hours.

Een van die proteïene in melk “β-lactoglobulin” is verantwoordelik vir allergiese reaksies. Kameelmelk bevat nie hierdie proteïen nie. Kameelmelk hou dus geen risiko in vir persone met ‘n sensitiwiteit die proteïen nie.

Nog ‘n proteïen, “β-casein” teenwoordig in bees- en ander soogdiere se melk, kan ook ‘n erge histamienreaksie en of hipersensitiwiteit by sommige mense ontwikkel. Kameelmelk bevat ook β–casein” proteïen ( wat in ‘n groep aminosure saamgestel is), behalwe dat die molekulêre struktuur en verbindings daarvan heeltemal verskillend saamgestel is en nie allergiese reaksies by mense veroorsaak nie.

Voedselsoorte wat allergiese reaksies in kinders veroorsaak

Allergiese reaksies is…

‘n Allergiese reaksie is ‘n immuunrespons waar histamien in die liggaam vrygestel word.

Kyk gerus na hierdie twee video’s van Ecohealth

  1. Histamien (Afrikaans) https://youtu.be/FLHZRUo-2bU
  2. Histamine (Engels) https://youtu.be/yNSCiKJEH9s

‘n Kind/persoon kan ‘n matige tot ‘n hewige reaksie toon.

Simptome kan die volgende wees

  • Sukkel om asem te haal
  • “Wheezing” of bors wat fluit
  • Hoes
  • Keel wat toetrek
  • Maagpyn
  • Braking
  • Diarree
  • Jeuk
  • Waterige neus en oë wat toeswel
  • Rooi kolle
  • Galbulte, hives of urticia , knoppe wat orals op die liggaam onbeheers uitslaan
  • Rooi kolle
  • Swellings
  • Val van bloeddruk, val van bloedsuiker, lighoofdigheid en floutes

Bogenoemde toestande word beskryf as “anafilaksis”, wat ‘n hewige allergiese reaksie beskrywe, wat met inspuitbare kortisoon of epinefrien.

Hongersnood

Kameelmelk word baie suksesvol gebruik in Somalië en Oosterse lande waar wanvoeding onder kinders plaasvind. Die gebruik van kameelmelk bring ‘n drastiese normalisering van kinders mee wat blootgestel is.

Voedselintoleransie

Voedselintoleransie is nie dieselfde as voedselallergie nie. 

Voedselintoleransie se simptome is winde opbreek, swak spysvertering, los stoelgang, senuagtige reaksies, hoofpyn, opgeswelde maag en gas, en soortgelyke response. Voedselintoleransie is niks met die immuunstelsel te doen. Dit is wanneer ‘n persoon nie ‘n produk kan eet of inneem en verteer nie, soos gluten en melk (laktose).

Kameelmelk bring ook groot verligting by persone met voedselintolleransies.

Outisme

  1. In hierdie kliniese studie met kinders gediagnoseer met outisme wat met kameelmelk gevoed is, die uitslag soos volg beskrywe;

“Revealed a decreased hyperactivity, increased alertness, grasping power and curiosity, better social interaction and many parents commented on the newly expressed effort of their children to listen and obey instructions.” The children also had daily bowel movements instead of being constipated and got sick less often. Urine samples showed no elevation of beta casomorphin-7, the trouble-maker molecule in question for milk drinkers”

  • In ‘n baie groter studie van 65 kinders gediagnoseer met outisme, onbetwisbare bewyse van verbetering het plaasgevind in ‘n hul algehele toestand in ongeveer twee weke.  
  • In nog ‘n groot studie met 60 kinders, word bevind dat kameelmelk oksidatiewe stres in die by hierdie studiegroep drasties verlaag het. Oksidatiewe stres in kinders met outisme se spysverteringstelsel is ‘n erkende faktor wat ‘n groot rol speel in hul gedragspatrone.  

Opsommend

In beide bogenoemde gevalle speel die gesondheid van die spysverteringstelsel ‘n belangrike rol by hul emosies en gedrag. Kameelmelk het in die studies drastiese verbeteringe in kort tydperke (soos 2 weke) by hierdie persone teweeggebring.

Die vraag is waarom

Glutathione is legendaries in die studies van outisme, omdat die anti-oksidant ‘n kragtige produk is teen toksiese stowwe in die kinders met outisme en ook verskeie korreksies kan aanbring wat tipies is by kinders met outisme.

Kameelmelk stel die anti-oksidant “glutathione “ vry in die spysverteringstelsel, wat verhoed dat vrye radikale sellulêre komponente vernietig met oksidatiewe stres in die liggaam.

Glutathione is deel van die voedingswaardes van kameelmelk. Vir persone met “Crohns” se siekte, verminder glutathione in kameelmelk Crohns se simptome met groot sukses.

Immuunsisteem en kameelmelk

Daar is twee belangrike aktiewe proteïene in kameelmelk wat die immuunstelsel met kameelmelk ‘n kragtige hupstoot gee. Dit beskerm mens en dier van “binne-af” teen siektes wat deur bakterie en virusse veroorsaak word.

Die twee proteïene of teenliggaampies wat hiervoor verantwoordelik is in kameelmelk, is laktoferrien en immunoglobulien.

  1. Laktoferrien het vele antimikrobiese, anti-swam, antivirale, anti-inflammatoriese en soos genoem anti-oksidante in een enkele produk. Dit inhibeer ook suksesvol bakterie soos E. Coli en H.pylori in die spysverteringstelsel en, is ‘n belangrike Dit verbind yster in die liggaam.
  2. Immunoglobulien word deur plasma-selle vervaardig, of witbloedselle vervaardig.

Daar is twee soorte immunoglobulien.

  • Immunoglobulien IGA: Teenliggaampies wat in die slymvliese van die liggaam gevind word soos die sinusse, longe, maagwande en dermkanale, trane, speeksel en bloed.
  • Immunoglobulien IgG: Is die mees algemene teenliggaampie in die liggaam en is ook bekend as die “geheue” van die immuunstelsel. Dit is die teenliggaampie wat onthou teen watter virusse en bakterie die liggaam blootgestel is.

Kanker en kameelmelk

Die “anti-tumor” eienskappe van kameelmelk het te doen met kameelmelk se antimikrobiese  en anti-oksidatiewe stres vermoëns en eienskappe.

Kameelmelk het ook vele kragtige nutriënte wat die lewer nodig het om inflammasie van die lewer en “vervette lewer” teen te staan en te help gesond word.

Wat vir vele vroue wat met borskanker gediagnoseer is, waardevol sal wees, is dat kameelmelk tot ‘n 56% vermindering in borskanker se groei meegebring het.

Studies waar kameelmelk evalueer was in studies teen kanker.

In studies waar kameelmelk as anti-kanker produk teen verskeie kankers getoets word, is die volgende bevind.

“Camel milk lactoferrin prevents the proliferation of colorectal cancer cells and exerts antioxidant and DNA damage-inhibitory properties in cancerous cells.

Any abnormal regulation of apoptosis promotes tumour development and metastasis process. Camel milk regulates the apoptotic pathways, thereby stopping the cancer cells’ proliferation

Korashy et al. examined the influence of camel milk on human cancer cells’ proliferation, utilizing an in vitro model of the human hepatoma (HepG2) and human breast (MCF7) cancer cells. They argued that camel milk inhibited the proliferation of HepG2 and MCF7 cancer cells by activating the caspase-3 mRNA and activity and the induction of death receptors in HepG2 and MCF7 cell lines.

Consequently, the expression of oxidative stress markers, heme-oxygenase-1 and ROS production was enhanced by camel milk in HepG2 and MCF7 cell lines.

Interestingly, camel milk induced the cell surface death receptors-4 (DR4) mRNA, which is involved in the activation of caspase-3, in mice HepG2 and MCF7 cells.

Hierdie studies bewys onteenseglik dat kameelmelk die afsterwe van kankerselle in die menslike liggaam inisieer.

  • Habib et al 2013 het bevind dat die ysterbindende laktoferrien in kameelmelk ‘n 56% vermindering in borskanker meegebring het.
  • Salwa et al., 2010 het bevind: “Camel milk also has antigenotoxic and anticytotoxic effects through inhibition of micronucleated polychromatic erythrocytes (MnPCEs) and improves the mitotic index of bone marrow cells “

Ander siektetoestande en kameelmelk

  1. Dit is ‘n baie natuurlike hulpmiddel in die behandeling van artritis
  2. Kinders wat stadig groei en ontwikkel
  3. Vaskulêre en hart of bloedvatstelsel se algehele gesondheid
  4. Bevordering van bloedsirkulasie
  5. Cholesterol beheer

Bykomende Literatuur

Camel Milk Health Benefits
1. Compositional, technological, and nutritional aspects of dromedary camel milk

2. Importance of Camel Milk for Human Health

3. Camel milk: alternative milk for human consumption and its health benefits

Camel Milk and Autism
1. Camel Milk as a Potential Therapy as an Antioxidant in Autism Spectrum Disorder (ASD)

2. Behavioral Benefits of Camel Milk in Subjects with Autism Spectrum Disorder

3. The Use of Complementary Alternative Medicine in Children and Adolescents with Autism Spectrum Disorder

Camel Milk and Diabetes
1. Camel milk as a potential therapy for controlling diabetes and its complications: A review of in vivo studies

2. Affordable Alternative? Investigating The Use of Camel’s Milk as an Adjunctive Therapy for Insulin-Dependent Diabetes Mellitus

3. The Role of Camel Milk in the treatment of Type 2 Diabetes: A Review

4. Effect of raw camel milk in type 1 diabetic patients

Camel Milk and Breast Cancer
1. Anticancer Activity of Camel Milk via Induction of Autophagic Death in Human Colorectal and Breast Cancer Cells

2. Therapeutic Effect of Camel Milk and Its Exosomes on MCF7 Cells In Vitro and In Vivo

3. Camel Milk Triggers Apoptotic Signaling Pathways in Human Hepatoma HepG2 and Breast Cancer MCF7 Cell Lines through Transcriptional Mechanism

4. Divergent Anticancer Activity of Free and Formulated Camel Milk α-Lactalbumin

Camel Milk and Allergy
1. Camel Milk an alternative for cows milk allergy in children

2. Camel’s milk allergy

3. Camel’s milk: A new source of proteins for children with cow’s milk allergy?

4 Comments on “Kameelmelk”

Leave a comment